Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kapitalisme en Sosialisme
Kapitalisme en Sosialisme [boodskap #49216] Sa, 01 September 2001 12:43 na volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Rennie:
> Hulle is nie klassieke kapitaliste nie, maar het genoeg van die kapitalisme
> ingevoer om ekonomies te floreer.

Gloudina
Daar het jy dit nou. Mens hoef nie 'n klassiek-kapitalistiese staat te wees
om te floreer nie.

Rennie
Jy sal dalk verbaas wees dat ek saamstem, Gloudina. Sosiale voordele is
belangrik, wanneer dit bekostig kan word. 'n Suiwer kapitalistiese stelsel
is geen utopia nie.

Gloudina
'n Staat met 'n gesonde hoeveelheid sosialistiese kontrole oor die
toestand van sake is die ideaal. Noem my nou maar 'n pienk tannie.

Rennie
Aangesien jy so mooi vra, sal ek jou 'n pienk tannie noem :-)
Maar ek stem weer saam, alhoewel ek dit nie as kontrole sou beskryf nie,
pogings om te beheer het saam met die kommunisme oos van Europa gesterf.
Die probleem kom wanneer 'n staat sosiale voordele probeer gee wat hy nie
kan bekostig nie, veral as dit om die regering se politieke oorlewing gaan.
Dan kry jy choas en 'n gebedel by die Wêreldbank.

Gloudina:
Regerings se funksie is om om te sien na die stabiliteit en gesondheid van
die staatshuishoukunde.

Rennie
Jy bedoel staatshuishouding, huishoukunde gaan meer oor kos maak en beddens
opmaak. Die heel belangrikste huishoudingsfunksie is natuurlik om binne jou
finansiële vermoëns te lewe, soos 'n goeie kapitalis.
Re: Kapitalisme en Sosialisme [boodskap #49219 is 'n antwoord op boodskap #49216] Sa, 01 September 2001 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rennie Oster wrote:

> Jy bedoel staatshuishouding, huishoukunde gaan meer oor kos maak en beddens
> opmaak.

Weet jy, Renoster, ek dink in my dae het hulle die Engelseterm "political
science" vertaal as "staatshuishoudkunde." Ek
sien my woordeboek ( nie 'n goeie nie) gee net "staatkunde."
Maar daar is vir my 'n verskil tussen staatkunde en staatshuishoud-
kunde.

Gloudina
Re: Kapitalisme en Sosialisme [boodskap #49224 is 'n antwoord op boodskap #49216] Sa, 01 September 2001 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina: Regerings se funksie is om om te sien na die stabiliteit en
> gesondheid van die staatshuishoukunde.

> Rennie
> Jy bedoel staatshuishouding, huishoukunde gaan meer oor kos maak
> en beddens opmaak. Die heel belangrikste huishoudingsfunksie is
> natuurlik om binne jou finansiële vermoëns te lewe, soos 'n goeie
kapitalis.

> Gloudina :
> Weet jy, Renoster, ek dink in my dae het hulle die Engelse term
> "political science" vertaal as staatshuishoudkunde." Ek sien my woordeboek
> ( nie 'n goeie nie) gee net "staatkunde." Maar daar is vir my 'n verskil
> tussen staatkunde en staatshuishoudkunde.

Wouter : Uit moderne woordeboeke:
political science. staatswetenskap, staatsleer

staats´huishoudkunde. Die wetenskap wat hom toelê op die studie van
volkswelvaart, v.d. ekonomiese aangeleenthede van volk en staat; ekonomie.

staats´huishouding. Huishouding v.d. staat m.b.t. produksie, verbruik, die
geldwese en die sosiale struktuur.

Rennie is dus reg dat staatshuishouding die aangewese woord is, maar hy is
verkeerd dat staatshuishou(d)kunde oor kosmaak gaan. Dit is eerder die
ekonomie, die wetenskap rondom die staat se huishouding, as 'n mens die
woordeboeke kan glo.
Re: Kapitalisme en Sosialisme [boodskap #49229 is 'n antwoord op boodskap #49216] Sa, 01 September 2001 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter : Uit moderne woordeboeke:
> political science. staatswetenskap, staatsleer
>
> staats´huishoudkunde. Die wetenskap wat hom toelê op die studie van
> volkswelvaart, v.d. ekonomiese aangeleenthede van volk en staat; ekonomie.
>
> staats´huishouding. Huishouding v.d. staat m.b.t. produksie, verbruik, die
> geldwese en die sosiale struktuur.
>
> Rennie is dus reg dat staatshuishouding die aangewese woord is, maar hy is
> verkeerd dat staatshuishou(d)kunde oor kosmaak gaan. Dit is eerder die
> ekonomie, die wetenskap rondom die staat se huishouding, as 'n mens die
> woordeboeke kan glo.

Wouter, jy is tog so 'n groot hulp. Dié Rennie is so koppig en beterwetig.Mens
moet jou man staan teen hom, anders skree hy jou dood. Weereens
dankie vir die hulp.

Gloudina
Re: Kapitalisme en Sosialisme [boodskap #49233 is 'n antwoord op boodskap #49216] Sa, 01 September 2001 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Rennie is dus reg dat staatshuishouding die aangewese woord is, maar hy is
> verkeerd dat staatshuishou(d)kunde oor kosmaak gaan.

Gloudina
Wouter, jy is tog so 'n groot hulp. Dié Rennie is so koppig en beterwetig.
Mens moet jou man staan teen hom, anders skree hy jou dood.
Weereens dankie vir die hulp.

Wouter
Ja die renoster kan by tye erg arrogant wees, ek sukkel ook met hom.
Het jy my ook gemis, Gloudina, of is dit net Danielle en Davie (ek
hoor hy het aanhoudend na my geroep) wat na die plaasvarkie verlang het?
Re: Kapitalisme en Sosialisme [boodskap #49235 is 'n antwoord op boodskap #49216] Sa, 01 September 2001 19:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Het jy my ook gemis, Gloudina, of is dit net Danielle en Davie (ek
> hoor hy het aanhoudend na my geroep) wat na die plaasvarkie verlang het?

Jy moet jou vriende teen hierdie tyd ken, Plaasvark. Oppas vir DavieDavis. Hy is
mos die een wat vir jou geimpersonate het en gemaak het
dat jy af van die nuusgroep af is met baie oink oinks. Wat het vir jou
nou laat besluit om terug te kom?

Gloudina
Re: Kapitalisme en Sosialisme [boodskap #49238 is 'n antwoord op boodskap #49233] Sa, 01 September 2001 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 1 Sep 2001 21:22:00 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> net Danielle en Davie

GMMMMFFFFF!!!!!!!!!!!
Re: Kapitalisme en Sosialisme [boodskap #49240 is 'n antwoord op boodskap #49216] Sa, 01 September 2001 19:58 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 01 Sep 2001 19:47:21 GMT, @home.com wrote:

> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Het jy my ook gemis, Gloudina, ..........

Presies no so veel soos sy na Brahm Fisher verlang Wouter

DD
Vorige onderwerp: Re: DE CARAÏBEN IN HET NEDERLANDS
Volgende onderwerp: Bosch-sage - wat nou?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 05:40:05 MGT 2024