Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina)
Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39314] Vr, 16 Februarie 2001 20:08 na volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Jammer, ek het so lank gewag om te antwoord dat ek jou vorige boodskap nie
kan aanhaal nie, die draad hier op my rekenaar het uitgerafel en is
weggegooi. Het gegaan oor die persoon wat jy ken wat sistiese fibrose het en
dalk eersdaags wil trou en dalk ook kinders hê...

Jammer ook vir 'n baie lang antwoord, ek kyk of ek vir reisiger opdraande
kan gee! Dié wat nie in sistiese fibrose of oorerwing belang stel nie hoef
nie verder te lees nie - geen politiek, rassekwessies, motortipes,
beesrasse, ongure taal of pornografie nie...

Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote). Die voorkoms
van draers is betreklik hoog (1 in 25) en dwarsoor die wêreld word 'n
diagnostiese diens (geneties) aangebied om vas te stel of jy wel 'n draer is
of nie. Indien twee persone wat draers is kinders sou hê, is daar 'n
waarskynlikheid van .25 (d.w.s een in elke vier kinders) dat die nageslag
sistiese fibrose sal hê, .50 dat die nageslag een foutiewe geen van een van
die ouers geërf het (d.w.s twee uit elke vier kinders is draers) en .25 dat
daar geen foutiewe kopie van die geen oorgeërf is nie (d.w.s een uit elk
vier kinders is normaal). Indien 'n persoon met sistiese fibriose wel sou
kon kinders hê met 'n nie-draer as ander ouer, sal al hulle kinders draers
wees. Indien die ander ouer 'n draer is sal twee uit elke vier kinders
sistiese fibrose hê terwyl die res draers sal wees. Daar is dus hoegenaamd
nie 'n moontlikheid vir 'n persoon wat self sistiese fibrose onder lede het
om totaal normale nageslag te hê nie - enigste hoop vir soiets is met behulp
van geenterapie wat nog in sy kinderskoene staan.

Boonop is manlike SF-lyers feitlik altyd onvrugbaar. Sewe-en-negentig
persent van manlike SF-lyers ly aan kongenitale bilaterale vas deferens
afwesigheid (d.w.s. die buis wat sperme vanaf die testes na die uretra
vervoer is by geboorte reeds afwesig aan beide kante). Vroulike SF-lyers lei
ook aan verlaagde vrugbaarheid onder meer weens die taaivloeibaarheid van
sekresies. Intelligensie word geensins deur die toestand beïnvloed nie.

Soos jy tereg opmerk het behandeling aansienlik verbeter gedurende die
afgelope 30 jaar. Toestande wat voorheen reeds vroeg tot die dood gelei het
kan nou suksesvol met behandeling beheer word. Indien behandeling verder
verbeter mag dit moontlik wees vir SF-lyers om normale lewens te lei met 'n
normale lewensverwagting. Dan raak die feit dat dit 'n wesenlike genetiese
defek is meer irrelevant, veral indien die vrugbaarheidsprobleme ook oorkom
kan word. Met mediese ingryping is die mens dus net vir 'n paar toestande
wat letaal is voor puberteit onderworpe aan natuurlike seleksie.

Indien twee geïdentifiseerde draers wel kinders wil hê, kan
pre-implantasie-genetiese-diagnose gebruik om in 'n in vitro fertilisasie
omgewing aangetaste sowel as draer-embrios te identifiseer. Slegs embrios
sonder 'n enkele foutiewe kopie van die geen word in utero teruggeplaas en
die nageslag is normaal. Dit word debateer of dit eties is om teen
draerembrios te diskrimineer aangesien daardie individue heeltemaal normaal
deur die lewe kan gaan.

So 'n genetiese defek het sy oorsprong met 'n nuwe mutasie wat in 'n persoon
(voorouer) voorkom as gevolg van 'n fout wat insluip tydens die deelproses
in die vorming van 'n gameet (spermsel of eisel). Na bevrugting het die
spesifieke lokus dus een abnormale en een normale alleel. Indien die mutasie
in 'n kritieke area van die DNA voorkom, is dit meesal letaal en sterf die
fetus reeds baie vroeg tydens ontwikkelling. Indien dit in 'n minder
kritieke area in die genoom voorkom word die individu self nie geaffekteer
nie maar is dan die oorsprong van die genetiese defek en self 'n draer.
Dikwels gaan menige geslagte verby voordat iemand die eerste keer van albei
sy of haar ouers dieselfde gemuteerde DNA ontvang en self die defek wys.
Indien mens dus ver genoeg in die voorgeslagte kan terugkyk, het die twee
ouers van 'n kind wat die defek wys iewers 'n gemeenskaplike voorouer en is
die twee allele wat by die spesifieke lokus in die genoom van die kind
voorkom identies deur afkoms. By SF is dit duidelik dat die meeste van
hierdie mutasies baie lank reeds in die populasie voorkom (hulle is redelik
wyd versprei) en dis ook duidelik dat daar deur die geskiedenis 'n hele paar
keer nuwe mutasies in die spesifieke geen ontstaan het .

Die genetika van die Finne is 'n uitstekende bron van genetiese inligting in
die ontdekking van nuwe siektetoestand. Die isolasie, uitgestrektheid en
onherbergsame omgewing beteken dat dit nie juis tydens vroeëre geslagte vir
mense moontlik was om verder as die volgende dorp 'n lewensmaat te vind nie.
Reeds binne vyf tot tien geslagte kom die dubbelresessiewe toestand dan vir
die eerste keer voor en word die kind gebore met 'n genetiese defek. Die
Finse kerk het baie goeie rekords van geboortes, troues en dood vir baie
geslagte sodat die kans op sukses baie waarskynlik word indien na die
oorsaak of oorsprong van 'n spesifieke genetiese defek in 'n gemeenskaplike
ouer ("founder"), dikwels sover as vyftien of twintig geslagte gesoek word.
Die genetika van die Finse populasie word derhalwe vandag beskou as 'n
nasionale bate en Finne is uiters versigtig om hulle DNA vir navorsers uit
ander lande weg te gee sonder dat die intelektuele eiendom komponent daarin
vervat beskerm word.

Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39319 is 'n antwoord op boodskap #39314] Vr, 16 Februarie 2001 22:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
> persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
> ("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
> homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
> pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
> lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote).

Verstaan ek jou reg. Om sistiese fibrose te hê beteken datBEIDE jou ouers
bygedra het daartoe? Dis vir my interessant,
want in die geval waarna ek verwys het, was die vader van
Nederlandse oorsprong en het die gene dus deels oor die
water gekom. Die ma het suikersiekte gehad, en ek dink dis
algemeen in die familie aangeneem dat sy die oorsaak was
van die seun se toestand. Hulle het 'n tweede en derde kind
aangeneem.

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39320 is 'n antwoord op boodskap #39314] Vr, 16 Februarie 2001 22:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Indien mens dus ver genoeg in die voorgeslagte kan terugkyk, het die twee
> ouers van 'n kind wat die defek wys iewers 'n gemeenskaplike voorouer en is
> die twee allele wat by die spesifieke lokus in die genoom van die kind
> voorkom identies deur afkoms.

Verbasend. Soos alreeds gesê, die ouers van die kind waarna
ek verwys is in twee verskillende vastelande gebore, maar moet
gemeenskaplike voorouers hê wat teruggaan na die oorspronklike
Nederlanders wat na SA gekom het in die laaste eeue. Baie
interessant.
Hans, is dit jou regte naam? Woon jy nie miskien in Belville nie?
As hierdie opmerking vir jou Grieks is, ignoreer dit. Maar jy klink
soos iemand wat ek ken wat in Belville woon.

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39323 is 'n antwoord op boodskap #39314] Sa, 17 Februarie 2001 08:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3A8DAEDD.AC8D33E4@home.com...
> Hans wrote:

>> Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
>> persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
>> ("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
>> homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
>> pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
>> lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote).

> Verstaan ek jou reg. Om sistiese fibrose te hê beteken datBEIDE jou ouers
> bygedra het daartoe? Dis vir my interessant,

Ja albei ouers is draers en het dus elkeen een kopie van die foutiewe
alleel.
Dit beteken dat ten minste een van die grootouers ook
draers was.
Die ellende van SF is dat die voorkoms van draers so hoog is. Een uit elke
25 persone wat jy raakloop is waarskynlik 'n draer. Wys net hoe belangrik
dit is om jou ouers reg te kies!

> want in die geval waarna ek verwys het, was die vader van
> Nederlandse oorsprong en het die gene dus deels oor die
> water gekom. Die ma het suikersiekte gehad, en ek dink dis
> algemeen in die familie aangeneem dat sy die oorsaak was > van die seun se toestand. Hulle het 'n tweede en derde kind
> aangeneem.

Eintlik hartseer dat die ellendes onwillekeurig aan iemand toegedig word.
Dink net aan die skuldgevoel waarmee die arme vrou waarskynlik stilweg moes
saamleef...
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39324 is 'n antwoord op boodskap #39314] Sa, 17 Februarie 2001 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3A8DB0CA.8A63848B@home.com...

> Hans wrote:

>> Indien mens dus ver genoeg in die voorgeslagte kan terugkyk, het die twee
>> ouers van 'n kind wat die defek wys iewers 'n gemeenskaplike voorouer en is
>> die twee allele wat by die spesifieke lokus in die genoom van die kind
>> voorkom identies deur afkoms.

> Verbasend. Soos alreeds gesê, die ouers van die kind waarna
> ek verwys is in twee verskillende vastelande gebore, maar moet
> gemeenskaplike voorouers hê wat teruggaan na die oorspronklike
> Nederlanders wat na SA gekom het in die laaste eeue. Baie
> interessant.

Sommige dele van die genoom is vir een of ander rede meer vatbaar vir
mutasies as ander en dieselfde mutasie kan de novo meer as een keer
ontstaan. Daar is 'n hele paar verskillende mutasies in die SF-geen wat
daarop dui dat die geen in so 'n gebied mag val. 'n Verdere oorsaak van die
baie wye verspreiding daarvan is die feit dat slegs een normale alleel by
daardie lokus voldoende is om genoegsaam normale natriumkanale in elke sel
in die liggaam te verseker. In persone wat fenotipies die siekte wys is al
die natriumkanale foutief.

Draers is dus gladnie aangetas nie maar veroorsaak dat 50 persent van hulle
nageslag ook draers is. Sodoende versprei die toestand baie vinnig baie wyd.
As die toestand dus 'n paar duisend jaar gelede die eerste keer onstaan het,
is die wye verspreiding dwarsoor die wêreld voor die hand liggend.

> Hans, is dit jou regte naam? Woon jy nie miskien in Belville nie?
Ja,nee! :) ;) --Kom hier uit die hartjie van Gauteng!

Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39343 is 'n antwoord op boodskap #39314] Sa, 17 Februarie 2001 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
My broerskind het SF - maar dit is eers by haar gediagnoseer toe sy sewe
was.
Dit is dus nie almal wat vroeg gediagnoseer word nie.
Annette

Hans wrote in message ...
> Jammer, ek het so lank gewag om te antwoord dat ek jou vorige boodskap nie
> kan aanhaal nie, die draad hier op my rekenaar het uitgerafel en is
> weggegooi. Het gegaan oor die persoon wat jy ken wat sistiese fibrose het en
> dalk eersdaags wil trou en dalk ook kinders hê...
>
> Jammer ook vir 'n baie lang antwoord, ek kyk of ek vir reisiger opdraande
> kan gee! Dié wat nie in sistiese fibrose of oorerwing belang stel nie hoef
> nie verder te lees nie - geen politiek, rassekwessies, motortipes,
> beesrasse, ongure taal of pornografie nie...
>
> Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
> persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
> ("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
> homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
> pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
> lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote). Die voorkoms
> van draers is betreklik hoog (1 in 25) en dwarsoor die wêreld word 'n
> diagnostiese diens (geneties) aangebied om vas te stel of jy wel 'n draer is
> of nie. Indien twee persone wat draers is kinders sou hê, is daar 'n
> waarskynlikheid van .25 (d.w.s een in elke vier kinders) dat die nageslag
> sistiese fibrose sal hê, .50 dat die nageslag een foutiewe geen van een van
> die ouers geërf het (d.w.s twee uit elke vier kinders is draers) en .25 dat
> daar geen foutiewe kopie van die geen oorgeërf is nie (d.w.s een uit elk
> vier kinders is normaal). Indien 'n persoon met sistiese fibriose wel sou
> kon kinders hê met 'n nie-draer as ander ouer, sal al hulle kinders draers
> wees. Indien die ander ouer 'n draer is sal twee uit elke vier kinders
> sistiese fibrose hê terwyl die res draers sal wees. Daar is dus hoegenaamd
> nie 'n moontlikheid vir 'n persoon wat self sistiese fibrose onder lede het
> om totaal normale nageslag te hê nie - enigste hoop vir soiets is met behulp
> van geenterapie wat nog in sy kinderskoene staan.
>
> Boonop is manlike SF-lyers feitlik altyd onvrugbaar. Sewe-en-negentig
> persent van manlike SF-lyers ly aan kongenitale bilaterale vas deferens
> afwesigheid (d.w.s. die buis wat sperme vanaf die testes na die uretra
> vervoer is by geboorte reeds afwesig aan beide kante). Vroulike SF-lyers lei
> ook aan verlaagde vrugbaarheid onder meer weens die taaivloeibaarheid van
> sekresies. Intelligensie word geensins deur die toestand beïnvloed nie.
>
> Soos jy tereg opmerk het behandeling aansienlik verbeter gedurende die
> afgelope 30 jaar. Toestande wat voorheen reeds vroeg tot die dood gelei het
> kan nou suksesvol met behandeling beheer word. Indien behandeling verder
> verbeter mag dit moontlik wees vir SF-lyers om normale lewens te lei met 'n
> normale lewensverwagting. Dan raak die feit dat dit 'n wesenlike genetiese
> defek is meer irrelevant, veral indien die vrugbaarheidsprobleme ook oorkom
> kan word. Met mediese ingryping is die mens dus net vir 'n paar toestande
> wat letaal is voor puberteit onderworpe aan natuurlike seleksie.
>
> Indien twee geïdentifiseerde draers wel kinders wil hê, kan
> pre-implantasie-genetiese-diagnose gebruik om in 'n in vitro fertilisasie
> omgewing aangetaste sowel as draer-embrios te identifiseer. Slegs embrios
> sonder 'n enkele foutiewe kopie van die geen word in utero teruggeplaas en
> die nageslag is normaal. Dit word debateer of dit eties is om teen
> draerembrios te diskrimineer aangesien daardie individue heeltemaal normaal
> deur die lewe kan gaan.
>
> So 'n genetiese defek het sy oorsprong met 'n nuwe mutasie wat in 'n persoon
> (voorouer) voorkom as gevolg van 'n fout wat insluip tydens die deelproses
> in die vorming van 'n gameet (spermsel of eisel). Na bevrugting het die
> spesifieke lokus dus een abnormale en een normale alleel. Indien die mutasi e
> in 'n kritieke area van die DNA voorkom, is dit meesal letaal en sterf die
> fetus reeds baie vroeg tydens ontwikkelling. Indien dit in 'n minder
> kritieke area in die genoom voorkom word die individu self nie geaffekteer
> nie maar is dan die oorsprong van die genetiese defek en self 'n draer.
> Dikwels gaan menige geslagte verby voordat iemand die eerste keer van albei
> sy of haar ouers dieselfde gemuteerde DNA ontvang en self die defek wys.
> Indien mens dus ver genoeg in die voorgeslagte kan terugkyk, het die twee
> ouers van 'n kind wat die defek wys iewers 'n gemeenskaplike voorouer en is
> die twee allele wat by die spesifieke lokus in die genoom van die kind
> voorkom identies deur afkoms. By SF is dit duidelik dat die meeste van
> hierdie mutasies baie lank reeds in die populasie voorkom (hulle is redelik
> wyd versprei) en dis ook duidelik dat daar deur die geskiedenis 'n hele paar
> keer nuwe mutasies in die spesifieke geen ontstaan het .
>
> Die genetika van die Finne is 'n uitstekende bron van genetiese inligting in
> die ontdekking van nuwe siektetoestand. Die isolasie, uitgestrektheid en
> onherbergsame omgewing beteken dat dit nie juis tydens vroeëre geslagte vir
> mense moontlik was om verder as die volgende dorp 'n lewensmaat te vind nie.
> Reeds binne vyf tot tien geslagte kom die dubbelresessiewe toestand dan vir
> die eerste keer voor en word die kind gebore met 'n genetiese defek. Die
> Finse kerk het baie goeie rekords van geboortes, troues en dood vir baie
> geslagte sodat die kans op sukses baie waarskynlik word indien na die
> oorsaak of oorsprong van 'n spesifieke genetiese defek in 'n gemeenskaplike
> ouer ("founder"), dikwels sover as vyftien of twintig geslagte gesoek word.
> Die genetika van die Finse populasie word derhalwe vandag beskou as 'n
> nasionale bate en Finne is uiters versigtig om hulle DNA vir navorsers uit
> ander lande weg te gee sonder dat die intelektuele eiendom komponent daarin
> vervat beskerm word.
>
> Hans
>
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39344 is 'n antwoord op boodskap #39314] Sa, 17 Februarie 2001 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja - Hans is reg. Albei ouers moet draers wees van die SF geen wees. Totdat
my broerskind gediagnoseer is, was nie een van die twee families bewus dat
enige lid 'n draer is nie.
Annette

@home.com wrote in message ...
Hans wrote:

> Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
> persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
> ("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
> homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
> pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
> lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote).

