Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog "rassistiese" stories
Nog "rassistiese" stories [boodskap #50581] Sa, 22 September 2001 10:59 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
'n Paar kennisgewings oor die gebruik van Engels in ander lande:

In a cemetery
Persons are prohibited from picking flowers from any but their own graves.

On the menu of a Swiss restaurant:
Our wines leave you nothing to hope for.

Sign in men's rest room in Japan:
To stop leak turn cock to the right.

Tokyo hotel's rules and regulations:
Guests are requested not to smoke or do other disgusting behaviours in bed.

In a Nairobi restaurant:
Customers who find our waitresses rude ought to see the manager.

Hotel lobby, Bucharest:
The lift is being fixed for the next day.
During that time we regret that you will be unbearable.

Hotel, Japan:
You are invited to take advantage of the chambermaid.

Dry cleaner's, Bangkok:
Drop your trousers here for the best results.

From the Soviet Weekly :
There will be a Moscow Exhibition of arts by 15 000 Soviet Republic
painters and sculptors. These were executed over the past two years.

In an East African newspaper:
A new swimming pool is rapidly taking shape since the
contractors have thrown in the bulk of their workers.

An advertisement by a Hong Kong dentist:
Teeth extracted by the latest methodists.

A laundry in Rome:
Ladies, leave your clothes here and spend the afternoon having a good time..

Tourist agency, Czechoslovakia:
Take one of our horse-driven city tours.
We guarantee no miscarriages.

Advertisement for donkey rides, Thailand:
Would you like to ride on your own ass?

In the window on a Swedish furrier:
Fur coats made for ladies from their own skin.

Cocktail lounge, Norway:
Ladies are requested not to have children in the bar.

At a Budapest zoo:
Please do not feed the animals.
If you have any suitable food, give it to the guard on duty.

Doctors office, Rome:
Specialist in women and other diseases.

Hotel, Acapulco:
The manager has personally passed all the water served here.

Car rental brochure, Tokyo:
When passenger of foot heave in sight, tootle the horn.
Trumpet him melodiously at first, but if he still obstacles
your passage then tootle him with vigour.

Airline ticket office, Copenhagen:
We take your bags and send them in all directions.
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50584 is 'n antwoord op boodskap #50581] Sa, 22 September 2001 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat ek dink net jy sal so iets sien want jy MOET iets rassisties in
alles sien.n Mens moet regtig jammer voel vir iemand soos jy.

Reenen
skryf in boodskap news:3BACEC49.58A7268A@home.com...
Arthur wrote:

> Hoi Wouter, ek het jou "rassistiese" stories (soos jy dit noem in die titel)
> baie geniet, maar ek het ongelukkig die rassisme in hierdie stories nie raak
> gesien nie ... is die stories rerig rassisties en is ek nou verdoem 'n
> rassis te wees sonder om dit te besef? Ek sien net té letterlike vertalinge
> na Engels deur mense wat Engels nie as moedertaal het nie.
>

Sien Arthur, jy moet die dinamiek besef agter hierdie
spesifieke pos van "rassistiese" grappe. Deur hierdie grappe
"rassisties" te noem, voel die mens wat pos dan geregverdig
om aanmekaar neerhalende opmerkings te maak
teenoor hulle swart landgenote se sogenaamde
swak uitspraak van Engels, in 'n desperate poging
om hulself op 'n hoër vlak te plaas as die van hulle
nie-blanke landgenote. Almal kan egter deur hulle
sien.

Gloudina
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50586 is 'n antwoord op boodskap #50581] Sa, 22 September 2001 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef...
> 'n Paar kennisgewings oor die gebruik van Engels in ander lande:


Hoi Wouter, ek het jou "rassistiese" stories (soos jy dit noem in die titel)
baie geniet, maar ek het ongelukkig die rassisme in hierdie stories nie raak
gesien nie ... is die stories rerig rassisties en is ek nou verdoem 'n
rassis te wees sonder om dit te besef? Ek sien net té letterlike vertalinge
na Engels deur mense wat Engels nie as moedertaal het nie.

Groete,
Arthur
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) [boodskap #50587 is 'n antwoord op boodskap #50586] Sa, 22 September 2001 19:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 22 Sep 2001 20:25:57 +0200, "Arthur" wrote:

> "Wouter Plaasvark" schreef...
>> 'n Paar kennisgewings
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) [boodskap #50588 is 'n antwoord op boodskap #50587] Sa, 22 September 2001 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> "Arthur" wrote:
>> "Wouter Plaasvark" schreef...
>>> 'n Paar kennisgewings

My bydrae geskrap, net 3 van Wouter se woorde laat staan en self niks
toegevoeg nie ... U is verdag stil vanaand, meneer Davis :)

Groete,
Arthur
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) [boodskap #50589 is 'n antwoord op boodskap #50588] Sa, 22 September 2001 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur" schreef...
> "Davie Davis" schreef...
>> "Arthur" wrote:
>>> "Wouter Plaasvark" schreef...
>>>> 'n Paar kennisgewings
>
> My bydrae geskrap, net 3 van Wouter se woorde laat staan en self niks
> toegevoeg nie ... U is verdag stil vanaand, meneer Davis :)

Sorrie, nou sien ek, jy het die titel verander...

Het jy rerig geprobeer om 'n prentjie te pos op hierdie
"nie-vir-prentjies-nuusgroep"? Foei! Ek is verheug dat my bediener verkies
om so'n plasing te verwyder!

As dit nie 'n "fout" prentjie is, kan jy dit miskien beter plaas in
alt.alt.binaries.plaatjes ... daar is meer oulike prentjies :)

Groete,
Arthur
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50590 is 'n antwoord op boodskap #50586] Sa, 22 September 2001 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef...
> 'n Paar kennisgewings oor die gebruik van Engels in ander lande:

Arthur
Hoi Wouter, ek het jou "rassistiese" stories (soos jy dit noem in die titel)
baie geniet, maar ek het ongelukkig die rassisme in hierdie stories nie raak
gesien nie ... is die stories rerig rassisties en is ek nou verdoem 'n
rassis te wees sonder om dit te besef? Ek sien net té letterlike vertalinge
na Engels deur mense wat Engels nie as moedertaal het nie.

