Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 4 JULIE
4 JULIE [boodskap #47304] Wo, 25 Julie 2001 16:45
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
4 JULIE

1747 - M.A. Bergh gebore. Marthinus Adrianus Bergh, wat in Kaapstad
gebore is, was landdros in die distrikte Stellenbosch en
Drakenstein.
Hy het onregstreeks bygedra tot die totstandkoming van die
burgerpetisie in 1779. 'n Paar jaar later, op versoek van 76
Kaapse
patriotte, skaar hy hom openlik agter hierdie politieke
beweging. Hy
neem die leidende aandeel, word Voorsitter van die
*representante*
van Kaapstad en die buitedistrikte en op 13 Februarie 1785,
leier van
die tweede deputasie na Nederland, waar hulle die burgergriewe
teen
die Kaapse regering regstreeks by die State-generaal aanhangig
maak.
Hy sterf in Kaapstad op 21 Oktober 1806.
1845 - J.H. Hofmeyr gebore. Jan Hedrik *Onze Jan* Hofmeyr is in
Kaapstad gebore. Op 17-jarige ouderdom neem hy die
redakteurskap
van *De Volksvriend* oor. Amalgameer later met *De
Zuid-Afrikaan*,
onder laasgenoemde se naam. Hy veg in sy artikels vir die kweek
van
kultuurtrots en patriotisme by die Afrikaners. Hy sterf in
Londen as lid van die afvaardiging wat die
Suid-Afrikawetsontwerp in
1909 na Londen geneem het.
1990 - Bomontploffing by Vrye Weekblad kantore in Newtown.
Orde Boerevolk optrede.
Vorige onderwerp: 25 JULIE
Volgende onderwerp: 3 JULIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 17:15:04 MGT 2024