Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Archives: February 27, 1901
Re: Archives: February 27, 1901 [boodskap #39734] Wo, 28 Februarie 2001 07:02 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
En toe had Cronje se halsstarrigheid veroorsaak dat hy met 4000 man moes
oorgee. Hy wou nie van die ontsnaproete wat De Wet vir hom en sy manne
oopgehou het gebruik nie, weens sy hardkoppigheid.
Gister se Burger had net so 'n kort verwysing daarna.

Thys oppie vrek warm 'Bos
skryf in boodskap news:3A9BFD75.1BEEA83@home.com...
> Richard wrote:
>
>> Hoekom is jou pos nie in Afrikaans nie?
>>
>> skryf in boodskap news:3A9BC598.3F29FA5A@home.com...
>>> On February 27, 1901 the Globe and Mail reported
>>> that British general Lord Kitchener was preparing
>>> to demolish Boer forces under either General Botha
>>> or De Wet, if not both, on Majuba Day.
>>
>
> Omdat dit gekruispos is met die Engelse nuusgroep.En omdat dit 'n
> aanhaling is uit ons lokale Kanadese
> koerant.
>
> Tant Hessie en haar witperd
>
Re: Archives: February 27, 1901 [boodskap #39766 is 'n antwoord op boodskap #39734] Wo, 28 Februarie 2001 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Cronjé het in 1900 oorggee, nie 1901 soos hier berig word nie. Verder is
dit glad nie so 'n eenvoudige saak soos meeste mense wil glo/uitmaak nie oor
die ontsnaproete wat deur de Wet vir Cronjé oopgemaak is. Cronjé het 'n
walaer vol vrouens en kinders by hom gehad. Hulle het juis in hul vlug vir
die Engelse en dié se Tswana helpers by Cronjé kom skuiling soek. As Cronjé
wou gebruik maak van die ontsnaproete, sou hy dié mense moes agterlos - net
hy en die vegtende manskappe sou kon ontkom. Hy wou dit nie doen nie.

Hy het natuurlik sy grootste fout eintlik vroeër gemaak deurdat hy die
oorwinnings by Magersfontein nie opgevolg het nie, wat Methuen en kie kans
gegee het om te hergroepeer en veral Frensch die kans gegee het om Kimberley
te ontset en toe saam met die ander generaals 'n knyptangbeweging uit te
voer wat Cronjé verjaag het uit Magersfontein terug Vrystaat toe, en
uiteindelik naby Paardeberg vasgekeer het.

Dries Venter

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:97i7p8$30mv$1@news.adamastor.ac.za...
> En toe had Cronje se halsstarrigheid veroorsaak dat hy met 4000 man moes
> oorgee. Hy wou nie van die ontsnaproete wat De Wet vir hom en sy manne
> oopgehou het gebruik nie, weens sy hardkoppigheid.
> Gister se Burger had net so 'n kort verwysing daarna.
Re: Archives: February 27, 1901 [boodskap #39774 is 'n antwoord op boodskap #39734] Wo, 28 Februarie 2001 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Cronjé het in 1900 oorggee, nie 1901 soos hier berig word nie.

Die koerantberig het gepraat van "Majuba Day," Dries. Dus moesdit 'n herdenking
van die slag van Majuba gewees het, reken ek.

Gloudina
Re: Archives: February 27, 1901 [boodskap #39790 is 'n antwoord op boodskap #39734] Do, 01 Maart 2001 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Is reg so! Dit was op Majuba dag dat hy oorgegee het.

Issie nonsens 'ie, my se ma se ok soe!

Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3A9D80B6.63D0A152@home.com...
Dries Venter wrote:

> Cronjé het in 1900 oorggee, nie 1901 soos hier berig word nie.

Die koerantberig het gepraat van "Majuba Day," Dries. Dus moesdit 'n
herdenking
van die slag van Majuba gewees het, reken ek.

Gloudina
Re: Archives: February 27, 1901 [boodskap #40056 is 'n antwoord op boodskap #39790] Vr, 09 Maart 2001 18:50 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek weet die berig het na Majubadag verwys, maar dit het ook die indruk
geskep dat Cronje op Majubadag in 1901 oorgegee het, terwyl hy eintlik op
Majubadag in 1900 oorgegee het, vandaar my opmerking.

Dries Venter

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:97kqii$228e$1@news.adamastor.ac.za...
> Is reg so! Dit was op Majuba dag dat hy oorgegee het.
>
> Issie nonsens 'ie, my se ma se ok soe!
>
> Thys oppie Bos
> skryf in boodskap news:3A9D80B6.63D0A152@home.com...
> Dries Venter wrote:
>
>> Cronjé het in 1900 oorggee, nie 1901 soos hier berig word nie.
>
> Die koerantberig het gepraat van "Majuba Day," Dries. Dus moesdit 'n
> herdenking
> van die slag van Majuba gewees het, reken ek.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: moenie jou languages mix nie
Volgende onderwerp: Spreekwoorden
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 15:29:27 MGT 2024