Wouter
Wel, Ferdi en Gloudina het my storie oor die swart lugwaardin se Engels
as rassisme afgemaak. Ek dink persoonlik dat hulle twee die rassiste is,
maar as jy hierdie stories geniet sal hulle jou beslis as 'n rassis
beskou, want dit spot op identiese manier met die Engels van
Japanese, Swede, (swart) Afrikane, ens.

Dis belaglik, maar dis hoe hulle dit verduidelik ..........
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50591 is 'n antwoord op boodskap #50586] Sa, 22 September 2001 19:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur wrote:

> Hoi Wouter, ek het jou "rassistiese" stories (soos jy dit noem in die titel)
> baie geniet, maar ek het ongelukkig die rassisme in hierdie stories nie raak
> gesien nie ... is die stories rerig rassisties en is ek nou verdoem 'n
> rassis te wees sonder om dit te besef? Ek sien net tè letterlike vertalinge
> na Engels deur mense wat Engels nie as moedertaal het nie.
>

Sien Arthur, jy moet die dinamiek besef agter hierdie
spesifieke pos van "rassistiese" grappe. Deur hierdie grappe
"rassisties" te noem, voel die mens wat pos dan geregverdig
om aanmekaar neerhalende opmerkings te maak
teenoor hulle swart landgenote se sogenaamde
swak uitspraak van Engels, in 'n desperate poging
om hulself op 'n hoër vlak te plaas as die van hulle
nie-blanke landgenote. Almal kan egter deur hulle
sien.

Gloudina
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) [boodskap #50592 is 'n antwoord op boodskap #50589] Sa, 22 September 2001 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 22 Sep 2001 21:40:51 +0200, "Arthur" wrote:

> "Arthur" schreef... ............. U is verdag stil vanaand, meneer Davis :)
>
lol... kuiermense gehad tot 'n uur gelede :-)

> hierdie
> "nie-vir-prentjies-nuusgroep"?
> Arthur
>

Arthur, dit is selfs meer verdag dat die prentjie
nie saam met die koerier wou ry nie.
Van wanneer af is dit 'n
'geenprentjiesgroep'?

Meneer Davis
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50593 is 'n antwoord op boodskap #50590] Sa, 22 September 2001 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef...
> Wel, Ferdi en Gloudina het my storie oor die swart lugwaardin se Engels
> as rassisme afgemaak. Ek dink persoonlik dat hulle twee die rassiste is,
> maar as jy hierdie stories geniet sal hulle jou beslis as 'n rassis
> beskou, want dit spot op identiese manier met die Engels van
> Japanese, Swede, (swart) Afrikane, ens.

Ek stem nie saam nie. Die kompilasie is juis nie rassisties nie omdat dit
spot met die Engels van Japanners, Swede EN Afrikane. Wanneer dit spot
gewees was met die Engels van swart Afrikane of van blond Swede of van
spleetoogige (sp?) Japanners sou ek wel gedink het dis rassisties.

Oorigens, hoe het dit afgeloop met die klag van die Freedom Front by die
Pers Ombudsman oor die artikel van Zebulon Dread oor Afrikaners op die Klein
Karoo festival in die Mail and Guardian?

Groete,
Arthur
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) [boodskap #50594 is 'n antwoord op boodskap #50592] Sa, 22 September 2001 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> Arthur, dit is selfs meer verdag dat die prentjie
> nie saam met die koerier wou ry nie.
> Van wanneer af is dit 'n 'geenprentjiesgroep'?

In die alt-hierargie is net die groepe met "binaries" in hulle naam bedoel
vir prentjies (en ewentueel andere soorte lêers). "Geenprentjiesniegroepe"
is die norm op Usenet.

Maar ek is seker jy trek nou my been, jy is mos 'n "oudgediende" op Usenet,
nè?

Groete,
Arthur
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50595 is 'n antwoord op boodskap #50593] Sa, 22 September 2001 21:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur wrote:

> Oorigens, hoe het dit afgeloop met die klag van die Freedom Front by die
> Pers Ombudsman oor die artikel van Zebulon Dread oor Afrikaners op die Klein
> Karoo festival in die Mail and Guardian?

Arthur, my dier, ek dink hulle moet jou ere-Suidafrikaanse burgerskap gee, soos
ons
een van die dae vir Nelson Mandela Kanadese
ere-burgerskap gaan gee.
Hoop jy kry 'n antwoord. Zebulon Dread kan
seker as rassisties gesien word. Dit is seker ook
die laaste salvos van die freedom fight. Net soos
al die kommentare, oor hoe-swart-afrikaners-praat,
die laaste salvo's is in 'n regse poging om nog te
voel dat hulle beter is as hulle teenstanders.

Gloudina
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) - MALAYSIA.jpg (0/1) [boodskap #50597 is 'n antwoord op boodskap #50594] Sa, 22 September 2001 21:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 22 Sep 2001 22:41:12 +0200, "Arthur" wrote:

> Maar ek is seker jy trek nou my been, jy is mos 'n "oudgediende" op Usenet,
> nè?
>
> Groete,
> Arthur
>

Sien jy dit dié keer Arthur?

Ek's bly jy het dit waardeer Tobie.
Die een wat jy gestuur het, het my
navrae_klerk verlede week ook vir
my gestuur en daar is klank ook by
wat die keer nie saamgery het nie

DD
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) - MALAYSIA.jpg (0/1) [boodskap #50598 is 'n antwoord op boodskap #50597] Sa, 22 September 2001 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> Sien jy dit dié keer Arthur?

