Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oom Nelson
Oom Nelson [boodskap #47994] |
Sa., 11 Augustus 2001 22:47  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het dit seker baie eenvoudig gestel. Ons kan natuurlik nie vergeet van
die kommunistiese beleid van die ANC nie. Maar die wêreld en SA het dit
uitsluitelik as 'n oorlog van wit teen swart gemaak. Of daar nou natuurlik
dieper dinge betrokke was, maak nie aan die res saak nie. Wat saak maak is
dat wit polisiemanne swartes aangerand het vir geen rede, antie gloudina
noem Vlakplaas, ek kan dit nie onthou nie, maar het 'n vae idee van wat daar
gebeur het...
Die 70's was die grootste klug wat nog ooit die mensdom getref het...almal
was "uitgespace" Dit was 'n goeie dekade vir dwelms, 'n vrot een vir musiek
en 'n goeie een vir maskers verf.
Slegte grappie :)
Elaine
"Jonas" skryf in boodskap news:3b753d4a$0$234@hades.is.co.za...
> Elaine - ongelukkig is die feit(e) bloot dat Nelson die leier van die ANC
> is/was. Hulle, die ANC het saam met die Soviet Unie (sien die "Dwarsklap" -
> onderhoud van Van Zyl Slabbert met FW in die afgelope weekop KYKNET.) 'n
> oorlog teen Suid-Afrika gemaak. Dit was in die laaste jare, toe die NP
> eerlik probeer het om die euwels van apartheid oorboord te gooi, onmoontlik
> vanweë die beleid van die ANC - "making this country ungouvernable".
> Enige persoon (Antie Tottie) ingeslote wat hierdie probleme as bloot wit
> teen swart sien kan gerus weer die media argiewe vanaf begin 1970 nagaan. Ek
> het dit onlangs gedoen. Apartheid se einde het nie in 1992 begin nie. Vanaf
> ongeveer die begin 70's was daar baie duidelike en ernstige pogings om die
> bevolking te laat afsien van apartheid. Gaan lees gerus ..
|
|
|
Re: Oom Nelson [boodskap #47997 is 'n antwoord op boodskap #47994] |
So., 12 Augustus 2001 00:40   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> antie gloudina
> noem Vlakplaas, ek kan dit nie onthou nie, maar het 'n vae idee van wat daar
> gebeur het...
Dis waar hulle gesit en braaivleis hou het terwyl hulle
wag vir hulle slagoffer se lyk om klaar te brand. Volgens
een van hulle neem dit glo lank vir 'n lyk om heeltemal
te verbrand tot bene en as.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Oom Nelson [boodskap #48022 is 'n antwoord op boodskap #47994] |
So., 12 Augustus 2001 12:10   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Jonas wrote:
> Terwyl jy besig is Antie Tottie en altyd alles beter weet - vertel almal van
> die ANC-kampe in Angola en Zambië.
> Vertel hulle wat jy weet van die Quatro-kamp in Angola. (Waar swart vir
> swart gemartel en gemoor het.)
> Vertel almal ook waar daardie moordenaars nou sit. (Binne in gesagposisies
> van 'n ANC-regering.)
Gaan lees die rapporte van die WVK. Daarvoor is gebieg en om
amnestie gevra, net soos sommige van die individuele lede van
Vlakplaas die moed gehad het om om vergiffenis te vra, anders as
de Klerk en P. W. Botha, wat maak asof hulle handjies skoon is.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Musikale dekades [boodskap #48539 is 'n antwoord op boodskap #48229] |
Sa., 18 Augustus 2001 11:38  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Depeche Mode, Duran Duran, Bruce Springsteen, OMD, Metallica, Twisted
Sister. Miskien nie jou smaak nie, maar ek geniet dit :) Alhoewel, ek moet
'n pluimpie gooi - die 90's se musiek kan ek nie geniet nie, en verkies die
50's 60's en 80's. Daar is ook 70's musiek wat ek geniet, maar die oorgrote
meerderheid gee my 'n kramp.
Elaine
"Fielies" skryf in boodskap news:3b79ea8b.51787022@news.mninter.net...
> Rennie, ek het al baie mense uitgedaag om vir my
> te noem watter regtig klassieke poulere musiek kom
> uit die jare na 1980 uit - amper voor die voet
> noem hulle dan kunstenaars wat reeds dekades
> vroeër of ten minste dan in die sewentigs baie
> bekend was.
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 08:01:53 UTC 2025
|