Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Pinkster" deur LINA SPIES
"Pinkster" deur LINA SPIES [boodskap #43361] Wo, 06 Junie 2001 02:08
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Pinkster.
Lina Spies

Van kleintyd onthou ek Pinkster:
koue kerke, lang gebede, halleluja- liedere -
die gemeente kon behaaglik trek.
Nogtans: alles min of meer nugter en gereformeerd,
geen vuurtonge en vrolikheid,
net ou tantetjies het soms snaaks geprewel en gesnik.
Deesdae vra die dominies dat ons kort moet bid
en ons sing melodieë uit Straatsburg en Genéve,
stram en stemmig klink "Ons het u hartlik lief, o Heer".
Maar ons gedenk u Gees se koms in Mei:
dan is die akkerbome in 'n roes,
die populiere jeropiko-geel
en as die spreeus die bessies van die klimop pik
wat wynrooi teen die gewels blink
weet ek dat U dié beker vir my skink -
uit die vuurdoop van die herfs herbore
kan ek praat in vreemde, wonderbare woorde
en U vroliker as op 'n Geneefse wysie lowe.
Vorige onderwerp: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Al wat ek wil sê....." deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 11:33:34 MGT 2024