Nee, ek het niks gesien nie. Sien die andere nuusgroepdeelnemers jou jpg's
wel?

Groete,
Arthur
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) - MALAYSIA.jpg (0/1) [boodskap #50600 is 'n antwoord op boodskap #50598] Sa, 22 September 2001 23:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 22 Sep 2001 23:56:33 +0200, "Arthur" wrote:

> "Davie Davis" schreef...
>> Sien jy dit dié keer Arthur?
>
> Nee, ek het niks gesien nie. Sien die andere nuusgroepdeelnemers jou jpg's
> wel?
>
> Groete,
> Arthur
>

Ja Arthur, Tobie het dit gesien. En het jy syne gesien?

DD
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) - MALAYSIA.jpg (0/1) [boodskap #50605 is 'n antwoord op boodskap #50600] So, 23 September 2001 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> "Arthur" wrote:
>> "Davie Davis" schreef...
>>> Sien jy dit dié keer Arthur?
>> Nee, ek het niks gesien nie. Sien die andere nuusgroepdeelnemers jou jpg's
>> wel?
> Ja Arthur, Tobie het dit gesien. En het jy syne gesien?

Nee, Tobie s'n het ek ook nie gesien nie. Ek het twee nuusbedieners
geprobeer en ek is op Google gaan kyk, maar ek kan geen SHOPLIFT.jpg (1/1)
of MALAYSIA.jpg (1/1) vind nie.

Groete,
Arthur
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50611 is 'n antwoord op boodskap #50593] So, 23 September 2001 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Ferdi en Gloudina het my storie oor die swart lugwaardin se Engels
> as rassisme afgemaak. Ek dink persoonlik dat hulle twee die rassiste is,
> maar as jy hierdie stories geniet sal hulle jou beslis as 'n rassis
> beskou, want dit spot op identiese manier met die Engels van
> Japanese, Swede, (swart) Afrikane, ens.

Arthur
Ek stem nie saam nie. Die kompilasie is juis nie rassisties nie omdat dit
spot met die Engels van Japanners, Swede EN Afrikane.

Wouter
Natuurlik is dit nie rassisties nie.

Maar as jy Ferdi en Gloudina se (myns insiens hoogs rassistiese) siening sou
aanvaar dat dit rassisties is om (werklike of gewaande) komiese Engelse
taalgebruik van 'n spesifieke nasie oor te vertel, dan moet al hierdie ook
rassisties wees. Die feit dat daar meer as een nasie ter sprake is kan geen
verskil aan die beginsel maak nie, daar word met elk individueel gehandel.
Dit sou net van die saamsteller 'n meer omvattende rassis maak, as jy die
belaglike beginsel sou aanvaar.

Hoe op aarde kan dit rassisties wees om oor swart taalgebruik in SA iets
komies te vertel en nie ook rassisties om dit oor plaaslike taalgebruik in
Kenia, elders in Oos-Afrika en Japan te doen nie? Dit illustreer maar net
al te goed hoe belaglik Ferdi en Gloudina se emosionele betoë is.

Arthur
Wanneer dit spot gewees was met die Engels van swart Afrikane of
van blond Swede of van spleetoogige (sp?) Japanners sou ek wel
gedink het dis rassisties.

Wouter
Natuurlik, ek stem saam. Maar dit het geen betrekking hier nie,
so iets was nooit ter sprake nie. Dit gaan suiwer oor die taal.

Arthur
Oorigens, hoe het dit afgeloop met die klag van die Freedom Front
by die Pers Ombudsman oor die artikel van Zebulon Dread oor
Afrikaners op die Klein Karoo festival in die Mail and Guardian?

Wouter
Ek het nooit weer hiervan gehoor nie, miskien weet iemand anders..
Die Vryheidsfront haal nie so dikwels die nuus in SA nie.
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50612 is 'n antwoord op boodskap #50611] So, 23 September 2001 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Maar as jy Ferdi en Gloudina se (myns insiens hoogs rassistiese) siening sou
> aanvaar dat dit rassisties is om (werklike of gewaande) komiese Engelse
> taalgebruik van 'n spesifieke nasie oor te vertel, dan moet al hierdie ook
> rassisties wees.
>
> Dit illustreer maar net
> al te goed hoe belaglik Ferdi en Gloudina se emosionele betoë is.
>

Wouter Plaasvark, in stede van om op hierdie deklamerende
manier 'n duidelike euwel goed te praat (iets wat jou in die stilte
van jou binnekamer sou moes hinder), hoekom kom jy nie soos
'n man en veroordeel die euwel instede van om daarmee te heul nie?
Dan sal almal respek vir jou hê. Op 'n aweregse manier sal selfs
Annette respek vir jou hê. Mense wat wéét dat hulle buite die grense
van mensliewenheid en ordentlikheid gaan, verag meeste van die tyd
die mense wat ook met hulle saamspeel, en respekteer die mense
wat objekteer.
Ek herinner my weer 'n besoek aan die Kruger Wildtuin, waar
ons op 'n piekniekplek langs 'n paar onderwysers en 'n hele klomp
studente gestaan het (almal wit en Afrikaans-sprekend) en afgekyk
het na 'n klein riviertjie. Skielik skree een van die onderwysers, 'n
man, "Kyk, daar is bobbejane." Almal kyk toe gretig na waar hy wys,
en daar is 'n klomp swart werkers wat begin om gras te sny en dinge
skoon te maak. Daar het 'n stilte oor almal gesak. Ons het langs die
groep gestaan en ek kon myself nie help nie en het aan die man gesê:
"Hoe durf jy so praat. Jy is 'n onderwyser met kinders in jou sorg."
Die onderwyser se gesig het wit geword. Die onderwyseresse om hom
het hulle halfhartige giggeltjies gesluk. En al die skoolkinders wat binne
hoorafstand was, het met respek na my gekyk. Nie gelag of snedige
opmerkings gemaak oor hierdie vroumens wat in duidelike Afrikaans
objeksie maak teen hierdie onderwyser se gedrag nie. Hierdie
Afrikaner-kinders, in hulle netjiese skooluniforms, het na my gekyk,
die seuns en die dogters, en daar was 'n kyk in hulle oë wat my moed
laat kry het vir jong Afrikanerseuns en -dogters. En die onderwyser
met sy wit gesig en geoliede hare het ongemaklik weggestap en met
die onderwyseresse aan sy sy probeer praat, maar selfs hulle wou nie
eintlik met hom praat nie. Dit was of hy skielik 'n aansteeklike siekte
gehad het.

