| VSA & terro's [boodskap #51439] |
Do., 11 Oktober 2001 11:34  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Hoe meer ek te wete kom van die probleem mbt internasionale terrorisme, hoe
meer kom ek onder die indruk dat hierdie nie 'n Amerikaanse probleem is nie.
Hierdie is 'n Muslim/Islam-probleem. Iets wat binne hulle eie geledere
opgelos/aangespreek sal moet word. Wat eienaardig is dat hulle
(Islam/Muslims) die bestel in Afghanistan gelate aanvaar het tot op hede?
Persoonlik glo ek Bush & Kie doen die regte ding - hulle kan dit nie oplos
nie, maar daar moet 'n afskrikmiddel wees vir die manne met die rokke...
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA & terro's [boodskap #51484 is 'n antwoord op boodskap #51476] |
Do., 11 Oktober 2001 19:42   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> Wat net so eienaardig is, is dat die vrouens (nie slegs daar nie maar
> in sovele moslem lande) dit so gelate aanvaar. Wat selfs meer vreemd
> is, is dat Ferdi en die groot moondhede dit toelaat dat die arme mense
> se menswaardigheid so aangetas word.
>
Dit is vir my tog so eienaardig dat die VSA nog nooit'n vrou as President
gehad het nie, maar Pakistan het
nie baie lank gelede nie vir Benazir Bhutto as President
gehad en ek dink Bangladesh het nou 'n vroue-president.
En die Minister van Buitelandse Sake van Pakistan is
'n baie oulike vrou, baie mooi en nog taamlik jonk. So
hierdie idee dat alle Moslem-vroue se gesigte nie gesien
mag word nie, en dat hulle geen mag het nie, is iets wat
in onkundige westerse breine bestaan maar nie gewortel
is in die werklikheid nie.
In Quebec hier in Kanada het die Quebecse Onderwys-
departement eenkeer die meisies van Moslem oorsprong
probeer dwing om nie hulle kopbedeksel in die skole te
dra nie, en die meisies het so objeksie daarteen gemaak dat
hulle hulle pogings moes staak. Vir my is sulke bedeksels
nogal baie sexy. Dit hul die meisie in misterie, wat baie meer
aandag trek as om dye en borste te ontbloot, soos die
Westerse girls probeer doen.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: VSA & terro's [boodskap #51501 is 'n antwoord op boodskap #51439] |
Vr., 12 Oktober 2001 03:19   |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Snert ... jammer ... bog!
skryf in boodskap news:3BC5F78B.1BA9A55C@home.com...
> Davie Davis wrote:
>
>> Wat net so eienaardig is, is dat die vrouens (nie slegs daar nie maar
>> in sovele moslem lande) dit so gelate aanvaar. Wat selfs meer vreemd
>> is, is dat Ferdi en die groot moondhede dit toelaat dat die arme mense
>> se menswaardigheid so aangetas word.
>>
>
> Dit is vir my tog so eienaardig dat die VSA nog nooit'n vrou as President
> gehad het nie, maar Pakistan het
> nie baie lank gelede nie vir Benazir Bhutto as President
> gehad en ek dink Bangladesh het nou 'n vroue-president.
> En die Minister van Buitelandse Sake van Pakistan is
> 'n baie oulike vrou, baie mooi en nog taamlik jonk. So
> hierdie idee dat alle Moslem-vroue se gesigte nie gesien
> mag word nie, en dat hulle geen mag het nie, is iets wat
> in onkundige westerse breine bestaan maar nie gewortel
> is in die werklikheid nie.
> In Quebec hier in Kanada het die Quebecse Onderwys-
> departement eenkeer die meisies van Moslem oorsprong
> probeer dwing om nie hulle kopbedeksel in die skole te
> dra nie, en die meisies het so objeksie daarteen gemaak dat
> hulle hulle pogings moes staak. Vir my is sulke bedeksels
> nogal baie sexy. Dit hul die meisie in misterie, wat baie meer
> aandag trek as om dye en borste te ontbloot, soos die
> Westerse girls probeer doen.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA & terro's thabo stuur hulp aan vsa [boodskap #51656 is 'n antwoord op boodskap #51591] |
So., 14 Oktober 2001 06:27   |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
|
Senior Lid |
|
|
me & bobby magee skryf in boodskap news:BwPx7.6439$e5.58574@newsfeeds.bigpond.com...
> "Kobus Pietersen" wrote in message
> news:9q7bfd$e74$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> mens kry die duidelike gevoel dat jy altyd vir die gehoor speel
> Dieselfde gevolgtrekking waartoe ek al 'n tydjie gelede gekom het - skerp,
> ou Seun. Miskien is die iemand woonagtig in Kanada?
Nee wat ouma Lien, ou Max sal hom nie laat manipuleer deur 'n manipuleerder
nie.
Ek kan eenvoudig nie verstaan hoekom sommige mense so naarstiglik na ander
se pype wil dans nie.
> Terloops, Kosie, moet nou nie ook my identiteit probeer weggee nie, Man!
Ai man tante, ek onthou nog die dae toe jy kaalvoet na die kinders moes stap
om ook tog net 'n bietjie by 'n komputer te kan uit kom. En dit nogal al die
pad vanaf Nz. tot in Perth. onthou jy nog daai dae?
Vanag bly jy darem nader en jy ry glad met 'n motorfiets op en af deur jou
gunsteling strate!
> Ek
> probeer hard om nie skoor te soek met jou nie... soek sterk jou goeie
> boekies!
