Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuus vir die verlangendes
Nuus vir die verlangendes [boodskap #49884] Ma, 10 September 2001 11:28 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1) Alan Boesak word toestemming geweier om die Noord-Kaap te besoek om
kinders toe te spreek oor die belangrikheid van skoolopleiding.
Hy, Elna en sy ondersteuners gaan vanmiddag 'n vergadering by sy huis in
Strand hou om die onregverdige behandeling te bespreek.

2) Die NG Kerk het ALWEER 'n nuwe liedboek die lig laat sien. Lidmate word
vriendelik verplig om die boek teen R65 ( klein druk) of R95 ( groot druk)
so gou as moontlik aan te skaf voordat die prys verhoog word. Lidmate word
versoek om die lidmate wat dit nie kan bekostig nie, te help om die boek aan
te skaf.
Soos een arm pensioenaris tereg in die briewekolom sê: dan bly hy maar
liewer tuis en luister na die kerk oor die radio.

Ek wonder nou net of daar uitsmyters die deure gaan beman, sodat diegene wat
dit sou waag om met die verkeerde, ou liedboek by die kerk opdaag, summier
betyds voorgekeer kan word, en terug huistoe gejaag gaan word:)))
Ag ja!! Autokrasie is nog lekker hier met ons.
Annette

--
Re: Nuus vir die verlangendes [boodskap #49887 is 'n antwoord op boodskap #49884] Ma, 10 September 2001 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9ni8g7$7nndt$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> 1) Alan Boesak word toestemming geweier om die Noord-Kaap te besoek om
> kinders toe te spreek oor die belangrikheid van skoolopleiding.
> Hy, Elna en sy ondersteuners gaan vanmiddag 'n vergadering by sy huis in
> Strand hou om die onregverdige behandeling te bespreek.
Aag siestog, hy verlang tog so na die kinner vannie straghil, en sy kan ok
mos nou meer die prentjies maak sonder haar 'studio' nie...

>
> 2) Die NG Kerk het ALWEER 'n nuwe liedboek die lig laat sien. Lidmate word
> vriendelik verplig om die boek teen R65 ( klein druk) of R95 ( groot druk)
> so gou as moontlik aan te skaf voordat die prys verhoog word. Lidmate word
> versoek om die lidmate wat dit nie kan bekostig nie, te help om die boek aan
> te skaf.
Sal seker by die Diens van Barmartigheidsaksie moet gaan aansoek doen. ag
tot die volgende kerkraadsvergadering en dan sal die voorsitter sy stem laat
hoor, asook die van die vele niksseggende argumente daarvoor/daarteen.

Ek het na sommige van die nuwe wysies en toonsettings geluister (op CD) en
was aanganaam verras deur die dapperheid van die NG Kerk om wel iets nuuts
in die bundel op te neem. Dit is egter nog so dat daar ou wysies is (veral
die sogenaamde Geneefse gesange/psalms) wat g'n neef (of niggies) meer kan
sing nie.
By ons in ons gemeente gebruik ons net nuwe liedere. Iets wat ouer as 2
jaar is moet vrek goed sing en die regte woorde hê om gesing te word. Die
ou bekendes soos Amazing Grace, How great Thou art, en daai juwele word
egter nog van tyd tot tyd gesing. Maar ons mense dra g'n boeke nie. Die
woorde van die liedere word met 'n grootskerm rekenaarprojektor teen 'n
skerm gerig, en almal kyk dus op en kan lekker uit volle bors sing...
Maar dan weer: Ons gemeente is "A New Generation" Die naam is "A New
Generation Church International" omdat ons visie baie wyer as die straat
oorkant die pad is.

My belangstelling is en was nog altyd die kerklied, en daar is baie mooi
juwele in die gereformeerde kerklied, maar daar is ongelukkig (vir my
oordeel) hopeloos te veel onsingbare psalms en gesange.
As sangleier in ons gemeente is dit ook my voorreg om heel dikwels die
Ingelse te laat sing "Hoe groot is U" saam met die "How great Thou art" en
sonder om te trek.

Gehoor van die omie (nie Gloudina s'n nie) wat een aand die sang gelei het:
"Ons sing Psalm 146 vers 1 en 3"
Lustig zingen de gemeente er aan
"Ons sing nou so lekker, kom ons sing sommer vers 4 ook, wat stront"

En ek is nou ook nie meer 'n lidmat van die NG Kerk in Suidelike Afrika nie.
Te nat (letterlik) geword eenkeer.