Gloudina
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50613 is 'n antwoord op boodskap #50611] So, 23 September 2001 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef...
> Maar as jy Ferdi en Gloudina se (myns insiens hoogs rassistiese) siening sou
> aanvaar dat dit rassisties is om (werklike of gewaande) komiese Engelse
> taalgebruik van 'n spesifieke nasie oor te vertel, dan moet al hierdie ook
> rassisties wees. Die feit dat daar meer as een nasie ter sprake is kan geen
> verskil aan die beginsel maak nie, daar word met elk individueel gehandel.
> Dit sou net van die saamsteller 'n meer omvattende rassis maak, as jy die
> belaglike beginsel sou aanvaar.

Zelf zou ik het woord "rassisties" niet gebruikt hebben. Het ging in jouw
geval toevallig wel om een andere etniese bevolkingsgroep, maar als het een
grapje van een blanke Engelstalige over het gebruik van het Engels van een
blanke Afrikaans sprekend persoon betrof zou het wat mij betreft even
smaakloos zijn. Ik zou eerder de term "denigrerend" of "neerbuigend" willen
gebruiken. Ik vind het nogal goedkoop om met andermans taalgebruik te
spotten, die persoon kan daar meestal weinig aan doen. Ik kan wel lachen om
slecht taalgebruik als dit neergeschreven is en niet wordt toegeschreven aan
een specifieke bevolkingsgroep. Je laatste lijst met grappige verhaaltjes
valt in die catagorie, er hangt geen waardeoordeel aan.

Hier hebben we grapjes over Belgen en Duitsers. Over hun taalgebruik en aan
hun toegeschreven eigenschappen. Heel grappig en ogenschijnlijk onschuldig,
maar stiekem beïnvloed het toch je denken, het kweekt vooroordelen. Vraag
een willekeurig Nederlander maar om een beschrijving te geven van een
typische Belg of een typische Duitser. 10 tegen 1 dat je dan de stereotype
Belg of Duitser uit de mopjes krijgt voorgeschoteld.

Ik kan soms best lachen om Belgenmoppen, maar toch zal ik zo'n grap niet in
gezelschap van vreemde Belgen vertellen ..... een steek onder water in een
gezelschap met meer vertrouwde Belgen als Norbert en Hilda en een halve Belg
als Emmy durf ik nog wel te geven :)

Soms zegt een grap meer over de verteller dan over het "slachtoffer".

> Hoe op aarde kan dit rassisties wees om oor swart taalgebruik in SA iets
> komies te vertel en nie ook rassisties om dit oor plaaslike taalgebruik in
> Kenia, elders in Oos-Afrika en Japan te doen nie? Dit illustreer maar net
> al te goed hoe belaglik Ferdi en Gloudina se emosionele betoë is.

Zoals ik al zei, in mijn ogen was het niet ronduit rassisties, maar bezien
in het licht van de geschiedenis vind ik het toch niet gepast voor een
blanke Zuid Afrikaan om daar grapjes over te maken. Ik ga ook geen grapjes
vertellen over de wijze waarop Surinamers het Nederlands gebruiken.

Overigens vind ik in het algemeen dat men wel wat voorzichtiger mag zijn met
het gebruik van het woord "rassisme", dat woord is door té veelvuldig
gebruik in hard tempo op weg om tamelijk betekenisloos te worden. Zelf merk
ik dat ik steeds vaker automatisch denk van "stel je niet aan" als de term
rassisme wordt gebruikt. Heel fout natuurlijk.

Groeten,
Arthur
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50615 is 'n antwoord op boodskap #50613] So, 23 September 2001 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur wrote:

> Soms zegt een grap meer over de verteller dan over het "slachtoffer".
>

Juis.
Gloudina
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50624 is 'n antwoord op boodskap #50581] So, 23 September 2001 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
Jy is prysenswaardig met jou poging om mense uit te
wys as hulle (dalk onwetend) rassisties optree.

Maar jy kan tog leer om dit te doen op
n vriendelike en beskaafde manier, sonder om die
mens aan te val. Kyk maar na die Am. presidentsdebatte,
jy kan sien hulle verskil hemelsbreed, maar hulle raak
nie persoonlik en aanvallend nie (nie gewoonlik nie). :-)

Wat jy sê is meerendeels waar en jy het n goeie voel
vir geskiedenis en situasies, en jou humorsin is by
tye baie skerp, maar ai, as jy net meer besadigd kan optree.

Kom ons klomp redeneer en verskil van mekaar sonder
om bitsig te word.

