| Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40775] |
Wo., 04 April 2001 11:50  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Vriendin soek inligting op webwerwe / nuusgroepe wat die voordele en
nadele van inenting en nie-inenting bespreek en behandel.
Sy stel hoofsaaklik daarin belang om te weet of enigiemand 'n persoonlike
negatiewe ondervinding gehad het deur nie te laat inent nie.
Hulp sal waardeer word. Ek sal die inligting aan haar deurgee.
--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40778 is 'n antwoord op boodskap #40776] |
Wo., 04 April 2001 17:30   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sy het 'n seun wat nie sy kinders wil laat inent nie. Ek neem aan die gewone
inentings wat ons almal gekry het - Polio, ens.
Sy wil al die moontlike inligting kry om aan hom te toon wat die gevare of
nagevolge is wat mense beleef het wat nie inge-ent is nie.
Annette
DARKANGEL wrote in message ...
> Inenting vir diere of mense, teen hoofsaaklik watter tipe virusse.
>
> DA
>
> "Annette" wrote in message
> news:9af253$2kl$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Vriendin soek inligting op webwerwe / nuusgroepe wat die voordele en
>> nadele van inenting en nie-inenting bespreek en behandel.
>> Sy stel hoofsaaklik daarin belang om te weet of enigiemand 'n persoonlike
>> negatiewe ondervinding gehad het deur nie te laat inent nie.
>> Hulp sal waardeer word. Ek sal die inligting aan haar deurgee.
>> --
>> ann...@ctnet.co.za
>> Red wine lover.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40798 is 'n antwoord op boodskap #40791] |
Do., 05 April 2001 21:44   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hans wrote:
> . Daar is egter sekere entstowwe waar die
> gebruik bepaalde risiko's inhou.
Kan jy 'n paar opnoem?Onlangs was daar iets uit Engeland oor 'n kombinasie
van entstowwe wat party mense gedink het autisme
kan veroorsaak. Weet jy iets daarvan?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40806 is 'n antwoord op boodskap #40775] |
Vr., 06 April 2001 19:37   |
Hans
Boodskappe: 68 Geregistreer: September 1998
|
Volle Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3ACCE81D.D5520828@home.com...
> Hans wrote:
>
>> . Daar is egter sekere entstowwe waar die
>> gebruik bepaalde risiko's inhou.
>
> Kan jy 'n paar opnoem?Onlangs was daar iets uit Engeland oor 'n kombinasie
> van entstowwe wat party mense gedink het autisme
> kan veroorsaak. Weet jy iets daarvan?
>
> Gloudina
Dit was die MMR (masels, pampoentjies en rubella) entstof. Daar word steeds
gedebateer oor die voor- en nadele van hierdie inenting (sien:
http://bmj.com/cgi/content/full/322/7280/183). Daar is 'n taamlike groot
studie op die oomblik aan die gang om die vrese hieroor te besweer. Analise
van tydtendense tot dusver toon dat die inentings waarskynlik nie die
sondebok is nie. Sien: http://bmj.com/cgi/reprint/322/7284/460 vir die
vollengte artikel.
Daar is geen entstof wat totaal sonder risiko is nie. Die voordele verbonde
aan die inenting moet opgeweeg word teen voorkoms en erns van moontlike
newe-effekte. Hierdie somme is al soveel keer gedoen en elke keer wen die
argument VIR inenting. Terselfdertyd dink ek dat dit nodig is dat ouers
ingelig word oor die risiko's verbonde aan elke inenting, veral ten opsigte
van daardie eienskappe wat die risiko vir moontlike newe-effekte kan
verhoog. Die gebruik van die verouderde (maar goedkoop) DPT entstof in
Suid Afrika is 'n goeie voorbeeld. Alhoewel die frekwensie van
newe-effekte laag is, sterf daar van tyd tot tyd kinders kort na inenting.
Daar is besliste risikofaktore (bv. familielede en veral broers of susters
wat reeds newe-effekte gehad het, nagevolge na 'n vorige DPT inenting, swak
immuunstelsels, pasafgelope of onderliggende infeksies, ens.) wat, indien
aanwesig, die gebruik van die entstof uitsluit. Ek voel glad nie gerus oor
die kwaltiteit van die DPT entstof wat tans hier gebruik word nie en dink
dat daar onnodig voete gesleep word met die beskikbaarstelling van die
veiliger (maar duurder) DTaP wat nou in die res van die ontwikkelde wêreld
in gebruik is. Boonop is die DPT entstof nie altyd 100% effektief om
kinkhoes te voorkom nie - afhangende van die betrokke studie wissel
effektiwiteit van so laag as 65% tot ongeveer 95%. Die vraag of mens dit
moet waag om die kind te laat ent met 'n entstof waar ernstige newe-effekte
gerapporteer word wat dalk nie besonder effektief is nie, is beslis geldig.
Die geval van dood na inenting is by DPT entstof baie tragies en dit wil
voorkom asof toksiene wat in enkele van die geïnaktiveerde Borditella
pertussis mikro-organismes voorkom, die sondebok is. Indien 'n paar
toksienproduserende organismes (selfs na inaktivering bevat dit steeds die
toksien) vir die kind ingespuit word, veroorsaak dit neurologiese skade en
soms die dood. Volgens statistieke beskikbaar is die waarskynlikheid
hiervoor meer as wat algemeen besef word (ongeveer 1 in 800 vir neurologiese
skade). Die DTaP is 'n verbeterde enstof waar die mikro-organismes
opgebreek word en die selinhoud (en dus ook die toksiene) verwyder word (die
"a" in DTaP verwys na asellulêr), en is tans nie in Suid Afrika beskikbaar
nie.