Verstaan ek jou reg. Om sistiese fibrose te hê beteken datBEIDE jou ouers
bygedra het daartoe? Dis vir my interessant,
want in die geval waarna ek verwys het, was die vader van
Nederlandse oorsprong en het die gene dus deels oor die
water gekom. Die ma het suikersiekte gehad, en ek dink dis
algemeen in die familie aangeneem dat sy die oorsaak was
van die seun se toestand. Hulle het 'n tweede en derde kind
aangeneem.

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39405 is 'n antwoord op boodskap #39343] So, 18 Februarie 2001 21:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Annette skryf in boodskap news:96mm7v$ifh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My broerskind het SF - maar dit is eers by haar gediagnoseer toe sy sewe
> was.
> Dit is dus nie almal wat vroeg gediagnoseer word nie.
> Annette
>

My dogtertjie is nou 17 maande oud en sukkel met herhaalde lugweginfeksies.
Sy was reeds 'n hele klomp keer in die hospitaal met bronchitis. Die
sweettoets was een van die laaste toetse wat gedoen is, maar was gelukkig
negatief. Ten einde laaste is verlaagde IgA vlakke by haar gediagnoseer.
Ons hoop dat sy die probleem sal ontgroei...

Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39409 is 'n antwoord op boodskap #39405] Ma, 19 Februarie 2001 02:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Ten einde laaste is verlaagde IgA vlakke by haar gediagnoseer.
> Ons hoop dat sy die probleem sal ontgroei...
>
>

Wat is IgA vlakke?Wees veral versigtig met kinders in die teen-
woordigheid van sigaretrook. Ons eerste
kind het 'n rook-allergie gehad en ons het
dit nie geweet nie. Snaaks hoe baie dinge
mense eers in retrospek kan verstaan.

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39418 is 'n antwoord op boodskap #39405] Ma, 19 Februarie 2001 08:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In ons geval was dit dat sy fisio-behandeling gekry het vir 'n borsverkoue -
sy is ook op 'n drup geplaas om die infeksie tee te werk. Toe sy nie
genoegsaam op bogenoemde behandelings reageer iem is die sweettoets gedoen.
Haar resultate was positief.
Die gevolg is dat sy elke keer as sy iets eet, eers pille moet neem sodat
die voedingstowwe in die liggaam opgeneem word - vir die res van haar lewe.
Ons is gelukkig - sy moet maandeliks vir 'n besoek na die Kinder-
Rooikruishospitaal gaan - en ons bly nie te ver daarvandaan nie.
Annette

Hans wrote in message ...
>
> Annette wrote in message
> news:96mm7v$ifh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> My broerskind het SF - maar dit is eers by haar gediagnoseer toe sy sewe
>> was.
>> Dit is dus nie almal wat vroeg gediagnoseer word nie.
>> Annette

>
> My dogtertjie is nou 17 maande oud en sukkel met herhaalde lugweginfeksies.
> Sy was reeds 'n hele klomp keer in die hospitaal met bronchitis. Die
> sweettoets was een van die laaste toetse wat gedoen is, maar was gelukkig
> negatief. Ten einde laaste is verlaagde IgA vlakke by haar gediagnoseer.
> Ons hoop dat sy die probleem sal ontgroei...
>
> Hans
>
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39452 is 'n antwoord op boodskap #39314] Ma, 19 Februarie 2001 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3A907ED9.D71E2823@home.com...
> Hans wrote:
>
>> Ten einde laaste is verlaagde IgA vlakke by haar gediagnoseer.
>> Ons hoop dat sy die probleem sal ontgroei...

> Wat is IgA vlakke?Wees veral versigtig met kinders in die teen-
> woordigheid van sigaretrook. Ons eerste
> kind het 'n rook-allergie gehad en ons het
> dit nie geweet nie. Snaaks hoe baie dinge
> mense eers in retrospek kan verstaan.
>
Dis die immunoglobulien (teenliggaam) fraksie wat klein genoeg is om deur
slymvliese te diffundeer en dus die eerste linie van verdediging teen
vreemde organismes en virusse vorm. Dit word ook baie vinnig uit sirkulasie
verwyder (halfleeftyd is ongeveer 12 uur) en dus help dit nie om te probeer
om dit aan te vul deur inspuitings nie. Die benadering is om haar op die
oomblik soos 'n asmalyer te behandel: 'n kortisoon word twee maal per dag
ingeasem (pompie) om die selle in die die boonste lugweg minder sensitief
vir inflammasie te maak, adrenalien (pompie) ingeasem om die bronchioli te
verwyd en 'n antiallergiese middel om te probeer om die induksie van
allergieë te keer.

Ek is bitter dankbaar oor die strawwe rookwette wat nou ingestel is. Niemand
in ons huis rook nie en die kind is baie gevoelig vir rook. Verlede jaar het
sy in die hospitaal beland nadat iemand in 'n winkelsentrum onnadenkend rook
oor haar geblaas het. Dis nou baie lekker om met haar winkels toe te gaan
want die lug is aansienlik skoner.