Pop ( waarheidsegger, diplomaat en vredesvegter, wat nie terugstaan
vir ex-burgers van die Rosynelande nie)

skryf in boodskap news:3BADEE43.7A57292F@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:
Ek herinner my weer 'n besoek aan die Kruger Wildtuin, waar
ons op 'n piekniekplek langs 'n paar onderwysers en 'n hele klomp
studente gestaan het (almal wit en Afrikaans-sprekend) en afgekyk
het na 'n klein riviertjie. Skielik skree een van die onderwysers, 'n
man, "Kyk, daar is bobbejane." Almal kyk toe gretig na waar hy wys,
en daar is 'n klomp swart werkers wat begin om gras te sny en dinge
skoon te maak. Daar het 'n stilte oor almal gesak. Ons het langs die
groep gestaan en ek kon myself nie help nie en het aan die man gesê:
"Hoe durf jy so praat. Jy is 'n onderwyser met kinders in jou sorg."
Die onderwyser se gesig het wit geword. Die onderwyseresse om hom
het hulle halfhartige giggeltjies gesluk. En al die skoolkinders wat binne
hoorafstand was, het met respek na my gekyk. Nie gelag of snedige
opmerkings gemaak oor hierdie vroumens wat in duidelike Afrikaans
objeksie maak teen hierdie onderwyser se gedrag nie. Hierdie
Afrikaner-kinders, in hulle netjiese skooluniforms, het na my gekyk,
die seuns en die dogters, en daar was 'n kyk in hulle oë wat my moed
laat kry het vir jong Afrikanerseuns en -dogters. En die onderwyser
met sy wit gesig en geoliede hare het ongemaklik weggestap en met
die onderwyseresse aan sy sy probeer praat, maar selfs hulle wou nie
eintlik met hom praat nie. Dit was of hy skielik 'n aansteeklike siekte
gehad het.

Gloudina
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) - MALAYSIA.jpg (0/1) [boodskap #50625 is 'n antwoord op boodskap #50605] So, 23 September 2001 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Dabbeldie, ek het nou beide jpg's gesien :)

Leuk, "bila meludah, jangan begitu kuat, terima kasih" .... kuat, nog 'n
woord wat Nederlands oorgeneem het van Maleis, "kwatten" :)

Groete,
Arthur
Re: Nog "rassistiese" stories - SHOPLIFT.jpg (0/1) - MALAYSIA.jpg (0/1) [boodskap #50628 is 'n antwoord op boodskap #50625] So, 23 September 2001 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 23 Sep 2001 20:45:02 +0200, "Arthur" wrote:

> Dankie Dabbeldie, ek het nou beide jpg's gesien :)
>
> Leuk, "bila meludah, jangan begitu kuat, terima kasih" .... kuat, nog 'n
> woord wat Nederlands oorgeneem het van Maleis, "kwatten" :)
>
> Groete,
> Arthur
>

een moerse plesier Arthur
en dankie vir die 'kuat' verduideliking :-)

Dabbeldie
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50634 is 'n antwoord op boodskap #50581] So, 23 September 2001 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Dit illustreer maar net al te goed hoe belaglik Ferdi en
> Gloudina se emosionele betoë is.

Gloudina
Wouter Plaasvark, in stede van om op hierdie deklamerende
manier 'n duidelike euwel goed te praat

Wouter
Gloudina, die enigste euwel wat hier ter sprake is, is die manier
waarop jy agter elke bos 'n rassis soek. En jou irrasionele en
onlogiese geneul daaroor, saam met jou persoonlike aanvalle.

Ek stel voor jy teken jou bydraes in die toekoms as
Gloudina Gifbek.
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50635 is 'n antwoord op boodskap #50581] So, 23 September 2001 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

pop wrote:

> maar ai, as jy net meer besadigd kan optree.
>

En hoe sal jy nou jou persoonlike aanval op
Ferdi 'n dag of twee gelede tipeer? Besadigd
en sonder om persoonlik te word? Dis SO
maklik om jouself uit te maak as die model
van gebalanseerde repliek, en so baie mense
op hierdie nuusgroep probeer dieselfde
ding, en dan is hulle verbaas as iemand dwars-
deur hulle kan sien. Die lewe werk nie soos
jy wil dikteer (dikteer vir ander) nie.Slaan
maar eers die hand in eie boesem, en as
een van jou "vriendinne" dinge op hierdie
nuusgroep pos wat nie menseliewend en
respekvol is nie, doen haar 'n guns: vertel vir
haar sy doen verkeerd. Sy sal jou daarom
meer respekteer. Miskien het jy dit al self
in persoonlike epos gedoen. Maar dit is nie
goed genoeg nie. Objekteer op die nuusgroep.
Dan weet almal waar jy staan. Ongelukkig het
ek in die afgelope tyd my voortydse respek vir
jou opinies verloor. Dis baie jammer. Miskien
herwin ek dit weer. Maar dit sal nie maklik
gaan nie.

Gloudina
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50638 is 'n antwoord op boodskap #50581] So, 23 September 2001 22:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit verbaas my nie eintlik dat jy nie
respek vir my het nie Gloudina. Ek pas seker nie in jou
"mold" nie. Maar ek is beslis nie afhanklik van
jou goeie dunk van my nie, ek voel goed in my eie vel, skete
en al.

As jy vir mense kan preek, dan kan ek seker ook. Ek ken my foute baie goed
(ek is geneig om mantel in die wind te draai en draad sitterig
te wees, meesal omdat ek geneig is om albei kante te sien).

Maar, ek stem ook met baie dinge wat jy sê saam,
en deel jou belangstelling in Oosterse
filosofie, (my jare in die Ooste het ek goed benut),
Die hoof tema van die oosterse filosofie is verdragsaamheid, beskeidenheid
en die wegskuif van die "ek" . . . en ek sal jou nie verder patronize nie,
jy weet
wat ek bedoel.

Kom ons gaan aan in "good faith", en verskil van mekaar van tyd tot tyd,
en laat ons nie persoonlik raak en mekaar aanval nie . . . die lewe
is broos en ons moet staamstaan.

Pop

skryf in boodskap news:3BAE5EBF.31AE09A9@home.com...
Ongelukkig het
> ek in die afgelope tyd my voortydse respek vir
> jou opinies verloor. Dis baie jammer. Miskien
> herwin ek dit weer. Maar dit sal nie maklik
> gaan nie.
>
> Gloudina
>
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50639 is 'n antwoord op boodskap #50581] So, 23 September 2001 23:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

pop wrote:

> mantel in die wind te draai en draad sitterig
> te wees

Die afgelope tyd was daar nie vreeslikdraadsitterigheid nie, as ek reg onthou.