> Soos een arm pensioenaris tereg in die briewekolom sê: dan bly hy maar
> liewer tuis en luister na die kerk oor die radio.
>
> Ek wonder nou net of daar uitsmyters die deure gaan beman, sodat diegene wat
> dit sou waag om met die verkeerde, ou liedboek by die kerk opdaag, summier
> betyds voorgekeer kan word, en terug huistoe gejaag gaan word:)))
> Ag ja!! Autokrasie is nog lekker hier met ons.
> Annette
Suster, waarom bring jy die radio kerkwaarts?
Om die liedere te kan leer sing broer
Ons sing so lekker want ons trek so lekker...

Thys aan't singe op't Bos
Re: Nuus vir die verlangendes [boodskap #49890 is 'n antwoord op boodskap #49887] Ma, 10 September 2001 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Thys - die singery in die kerk was van kleinsdag al vir my 'n bron van groot
vermaak.
Mens kry mos orreliste wat met groot hoop die inleiding lekker lig en vrolik
speel met 'n beat, en dan verplig word om by die trekbrigade aan te
sluit:)))
Ek het natuurlik lekker gelag oor jou grappie - maar moet nou nie skaam wees
nie - vertel ons tog asseblief van jou letterlike nat oomblik:))
Ek kan jou egter verseker - daar is geen gemeente wat kan sing soos Velddrif
se NG gemeente nie - die bryery help ook nou nie juis vir die klank nie -
maar keer op keer trek Ta Miem los met haar blaasbalk altstem daar van die
gallery af - op haar eie tyd sing sy die liedere - en nie die orrel of
enigiemand anders beinvloed haar met haar uitvoering of word gehoor nie:))

Annette

> Ek het na sommige van die nuwe wysies en toonsettings geluister (op CD) en
> was aanganaam verras deur die dapperheid van die NG Kerk om wel iets nuuts
> in die bundel op te neem. Dit is egter nog so dat daar ou wysies is (veral
> die sogenaamde Geneefse gesange/psalms) wat g'n neef (of niggies) meer kan
> sing nie.
> By ons in ons gemeente gebruik ons net nuwe liedere. Iets wat ouer as 2
> jaar is moet vrek goed sing en die regte woorde hê om gesing te word. Die
> ou bekendes soos Amazing Grace, How great Thou art, en daai juwele word
> egter nog van tyd tot tyd gesing. Maar ons mense dra g'n boeke nie. Die
> woorde van die liedere word met 'n grootskerm rekenaarprojektor teen 'n
> skerm gerig, en almal kyk dus op en kan lekker uit volle bors sing...
> Maar dan weer: Ons gemeente is "A New Generation" Die naam is "A New
> Generation Church International" omdat ons visie baie wyer as die straat
> oorkant die pad is.
>
> My belangstelling is en was nog altyd die kerklied, en daar is baie mooi
> juwele in die gereformeerde kerklied, maar daar is ongelukkig (vir my
> oordeel) hopeloos te veel onsingbare psalms en gesange.
> As sangleier in ons gemeente is dit ook my voorreg om heel dikwels die
> Ingelse te laat sing "Hoe groot is U" saam met die "How great Thou art" en
> sonder om te trek.
>
> Gehoor van die omie (nie Gloudina s'n nie) wat een aand die sang gelei het:
> "Ons sing Psalm 146 vers 1 en 3"
> Lustig zingen de gemeente er aan
> "Ons sing nou so lekker, kom ons sing sommer vers 4 ook, wat stront"
>
> En ek is nou ook nie meer 'n lidmat van die NG Kerk in Suidelike Afrika nie.
> Te nat (letterlik) geword eenkeer.
>
>> Soos een arm pensioenaris tereg in die briewekolom sê: dan bly hy maar
>> liewer tuis en luister na die kerk oor die radio.
>>
>> Ek wonder nou net of daar uitsmyters die deure gaan beman, sodat diegene
> wat
>> dit sou waag om met die verkeerde, ou liedboek by die kerk opdaag,
> summier
>> betyds voorgekeer kan word, en terug huistoe gejaag gaan word:)))
>> Ag ja!! Autokrasie is nog lekker hier met ons.
>> Annette
> Suster, waarom bring jy die radio kerkwaarts?
> Om die liedere te kan leer sing broer
> Ons sing so lekker want ons trek so lekker...
>
> Thys aan't singe op't Bos
>
Re: Nuus vir die verlangendes [boodskap #49932 is 'n antwoord op boodskap #49884] Di, 11 September 2001 04:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sluit aan by die snel groeiende klub:)))
Daar is op 'n ander groep dieselfde onderwerp bespreek - weliswaar het dit
ietwat anders begin - en die bespreking was kalm en volwasse - elkeen se
standpunt is na geluister, en gereageer op 'n bedaarde wyse. Iets wat op
hierdie nuusgroep ietwat ongehoord sal wees.
Ek het dieselfde sienswyse in die opsig wat jy gemeld het soos jy, miskien
dit net baie vroeër begin doen, omdat ek baie ouer is:)))
Annette