Ek sê altyd dat as ek gereënkarneer word wil ek graag Heinz heet. Heinz
Tseit.

Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39464 is 'n antwoord op boodskap #39314] Ma, 19 Februarie 2001 23:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Ek sê altyd dat as ek gereïnkarneer word wil ek graag Heinz heet. Heinz
> Tseit.
>
>

Ja, regtig. As ek dink hoeveel smart ons ons kind aangedoenhet. En toe my man
ophou rook en dinge begin beter gaan, toe
gaan bly ons in 'n residensiële hotel vir vyf maande voor ons
Kanada toe trek, en toe begin die hoesery weer van vooraf,
en ons is te blind om te weet wat dit veroorsaak.
Dieselfde met my eie allergieë. Ek het 'n halwe leeftyd
gevat om uit te vind wat my ekseem gee (wat ek nou
kontrolleer), wat my later hooikoors en asma laat kry
het en waarvan ek die oorsake nou kan vermy en dus nie
meer hooikoors en asma kry nie. My nuutste allergie-
produseerder : die bindmateriaal in "extended release
tablets." Mens word 'n baie goeie speurder as jy
allergieë het.

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39472 is 'n antwoord op boodskap #39314] Di, 20 Februarie 2001 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Emmy  is tans af-lyn  Emmy
Boodskappe: 79
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Wat ik nu zeg heeft niets met fibrose te maken maar er kan wel
een verband liggen tussen voedsel en allergieën en hoesten
Ik ken een kind dat
iedere dag 2 a 3 bananen at en toen ze ermee gestopt was ze nog te eten
ze niet meer deed hoesten.
Na een half jaar geen bananen eten deed ze de proef op de som en at
weer bananen....en ze begon weer te hoesten en dat vooral in de nacht...
Vooral bananen kunnen dat veroorzaken

Grt Emmy

Hans wrote:

> Ek sê altyd dat as ek gereënkarneer word wil ek graag Heinz heet. Heinz
> Tseit.
>
>

Ja, regtig. As ek dink hoeveel smart ons ons kind aangedoenhet. En toe
my man
ophou rook en dinge begin beter gaan, toe
gaan bly ons in 'n residensiële hotel vir vyf maande voor ons
Kanada toe trek, en toe begin die hoesery weer van vooraf,
en ons is te blind om te weet wat dit veroorsaak.
Dieselfde met my eie allergieë. Ek het 'n halwe leeftyd
gevat om uit te vind wat my ekseem gee (wat ek nou
kontrolleer), wat my later hooikoors en asma laat kry
het en waarvan ek die oorsake nou kan vermy en dus nie
meer hooikoors en asma kry nie. My nuutste allergie-
produseerder : die bindmateriaal in "extended release
tablets." Mens word 'n baie goeie speurder as jy
allergieë het.

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39476 is 'n antwoord op boodskap #39314] Di, 20 Februarie 2001 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Emmy wrote:

> er kan wel
> een verband liggen tussen voedsel en allergieën en hoesten
> Ik ken een kind dat
> iedere dag 2 a 3 bananen at en toen ze ermee gestopt was ze nog te eten
> ze niet meer deed hoesten.
> Na een half jaar geen bananen eten deed ze de proef op de som en at
> weer bananen....en ze begon weer te hoesten en dat vooral in de nacht...
> Vooral bananen kunnen dat veroorzaken
>

Ja, een van my susters het gesweer sy word allergies
vir piesangs in haar jongdae. As sy dit eet, voel dit of haar
keel toeswel. Ek weet nie of dit nog so vandag is nie.
Dis ook 'n bekende feit dat die drink van melk en
ander suiwelprodukte die slymvliese affekteer en jou dus
kan laat hoes en maak dat jy jou neus baie moet uitsnuit.
Sommige mense, wat baie sensitief is daarvoor, los die
probleem op deur op te hou met suiwelprodukte en
oor te slaan na soya-melk.

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39486 is 'n antwoord op boodskap #39472] Di, 20 Februarie 2001 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Emmy skryf in boodskap news:96ti28$qo4$1@news.pcmnet.nl...
>
>
> Wat ik nu zeg heeft niets met fibrose te maken maar er kan wel
> een verband liggen tussen voedsel en allergieën en hoesten
> Ik ken een kind dat
> iedere dag 2 a 3 bananen at en toen ze ermee gestopt was ze nog te eten
> ze niet meer deed hoesten.
> Na een half jaar geen bananen eten deed ze de proef op de som en at
> weer bananen....en ze begon weer te hoesten en dat vooral in de nacht...
> Vooral bananen kunnen dat veroorzaken
>
> Grt Emmy
>
Die omvang van teenliggaam- (en ook allergiese) reaksies is nie iets wat
sonder meer afgemaak kan word nie. Daar is aanduidings dat outoimmuniteit
dikwels geïnduseer word na blootstelling aan 'n bepaalde organisme of
antigeen. Een van die interessantste voorbeelde hiervan is dat blootstelling
aan Chlamydia pneumoniae (veroorsaak longontsteking maar word ook dikwels
gedurende griepinfeksies gevind) kan lei to hartvatsiektes. Die teenliggaam
wat deur die liggaam gemaak word om te beskerm teen die organisme, herken
per toeval ook dele van die hartspierproteien. Die ander Chlamydias
(Chlamydia psittaci - papagaaikoors en Chlamydia thrachomatis -
geslagsoorgedraagde siekte) het 'n soortgelyke effek, maar blootstelling aan
die pneumoniae variant hou oënskynlik die grootste gevaarl in. Die
navorsing om hierdie te bewys is in Toronto gedoen (Amgen Institute, Ontario
Cancer Institute, Departments of Medical Biophysics and Immunology,
University of Toronto) en het in een van die mees insiggewendste
wetenskaplike artikels wat in 1999 gepubliseer is, verskyn (Science. 1999
Feb 26;283(5406):1335-9). Daar is nog 'n hele spul ander toestande wat
oënskynlik 'n soortgelyke oorsaak het.

Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39488 is 'n antwoord op boodskap #39314] Di, 20 Februarie 2001 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3A926CC7.A8F2D334@home.com...
Emmy wrote:

>> er kan wel
>> een verband liggen tussen voedsel en allergieën en hoesten
>> Ik ken een kind dat
>> iedere dag 2 a 3 bananen at en toen ze ermee gestopt was ze nog te eten
>> ze niet meer deed hoesten.
>> Na een half jaar geen bananen eten deed ze de proef op de som en at
>> weer bananen....en ze begon weer te hoesten en dat vooral in de nacht...
>> Vooral bananen kunnen dat veroorzaken

> Dis ook 'n bekende feit dat die drink van melk en
> ander suiwelprodukte die slymvliese affekteer en jou dus
> kan laat hoes en maak dat jy jou neus baie moet uitsnuit.
> Sommige mense, wat baie sensitief is daarvoor, los die
> probleem op deur op te hou met suiwelprodukte en
> oor te slaan na soya-melk.

Een van die alleliese variante van beta-kasein in beesmelk hou oënskynlik
gevaar in vir die latere ontwikkelling van diabetes by mense wat geneties
daarvoor vatbaar is. Indien die spesifieke beta-kasein intakt opgeneem word,
begin die liggaam daarteen teenliggame opwek en per toeval herken die
teenliggame ook sekere pankreasproteiene. Sulke intakte inname kom voor by
baie jong babas wat, soos baie ander diere, ook teenliggame (en daarmee saam
'n paar ander peptiede en proteiene) direk uit die kolostrumfraksie
(biesmelk) kan opneem (dis hoekom kinders wat gesoog word minder vatbaar is
vir infeksies gedurende die eerste ses maande - beter passiewe immuniteit).
Die voorkoms van insulienafhanklike diabetes kan waarskynlik aansienlik
verlaag word deur baie jong babas eerder soja-gebaseerde formules as
beesmelkformules te voer (dis nou indien borsmelk nie beskikbaar is nie).
Navorsing hieroor word in Nieu Seeland gedoen.

Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39493 is 'n antwoord op boodskap #39486] Di, 20 Februarie 2001 23:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Emmy  is tans af-lyn  Emmy
Boodskappe: 79
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Hans" skryf in boodskap news:96ui68$r8d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Emmy wrote in message
news:96ti28$qo4$1@news.pcmnet.nl...
>>
>>
>> Wat ik nu zeg heeft niets met fibrose te maken maar er kan wel
>> een verband liggen tussen voedsel en allergieën en hoesten

> Die omvang van teenliggaam- (en ook allergiese) reaksies is nie iets wat
> sonder meer afgemaak kan word nie. Daar is aanduidings dat outoimmuniteit
> dikwels geïnduseer word na blootstelling aan 'n bepaalde organisme of
> antigeen.

Waardoor komt de ziekte hashimoto.het is een auto-imuunziekte.....ook
door allergie?

t
Emmy

> Hans
>
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39496 is 'n antwoord op boodskap #39314] Wo, 21 Februarie 2001 02:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> voorkoms van insulienafhanklike diabetes kan waarskynlik aansienlik
> verlaag word deur baie jong babas eerder soja-gebaseerde formules as
> beesmelkformules te voer (dis nou indien borsmelk nie beskikbaar is nie).
> Navorsing hieroor word in Nieu Seeland gedoen.

Ek kan nou glad nie die argument teen die soja-formules virdie eerste nege
maande onthou nie, maar ek verbeel my
sommige wetenskaplikes het iets te sê gehad oor die soja.
Was dit miskien dat die soja verantwoordelik is vir die
vervaardiging van sekere hormone, wat dan sekere gevolge
het.

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39527 is 'n antwoord op boodskap #39493] Wo, 21 Februarie 2001 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Emmy skryf in boodskap news:96usdk$896$1@news.pcmnet.nl...
>
> "Hans" schreef in bericht
> news:96ui68$r8d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>> Emmy wrote in message
> news:96ti28$qo4$1@news.pcmnet.nl...
>>>
>>>
>>> Wat ik nu zeg heeft niets met fibrose te maken maar er kan wel
>>> een verband liggen tussen voedsel en allergieën en hoesten
>
>> Die omvang van teenliggaam- (en ook allergiese) reaksies is nie iets
> wat
>> sonder meer afgemaak kan word nie. Daar is aanduidings dat
> outoimmuniteit
>> dikwels geïnduseer word na blootstelling aan 'n bepaalde organisme of
>> antigeen.
>
> Waardoor komt de ziekte hashimoto.het is een auto-imuunziekte.....ook
> door allergie?
>
Sover ek weet is die oorsaak daarvan nog nie bekend nie, maar word die
siekte gekenmerk deur hoë vlakke van teenliggame in die bloed teen mikrosome
van die tiroidklier. Bloed-IgE-vlakke (aanduidend van 'n allergie) is nie
noodwendig verhoog nie en die beeld is nie dié van volgehoue blootstelling
aan 'n allergeen nie.