> Die hoof tema van die oosterse filosofie is verdragsaamheid, beskeidenheid
> en die wegskuif van die "ek"

Wees versigtig om nou jou konsepsie van die "oosterse
filosofie"("verdraagsaamheid, beskeidenheid, wegskuif van die ek) as 'n
wapen te probeer gebruik . 'n Buddhiste-monnik wat gedurende
die Vietnam-oorlog homself aan die brand steek om te protesteer
teen wat in sy land aangaan, het "die ek" weggeskuif, en "verdraag-
saamheid" en "beskeidenheid" is intellektuele konsepte wat nie
meer in die ekwasie is nie.
Ek stel voor dat jy nou nie probeer om 'n detente met my as persoon
te probeer bereik nie (Dit kan te maklik 'n soort poging tot kontrole
van jou kant af wees.) Elke oggend op 'n nuusgroep is 'n tabula rasa.
As ek dinge lees, reageer ek met my guts (of gusts, soos Wouter sê
Ferdi sê.) Die volgende pos wat ek van jou lees, sal dus my oordeel
oor jou as kuberpersoonlikheid bepaal. Wie weet wat ek in die
toekoms uit jou kuberpen gaan lees. Ek was verbaas en teleurgesteld
in die onmiddellike verlede oor wat uit jou kuberpen gekom het.
Laat ons sien wat die toekoms bring.

Gloudina
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50640 is 'n antwoord op boodskap #50613] Ma, 24 September 2001 01:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef...
> Maar as jy Ferdi en Gloudina se (myns insiens hoogs rassistiese) siening
> aanvaar dat dit rassisties is om (werklike of gewaande) komiese Engelse
> taalgebruik van 'n spesifieke nasie oor te vertel, dan moet al hierdie ook
> rassisties wees. Die feit dat meer as een nasie ter sprake is kan geen
> verskil aan die beginsel maak nie, daar word met elk individueel gehandel.
> Dit sou net van die saamsteller 'n meer omvattende rassis maak, as jy die
> belaglike beginsel sou aanvaar.

Arthur
Zelf zou ik het woord "rassisties" niet gebruikt hebben.

Wouter
Ek ook nie, dis belaglik in die konteks. Dit was Ferdi se term, daarom het
ek dit in aanhalingstekens gesit, juis om die belaglikheid daarvan uit te
wys.

Arthur
Het ging in jouw geval toevallig wel om een andere etniese bevolkingsgroep,
maar als het een grapje van een blanke Engelstalige over het gebruik van het
Engels van een blanke Afrikaans sprekend persoon betrof zou het wat mij
betreft even smaakloos zijn. ...... Ik kan wel lachen om slecht taalgebruik
als dit neergeschreven is en niet wordt toegeschreven aan een specifieke
bevolkingsgroep. Je laatste lijst met grappige verhaaltjes valt in die
catagorie, er hangt geen waardeoordeel aan.

Wouter
Nee, nou maak jy nie sin nie. As ek iets oorskryf wat oor uitspraak gaan is
dit "smaakloos". Maar as ek iets anders oorskryf wat vol taalfoute is, dan
is dit reg? By daardie slegte taalgebruik is in elke geval die betrokke
bevolkingsgroep geïdentifiseer. As dit reg is vir die "gander", hoekom
nie ook vir die "goose" nie?

Arthur
Soms zegt een grap meer over de verteller dan over het "slachtoffer".

Wouter
Daarmee stem ek saam, dit is normaalweg so. En ek assosieer gemaklik met die
oorspronklike grap oor die peper, juis omdat 'n soort situasie is waarmee ek
geredelik te doen kry. Vir iemand met 'n sin vir humor is dit 'n juweel,
mits dit op die regte geleentheid en nie op 'n onsensitiewe manier nie,
oorgedra word.

> Hoe op aarde kan dit rassisties wees om oor swart taalgebruik in SA iets
> komies te vertel en nie ook rassisties om dit oor plaaslike taalgebruik in
> Kenia, elders in Oos-Afrika en Japan te doen nie? Dit illustreer maar net
> al te goed hoe belaglik Ferdi en Gloudina se emosionele betoë is.

Arthur
Zoals ik al zei, in mijn ogen was het niet ronduit rassisties, maar bezien
in het licht van de geschiedenis vind ik het toch niet gepast voor een
blanke Zuid Afrikaan om daar grapjes over te maken.

Wouter
Ek kan nie saamstem nie. Baie van ons kommunikeer maklik oor en weer met
baie mense van diverse afkoms, dis 'n nuwe omgewing. En in sulke kringe is
dit wel gepas. Na enige kant toe. Jou stelling impliseer dat ons as gevolg
van die geskiedenis nooit 'n normale samelewing sal hê nie, ek koop dit glad
nie. As ons suksesvol in SA gaan wees sal ons die samelewing moet
normaliseer tot 'n punt waar hierdie tipe goed minder sensitief is. En dit
is aan die gebeur, waarskynlik vinniger as wat jy en Gloudina besef.

(As ek nou Gloudina of Ferdi was, sou ek kon sê jou opmerking is inherent
rassisties, maar ek beskuldig jou hoegenaamd nie daarvan nie, jou
kommentaar is gebalanseerd)
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50641 is 'n antwoord op boodskap #50640] Ma, 24 September 2001 02:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Nee, nou maak jy nie sin nie. As ek iets oorskryf wat oor uitspraak gaan is
> dit "smaakloos". Maar as ek iets anders oorskryf wat vol taalfoute is, dan
> is dit reg? By daardie slegte taalgebruik is in elke geval die betrokke
> bevolkingsgroep geïdentifiseer. As dit reg is vir die "gander", hoekom
> nie ook vir die "goose" nie?
>

Wouter wat sit en praat tot hy blou in die
gesig is, diep in die nag (of vroeg in die
môre) - die blote feit dat jy sulke lang stukke
skryf tot "regverdiging" en dit terwyl die
mense om jou heelwaarskynlik nog slaap,
dui daarop dat iets jou hinder. Ek hoop
jy weet wat jou hinder.