> "Annette" wrote in message
> news:9nicqc$7jkle$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>
>> Ek het natuurlik lekker gelag oor jou grappie - maar moet nou nie skaam
> wees
>> nie - vertel ons tog asseblief van jou letterlike nat oomblik:))
>
> Ja, komaan, vertel, Thys.
>
> En dankie, Annette, vir die nuus. Hou asseblief so aan - ek sal nie altyd
> reageer nie, maar ek lees dit altyd! Ek sien die NGK is nog steeds so
> arrogant soos altyd - juis die groot rede hoekom ek my lidmaatskap opgegee
> het voor ons weg is. Nou is die enigste NGK in my lewe die spark plugs! Ek
> dink in elk geval ek is nou 'n baie beter mens - probeer om die regte ding
> te doen en mense te behandel soos ek behandel wil word. En glo nog steeds
> in God, net op my eie manier.
>
Thys se natword... (lank en geestelik) [boodskap #49943 is 'n antwoord op boodskap #49890] Di, 11 September 2001 07:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sien die saak werk so:
Vroulief en ek is toe al mooi "meelewend". Doen (uit eie wil) mee aan baie
aktiwiteite der gemeente. Orrelfonds help aan die gang kry om die "halwe
orrel voltooid te kry, ens. Die orrel is 'n ander storie...
So met verloop van die jare in die gemeente (een van die verligtes in die
NGK) kom ons tot 'n meer verinniging van ons loop met die Here. Was toe al
selfs eenkeer Bulgarye toe saam met Gloudina se Anette van Swellendam...