Dikwels gaan die siekte gepaard met urtikaria (reaksie van vel gekenmerk
deur tydelike gladde, effens opgehewe kolletjies waarvan die kleur verskil
van die omliggende weefsel en wat jeuk) en soms angio-edeem (opswel van
bloedvaatjies en senuweefsel). Die voorkoms hiervan onder Hashimotolyers is
betekenisvol hoër as wat in die breë populasie gevind word. Hierdie
toestande in isolasie kan partykeer selfs op onderliggende Hashimoto siekte
dui. Daar is 'n menigte moontlike oorsake vir urtikaria, van blootstelling
aan seekosse (krappe, krewe en ander skaaldiere), insekbyte tot
geneesmiddels (penisillien). Alhoewel urtikaria dus nie direk met Hashimoto
se siekte verbind word nie, is dit op hierdie stadium onbekend of die
snellermeganisme vir die ontwikkeling van teenliggame teen die mikrosome
verband hou met die ontwikkelling van die oënskynlike allergiese reaksie
waargeneem in die geassosieerde urtikaria. Daar mag moontlik wel 'n verband
wees tussen die aanvanklike blootstelling aan een of ander gemeenskaplike
antigeen en die latere ontwikkelling van Hashimoto se siekte. Op hierdie
stadium is dit egter slegs spekulasie.

Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39528 is 'n antwoord op boodskap #39314] Wo, 21 Februarie 2001 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3A9323D6.FD424224@home.com...
Hans wrote:

>> voorkoms van insulienafhanklike diabetes kan waarskynlik aansienlik
>> verlaag word deur baie jong babas eerder soja-gebaseerde formules as
>> beesmelkformules te voer (dis nou indien borsmelk nie beskikbaar is nie).
>> Navorsing hieroor word in Nieu Seeland gedoen.
>
> Ek kan nou glad nie die argument teen die soja-formules virdie eerste nege
> maande onthou nie, maar ek verbeel my
> sommige wetenskaplikes het iets te sê gehad oor die soja.
> Was dit miskien dat die soja verantwoordelik is vir die
> vervaardiging van sekere hormone, wat dan sekere gevolge
> het.

Ek is nie bewus daarvan nie. Sojaformules word vandag as baie veilig beskou.
Sommige babas is egter allergies vir soja en sojaformules akkordeer glad met
hulle nie. Dieselfde babas is meesal ook allergies vir beesmelkformules en
staar daagliks bokmelk in die gesig....

Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39530 is 'n antwoord op boodskap #39314] Wo, 21 Februarie 2001 21:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Dieselfde babas is meesal ook allergies vir beesmelkformules en
> staar daagliks bokmelk in die gesig....
>
>

In watter opsig is bokmelk dan anders as koeimelk?En is dit die geval met alle
bokke? Is daar kommersiële
bemarking van bokmelk?

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39533 is 'n antwoord op boodskap #39527] Wo, 21 Februarie 2001 22:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Emmy  is tans af-lyn  Emmy
Boodskappe: 79
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Bedankt ..een vraagje .hoe weet je dat allemaal .....

Grt Emmy

"Hans" skryf in boodskap news:9718mi$h4p$1@ctb-nnrp2.saix.net...

>> Waardoor komt de ziekte hashimoto.het is een auto-imuunziekte.....ook
>> door allergie?
>>
> Sover ek weet is die oorsaak daarvan nog nie bekend nie, maar word die
> siekte gekenmerk deur hoë vlakke van teenliggame in die bloed teen mikrosome
> van die tiroidklier. Bloed-IgE-vlakke (aanduidend van 'n allergie) is nie
> noodwendig verhoog nie en die beeld is nie dié van volgehoue blootstelling
> aan 'n allergeen nie.
>
> Dikwels gaan die siekte gepaard met urtikaria (reaksie van vel gekenmerk
> deur tydelike gladde, effens opgehewe kolletjies waarvan die kleur verskil
> van die omliggende weefsel en wat jeuk) en soms angio-edeem (opswel van
> bloedvaatjies en senuweefsel). Die voorkoms hiervan onder Hashimotolyers is
> betekenisvol hoër as wat in die breë populasie gevind word. Hierdie
> toestande in isolasie kan partykeer selfs op onderliggende Hashimoto siekte
> dui. Daar is 'n menigte moontlike oorsake vir urtikaria, van blootstelling
> aan seekosse (krappe, krewe en ander skaaldiere), insekbyte tot
> geneesmiddels (penisillien). Alhoewel urtikaria dus nie direk met Hashimoto
> se siekte verbind word nie, is dit op hierdie stadium onbekend of die
> snellermeganisme vir die ontwikkeling van teenliggame teen die mikrosome
> verband hou met die ontwikkelling van die oënskynlike allergiese reaksie
> waargeneem in die geassosieerde urtikaria. Daar mag moontlik wel 'n verband
> wees tussen die aanvanklike blootstelling aan een of ander gemeenskaplike
> antigeen en die latere ontwikkelling van Hashimoto se siekte. Op hierdie
> stadium is dit egter slegs spekulasie.
>
> Hans
>
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39538 is 'n antwoord op boodskap #39314] Do, 22 Februarie 2001 04:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Emmy wrote:

> Bedankt ..een vraagje .hoe weet je dat allemaal .....
>
> "Hans" schreef in bericht
>

Wel, Emmy, hy moet 'n mediese dokter wees
om al hierdie dinge te weet. Ek geniet sy teen-
woordigheid op die nuusgroep ten seerste.
Hoop ons sien baie van hom.

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39565 is 'n antwoord op boodskap #39314] Do, 22 Februarie 2001 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3A942D73.25AAF8EC@home.com...
Hans wrote:

>> Dieselfde babas is meesal ook allergies vir beesmelkformules en
>> staar daagliks bokmelk in die gesig....

> In watter opsig is bokmelk dan anders as koeimelk?En is dit die geval met alle
> bokke? Is daar kommersiële
> bemarking van bokmelk?

