Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Australiese Studente-Unie Tuisblad
Australiese Studente-Unie Tuisblad [boodskap #47064] Vr, 20 Julie 2001 05:01
ge...  is tans af-lyn  ge...
Boodskappe: 3
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
http://www.students.org.au/Afrikaans

Die Australiese Studente-unie (A.U.S.) is in 1993 gestig deur studente
wat bekommerd was oor die knoeiery met studenteraadverkiesings by
leidende Australiese universiteite. Dit het duidelik geword dat die
enigste manier waarop die hoofstroom studente beheer kon kry van 'n
studentevereniging was om self 'n vereniging te stig. Hulle het
aansoek gedoen om die Australiese Studente-unie te laat registreer as
'n vakbond.

Een van die hooffunksies van die A.U.S. is om hom te beywer vir beter
vergoeding en toestande vir studente. Die Unie het byvoorbeeld 'n
skriftelike voorlegging aan die Howard regering se "West Komitee" vir
Hoër-onderwysbefondsing gemaak. In die voorlegging is daar aangevoer
dat tudie noodsaaklik vir die ekonomie is, dit soos enige ander vorm
van werk behandel moes word en dat studente betaal behoort te word. 'n
Sterk saak is daarvoor uitgemaak dat alle universiteitskursusse
gestruktureer moes word as vakleerlingskappe, om die reuse vermorsing
van belastingbetalers se geld stop te sit met die aanbieding van
kursusse wat geen doel dien nie. Die Unie het ook 'n sterk saak
uitgemaak dat 'n twaalf weke betaalde oorsese reis deel van die
studente se kursusse moet uitmaak.

Die Australiese Studente-unie word nie beperk deur die
verteenwoordiging van universiteitstudente nie, maar verteenwoordig
ook studente en Jaar 10, Jaar 11 en Jaar 12 skoolleerlinge. Studente
kan by technikon die Australiese Studente-unie aansluit deur 'n
lidmaatskapvorm op die World Wide Web te voltooi. Die Unie beplan om
uiteindelik 'n tak by elke Australiese hoërskool, universiteit and
technikon te hê. 'n Tak van die A.U.S. sal dan dienste soos kafeterias
beheer en al die sport organiseer. Hierdie aspek van die Unie se
aktiwiteite sal moet wag totdat hulle meer fondse ontvang.

Die ander funksie van die Unie is om inligting aan studente beskikbaar
te stel om hulle te help om hulle politiese en sosiale sienings te
vorm. Studente kom universiteit toe met oop gemoed, en hoop dat daar
mense daar is wat beter ingelig is as hulle ouers en skoolonderwysers.
Hulle verwagtings word teleurgestel as daar aan hulle gesê word dat
kommunisme en gay regte die antwoorde is. Die A.U.S. is een van die
min studenteverenigings in Australië wie se konstitusie hom weerhou om
gay regte, of sê maar bed natmaak of enige ander "slegte gewoonte", te

bevorder.

Een van die sake wat die A.U.S. bevorder is genetiese manipulasie. Toe
die meeste van ons gebore is en iemand kanker gekry het, het die
persoon waarskynlik daaraan gesterf. Vanweë mediese navorsing is dit
nou moontlik dat mense wat kanker het waarskynlik sal oorleef. 'n
Soortgelyke voorbeeld is dat ons kan verwag om vir nog 60 jaar te
leef. As gevolg van genetiese manipulasie gaan ons lewensverwagting
met nog 70 jaar verhoog, voordat hierdie 60 jaar verby is! Dit is
waarom ons wil hê dat regerings in welgestelde lande 10% van die Bruto
Binnelandse Produk aan mediese navorsing moet afstaan.

Nog 'n saak wat die Unie voorstaan, is die uitwissing van "politieke
korrektheid". Dit is 'n stel politieke beleide wat deur verskeie
rukgroepe wat die Katolieke Kerk saamgestel het, bevorder word. Die
Katolieke Kerk maar daarop aanspraak dat hulle Protestante waardes
ondersteun, naamlik dat hulle gekant is teen aborsie en gay regte,
maar baie myle lê tussen doen en sê. Op die Unie se bladsy oor die
Katolieke Kerk word die getuienis oorweeg dat die Katolieke Kerk agter
"politieke korrektheid" sit.

