Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN
"Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51741] |
Mon, 15 October 2001 22:13  |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sonneblom
Jeanne Goosen
jy is stil soos 'n vrou wat borduur
as ek na jou roep draai jy jou gesig na die son
ek het jou lief en die dae duisel die afgronde binne
tussen twee berigte skryf ek jou neer jou sagte mond
en die grashalms van jou asemhaling
jy groei soos 'n sonneblom groei
planmatig
jy omvat my met blare van son en speke
sodat ek my naam vergeet ek woon in 'n voorportaal
'n plek waar stillewes woon
jy is die verlatenheid van alle landskappe
en onklaar gedigte
|
|
|
|
|
|
Re: "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51864 is 'n antwoord op boodskap #51741] |
Wed, 17 October 2001 18:54  |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kinky wrote:
> Waar word hierdie gedigte van Jeanne Goosen gepubliseer? Is daar meer en
> kan mens dit in die hande kry?
>
Al die gedigte wat ek hier plaas, kom uit die ou
Groot Verseboek wat al in 1951 die lig gesien
het, saamgestel deur D.J. Opperman. Die een
wat ek het, is in 1980 gedruk, en moes dus seker
deur Opperman uitgebrei gewees het, want daar
is digters in wat onmoontlik in 1951 al 'n volume
van gedigte kon geskryf het. Nou onlangs is daar
'n nuwe versameling gemaak deur André Brink, en
ek neem aan dis dit wat nou op CD beskikbaar
is.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 01:17:51 UTC 2025
|