Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 3 JULIE
3 JULIE [boodskap #47305] Wo, 25 Julie 2001 16:45
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
3 JULIE

1897 - Dr. L.W. Hiemsta gebore. Louis Wybren Hiemstra gebore op
Lydenburg, studeer aan die Transvaalse Universiteitskollege en
die
Universiteit van Kaapstad, word joernalis by *Die Volkstem* ,
*Die
Burger* en *Die Volksblad* - speel 'n belangrike rol in die
bevordering van taalsuiwerheid in Afrikaans. Die Universiteit
van
die OVS het aan hom 'n eredoktoraat toegeken. Hy sterf op 12
Julie
1978.
1909 - Prof. W. Kempen. Willem Kempen is op Prieska gebore en word
een van die voorste Afrikaanse taalkundiges in die land. Hy was
jare
lank voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie en is
n belangrike taaladviseur by die nuwe vertaling van die Bybel in
Afrikaans. Hy ontvang die volgende toekennings; 1967 -
Besondere
Erepenning vir Afrikaanse Taal- en Letterkunde; 1970 - Die
Langenhovenprys vir Taalkunde van die SA Akademie; 1979 - Die
FAK se
Halfeeufeestoekenning vir volgehoue Taalbevordering.
1990 - Bom ontplof by huis van Jan Burger gewese leier van
die NP in Stadsraad van Johannesburg - Orde Boerevolk optrede.
Vorige onderwerp: 4 JULIE
Volgende onderwerp: 30 JUNIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 23:04:47 MGT 2024