Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Terug na die naweek
Terug na die naweek [boodskap #48165] Di, 14 Augustus 2001 10:20 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja, die slag is gelewer en 'n held het geval: My tjekboek!
Die troue is verby, en die twee duifies koer iewers allerhande soete niksies
in mekaar se oortjies.

Die twee het toe 'n mooi sonskyndag gekry op hulle troudag.

Sy't soos 'n prinses aan my sy
in die paadjie afgeloop
Haar man tegemoet
'n groot knop in my keel
(sy't haar daaran min gekseel)
'n Gesweef van sagte sy en satyn.
En die Ingelsman se eie troumars
wat hy vir haar geskryf het
het hul liefde luidkeels uitbasuin.
sag viool en strykorkes
meng saam met koperblaas
die diepste klank van kontrabas
sag spelend saam
klink op in 'n pragtig sterk relaas
van liefde, eer en blydskap
en die nuwe lewe saam

Die twee saamgevoeg
nou een
verklaar hul liefde trou
aan elkaar voor almal saam
en al die ou mense die tjank
snot en trane.
Ag jirre kind dis tog te mooi
seg Ouma na die tyd
En ma en pa staan
met blinkoog en geknopte keel
en sê net: Ja dit was so mooi!

Ek sal later meer detail kan hê oor fotos ens. maar dit was 'n lekker
paartie agterna.

Thys oppie Bos
Re: Terug na die naweek [boodskap #48166 is 'n antwoord op boodskap #48165] Di, 14 Augustus 2001 10:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Thys - ek het juis Saterdag om die mooi dag aan jou en die troue
gedink.
Annette

--

Thys de Wet skryf in boodskap news:9lau16$1o53$1@news.adamastor.ac.za...
> Ja, die slag is gelewer en 'n held het geval: My tjekboek!
> Die troue is verby, en die twee duifies koer iewers allerhande soete niksies
> in mekaar se oortjies.
>
> Die twee het toe 'n mooi sonskyndag gekry op hulle troudag.
>
> Sy't soos 'n prinses aan my sy
> in die paadjie afgeloop
> Haar man tegemoet
> 'n groot knop in my keel
> (sy't haar daaran min gekseel)
> 'n Gesweef van sagte sy en satyn.
> En die Ingelsman se eie troumars
> wat hy vir haar geskryf het
> het hul liefde luidkeels uitbasuin.
> sag viool en strykorkes
> meng saam met koperblaas
> die diepste klank van kontrabas
> sag spelend saam
> klink op in 'n pragtig sterk relaas
> van liefde, eer en blydskap
> en die nuwe lewe saam
>
> Die twee saamgevoeg
> nou een
> verklaar hul liefde trou
> aan elkaar voor almal saam
> en al die ou mense die tjank
> snot en trane.
> Ag jirre kind dis tog te mooi
> seg Ouma na die tyd
> En ma en pa staan
> met blinkoog en geknopte keel
> en sê net: Ja dit was so mooi!
>
> Ek sal later meer detail kan hê oor fotos ens. maar dit was 'n lekker
> paartie agterna.
>
> Thys oppie Bos
>
Re: Terug na die naweek [boodskap #48175 is 'n antwoord op boodskap #48165] Di, 14 Augustus 2001 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> En die Ingelsman se eie troumars
> wat hy vir haar geskryf het

Ek is geinteresseerd in die bruidegom
wat sy eie troumars skryf. Gee hy klas
in Musiek aan die Konserwatorium?

Gloudina
Re: Terug na die naweek [boodskap #48253 is 'n antwoord op boodskap #48165] Wo, 15 Augustus 2001 07:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee, die Ingelsman is 'n kitaar-man. Hy bied ghitaar-lesse aan vir sy lewe
(en doen goed). Maar al sy musiek is self geleer. Teorie, die werke. As hy
10 jaar terug by 'n musiekonderwyser kon uitkom, had hy noual klasgegee aan
die Conserve. Gebore 'teacher' die klong. Speel soiets soos 9 instrumente.
Sommiges beter as ander maar nou ja, hy het nie altyd die tyd om almal te
oefen nie.
My niggie het een aan by ons kom uit en sy's 'n musiekonderwyseres by een
van die skole in Somerset Wes. Raak die twee toe aan die gesels oor musiek.
My niggie sê later vir my dat hy haar nou weer 'n nuwe perspektief op musiek
kom gee het, wat sy by haar studente gaan gebruik. En sy't aan die Conserve
gestudeer onder haar broer Lucas Wentzel.