Op 'n dag kom Hanlie met die storie dat sy vas oortuig is dat sy die
bekeringsdoop wil ondergaan. Ek was op daai oomblik glad nie ge-"spin" oor
die dopery nie. Ek sou haar ten volle ondersteun, maar daar was bepaalde
voorwaardes aan: Sy moes vir my uit die Skrif wys en bewys en oortuig van
haar oortuiging. Dit doen sy toe ook.
Maar sy loop toe nog 4 maande met die storie in haar wese rond. Ewenwel, sy
en 2 ander vriende reël toe die saak met 'n goeie vriend van ons wat aan 'n
"onderdompel" gemeente behoort en een van die leiers daar is.
Ek had op daardie stadium geen begeerte of behoefte om ook "nat" te word
nie.
Die nag voor die 'doop' word ek egter nugter wakker, en besef dadelik dat
daar fout is. Ek raak later vies vir myself oor ek nie weer kan slaap nie.
Later bid ek maar. Ek sien later 'n gesig van 'n geopende Bybel met 'n
prentjie van 'n mylsteen daarin. En weer bid ek maar. Half-vies vir myself
oor die wakkerblyery. Toe is dit asof ek die stem van die Here self hoor
wat sê dat Filippus na die wa van die Ethiopiër gegaan het onder leiding van
Sy Gees, en hy kom die hofdienaar die skrifte uitlê oor die profesie wat die
man gelees het. En dan die gedeelte waar die Ethiopiër vra: "Hier is water.
Wat verhoed my dat gedoop word?" en hy's toe gedoop. Die res van die storie
ken ons mos. Ek sê toe ewe braaf vir die Here; As dit so is, dan wil ek, as
ek daardie oggend opstaan, dit uit twee verskillende skrifgedeeltes bevestig
hê. (Nogal cheeky nè!) En ek draai om ek slaap soos 'n kind.
Die volgende oggend nog voordat Hanlie behoorlik wakker is, vlie ek uit die
bed uit, en gryp die Bybel, en soek totdat ek die skrifgedeelte van Filippus
kry. Hand 8 vanaf vers 26. Toe ek die bladsy omblaai, toe sien ek die
prentjie van die mylsteen daarop. Nogal met Damaskus daarop geskryf. Goed
dag ek: Bevestiging nr 1, maar ek het vir twee gevra.
Hanlie en ek het op daardie stadium Oswald Chambers se dagstukkie-boek "My
utmost for His highest" as oggend bybelstudie boek gebruik. En die
dagstukkie vir daardie dag 14 Januarie is: Rom 6 vers en 4 met die opskrif:
"Your white funeral" en die vraag: "Have you been to your white funeral?
Have you been baptized with the believers baptism?" Die res is geskiedenis.
Ek is toe saam met my vrou en haar vriende gedoop. Ons het dit nie in die
gemeente verkondig nie, maar op 'n stadium toe het dit op die lappe gekom.
Natuurlik was dit 'n "erge skok" vir die leraars. Gesprekke is gevoer, en
argumente vir en teen die saak. Ons het vasgeskop. Uiteindelik vra ek
eendag ons predikant nou wanneer die saak nou eendag tot 'n einde sal kom,
sodat ons kan voortgaan met ons gemeente aktiwiteite. "Eers wanneer julle
bely dat julle nie in ooreenstemming met die Skrif en die wil van God
opgetree het nie." En toe seg ek dat dit nooit sal gebeur nie, want ek kan
nie my gewete verkrag met soiets nie.
Ewenwel, ons is nooit sleg behandel nie, en ons is met baie liefde deur 5
van die leraars behandel en ons het net op 'n dag die gemeente besoek waar
ons nou aanbid, en sommer dadelik tuis gevoel, en toe ons lidmaatskap van
die NGKerk opgesê. Tot vandag toe (7jaar later) het ons nog steeds baie
goeie vriendskappe met die gemeente en sy leiers. As die predikant by my
bure kom "huisbesoek" doen, dan het hy altyd by ons ook ingeloer, en kon ons
sommer lekker gesels en kuier, en mekaar bedien.
Ons het intussen tot die besef gekom dat ons nie in rebellie teen God was
(soos die NGK beweer nie) maar in rebellie teenoor die reëls van die kerk
self. Dit is 'n ander saak, en ons het daarvoor die geleentheid gehad om
dit met die predikante te kon uitgesels, en daarom dat ons ook vir hulle kon
sê dat ons nie vir hulle kwaad of vies is nie.
Ek wil net hier beklemtoon: Om die bekeringsdoop te ondergaan is NIE 'n
grap nie. Dis iets waartoe jyself net deur die werking van die Heilge Gees
oortuig kan word. Geen mens MAG vir jou kom sê dat jy eers gedoop moet word
om lidmaat van 'n gemeente te wees nie. Bekeringsdoop is maar net een
resultaat van die werking van die Heilge Gees in jou. En die Heilge Gees is
'n "gentle Spirit".
My persoonlike standpunt is dat of jy gedoop is al dan nie, is NIE 'n
voorvereiste vir die ewige lewe saam met Jesus Christus in die hemel nie.
Geloof in Hom as persoonlike Saligmaker en Verlosser is die sleutel. Punt.
Klaar, uit en gedaan. Maak nie saak aan watter "kerk" jy "behoort" nie.
Name op 'n kerk se lidmaatregister is nie 'n eenrigting kaartjie hemel toe
nie. Dit kan nogal 'n "surprise" wees as jy eendag by Petrus moet verbykom
en hy jou vra waarom jy in die Nuwe Jerusalem toegelaat moet word. Jy
antwoord: My naam staan mos in die gemeente van Vogelpiek se boek, want die
dominee het gesê dis wat ons moet doen. En as die engel dan in die Boek van
die Lewe kyk en net sy kop skud en sy oë neerslaan, en jy besef: Dis verby.
Ek gaan nie daar wees nie. Niemand het vir my anders gesê nie. En hoekom
had ek nie geluister toe daai Billy Graham die aand op die TV gesê het al
wat ek moes doen is om Jesus in my hart in te nooi nie...
Is jy gereed daarvoor?
Dink maar self hieroor. Ek, en niemand anders kan daardie besluit VIR jou
neem nie. Net jyself kan dit doen.

Thys op die Bos
Re: Thys se natword... (lank en geestelik) [boodskap #49946 is 'n antwoord op boodskap #49943] Di, 11 September 2001 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Thys - nou vir die storie van die orrel.....
Annette