Die Ruiter in die Dag
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50642 is 'n antwoord op boodskap #50640] Ma, 24 September 2001 04:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> As ons suksesvol in SA gaan wees sal ons die samelewing moet
> normaliseer

Presies. Maar die SA samelewing gaan nie genormaliseer wordas Annette dinge op
die Afrikaanse nuusgroep pos wat
beledigend is teenoor haar swart mede-landgenote (op wie sy
blykbaar neersien) , en mense soos jy smeer dit dan nog
dikker aan en probeer dit op intellektuele manier regverdig.
Merk jy op dat die ander mense op hierdie nuusgroep,
behalwe een of twee, eintlik nie aan hierdie gesprek deel-
neem nie. Soos byvoorbeeld Davie Davis. Ek vermoed dis
nie omdat hy nog nooit een van hierdie stekies-in-die-rug
vertel het nie. Maar ek dink hy weet dis iets wat nie moreel
goedgepraat kan word nie. Almal sondig nou en dan, maar
dis die apologeet vir sulke gedrag wat die swaarste blaam
moet kry. As mens eers 'n ding intellektueel goedpraat, is
dit maar 'n klein stappie om dit later as "normaal" te
beoefen. En dis daar waar die verrotting van 'n maatskappy
begin. (In hierdie geval dink ek dis die laaste stuipe van
die verrotte maatskappy van apartheid wat jy probeer
goedpraat.)

Gloudina
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50644 is 'n antwoord op boodskap #50581] Ma, 24 September 2001 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> As ons suksesvol in SA gaan wees sal ons die samelewing moet
> normaliseer

GGONES (Gloudina Gifbek op net een snaar) skryf:
Presies. Maar die SA samelewing gaan nie genormaliseer word
as Annette dinge op die Afrikaanse nuusgroep pos wat
beledigend is teenoor haar swart mede-landgenote (op wie sy
blykbaar neersien) , en mense soos jy smeer dit dan nog
dikker aan en probeer.....

Wouter
I rest my case

GGONES:
dit op intellektuele manier regverdig.

Wouter
As jy dink dit is op 'n intellektuele vlak, dan vertel jy heelwat van
jouself
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50648 is 'n antwoord op boodskap #50581] Ma, 24 September 2001 12:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> GGONES (Gloudina Gifbek op net een snaar)
>
> Wouter
> As jy dink dit is op 'n intellektuele vlak

Nee, ou Wouter, jy is nou op die vlakwaar selfs 'n selfrespekterende
plaasvark
hom nie sal wil bevind nie.

Tant Hessie, wat nog al haar varkies
in die hok het.
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50649 is 'n antwoord op boodskap #50581] Ma, 24 September 2001 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> As jy dink dit is op 'n intellektuele vlak

GGONES (Gloudina Gifbek op net een snaar)
Nee, ou Wouter, jy is nou op die vlak waar selfs 'n
selfrespekterende plaasvark hom nie sal wil bevind nie.

Wouter
Is so ja. Op jou vlak.
Ek sal my weer probeer opwerk, ek belowe.
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50650 is 'n antwoord op boodskap #50581] Ma, 24 September 2001 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Is so ja. Op jou vlak.
> Ek sal my weer probeer opwerk, ek belowe.

So die plaasvark vertel vir Tant Hessie dat sy
'n vark is?

Ou Tante Koba se man, wat op die stoep sit.
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50651 is 'n antwoord op boodskap #50581] Ma, 24 September 2001 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Is so ja. Op jou vlak.
> Ek sal my weer probeer opwerk, ek belowe.

So die plaasvark vertel vir Tant Hessie dat sy 'n vark is?

Wouter
Nee, jy het klaarblyklik self tot dié gevolgtrekking gekom...
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50652 is 'n antwoord op boodskap #50581] Ma, 24 September 2001 15:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

Tant Hessie:
So die plaasvark vertel vir Tant Hessie dat sy 'n vark is?

> Wouter
> Nee

Tant Hessie:Aaaa (sug van verligting)
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50662 is 'n antwoord op boodskap #50590] Ma, 24 September 2001 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter, skaam jou !:)))) Dat tot arme Arthur op sy gevorderde ouderdom nou
agterkom dat as jy vir 'n grappie lag is jy 'n rassis;)))
Annette

--
>> 'n Paar kennisgewings oor die gebruik van Engels in ander lande:
>
> Arthur
> Hoi Wouter, ek het jou "rassistiese" stories (soos jy dit noem in die titel)
> baie geniet, maar ek het ongelukkig die rassisme in hierdie stories nie raak
> gesien nie ... is die stories rerig rassisties en is ek nou verdoem 'n
> rassis te wees sonder om dit te besef? Ek sien net té letterlike vertalinge
> na Engels deur mense wat Engels nie as moedertaal het nie.
>
> Wouter
> Wel, Ferdi en Gloudina het my storie oor die swart lugwaardin se Engels
> as rassisme afgemaak. Ek dink persoonlik dat hulle twee die rassiste is,
> maar as jy hierdie stories geniet sal hulle jou beslis as 'n rassis
> beskou, want dit spot op identiese manier met die Engels van
> Japanese, Swede, (swart) Afrikane, ens.
>
> Dis belaglik, maar dis hoe hulle dit verduidelik ..........
>
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50663 is 'n antwoord op boodskap #50638] Ma, 24 September 2001 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Pop, wat het jy nou weer gedrink wat jou so broos maak? 'n Lekker glas
rooies?:)))))
Annette