Hans
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40808 is 'n antwoord op boodskap #40775] |
Vr., 06 April 2001 21:11   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hans wrote:
> Ek is nie tans bereid om die DPT
> entstof hier beskikbaar vir my kind te gee nie - wel die D en T gedeeltes
> maar nie P nie. Sal eerder maar baie goed dophou vir infeksie en baie straf
> behandel by eerste simptome. Sodra die DTaP beskikbaar kom sal ek dit so
> spoedig moontlik laat toedien...
Is DPT ekslusief vir kinkhoes? En hoekom begin hulle nie met die DTaPin SA nie.
Is dit net omdat dit goedkoper is?
Ja, die klein kindertjies vandag loop darem met 'n hele klomp dinge in
hulle wat ek in my dae nooit gehad het nie. Klein-klein is ons net inge-ent
vir pokke. En snaaks genoeg, dis nou die enigste ding wat hulle nie meer
vir die kinders gee nie. Is pokke nou heeltemal uitgeroei?
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40817 is 'n antwoord op boodskap #40806] |
Sa., 07 April 2001 10:32   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Baie Dankie Hans - wat jy geskryf het is presies waarna sy soek.
Ek het hierdie boodskap na haar deurgestuur,
Annette
Hans wrote in message ...
>
> skryf in boodskap news:3ACCE81D.D5520828@home.com...
>> Hans wrote:
>>> . Daar is egter sekere entstowwe waar die
>>> gebruik bepaalde risiko's inhou.
>> Kan jy 'n paar opnoem?Onlangs was daar iets uit Engeland oor 'n kombinasie
>> van entstowwe wat party mense gedink het autisme
>> kan veroorsaak. Weet jy iets daarvan?
>> Gloudina
>
> Dit was die MMR (masels, pampoentjies en rubella) entstof. Daar word steeds
> gedebateer oor die voor- en nadele van hierdie inenting (sien:
> http://bmj.com/cgi/content/full/322/7280/183). Daar is 'n taamlike groot
> studie op die oomblik aan die gang om die vrese hieroor te besweer. Analise
> van tydtendense tot dusver toon dat die inentings waarskynlik nie die
> sondebok is nie. Sien: http://bmj.com/cgi/reprint/322/7284/460 vir die
> vollengte artikel.
>
> Daar is geen entstof wat totaal sonder risiko is nie. Die voordele verbonde
> aan die inenting moet opgeweeg word teen voorkoms en erns van moontlike
> newe-effekte. Hierdie somme is al soveel keer gedoen en elke keer wen die
> argument VIR inenting. Terselfdertyd dink ek dat dit nodig is dat ouers
> ingelig word oor die risiko's verbonde aan elke inenting, veral ten opsigte
> van daardie eienskappe wat die risiko vir moontlike newe-effekte kan
> verhoog. Die gebruik van die verouderde (maar goedkoop) DPT entstof in
> Suid Afrika is 'n goeie voorbeeld. Alhoewel die frekwensie van
> newe-effekte laag is, sterf daar van tyd tot tyd kinders kort na inenting.
> Daar is besliste risikofaktore (bv. familielede en veral broers of susters
> wat reeds newe-effekte gehad het, nagevolge na 'n vorige DPT inenting, swak
> immuunstelsels, pasafgelope of onderliggende infeksies, ens.) wat, indien
> aanwesig, die gebruik van die entstof uitsluit. Ek voel glad nie gerus oor
> die kwaltiteit van die DPT entstof wat tans hier gebruik word nie en dink
> dat daar onnodig voete gesleep word met die beskikbaarstelling van die
> veiliger (maar duurder) DTaP wat nou in die res van die ontwikkelde wêreld
> in gebruik is. Boonop is die DPT entstof nie altyd 100% effektief om
> kinkhoes te voorkom nie - afhangende van die betrokke studie wissel
> effektiwiteit van so laag as 65% tot ongeveer 95%. Die vraag of mens dit
> moet waag om die kind te laat ent met 'n entstof waar ernstige newe-effekte
> gerapporteer word wat dalk nie besonder effektief is nie, is beslis geldig.
> Die geval van dood na inenting is by DPT entstof baie tragies en dit wil
> voorkom asof toksiene wat in enkele van die geïnaktiveerde Borditella
> pertussis mikro-organismes voorkom, die sondebok is. Indien 'n paar
> toksienproduserende organismes (selfs na inaktivering bevat dit steeds die
> toksien) vir die kind ingespuit word, veroorsaak dit neurologiese skade en
> soms die dood. Volgens statistieke beskikbaar is die waarskynlikheid
> hiervoor meer as wat algemeen besef word (ongeveer 1 in 800 vir neurologiese
> skade). Die DTaP is 'n verbeterde enstof waar die mikro-organismes
> opgebreek word en die selinhoud (en dus ook die toksiene) verwyder word (die
> "a" in DTaP verwys na asellulêr), en is tans nie in Suid Afrika beskikbaar
> nie.
>
> Hans
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan Iemand help asseblief? [boodskap #40862 is 'n antwoord op boodskap #40775] |
Ma., 09 April 2001 21:50  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hans wrote:
> Pokke is heeltemal uitgeroei en daar is heelwat druk om die laaste virusse
> wat deur die CDC (en ook sommige van die vroeëre vyande) bewaar word, te
> vernietig. Aangesien daar nie meer teen geënt word nie, is al die
> jongelinge natuurlik vatbaar en 'n pandemie kan geweldige omvangryke gevolge
> hê. Daar is ook die vrees dat die virus vir biologiese oorlogvoering
> aangewend kan word.
>
>
Ek het nooit so daaraan gedink nie.Dat almal behalwe ons ouereswat nog inge-ent
is, die pokke baie maklik sal kan kry. Hoekom
gaan hulle dan nie maar voort met die ent nie?
Gloudina
|
|
|
|