--
...
> Sien die saak werk so:
> Vroulief en ek is toe al mooi "meelewend". Doen (uit eie wil) mee aan baie
> aktiwiteite der gemeente. Orrelfonds help aan die gang kry om die "halwe
> orrel voltooid te kry, ens. Die orrel is 'n ander storie...
> So met verloop van die jare in die gemeente (een van die verligtes in die
> NGK) kom ons tot 'n meer verinniging van ons loop met die Here. Was toe al
> selfs eenkeer Bulgarye toe saam met Gloudina se Anette van Swellendam...
>
> Op 'n dag kom Hanlie met die storie dat sy vas oortuig is dat sy die
> bekeringsdoop wil ondergaan. Ek was op daai oomblik glad nie ge-"spin" oor
> die dopery nie. Ek sou haar ten volle ondersteun, maar daar was bepaalde
> voorwaardes aan: Sy moes vir my uit die Skrif wys en bewys en oortuig van
> haar oortuiging. Dit doen sy toe ook.
> Maar sy loop toe nog 4 maande met die storie in haar wese rond. Ewenwel, sy
> en 2 ander vriende reël toe die saak met 'n goeie vriend van ons wat aan 'n
> "onderdompel" gemeente behoort en een van die leiers daar is.
> Ek had op daardie stadium geen begeerte of behoefte om ook "nat" te word
> nie.
> Die nag voor die 'doop' word ek egter nugter wakker, en besef dadelik dat
> daar fout is. Ek raak later vies vir myself oor ek nie weer kan slaap nie.
> Later bid ek maar. Ek sien later 'n gesig van 'n geopende Bybel met 'n
> prentjie van 'n mylsteen daarin. En weer bid ek maar. Half-vies vir myself
> oor die wakkerblyery. Toe is dit asof ek die stem van die Here self hoor
> wat sê dat Filippus na die wa van die Ethiopiër gegaan het onder leiding van
> Sy Gees, en hy kom die hofdienaar die skrifte uitlê oor die profesie wat die
> man gelees het. En dan die gedeelte waar die Ethiopiër vra: "Hier is water.
> Wat verhoed my dat gedoop word?" en hy's toe gedoop. Die res van die storie
> ken ons mos. Ek sê toe ewe braaf vir die Here; As dit so is, dan wil ek, as
> ek daardie oggend opstaan, dit uit twee verskillende skrifgedeeltes bevestig
> hê. (Nogal cheeky nè!) En ek draai om ek slaap soos 'n kind.
> Die volgende oggend nog voordat Hanlie behoorlik wakker is, vlie ek uit die
> bed uit, en gryp die Bybel, en soek totdat ek die skrifgedeelte van Filippus
> kry. Hand 8 vanaf vers 26. Toe ek die bladsy omblaai, toe sien ek die
> prentjie van die mylsteen daarop. Nogal met Damaskus daarop geskryf. Goed
> dag ek: Bevestiging nr 1, maar ek het vir twee gevra.
> Hanlie en ek het op daardie stadium Oswald Chambers se dagstukkie-boek "My
> utmost for His highest" as oggend bybelstudie boek gebruik. En die
> dagstukkie vir daardie dag 14 Januarie is: Rom 6 vers en 4 met die opskrif:
> "Your white funeral" en die vraag: "Have you been to your white funeral?
> Have you been baptized with the believers baptism?" Die res is geskiedenis.
> Ek is toe saam met my vrou en haar vriende gedoop. Ons het dit nie in die
> gemeente verkondig nie, maar op 'n stadium toe het dit op die lappe gekom.
> Natuurlik was dit 'n "erge skok" vir die leraars. Gesprekke is gevoer, en
> argumente vir en teen die saak. Ons het vasgeskop. Uiteindelik vra ek
> eendag ons predikant nou wanneer die saak nou eendag tot 'n einde sal kom,
> sodat ons kan voortgaan met ons gemeente aktiwiteite. "Eers wanneer julle
> bely dat julle nie in ooreenstemming met die Skrif en die wil van God
> opgetree het nie." En toe seg ek dat dit nooit sal gebeur nie, want ek kan
> nie my gewete verkrag met soiets nie.
> Ewenwel, ons is nooit sleg behandel nie, en ons is met baie liefde deur 5
> van die leraars behandel en ons het net op 'n dag die gemeente besoek waar
> ons nou aanbid, en sommer dadelik tuis gevoel, en toe ons lidmaatskap van
> die NGKerk opgesê. Tot vandag toe (7jaar later) het ons nog steeds baie
> goeie vriendskappe met die gemeente en sy leiers. As die predikant by my
> bure kom "huisbesoek" doen, dan het hy altyd by ons ook ingeloer, en kon ons
> sommer lekker gesels en kuier, en mekaar bedien.
> Ons het intussen tot die besef gekom dat ons nie in rebellie teen God was
> (soos die NGK beweer nie) maar in rebellie teenoor die reëls van die kerk
> self. Dit is 'n ander saak, en ons het daarvoor die geleentheid gehad om
> dit met die predikante te kon uitgesels, en daarom dat ons ook vir hulle kon
> sê dat ons nie vir hulle kwaad of vies is nie.
> Ek wil net hier beklemtoon: Om die bekeringsdoop te ondergaan is NIE 'n
> grap nie. Dis iets waartoe jyself net deur die werking van die Heilge Gees
> oortuig kan word. Geen mens MAG vir jou kom sê dat jy eers gedoop moet word
> om lidmaat van 'n gemeente te wees nie. Bekeringsdoop is maar net een
> resultaat van die werking van die Heilge Gees in jou. En die Heilge Gees is
> 'n "gentle Spirit".
> My persoonlike standpunt is dat of jy gedoop is al dan nie, is NIE 'n
> voorvereiste vir die ewige lewe saam met Jesus Christus in die hemel nie.
> Geloof in Hom as persoonlike Saligmaker en Verlosser is die sleutel. Punt.
> Klaar, uit en gedaan. Maak nie saak aan watter "kerk" jy "behoort" nie.
> Name op 'n kerk se lidmaatregister is nie 'n eenrigting kaartjie hemel toe
> nie. Dit kan nogal 'n "surprise" wees as jy eendag by Petrus moet verbykom
> en hy jou vra waarom jy in die Nuwe Jerusalem toegelaat moet word. Jy
> antwoord: My naam staan mos in die gemeente van Vogelpiek se boek, want die
> dominee het gesê dis wat ons moet doen. En as die engel dan in die Boek van
> die Lewe kyk en net sy kop skud en sy oë neerslaan, en jy besef: Dis verby.
> Ek gaan nie daar wees nie. Niemand het vir my anders gesê nie. En hoekom
> had ek nie geluister toe daai Billy Graham die aand op die TV gesê het al
> wat ek moes doen is om Jesus in my hart in te nooi nie...
> Is jy gereed daarvoor?
> Dink maar self hieroor. Ek, en niemand anders kan daardie besluit VIR jou
> neem nie. Net jyself kan dit doen.
>
> Thys op die Bos
>
Re: Nuus vir die verlangendes [boodskap #49952 is 'n antwoord op boodskap #49884] Di, 11 September 2001 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bobby - ek doen dit ook en bly steeds 'n lid van die NGK.
Waarom die kerk verlaat - waarom dit maklik maak vir daai ouens wat eintlik
nie aanspraak het op die kerk nie. Ek bly en sal dit moeilik maak vir hulle
...