Thys oppie Bos

skryf in boodskap news:3B7918EF.BCFC60D4@home.com...
> Thys de Wet wrote:
>
>> En die Ingelsman se eie troumars
>> wat hy vir haar geskryf het
>
> Ek is geinteresseerd in die bruidegom
> wat sy eie troumars skryf. Gee hy klas
> in Musiek aan die Konserwatorium?
>
> Gloudina
>
Re: Terug na die naweek [boodskap #48262 is 'n antwoord op boodskap #48165] Wo, 15 Augustus 2001 09:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ag ja wat, as ek dan nou so met die feite voor die oog gegooi word sal ek
dit maar erken. Is so. Sal nie kla dat dit nie so is nie. Enigiets met
wit en swart note kan ek min of meer my weg mee vind. Nog net nie die orrel
in die Moederkerk gespeel nie. Maar dit sal nog kom.
Eenkeer op Villiersdorp moes ek trompet by 'n troue speel, en die liewe
antie wat die orrel speel sukkel toe met 'n ander stuk wat sy iemand mee
moet begelei. Vra sy my hoe sal ek maak, en ek vra haar of ek iets kan
probeer. Nie dat ek enigiets van pyporrels af weet nie, behalwe dat daar 'n
Groot, Swel en Voetwerk manuale is. Druk hier en druk daar en probeer dit
en dat en sy wys my een an ander en toe moet ek sommer die begeleiding doen.
En ek kan nie bladlees nie. Net die een lyntjie vir trompet, en dan moet ek
dit ook eers 10 maal gehoor het, want ek speel feitlik als op gehoor.
Die ingelsman se vrou, Igna is nou 'n bladleser 200% beter as haar pa! Sy't
vioolles geneem vanaf graad 2 by Lona Antoniadis by die Conserve. Opgeskop
daarmee toe sy graad 9 is, en die Ingelsman had haar die katderms weer begin
stryk, en nou speel sy weer vir die vale.

Die klong het goed gedoen met die troue Hy kan selfs al 10 sinne in
Afrikaans praat sonder om te struikel oor sy taal/grammatika.

Genoeg ge-"brag" vir eers.

Thys oppie Bos

"Danielle" skryf in boodskap news:gr9knt07vm01ne8c5khdbtqds0k6mguial@4ax.com...
> On Wed, 15 Aug 2001 09:40:18 +0200, "Thys de Wet"
> En ek hoor toe jy is net so musikaal, Thys. Bleikbaar moet mens jou
> net voor 'n klavier sit, en trompet in die hand stop, dan speel jy dat
> die biesies bewe. En bleikbaar kan jy baie goed sing ook! Is daar
> dan geen einde aan al jou talente nie? Die klong het goed getrou as
> ek die ding so kyk...:-)
>
Re: Terug na die naweek [boodskap #48276 is 'n antwoord op boodskap #48165] Wo, 15 Augustus 2001 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> . Enigiets met
> wit en swart note kan ek min of meer my weg mee vind.

Ek dink die Ingelsman het die dogter getrouomdat hy 'n goeie skoonpa ken
wanneer hy een
sien.