Filogeneties is bokke en beeste na aan mekaar. In die meeste gevalle is die
kinders allergies vir die immunoglobulienfraksie van die melk en nie die
kaseien, alfa-laktalbumien en beta-laktoglobulien nie. Die
immunoglobulienfraksie is die velletjie wat vorm as mens die melk kook.
Indien die melk behoorlik gekook word, kan soms in minder ernstige gevalle
genoeg van hierdie fraksie verwyder word om die allergie te oorkom. As die
kind eers 'n allergie ontwikkel het, is dit beter om maar te verander na
iets anders wat beter akkordeer. Die beste melk vir kinders is moedersmelk.
Indien besluit word om iets anders te gebruik is dit belangrik om nie
meteens die immuunstelsel van die kind dood te gooi met die vreemde
proteiene nie. Om geleidelik oor te gaan desensitiseer die kind teen die
vreemde proteiene en die hoeveelheid allergieë is heelwat minder. Eerste dag
'n paar druppels, daarna geleidelik meer en meer sodat die kind kans kry om
aan te pas.

Bokmelk se immunoglobulienfraksie is anders. Om die waarheid te sê is daar
heelwat verskille tussen bokmelk en beesmelk. Ek weet nie of jy al bokbotter
gesien het nie - dis spierwit. Mens kan 'n bok prokaroteen (vitamien-A
voorloper) inspuit tot die bloed amper 'n oranje kleur het en niks gaan deur
na die melk nie. Die geel kleur van beesbotter is te wyte aan Vit A
geïnkorporeer in die vet.

Bokmelk is plaaslik verkrygbaar. Vars, geblik en gedroog. Net duur!

Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39566 is 'n antwoord op boodskap #39533] Do, 22 Februarie 2001 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Emmy skryf in boodskap news:971g3o$an$1@news.pcmnet.nl...
> Bedankt ..een vraagje .hoe weet je dat allemaal .....
>
> Grt Emmy
>
Bloot 'n belangstelling! Daar is heelwat geleenthede vir die produksie van
beter entstowwe indien mens die beginsel van antigeniese mimiekery kan
uitbuit. Sommige entstowwe (bv kinkhoes) is werklik swak en behoort eintlik
berei te wees teen die toksien wat Borditella pertussis afskei eerder as
teen die selwand van die organisme. Dis net besonder moeilik om teen
toksiene entstowwe te berei. Antigeniese mimiekery bied moontlik 'n
alternatief.

Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39567 is 'n antwoord op boodskap #39314] Do, 22 Februarie 2001 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3A949215.4294FD98@home.com...
> Emmy wrote:
>
>> Bedankt ..een vraagje .hoe weet je dat allemaal .....
>>
>> "Hans" schreef in bericht
>>
>
> Wel, Emmy, hy moet 'n mediese dokter wees

Dis glad nie die geval nie.
Medici het nie tyd om op nuusgroepe te vertoef nie - stel bloot in biologie
belang!
Hans
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39570 is 'n antwoord op boodskap #39314] Do, 22 Februarie 2001 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Medici het nie tyd om op nuusgroepe te vertoef nie

Jy sal jou verbaas. Daar is ten minste een wat nouweer gereeld op die nuusgroep
pos, alhoewel hy uit
die mond van 'n suigeling probeer praat.

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39571 is 'n antwoord op boodskap #39314] Do, 22 Februarie 2001 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> . Ek weet nie of jy al bokbotter
> gesien het nie - dis spierwit.

Miskien het ek dit in my jeug gesien. Mens kry natuurlikbaie lekker kase wat
van bokmelk gemaak word.
Toe my ouers al baie oud was en my pa nie meer koei
kon melk nie, het hulle oorgegaan daarna om 'n bok te
melk. Ek het altyd gedink dat hulle hulself tekort doen,
en liewers by ander mense koeimelk moes gaan koop.
Maar miskien het hulle hulself 'n guns gedoen? Is bok-
melk makliker om te verteer as koeimelk?
Nog 'n vraag. My man weier om enigiets anders in
die lyn van kaas as "extra old" te eet. Ek verbeel my dat
ek op een of ander stadium gelees het dat dit negatiewe
effekte kan hê. Droom ek net?

Gloudina
Re: Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina) [boodskap #39573 is 'n antwoord op boodskap #39314] Vr, 23 Februarie 2001 00:11 Na vorige boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, daar is niks lekkerder as n stuk bokmelkkaas nie!
Saam met n koue glasie droe witwyn en n strokie Provita en n
tros druiwe (wat na iets smaak, nie ons ou smaaklose Thompson'
seedless grapes nie!)

I.v.m. die beleë kaas, (en ek praat hier onder korreksie), ek
het weer gehoor dat "ou" kaas iets het soos n ensiem wat
die maagsappe help om kos beter te verteer. Selfs al
het dit nie, net die smaak is tops!

pop

skryf in boodskap news:3A9585AE.589C7022@home.com...

Hans wrote:

> . Ek weet nie of jy al bokbotter
> gesien het nie - dis spierwit.

Miskien het ek dit in my jeug gesien. Mens kry natuurlikbaie lekker kase
wat
van bokmelk gemaak word.
Toe my ouers al baie oud was en my pa nie meer koei
kon melk nie, het hulle oorgegaan daarna om 'n bok te
melk. Ek het altyd gedink dat hulle hulself tekort doen,
en liewers by ander mense koeimelk moes gaan koop.
Maar miskien het hulle hulself 'n guns gedoen? Is bok-
melk makliker om te verteer as koeimelk?
Nog 'n vraag. My man weier om enigiets anders in
die lyn van kaas as "extra old" te eet. Ek verbeel my dat
ek op een of ander stadium gelees het dat dit negatiewe
effekte kan hê. Droom ek net?

Gloudina
Vorige onderwerp: Liewe Verse
Volgende onderwerp: Re: www.blackpage.nano.pl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 20:36:41 MGT 2024