Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Was deel van die ou Arme army se sêgoed
Was deel van die ou Arme army se sêgoed [boodskap #40036] Vr, 09 Maart 2001 06:05
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja-nee Gloudina, in die woorde van oom jannie Smuts: "die bruin perd gaan
nog vir julle afgooi!"
En die betrokkenheid/afsydigheid van die kerke (almal) om regtig stand in te
neem is iets waaroor ons nog lank kan gesels en argumenteer. Dit het my ook
vrae aan predikante laat vra op 'n jeugdige en in die daardie
"hell-for-leather" tydperk van 'n mens se lewe, en ek kon geen goeie
agrument van hulle kant kry nie. Apaties en in die woorde van 'n omie wat
ek ken: "Dit lyk vir my die kerk (NGK) is nes 'n skoothondjie op PW se
skoot. Hou hy nie van die hondjie se gevroetel nie, dan smyt hy hom af.
Netnou voel hy weer jammer vir die arme ou dingetjie, dan tel hy hom maar
weer op. En die kerk gaan maar gedwee saam"
Ja ek dink die paranoïese vrees vir oorheersing deur 'n vreemde ideologie was
'n groot invloed in die denke van die politici van die dag wêreldwyd.
Ek self was nog maar 'n tjokkertjie toe manne soos sir Div en Strydom en
Verwoerd en Helen Suzman en Colin Eglin mekaar die hare gewas het, maar wat
ek nou nog nie kan verstaan is nie dat soos ek gesê het, mense met 'common
sense' sulke nonsens kon aanvang in die naam van "die Vaderland" My pa het
altyd gesê oor die 'volksfeeste' wat met hoed, ruiter, bandolier, perd, vlag
en karwats gehou is: "Hys die vlag en tel die helde, hys die helde en tel
die vlag!".
Hy is nog een van daardie skaars ou Bloedsappe wat darem die voorreg had om
vir PW Botha aan sy broek se gat by 'n Sap vergadering uit te gooi in 1936.
Dit het hom in later jare genoop om te dink dat hy die "mannetjie daardie
tyd 'n beter opstopper moes gegee het, dan sou SA hom dalk gespaar gewees
het..."

Terug by die verlede:
Ek dink die hele opset van die wrewel van gebeure in die tweede Wêreldoorlog
en wat in die ABO 50 jaar tevore gebeur het, het aanleiding gegee tot 'n
absolute anti-britse gevoel onder die 'volk'. Dit, tesame met Smuts se
betrokkenheid by destydse wêreldgebeure, en dan ook dink ek die besef onder
die afrikaner politici van die dag dat hulle gesamentlik nie die
staatsmanskap en politieke vernuf (clout) had om enigiets anders te vermag
nie, het gelei tot die uiteindelike besluit om dan maar die mense van die
land teen mekaar van mekaar af weg te hou, en sodoende ons land teen mekaar
gepolariseer het.
Onthou net dat die Nattes destyds parlementêre mag tot elke prys behou het
deur die afbakening van kiesafdelings so te sny dat die opposisie
gemarginaliseer is. Ek het op 'n stadium in die Helderberg kiesafdeling
gewoon. Dit is nou veronderstel om die omgewing van Somerset-Wes te wees.
Vir 'n begin was die Strand nie deel daarvan nie, maar 'n gedeelte van
Brackenfell en 'n klein gedeelte van Kuilsrivier was daarby ingedeel. Net
om meer van die 'afrikaner' stem te kan hê. Dié dat Chris Heunis in 'n
verkiesing met 39 stemme oor Dennis Worral kon wen. En almal weet dat daar
'n suursop deurgeloop het by die stemtellery! Dit was in die dae nog voor
die OVK.

Maar genoeg daarvan. Netnou dink julle weer ek aspireer om die pos van
eerste minister van die Republiek van SCSAA.
Moet nou net nie almal tegelyk vir die pos aansoek doen nie. Dit moet nog
ingewerk word in die begroting wat nog uitgewerk moet word sodat ons dan sal
weet wie is ingewurm wat nog nie uitgewerk is nie, en die wat nie ingewerk
is nie wat nog ingewerk moet deur die uitwerk van die begroting wat so
verklein is dat dit ook nie meer 'n begroting is nie, maar die aansien van
'n verkleining gekry het. Dus sal die uitwerking daarvan op die inwurming
en uitwerkery 'n fyn uitgewerkte plan tot gevolg hê met geen uitwerking op
die algemene staat tot die prys van eiers en die algemene politieke toestand
van die stand van Afrikaans in die Noord-Sahara wat suid van die Italiaanse
invloed geleë is nie, wat weer sterk bande met die Arktiese Antie ver weg in
die vreemde van Ottowaanse belydenisse te make het...

Thys oppie Bos voor die naweek.... (Met 'n groot tong in die kies)
Vorige onderwerp: "Reisiger" deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: moenie jou languages mix nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 17:23:51 MGT 2024