Gloudina
Re: Terug na die naweek [boodskap #48340 is 'n antwoord op boodskap #48262] Do, 16 Augustus 2001 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het ook altyd op gehoor gespeel - en het eers later leer bladlees.
Nou gaan leer om kitaar te speel, sodat ek kan leer om harp te speel:)))
Konsertina is nogal moeilik - Oupa kon die boerekonsertina sooooo goed
speel - maar ek sukkel.
Annette

--
.ac.za> skryf in boodskap news:9lddus$1iq9$1@news.adamastor.ac.za...
> Ag ja wat, as ek dan nou so met die feite voor die oog gegooi word sal ek
> dit maar erken. Is so. Sal nie kla dat dit nie so is nie. Enigiets met
> wit en swart note kan ek min of meer my weg mee vind. Nog net nie die orrel
> in die Moederkerk gespeel nie. Maar dit sal nog kom.
> Eenkeer op Villiersdorp moes ek trompet by 'n troue speel, en die liewe
> antie wat die orrel speel sukkel toe met 'n ander stuk wat sy iemand mee
> moet begelei. Vra sy my hoe sal ek maak, en ek vra haar of ek iets kan
> probeer. Nie dat ek enigiets van pyporrels af weet nie, behalwe dat daar 'n
> Groot, Swel en Voetwerk manuale is. Druk hier en druk daar en probeer dit
> en dat en sy wys my een an ander en toe moet ek sommer die begeleiding doen.
> En ek kan nie bladlees nie. Net die een lyntjie vir trompet, en dan moet ek
> dit ook eers 10 maal gehoor het, want ek speel feitlik als op gehoor.
> Die ingelsman se vrou, Igna is nou 'n bladleser 200% beter as haar pa! Sy't
> vioolles geneem vanaf graad 2 by Lona Antoniadis by die Conserve. Opgeskop
> daarmee toe sy graad 9 is, en die Ingelsman had haar die katderms weer begin
> stryk, en nou speel sy weer vir die vale.
>
> Die klong het goed gedoen met die troue Hy kan selfs al 10 sinne in
> Afrikaans praat sonder om te struikel oor sy taal/grammatika.
>
> Genoeg ge-"brag" vir eers.
>
> Thys oppie Bos
> "Danielle" wrote in message
> news:gr9knt07vm01ne8c5khdbtqds0k6mguial@4ax.com...
>> On Wed, 15 Aug 2001 09:40:18 +0200, "Thys de Wet"
>> En ek hoor toe jy is net so musikaal, Thys. Bleikbaar moet mens jou
>> net voor 'n klavier sit, en trompet in die hand stop, dan speel jy dat
>> die biesies bewe. En bleikbaar kan jy baie goed sing ook! Is daar
>> dan geen einde aan al jou talente nie? Die klong het goed getrou as
>> ek die ding so kyk...:-)
>>
>
Re: Terug na die naweek [boodskap #48344 is 'n antwoord op boodskap #48340] Do, 16 Augustus 2001 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kons'tina is 'n gesukkel.. Ek't probeer maar opgegee. Is erger as
bekfluitjie. In is "fieet" en uit is "fieôt" op dieselfde klawer. Aikona.
Gee my maar iets wat wit en swart is, of wat net 3 kleppe het. Dan weet ek
ten minste my lippe is die basis vir elke klank...
My broer se skoonpa had 'n "boere konsertina". Dis nou in is dit C en uit
is dit D ens. Hy kon net 'n toonleer spel daarmee. Die Engelse, of
Wheatstone, konsertina het blykbaar nie die in en uit twee note op dieselfde
klawer nie.

Het jy al opgelet na Nico van Rensburg , en feitlik al die konsertina
spelers: Hulle glimlag mos nie as hulle speel nie. Ek dink hulle is te besig
om te konsentreer oor watter klawer daai noot nou eintlik moes wees wat hy
nou net gespeel het. Ek glimlag ook nie as ek trompet speel nie.