Nee wat, moenie komkommer nie, jy is al klaar genommineer vir 'n toekenning
by die nuwe gala aand waar lede van hierdie speelgroepie erkenning sal
ontvang vir die onmisbare bydraes wat hulle oor die jare gelewer het.
Voorstelle vir 'n naam vir die geleentheid, katagoriee en die pryse word nou
ingewag.
Ek stel voor eerste pryse is een week in Kanada, tweede prys is twee weke
daar, ens.! So sorg net dat jy nie 3de kom nie. :-)
|
|
|
|
| Re: VSA & terro's thabo stuur hulp aan vsa [boodskap #51659 is 'n antwoord op boodskap #51656] |
So., 14 Oktober 2001 08:19   |
Mafuta
Boodskappe: 196 Geregistreer: April 1998
|
Senior Lid |
|
|
"Kobus Pietersen" skryf in boodskap news:9qbbou$37j$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> Ek kan eenvoudig nie verstaan hoekom sommige mense so naarstiglik na ander
> se pype wil dans nie.
En dit nogal mense wat hulle regtig nie eers ken nie... ek breek ook my
gryse ou koppie oor hierdie verskynsel.
>
> Ai man tante, ek onthou nog die dae toe jy kaalvoet na die kinders moes stap
> om ook tog net 'n bietjie by 'n komputer te kan uit kom. En dit nogal al die
> pad vanaf Nz. tot in Perth. onthou jy nog daai dae?
Hoe kan ek die ou dae ooit vergeet - ek het nou nog bloedblase op die ou
voete (meer van die houe wat jy uitgedeel het as van die gestappery!)...
> Vanag bly jy darem nader en jy ry glad met 'n motorfiets op en af deur jou
> gunsteling strate!
Ja-nee, die moderne tegnologie van vandag verrig wonders! Wat ek jou nie
van motorfietsenjins kan vertel nie - het selfs een van my ou kinders
oorreed om vir my 'n websaait te maak oor die geliefde sport van my...
> Nee wat, moenie komkommer nie, jy is al klaar genommineer vir 'n toekenning
> by die nuwe gala aand
Oooeee! Vreslik geëerd en opgewonde! Waar kan ek vir jou nomineer?
> waar lede van hierdie speelgroepie erkenning sal
> ontvang vir die onmisbare bydraes wat hulle oor die jare gelewer het.
> Voorstelle vir 'n naam vir die geleentheid, katagoriee en die pryse word nou
> ingewag.
Ek kan aan 'n hele paar name vir kategorieë dink! Moet dit in goeie,
aanvaarbare taal gedoen word, of kan mens maar gekruide taal ook gebruik?
En wag 'seblief met die datum tot ek ook daar kan uitkom - ek moet self my
prys optel!
> Ek stel voor eerste pryse is een week in Kanada, tweede prys is twee weke
> daar, ens.! So sorg net dat jy nie 3de kom nie. :-)
>
Wragtag, né! Ek sal meer moet bydra om eerste prys te verseker. Sal
uitsien daarna om self die Antie te ontmoet, maar langer as 'n week sal
selfs ek nie kan uithou nie!
Terloops, het jy nog my email adres? Kontak my dan, daar's iets wat ek jou
wil vra... (toemaar, ek is heeltemal te oud vir jou... dis glad nie so iets
nie... hou nou op glimlag!)
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA & terro's thabo stuur hulp aan vsa [boodskap #51663 is 'n antwoord op boodskap #51656] |
So., 14 Oktober 2001 13:37   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Waar en wanneer is die gala-aand?
Moet ek my swembroek saambring?:))))
Ek stel nou nie juis veel belang in nominasies en pryse en goete nie, maar
'n paarrtie is 'n paartie :)))-
Laat weet asseblief wat se rooiwyn bedien gaan word;))
Annette
> news:BwPx7.6439$e5.58574@newsfeeds.bigpond.com...
>> "Kobus Pietersen" wrote in message
>> news:9q7bfd$e74$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> mens kry die duidelike gevoel dat jy altyd vir die gehoor speel
>
>> Dieselfde gevolgtrekking waartoe ek al 'n tydjie gelede gekom het - skerp,
>> ou Seun. Miskien is die iemand woonagtig in Kanada?
>
> Nee wat ouma Lien, ou Max sal hom nie laat manipuleer deur 'n manipuleerder
> nie.
> Ek kan eenvoudig nie verstaan hoekom sommige mense so naarstiglik na ander
> se pype wil dans nie.
>
>> Terloops, Kosie, moet nou nie ook my identiteit probeer weggee nie, Man!
> Ai man tante, ek onthou nog die dae toe jy kaalvoet na die kinders moes stap
> om ook tog net 'n bietjie by 'n komputer te kan uit kom. En dit nogal al die
> pad vanaf Nz. tot in Perth. onthou jy nog daai dae?
> Vanag bly jy darem nader en jy ry glad met 'n motorfiets op en af deur jou
> gunsteling strate!
>
>> Ek
>> probeer hard om nie skoor te soek met jou nie... soek sterk jou goeie
>> boekies!
> Nee wat, moenie komkommer nie, jy is al klaar genommineer vir 'n toekenning
> by die nuwe gala aand waar lede van hierdie speelgroepie erkenning sal
> ontvang vir die onmisbare bydraes wat hulle oor die jare gelewer het.
> Voorstelle vir 'n naam vir die geleentheid, katagoriee en die pryse word nou
> ingewag.
>
> Ek stel voor eerste pryse is een week in Kanada, tweede prys is twee weke
> daar, ens.! So sorg net dat jy nie 3de kom nie. :-)
>
|
|
|
|
|
|