Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 1 JULIE
1 JULIE [boodskap #47307] Wo, 25 Julie 2001 16:46
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
1 JULIE

1871 - Pres. T.F. Burgers word tweede Staatspresident van ZAR.
1936 - Eerste byeenkoms van die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad.
Dit het 'n dringende behoefte geword om alle Afrikaanse
volksbedrywighede in een kragtige en oorkoepelende liggaam saam
te
snoer. Op hierdie wyse kon die Afrikanerbelange op 'n veel beter
en
geordende wyse gedien word. Met hierdie doel voor o"e het
verteenwoordigers van landwye Afrikaanse organisasies onder
beskerming van die FAK in Bloemfontein vergader. Beslag is dus
gegee
aan 'n organisasie waardeur die Afrikaner se eenheidsgedagte op
elke
terrein uitgedra kon word. Die ANK kan met reg as een van die
belangrikste bakens op die pad van ontwikkeling en groei van die
FAK
beskou word.
1948 - Suid-Afrikaanse Orrelbouers (Edms.) Beperk gestig. Van
selfstandige orrelbou in Suid-Arika was daar tot 1948 haas geen
sprake nie en was ons op kerklike en sekul^ere gebied aangewese
op
ingevoerde Engelse en Amerikaanse orrels. In 1948, ook te danke
aan
die duidelike belangstelling van die Afrikaanse Kerke in die
orrelkultuur in Suid-Afrika, het die groot orrelkultuurbloei in
ons
geskiedenis begin. Mnr W. van Loon het die SA Orrelbouers
(Edms.)
Bpk gestig.
1990 - Joodse Sinagoge in Rosettenville deur bomontploffing geruk.
Vorige onderwerp: 30 JUNIE
Volgende onderwerp: 2 JULIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 01:56:45 MGT 2024