Thys oppie Bos wattie smaailie

"Annette" skryf in boodskap news:9lfqld$8rdh1$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek het ook altyd op gehoor gespeel - en het eers later leer bladlees.
> Nou gaan leer om kitaar te speel, sodat ek kan leer om harp te speel:)))
> Konsertina is nogal moeilik - Oupa kon die boerekonsertina sooooo goed
> speel - maar ek sukkel.
> Annette
>
>
>
> --
> .ac.za> skryf in boodskap news:9lddus$1iq9$1@news.adamastor.ac.za...
>> Ag ja wat, as ek dan nou so met die feite voor die oog gegooi word sal ek
>> dit maar erken. Is so. Sal nie kla dat dit nie so is nie. Enigiets met
>> wit en swart note kan ek min of meer my weg mee vind. Nog net nie die orrel
>> in die Moederkerk gespeel nie. Maar dit sal nog kom.
>> Eenkeer op Villiersdorp moes ek trompet by 'n troue speel, en die liewe
>> antie wat die orrel speel sukkel toe met 'n ander stuk wat sy iemand mee
>> moet begelei. Vra sy my hoe sal ek maak, en ek vra haar of ek iets kan
>> probeer. Nie dat ek enigiets van pyporrels af weet nie, behalwe dat daar 'n
>> Groot, Swel en Voetwerk manuale is. Druk hier en druk daar en probeer dit
>> en dat en sy wys my een an ander en toe moet ek sommer die begeleiding doen.
>> En ek kan nie bladlees nie. Net die een lyntjie vir trompet, en dan moet ek
>> dit ook eers 10 maal gehoor het, want ek speel feitlik als op gehoor.
>> Die ingelsman se vrou, Igna is nou 'n bladleser 200% beter as haar pa! Sy't
>> vioolles geneem vanaf graad 2 by Lona Antoniadis by die Conserve. Opgeskop
>> daarmee toe sy graad 9 is, en die Ingelsman had haar die katderms weer begin
>> stryk, en nou speel sy weer vir die vale.
>>
>> Die klong het goed gedoen met die troue Hy kan selfs al 10 sinne in
>> Afrikaans praat sonder om te struikel oor sy taal/grammatika.
>>
>> Genoeg ge-"brag" vir eers.
>>
>> Thys oppie Bos
>> "Danielle" wrote in message
>> news:gr9knt07vm01ne8c5khdbtqds0k6mguial@4ax.com...
>>> On Wed, 15 Aug 2001 09:40:18 +0200, "Thys de Wet"
>>> En ek hoor toe jy is net so musikaal, Thys. Bleikbaar moet mens jou
>>> net voor 'n klavier sit, en trompet in die hand stop, dan speel jy dat
>>> die biesies bewe. En bleikbaar kan jy baie goed sing ook! Is daar
>>> dan geen einde aan al jou talente nie? Die klong het goed getrou as
>>> ek die ding so kyk...:-)
>>>
>>
>
Re: Terug na die naweek [boodskap #48393 is 'n antwoord op boodskap #48344] Do, 16 Augustus 2001 15:01 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Maar Thys - dis juis die ding - daardie konsertinaspelers op TV het sulke
verstarde glimlagte;))))))
Op enige nuwe instrument probeer ek Hansie Slim - dan het ek 5 van die 8
note opgelos en die res is mos maklik.
Dit is toe mos wat ek ontdek van die in en uit op dieselfde knoppie is 2
verskillende note op die boerekonsertina.
My probleem is natuurlik as die linkerhand 'n in-noot is en die regterhand
'n uit-noot is, dan skuif die konsertina en nie 'n noot kom uit nie:)))
Oupa het net altyd met sy skaam glimlaggie gesê hy speel liewer
boerekonsertina, want die engelse konsertina is te maklik:)))
Oujaarsaand het Oupa op die stoep gesit met sy konsertina - en Oom
Liebenberg met die kitaar, en dan dans ons almal op en af in
Helpmekaarstraat - waarvan die p uitgekrap is:)))
Ek wonder hoeveel plekke daar in SA is waar 1 straat in dieselfde geslag 4
Springbokke opgelewer het? Helpmekaarstraat, Paarl het.
Slappies Nel ( my neef) en die 3 Liebenberg broers - almal Manshokkie
Springbokke.
Annette