Die meeste mense beskou die Katolieke Kerk as soortgelyk aan die
Anglikaanse Kerk of die Verenigde Kerk. Wat die Katolieke Kerk
verskillend maak is die sillabus by die Katolieke skole. Volgens
regeringstatistiek woon een uit vyf Australiese skoolkinders 'n
Katolieke skool by. By hierdie skole word kinders geleer om ander
opinies as die hoofstroom Australiër te hê.

Deur sy skole het die Katolieke Kerk 'n sosiale probleem soortgelyk
aan Fidji geskep. In Fidji is die helfte van die bevolking Fidjiaans
en die ander helfte is Indies. In Australië is twee derdes van die
bevolking hoofstroom en een derde is Katoliek. Waar Australië van
Fidji verskil, is dat Fidjiane en Indiërs soortgelyke waardes het,
terwyl die hoofstroom Australiërs en Katolieke onversoenbare waardes
het.

Op 'n tydstip was daar skaars enige Katolieke in die Liberale and
Nasionale Party. Mense wat die Katolieke waardes voorstaan, het vir
die Arbeidsparty gestem en mense wat die tradisionele waardes
voorstaan, het vir die Liberale of Nasionale Party gestem. Toe het van
die Katolieke gesê dat hulle tradisionele waardes ondersteun en hulle
het by die Liberale en Nasionale partye aangesluit. Toe hulle eers by
die Liberale en Nasionale partye aangesluit het, het hulle beheer
verkry oor die sleutelposisies en die beleide van die twee partye
verander om die Katolieke waardes te ondersteun. As mense nou vir die
Arbeidsparty stem, kry hulle "politiese korrektheid" en as hulle vir
die Liberale en Nasionale partye stem, kry hulle ook "politieke
korrektheid".

Die Katolieke het verder beweer dat hulle teen die gebeure in
Noord-Ierland gekant was. Waarop hulle "politiek korrekte" beleide
neerkom, is egter "etniese suiwering" van die hoofstroomkultuur.
Werkloosheid is byvoorbeeld nie toevallig nie, maar 'n daadwerklike
poging om rykdom na derde wêreld lande te herverdeel. Die Katolieke is
besig om lande soos Australië, die VSA en Brittanje te plunder op
dieselfde manier as wat die Sowjet Unie Oos-Europese lande geplunder
het. Australië se rykdom behoort aan die hoofstroom Australiërs en
behoort nie aan die Katolieke Kerk om aan die Timorese of die
Aborigines te herverdeel nie.

Toe Frankryk in die Tweede Weldoorlog deur die Duitsers beset is, was
die Franse bevolking ten gunste van die Duitse besetting. Die Franse
media is beheer deur die Duitsers en hulle het die Franse laat glo dat
die besetting permanent, onvermydelik en selfs 'n goeie ding was. Net
'n handjievol mense het die Franse Weerstandsbeweging ondersteun. Op
'n soortgelyke manier het Katolieke mediamagnate soos Murdoch en
Packer leuens soos "91% van Australiërs wil 'n republiek hê" verkondig
en die indruk geskep dat "politieke korrektheid" onafwendbaar is. In
werklikheid is Australië onder verdrukkende besetting deur die
Katolieke minderheid.

Die Australiese Studente-unie het begin deur die situasie teen te
staan waar studenteverenigings beheer word deur Katolieke studente wat

kommunisme en gay regte ondersteun. Die Unie het sedertdien 'n
weerstandsbeweging geword teen die Katolieke regime. Op die Unie se
bladsy oor die weerstandsbeweging word stappe genoem wat Australiërs
kan volg om die Katolieke te ontsetel, soos om politici wat Katolieke
skole bygewoon het te boikot, ongeag hoe ultra-konserwatief hulle
klink.

