Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 3 AUGUSTUS
3 AUGUSTUS [boodskap #47637] Sa, 04 Augustus 2001 06:49
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
3 AUGUSTUS

1881 - Ondertekening van Vredesooreenkoms tussen ZAR en Brittanje in
Pretoria. Die Zuid-Afrikaanche Republiek is in April 1877 deur Britanje
geannekseer. Verskeie samesprekings is tussen die Boere en die
Britte gehou om die saak te besleg , ook in Engeland , maar dit het niks
opgelewer nie. Daarna het die Transvaalse Vryheidsoorlog van
1880 tot 1881 gevolg. Hieruit het talle verdere onderhandelinge gespruit
wat
tot die Konvensie van Pretoria in 1881 gelei het. Dit het
bepaal dat van 8 Augustus af die ZAR weer in elke opsig selfbestuur sal
geniet , maar
nie volle onafhanklikheid nie , want hy was aan Britse
soewereiniteit en sekere ander voorwaardes onderworpe.
Vorige onderwerp: 2 AUGUSTUS
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Metaal Produksie Inisiatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 23:12:15 MGT 2024