--
.ac.za> skryf in boodskap news:9lfscp$1ln6$1@news.adamastor.ac.za...
> Kons'tina is 'n gesukkel.. Ek't probeer maar opgegee. Is erger as
> bekfluitjie. In is "fieet" en uit is "fieôt" op dieselfde klawer. Aikona.
> Gee my maar iets wat wit en swart is, of wat net 3 kleppe het. Dan weet ek
> ten minste my lippe is die basis vir elke klank...
> My broer se skoonpa had 'n "boere konsertina". Dis nou in is dit C en uit
> is dit D ens. Hy kon net 'n toonleer spel daarmee. Die Engelse, of
> Wheatstone, konsertina het blykbaar nie die in en uit twee note op dieselfde
> klawer nie.
>
> Het jy al opgelet na Nico van Rensburg , en feitlik al die konsertina
> spelers: Hulle glimlag mos nie as hulle speel nie. Ek dink hulle is te besig
> om te konsentreer oor watter klawer daai noot nou eintlik moes wees wat hy
> nou net gespeel het. Ek glimlag ook nie as ek trompet speel nie.
>
> Thys oppie Bos wattie smaailie
> "Annette" wrote in message
> news:9lfqld$8rdh1$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek het ook altyd op gehoor gespeel - en het eers later leer bladlees.
>> Nou gaan leer om kitaar te speel, sodat ek kan leer om harp te speel:)))
>> Konsertina is nogal moeilik - Oupa kon die boerekonsertina sooooo goed
>> speel - maar ek sukkel.
>> Annette
>>
>>
>>
>> --
>> .ac.za> skryf in boodskap news:9lddus$1iq9$1@news.adamastor.ac.za...
>>> Ag ja wat, as ek dan nou so met die feite voor die oog gegooi word sal ek
>>> dit maar erken. Is so. Sal nie kla dat dit nie so is nie. Enigiets met
>>> wit en swart note kan ek min of meer my weg mee vind. Nog net nie die orrel
>>> in die Moederkerk gespeel nie. Maar dit sal nog kom.
>>> Eenkeer op Villiersdorp moes ek trompet by 'n troue speel, en die liewe
>>> antie wat die orrel speel sukkel toe met 'n ander stuk wat sy iemand mee
>>> moet begelei. Vra sy my hoe sal ek maak, en ek vra haar of ek iets kan
>>> probeer. Nie dat ek enigiets van pyporrels af weet nie, behalwe dat daar 'n
>>> Groot, Swel en Voetwerk manuale is. Druk hier en druk daar en probeer dit
>>> en dat en sy wys my een an ander en toe moet ek sommer die begeleiding doen.
>>> En ek kan nie bladlees nie. Net die een lyntjie vir trompet, en dan moet ek
>>> dit ook eers 10 maal gehoor het, want ek speel feitlik als op gehoor.
>>> Die ingelsman se vrou, Igna is nou 'n bladleser 200% beter as haar pa! Sy't
>>> vioolles geneem vanaf graad 2 by Lona Antoniadis by die Conserve. Opgeskop
>>> daarmee toe sy graad 9 is, en die Ingelsman had haar die katderms weer begin
>>> stryk, en nou speel sy weer vir die vale.
>>>
>>> Die klong het goed gedoen met die troue Hy kan selfs al 10 sinne in
>>> Afrikaans praat sonder om te struikel oor sy taal/grammatika.
>>>
>>> Genoeg ge-"brag" vir eers.
>>>
>>> Thys oppie Bos
>>> "Danielle" wrote in message
>>> news:gr9knt07vm01ne8c5khdbtqds0k6mguial@4ax.com...
>>>> On Wed, 15 Aug 2001 09:40:18 +0200, "Thys de Wet"

>>>> En ek hoor toe jy is net so musikaal, Thys. Bleikbaar moet mens jou
>>>> net voor 'n klavier sit, en trompet in die hand stop, dan speel jy dat
>>>> die biesies bewe. En bleikbaar kan jy baie goed sing ook! Is daar
>>>> dan geen einde aan al jou talente nie? Die klong het goed getrou as
>>>> ek die ding so kyk...:-)
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Die uitsig is maar sleg!!
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Kommunikasie Verhoging Inisiatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 10:29:05 MGT 2024