| Kerry en die Slagter [boodskap #4107] |
Wo., 03 Maart 2004 18:33  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Die enigste ding wat vandag op die nuus gedreig het om die Kerry oorwinning
in die skadu te stel, was dat ene Mark Butcher beseer is en nie in die
krieket toets teen die Wes Indies sal kan speel nie. Laasgenoemde tragiese
nuus beteken nie veel vir my nie want ek het nie eers van die bestaan van
Mnr Butcher geweet voor vandag nie:-)) Maar in elk geval, geluk Katryn, en
onwards and upwards!
Van slagters gepraat, ek het eendag deur 'n ou Bulgaarse "phrase book" in
'n stapel by 'n boekstalletjie geblaai, en sien toe die volgende "nuttige"
frase: "I believe you and the butcher are in cahoots.." Ek het al baie
gewonder oor situasies waarin mens daardie woorde sou kon gebruik :-))
Lorinda
|
|
|
|
|
|
| Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4111 is 'n antwoord op boodskap #4107] |
Wo., 03 Maart 2004 21:32   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 3 Mar 2004 18:33:32 -0000, "Lorinda" wrote:
> Die enigste ding wat vandag op die nuus gedreig het om die Kerry oorwinning
> in die skadu te stel, was dat ene Mark Butcher beseer is en nie in die
> krieket toets teen die Wes Indies sal kan speel nie. Laasgenoemde tragiese
> nuus beteken nie veel vir my nie want ek het nie eers van die bestaan van
> Mnr Butcher geweet voor vandag nie:-))
Ek moet vir jou en Roely vertel van my wedervaringe gister oppad
na die stemlokaal. Ek was wreed daaraan herinner dat ek myself nou in
die Suide bevind - af en toe vergeet ek dit. ;-))
En Lorinda, ek het toe Monster gisteraand gaan kyk. Dit was 'n
perfekte goor einde aan 'n perfekte goor dag. Sal later meer daaroor
vertel, maar ek is van mening dat Charlize daardie Oscar uit en uit
verdien het. Maar ai, waarom moes sy nou juis daardie tema kies om
haar talent te bewys. Die fliek was heeltemal teveel vir my brose
sisteem. Ek is nou nog teneurgedruk.
;-)
> Maar in elk geval, geluk Katryn, en onwards and upwards!
Dankie! ;-) Maar ek is nogal teleurgestel dat Edwards nie as VP wil
run nie.
Nou moet ons net uitpluis wat om by daardie potion van jou te gooi wat
Bush se meer 100 miljoen "warchest" kan neutraliseer!
Ons sal dit GOU moet doen, want hulle het vandag in alle erns begin
met hulle misleidende advertensies. Die idee is blykbaar on die media
te satureer met hulle advertensies en campaign slogans, en veral te
konsentreer op die swing states. Hulle het miljoene spandeer aan
koerante en televisie en radio dekking. Gebruik ook die Internet met
mening deesdae. Ek het vanoggend seker maklik 30 boodskappe van mense
wat ek ken en ander Repug familie lede gekry met "feite" van waarom
Bush die beter keuse is. Hoe kan Kerrie hiermee kompeteer? Dit gaan
'n uiters moeilike taak wees, maar ek bly hoopvol. ;-)
> Van slagters gepraat, ek het eendag deur 'n ou Bulgaarse "phrase book" in
> 'n stapel by 'n boekstalletjie geblaai, en sien toe die volgende "nuttige"
> frase: "I believe you and the butcher are in cahoots.." Ek het al baie
> gewonder oor situasies waarin mens daardie woorde sou kon gebruik :-))
LOL!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4137 is 'n antwoord op boodskap #4134] |
Sa., 06 Maart 2004 09:45   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf in boodskap news:c2bc7i$a0n$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Katryn - ek was al in die VSA. Ek het baie goeie vriende daar wat gereeld
> hier besoek aflê - dit wat klankbord aan betref. En ek het familie in
> Noord-Amerika - in die VSA en Kanada.
> En soos enige normale mense in die "res van die wêreld" word ek met nuus uit
> die VSA op 'n daaglikse basis oorval - vandaar my belangstelling.
Uit die VSA "ken" ek eitnlik net vir Katryn. Ek kom wel Amerikaners in
Londen tee (as toeriste, en ook besoekende Amerikaners by die werk), en ons
hoor ook daagliks nuus uit die VSA, maar ek het nog altyd Amerkaners op 'n
afstand gehou. Alhoewel ek baie films sien,. kyk ek met 'n paar
uitsonderings min Amerikaanse flieks, ek vermy dit gewoonlik. Van
Amerikaanse kultuur het ek net in "cult" dele daarvan belangestel, soos die
"Beats" en comics (laasgenoemde net sekere daarvan, vandat die comics
culture 'n eie interpretasie gegee is in Europa met mense soos Bilal ens) Om
Katryn te leer ken was baie goed vir my, ek dink dit het dit het my 'n meer
gebalanseerde siening gegee. Ek dink dat selfs al is ons goed ingelig ens,
sien ons almal die wereld deur 'n persoonlike prisma van eie interpretasie.
Die punt wat ek wou maak is dat ons op hierdie groep met mekaar praat net as
gevolg van Usenet, ons sou mekaar nie andersins ontmoet het nie, en dit is
baie waarskynlik dat selfs as ons het ons niks met mekaar te doen sou wou
hê nie (dis 'n veralgemening, maar julle weet wat ek bedoel). Ek persoonlik
dink ek het baie gebaat by die feit dat ons hier met mekaar praat (en stry
en verskil, maar ons praat met mekaar). Op SCSAA was dit asof daar te veel
mense is wat blindelings 'n agenda verdedig met geen plek vir dialoog in
enige ware sin nie, maar selfs dan kry mense steeds die kans om kontak te
maak met ander sienings.
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4214 is 'n antwoord op boodskap #4200] |
So., 14 Maart 2004 19:15  |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
DD skryf in boodskap news:...
> Bring net so stukkie saam wat die opposisie gesê het,
> om die fight te regverdig:-)
>
> DD
Watter opposisie? Watter fight? :-))
Ons is bly om Jonas terug te sien, en wag maar net geduldig hier dat
hy ons van sy vakansie vertel....
Lorinda
|
|
|
|