--
> Dit verbaas my nie eintlik dat jy nie
> respek vir my het nie Gloudina. Ek pas seker nie in jou
> "mold" nie. Maar ek is beslis nie afhanklik van
> jou goeie dunk van my nie, ek voel goed in my eie vel, skete
> en al.
>
> As jy vir mense kan preek, dan kan ek seker ook. Ek ken my foute baie goed
> (ek is geneig om mantel in die wind te draai en draad sitterig
> te wees, meesal omdat ek geneig is om albei kante te sien).
>
> Maar, ek stem ook met baie dinge wat jy sê saam,
> en deel jou belangstelling in Oosterse
> filosofie, (my jare in die Ooste het ek goed benut),
> Die hoof tema van die oosterse filosofie is verdragsaamheid, beskeidenheid
> en die wegskuif van die "ek" . . . en ek sal jou nie verder patronize nie,
> jy weet
> wat ek bedoel.
>
> Kom ons gaan aan in "good faith", en verskil van mekaar van tyd tot tyd,
> en laat ons nie persoonlik raak en mekaar aanval nie . . . die lewe
> is broos en ons moet staamstaan.
>
> Pop
>
>
> skryf in boodskap news:3BAE5EBF.31AE09A9@home.com...
> Ongelukkig het
>> ek in die afgelope tyd my voortydse respek vir
>> jou opinies verloor. Dis baie jammer. Miskien
>> herwin ek dit weer. Maar dit sal nie maklik
>> gaan nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50670 is 'n antwoord op boodskap #50662] Ma, 24 September 2001 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Wouter, skaam jou !:)))) Dat tot arme Arthur op sy gevorderde ouderdom nou
> agterkom dat as jy vir 'n grappie lag is jy 'n rassis;)))

My gevorderde ouderdom? Hoe kom dit dat julle dink ek is taamlik
bejaard?!??! Danielle het dit ook al gedink ...

Groete,
Arthur
Re: Nog "rassistiese" stories [boodskap #50672 is 'n antwoord op boodskap #50640] Ma, 24 September 2001 19:11 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef...
> Arthur
> Het ging in jouw geval toevallig wel om een andere etniese bevolkingsgroep,
> maar als het een grapje van een blanke Engelstalige over het gebruik van het
> Engels van een blanke Afrikaans sprekend persoon betrof zou het wat mij
> betreft even smaakloos zijn. ...... Ik kan wel lachen om slecht taalgebruik
> als dit neergeschreven is en niet wordt toegeschreven aan een specifieke
> bevolkingsgroep. Je laatste lijst met grappige verhaaltjes valt in die
> catagorie, er hangt geen waardeoordeel aan.
>
> Wouter
> Nee, nou maak jy nie sin nie. As ek iets oorskryf wat oor uitspraak gaan is
> dit "smaakloos". Maar as ek iets anders oorskryf wat vol taalfoute is, dan
> is dit reg? By daardie slegte taalgebruik is in elke geval die betrokke
> bevolkingsgroep geïdentifiseer. As dit reg is vir die "gander", hoekom
> nie ook vir die "goose" nie?

Maar de stories die jij aanhaalde hebben geen betrekking op
bevolkingsgroepen. Niet direct in ieder geval. Nergens staat dat het een
bepaald persoon met een bepaalde huidskleur het heeft geschreven, je zou
hooguit een nationaliteit kunnen afleiden. En in ieder geval wordt enig
stigmatiserend effect teniet gedaan doordat de grappige uitspraken uit een
mengelmoes van naties genomen is.

Laten we het erop houden dat sommige grapjes zich uit de aard der zaken in
een grijs gebied bevinden en dat het misschien beter is als men zich eerst
bezint alvorens dit op een publiek forum te publiceren (zoals je zelf
opmerkt, je moet dit "op die regte geleentheid en nie op 'n onsensitiewe
manier nie" overdragen).

> Wouter
> Ek kan nie saamstem nie. Baie van ons kommunikeer maklik oor en weer met
> baie mense van diverse afkoms, dis 'n nuwe omgewing. En in sulke kringe is
> dit wel gepas. Na enige kant toe. Jou stelling impliseer dat ons as gevolg
> van die geskiedenis nooit 'n normale samelewing sal hê nie, ek koop dit glad
> nie. As ons suksesvol in SA gaan wees sal ons die samelewing moet
> normaliseer tot 'n punt waar hierdie tipe goed minder sensitief is. En dit
> is aan die gebeur, waarskynlik vinniger as wat jy en Gloudina besef.

Toch blijf ik erbij dat je nooit alle grappen zomaar aan iedereen kan
vertellen. Hoe tolerant en normaal de samenleving ook is. Ook hier in
Nederland, bijvoorbeeld als dorpeling tegen stedelingen. In een ontspannen
atmosfeer (met collega's en vrienden) kunnen we soms gekscherend de grootst
mogelijke beledigingen uitwisselen, terwijl één zo'n opmerking tegen een
vreemde me een verbijsterde blik of mogelijk zelfs een blauw oog oplevert.

> (As ek nou Gloudina of Ferdi was, sou ek kon sê jou opmerking is inherent
> rassisties, maar ek beskuldig jou hoegenaamd nie daarvan nie, jou
> kommentaar is gebalanseerd)

Zo gebalanceerd nu ook weer niet, ik praat mezelf geregeld in een hoek ...
Misschien ook omdat ik teveel op mijn tenen loop in dit soort diskussies :(

Men mag mij overigens best voor racist uitschelden. Ik meen van mezelf te
weten dat ik dat niet ben (niet bewust in ieder geval). En als ik voel dat
men mogelijk gelijk heeft, dan ben ik gewaarschuwd en kan ik er in ieder
geval aan werken.

Groeten,
Arthur
Vorige onderwerp: Sjokolade-inligting
Volgende onderwerp: Oopgesprek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 20:45:53 MGT 2024