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:V2gn7.7616$c5.66915@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Annette" wrote in message
> news:9nicqc$7jkle$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>
>> Ek het natuurlik lekker gelag oor jou grappie - maar moet nou nie skaam
> wees
>> nie - vertel ons tog asseblief van jou letterlike nat oomblik:))
>
> Ja, komaan, vertel, Thys.
>
> En dankie, Annette, vir die nuus. Hou asseblief so aan - ek sal nie altyd
> reageer nie, maar ek lees dit altyd! Ek sien die NGK is nog steeds so
> arrogant soos altyd - juis die groot rede hoekom ek my lidmaatskap opgegee
> het voor ons weg is. Nou is die enigste NGK in my lewe die spark plugs! Ek
> dink in elk geval ek is nou 'n baie beter mens - probeer om die regte ding
> te doen en mense te behandel soos ek behandel wil word. En glo nog steeds
> in God, net op my eie manier.
>
Re: Nuus vir die verlangendes [boodskap #49953 is 'n antwoord op boodskap #49952] Di, 11 September 2001 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Sep 2001 13:51:14 +0200, "Jonas" wrote:

> Bobby - ek doen dit ook en bly steeds 'n lid van die NGK.

Jonas jy klink nou soos daardie LP's wat vir die kiesers sê dat hul
binne die party bly om dit 'van binne te verander' en intussen sien
hul slegs nie kans om die geld buite te verdien nie.

DD
Re: Thys se natword... (lank en geestelik) [boodskap #49958 is 'n antwoord op boodskap #49943] Di, 11 September 2001 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> So met verloop van die jare in die gemeente (een van die verligtes in die
> NGK) kom ons tot 'n meer verinniging van ons loop met die Here. Was toe al
> selfs eenkeer Bulgarye toe saam met Gloudina se Anette van Swellendam...
>

Kan jy meer vertel van hierdie trip na Bulgarye? Annette was al by soveel
plekke in die wêreld dat ek nie eens van hierdie een weet nie. Waarom het
julle spesifiek na Bulgarye gegaan. Waar is die plek waar die kinders die
visie van die Moeder Maria gesien het. Is dit nie in Bulgarye nie?
(Ek het nou onlangs in aanraking gekom met 'n vroumens wat oorspronklik
van Bulgarye was. As daar nou glo nog 'n plek is wat mooi is soos die
Boland, dan klink dit vir my dis Bulgarye. As ek die woord Tokai hoor,
dan dink ek aan 'n plek in die Boland. Maar die plek Tokai en die Tokai
druiwe se bakermat is glo in Bulgarye.)
Ek weet Annette en Pierre is nog NGK. Maar soos sy gepraat het, is
een van haar dogters ook iemand wat die "grootdoop" ondergaan het. Is
sy van julle gemeente?