Die A.U.S. is nie net 'n negatiewe beweging wat die Katolieke beleid
soos gevangenes se regte, gay regte, diereregte, vroueregte,
kinderregte, Aboriginie regte en ander beweerde regte teenstaan nie.
Die Unie het ook 'n positiewe politieke program. Die Unie verwerp
Katolieke idees van burgerlike vryheid en demokrasie, wat deur die
mediamagnate uitgebeeld word as die basis van die westerse beskawing.
In werklikheid het die meeste mense nie in burgerlike vryheid en
demokrasie geglo voor die 1960's nie. Australië was nog altyd 'n
oligargiese land. Die Liberale Party is beheer deur 'n oligargie,
besighede is bestuur as oligargie of diktature en families is bestuur
as oligargie. Die Katolieke glo nie eers self in demokrasie nie,
aangesien hulle daarteen gekant is om 'n referendum te hou oor die
doodstraf of gay regte. Hulle staan demokrasie deur die wêreld voor om
situasies soos die een in Australië te skep, waar watter party ook al
verkies word, dit deur Katolieke bestuur word.

Die Unie se bladsy oor oligargie kyk ook waarom oligargie 'n beter
regeringstelsel as demokrasie is en hoe oligargie werk. 'n Oligargie
moet 'n regerende elite, bestaande uit ongeveer 1 uit elke 400 mense
hê. In Australië sal dit beteken at 45,000 mense die land regeer, wat
kwalik 'n diktatorskap is. Die Unie neem die voorbeeld van die
Republiek van Venesië, die suksesvolste regering in wêreldgeskiedenis
en die plek waar vrymesselary ontstaan het. Die politieke party bladsy
toon aan hoe Australië tot 'n oligargie kan vorder deur die verdrywing
van Katolieke insypelaars deur die Liberale en Nasionale Party.

Benewens die feit dat die Australiese Studente-unie genetiese
manipulasie voorstaan en "politieke korrektheid" teenstaan, staan die
Australiese Studente-unie Christenskap voor, maar 'n heel ander
siening van Christelikheid as wat die Anglikaanse Kerk en die
Verenigende Kerk voorstaan. Hierdie kerke beklemtoon "draai die ander
wang" en "hoe om goeie verloorders te wees". Op die bladsy wat handel
oor Christelikheid is daar 'n bespreking of God bestaan, of die
Christendom 'n bygeloof of swendelary is en of daar enige grondslag is
vir een van die Christendom se uitgangspunte dat dooies opgewek kan
word.

Op die bladsy oor die Ortodokse Kerk verduidelik die Unie waarom die
enigste aanneemlike kerk die Ortodokse Kerk is en hoe Australië 'n
ortodokse land kan word. Die Unie stel voor dat die Australiese
regering al die kerke, insluitend die Katolieke Kerk amalgameer om die
Ortodokse Kerk te vorm. Die Ortodokse Kerk sal dan al die seremonies
van die Anglikaanse Kerk en die teologiese leëringe van die Griekse
Ortodokse Kerk hê. Dit sal die enigste kerk wees wat toegelaat word in
Australië. Die ander ou gelowe soos Islam, Hindusme en Boeddhisme sal
toegelaat word. Ander gelowe soos Falun Gong en Scientology sal verban
word soos in baie ander lande.

Bogenoemde bladsye handel oor wat die Vereniging as 'n geheel behoort
te doen. Die A.U.S. bladsy met advies handel oor wat studente as
individue behoort te doen om te verseker dat hulle gelukkig en
voorspoedig is op universiteit. Die doel is om mense te waarsku teen
sekere slaggate sodat hulle dit kan vermy. Die raad is om by
tradisionele waardes te bly, selfs al is die redes vir die waardes nie
ooglopend nie en om 'n getuigskrif of stukkie papier te kry wat jou
toelaat om 'n werk te kry voordat jy met jou lewe doen wat jy graag
wil.

Vertaal deur Lynette Posthumus, Kopiereg © 2001 deur
Australiese Studente-Unie.

http://www.students.org.au/Afrikaans
Vorige onderwerp: Fraktale -
Volgende onderwerp: Jonas....?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:05:36 MGT 2024