Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Ouma se Warmpoeding
Ouma se Warmpoeding [boodskap #48214] Di, 14 Augustus 2001 20:06
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Smelt 21/2e botter/margarien in kastrol. Haal af.
Voeg 1 k melk by.
Voeg 1 k dikmelk/karringmelk by.
Meng goed.
Sif 1/2 k koekmeel,
1 k suiker en
gerasperde skil van 1 suurlemoen saam.
Voeg meelmengsel by bottermengsel.
Meng baie goed.
Voeg 6 ekstra groot eiergele, geklits, by die mengsel.
Gooi suurlemoensap van 1 suurlemoen by.
Vou styfgeklopte eierwitte van 6 ekstra groot eiers in.
Skep in gesmeerde vuurvaste oondskottel en bak by 180C tot goudbruin en
gaar.
Bedien met warm dun vla of roomys, of enige warm brandewyn-bottersous gemaak
van:
1/2 k suiker, 2 e botter, 1/2 k brandewyn.
Kook alles saam vir +/- 5 minute.
Gooi warm oor poeding voor bedien.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Vorige onderwerp: Namakwalandse kossies
Volgende onderwerp: Hotnoskoolbredie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 02:23:28 MGT 2024