Gloudina
Re: Thys se natword... (lank en geestelik) [boodskap #49969 is 'n antwoord op boodskap #49943] Di, 11 September 2001 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ons (Hanlie en ek) ken vir Anette en Pierre nou al so by die 25 jaar. Hulle
as families hou al vir jare lank vakansie op Kleinbaai naby Gansbaai.
Pierre se een broer, Erik, se strandhuis is lang my skoonouers s'n.
Ek het net eenkeer gehoor Anette praat daarvan. Die kinders van haar was op
daardie staium in Newcastle gewees, en was daar by 'n ander gemeente
betrokke as die NGK.

Ons was Bulgarye toe in '92 op uitnodiging van 'n gemeente daar. Pierre wou
nie saamgaan nie, maar Anette was saam met ons. Ons was 'n span van so 22
vanaf Helderberg NGK hier Somerset-Wes. Ons het gaan toerustingskursusse
aanbied aan die Bulgare daar. Dit was nogal 'n ondervinding.
Deel van ons voorbereiding (behalwe die geestelike) was om onder andere die
Sirillies alfabet te leer sodat ons Bulgaars kon lees. Onthou, alles by
hulle is in Sirilliese skrif. Tot ons kursus materiaal was in Sirillies.
Dit het ons by Campus Crusade gekry. Dit was nogal opwindindend.
En ja Bulgarye is mooi. O so groen soos wat die VSA in die hoogsomer nie
kan wees nie. Daai vlaktes noord van Toronto het my baie aan Bulgarye laat
dink.
Dit was vir ons ook 'n groot ontnugtering en kultuurskok om daar in Sofia
aan te kom, en toestande aan te tref wat mens aan die erge agtergeblewe
gebiede hier in SA herinner het. Maar dan het die gees van die Bulagre
daarvoor opgemaak. Sulke wonderlike mense as jy net eers hulle vertroue
gewen het.

Daar is 'n gedeelte in die platteland van Bulgarye wat hulle die Vallei van
die Rose noem. Daar word rose aangeplant soos wat ons hier in die Boland
wingerde aanplnt. Die roosknoppies word dan vroeg soggens met die hand
gepluk en gepars vir die roosolie wat 'n belangrike uitvoerproduk is vir die
parfuumbedryf.
Daar ruik die hele vallei soos my ouma se een roosboom geruik het. Tipiese
potpourri geur/reuk

Moeder Maria weet ek nou nie van af nie. Hulle is Ortodoks en dan moet jy
weet dat selfs die Katolieke vir hulle 'n sekte is, dan wat nog van die
Protestante?

Om ook daar in een van hulle kloosters te stap en die gids vertel dat van
die oorspronklike gedeeltes reeds vanuit die 8ste eeu dateer, dan hang jou
mond skaamteloos oop. Dis regtig baie mooi. Ons was daar in die somer, toe
dit lekker warm en sonnig was. Die winters is egter 'n ander storie.
Vriende van ons is nog daar besig met humanitêre hulp aan veral kinders in
weeshuise/kinderhuise. Hulle het 'n Bulgaarse dogtertjie aangeneem wat vir
8 jaar GEEN stimulasie gehad het nie.

Genoeg vir eers.

Thys oppie Bos
Re: Nuus vir die verlangendes [boodskap #49973 is 'n antwoord op boodskap #49890] Di, 11 September 2001 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9nicqc$7jkle$1@ID-92016.news.dfncis.de...

> Ek het natuurlik lekker gelag oor jou grappie - maar moet nou nie skaam wees
> nie - vertel ons tog asseblief van jou letterlike nat oomblik:))

Ja, komaan, vertel, Thys.

En dankie, Annette, vir die nuus. Hou asseblief so aan - ek sal nie altyd
reageer nie, maar ek lees dit altyd! Ek sien die NGK is nog steeds so
arrogant soos altyd - juis die groot rede hoekom ek my lidmaatskap opgegee
het voor ons weg is. Nou is die enigste NGK in my lewe die spark plugs! Ek
dink in elk geval ek is nou 'n baie beter mens - probeer om die regte ding
te doen en mense te behandel soos ek behandel wil word. En glo nog steeds
in God, net op my eie manier.
Re: Thys se natword... (lank en geestelik) [boodskap #49983 is 'n antwoord op boodskap #49969] Di, 11 September 2001 20:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek was ook eens op 'n tyd baie nou betrokke by Campus Crusade - ampertjies
Suid Amerika toe gegaan:)))

Annette

--
Re: Nuus vir die verlangendes [boodskap #49989 is 'n antwoord op boodskap #49953] Wo, 12 September 2001 03:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie - dit is presies wat ek doen. Ook met hierdie land - hoekom padgee en
dit maklik maak vir manne waarmee jy in beginsel nie saamstem nie. Klink dit
nie soos 'n "hijacking" as ek oorboord sou spring nie?

