Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "simptoom" deur JEANNE GOOSEN
"simptoom" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51932] Do, 18 Oktober 2001 15:45
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

simptoom
Jeanne Goosen

ek dink ons het parasiete in die familie
so is daar byvoorbeeld my oom
hy is dood nou ( mag sy siel rus: hy was 'n begrafnisondernemer)
lewerslakke
het dit glo van 'n skaap gekry of drank
hulle sê die onsuiwer het hom al van binne gepak
toe hy ander nog gekis het

ek het ook so iets geërf
draaisiekte
daarom dat ek soms so aanhoudend blêr en blêr
onder 'n huilbosboom

die dokter kan my gesond maak
sê hulle
natriumbromiede
maar ek wil nie
want die brak is lekkerder
daar onder die huilbosboom
op my oom die ondernemer
se graf
Vorige onderwerp: essay deur Jeanne Goosen
Volgende onderwerp: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 05:03:32 MGT 2024