| wanneer, wat??? [boodskap #50904] |
Sa., 29 September 2001 19:29  |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink en dink, maar kry nie 'n antwoord nie.
In Afrikaans word baie en veel gebruik. Wanneer gebruik 'n mens baie en
wanneer veel???
dieselfde vra vir hoop en wens.
en neem en vat.
Gr.Rico
|
|
|
|
| Re: wanneer, wat??? [boodskap #50906 is 'n antwoord op boodskap #50904] |
Sa., 29 September 2001 21:28   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> Baie is positief {eintlik baie positief :-) } terwyl veel in die
> algemeen in 'n negatiewe sin gebruik word wanneer ons praat van 'te
> veel'.
Jy het my nogal aan die dink gesit oor hierdie sakie. Ek bedoel nou,jou
siening dat die een positief gebruik word en die ander negatief.
Ek neig om van jou te verskil, maar sal eers nog moet dink.
"Baie" (van Maleis 'banyak') het die Nederlandse "veel" omtrent
vervang, veral voor selfstandige naamwoorde. (Ons sê nogtans
"vele hande maak ligte werk" en in sekere omstandighede "vele
mense dink nie so nie." Maar die gebruik van "veel" as 'n
byvoeglike naamwoord is nie wyd versprei nie en die gebruik
daarvan maak die konteks taamlik formeel.
Maar in Afrikaans word "te veel" gebruik vir "too much" en
gewoonlik nie "te baie" nie, alhoewel dit seker toelaatbaar is.
"Ek hou nie te veel van hierdie ding nie."
"Ek hou nie te baie van hierdie ding nie."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Veel [boodskap #50911 is 'n antwoord op boodskap #50907] |
Sa., 29 September 2001 23:17  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
DD
> ((( Interessant dat 'veel' ook in die straattaal gebruik word (baie
> somtyds en ek het dit jare laas gehoor!) in die plek van 'verdra'.
> wanneer iemand nie iemand anders kan 'veel' nie. Maar vergeet hiervan
> want ek dink nie dat dit enigsins aanvaarbare taalgebruik is nie.)))
Rico
Dankie DD, dit word nou net 'n bietjie meer duidelik.
In Nederlands, jy kan ook se dat jy iemand nie kan veel nie,
maar dan kom dit van die werkwoord velen.
Wouter
Wat my betref is daar niks ongewoons daaraan om "veel" in die
betekenis van uitstaan of verdra te gebruik nie. Dis goeie normale
Afrikaans en kom geredelik voor. Ons het baie Nederlandse
woorde geërf wat in sommige kontekste soos in Nederlands
gebruik word en in 'n ander konteks weer 'n bietjie anders.
|
|
|
|