"Davie Davis" skryf in boodskap news:biurpt4f66k2gegka0rrcriaaklcl481pb@4ax.com...
> On Tue, 11 Sep 2001 13:51:14 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Bobby - ek doen dit ook en bly steeds 'n lid van die NGK.
>
>
> Jonas jy klink nou soos daardie LP's wat vir die kiesers sê dat hul
> binne die party bly om dit 'van binne te verander' en intussen sien
> hul slegs nie kans om die geld buite te verdien nie.
>
> DD
Re: Thys se natword... (lank en geestelik) [boodskap #50037 is 'n antwoord op boodskap #49943] Do, 13 September 2001 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet
---------knip----------
En dan die gedeelte waar die Ethiopiër vra: "Hier is water.
: Wat verhoed my dat gedoop word?" en hy's toe gedoop.
------knip-------
~~~~~~~~~~~~
en in die nuwe vertaling is hierdie spesifieke vers uitgelaat.
die vers het my ook laat besluit om my te laat doop. (Handelinge
8:37) bly om te sien ons gebruik albei dieselfde boek van Oswald
Chambers. op die oomblik werk ek aan die 'oefenprogram' van Bruce
Wilkinson se Jabes se gebed. het nog een week oor van die
program. as jy die boekie nog nie gelees het nie, kry hom. CUM
het die Afrikaanse weergawe gedruk. Ek beveel dit ten sterkste
aan as jy jou 'grongebied' wil uitbrei. (1 kron 4:9 - 10)
--
--------------------------------------
http://www.om.org/main.htm
--------------------------------------
Jabez se gebed: [boodskap #50059 is 'n antwoord op boodskap #50037] Vr, 14 September 2001 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tobias die Tobiet:

Bruce Wilkerson se "Jabez gebed" het net so 'n invloed in my lewe. Het jy
al die nuwe een van hom ivm die Wingerdstok gelees?

Vir die wat nie weet nie:
Gaan lees 1 Kronieke 4 verse 9-10: Tussen al die "seun van dit by daai en
die had weer 'n seun" (genealogie) is daar hierdie twee verse. En bid dit
in jou lewe vir jouself, en kyk wat gebeur...

Thys oppie Bos

"Tobie" skryf in boodskap news:9nq8aj$evd$2@ctb-nnrp2.saix.net...
Re: Jabez se gebed: [boodskap #50063 is 'n antwoord op boodskap #50059] Vr, 14 September 2001 08:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
9. En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom
Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.
10. En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my
ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees
en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het
laat kom wat hy begeer het.

Gedog ek spaar die ander die moeite om dit op te soek... Klink my bietjie
selfsugtig om so te bid... Maar ja, wat jy vra sal jy kry, as jy glo.
______________________________________________________
"Thys de Wet"
> Tobias die Tobiet:
>
> Bruce Wilkerson se "Jabez gebed" het net so 'n invloed in my lewe. Het jy
> al die nuwe een van hom ivm die Wingerdstok gelees?
>
> Vir die wat nie weet nie:
> Gaan lees 1 Kronieke 4 verse 9-10: Tussen al die "seun van dit by daai en
> die had weer 'n seun" (genealogie) is daar hierdie twee verse. En bid dit
> in jou lewe vir jouself, en kyk wat gebeur...
>
> Thys oppie Bos
Re: Jabez se gebed: [boodskap #50097 is 'n antwoord op boodskap #50059] Vr, 14 September 2001 20:15 Na vorige boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" <
Het jy : al die nuwe een van hom ivm die Wingerdstok gelees?
~~~~~~~~~~~
besig om daardie een ook te kry :-)
My maand oefenprogram eindig dié naweek.
sal nog besluit of ek dit 'n daaglikse ding gaan maak.
het dit baie geniet, partykeer maklik, partykeer moeilik, jy sal
weet waarvan ek praat:-)
mooi bly
--
--------------------------------------
http://www.om.org/main.htm
--------------------------------------
Vorige onderwerp: World trade centre
Volgende onderwerp: Re: 'n Kanadese perspektief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 21:35:45 MGT 2024