Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Makgoba: "Canada should pay for looting doctors"
Re: Makgoba: "Canada should pay for looting doctors" [boodskap #39249] Wo, 14 Februarie 2001 08:31 na volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Uit The Globe and Mail, February 13, 2001:
>
> "Canada and other rich countries would have to pay
> compensation to South Africa for "looting" doctors
> and other health professionals under an international
> code of ethics proposed by the president of the Medical
> Research Council of South Africa.

Dit is nou net nadat die dokters wat hulle diensplig in staats hospitale
doen vir 'n maand of twee geen geld gekry het nie? Raai waar gaan meeste
van hule lvolgende jaar heen?
Re: Makgoba: "Canada should pay for looting doctors" [boodskap #39264 is 'n antwoord op boodskap #39249] Do, 15 Februarie 2001 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
Wat seg jy nou hiervan? Kom nou, ons wag vir 'n antwoord...

Kanada sal baie moet betaal, want hulle "loot" die dokters nou so baie jare
al... En dan sal ons in SA seker weer vir oom fiettel
'rook-my-sigaar-en-basta-met-julle' kas ter olie ook so paar pitte moet
deurgee vir al die spaanssprekende genees"here and there" wat nou by ons is
omdat die kanadese onse dokters afrokkel (met geld sien).
Nog makliker:
Gloudina, reël sommer daar met jou kontakte dat Kanada sommer dadelik die
geld aan Kuba stuur, want dan hoef ons dit nie eers hier in SA te ontvang en
'n groot gedeelte daarvan weer gebruik om die korrupte spul mee te paai
nie.
Saak opgelos. Dankie Gloudina
Wat sal ons nou maak met die ondersoek na die wapen transaksie? Die lyk my
werk ook deesdae soos 'n flikkerlig: Dis aan, dis nie aan nie, dis aan, dis
nie aan nie...

Groetnis van af 'n warm Akkerbos...

Thys vannie Kaap met my tong innie kies

"lous" skryf in boodskap news:3A8A427E.A44DCCF0@lous.znn.com...
>
>
> @home.com wrote:
>>
>> Uit The Globe and Mail, February 13, 2001:
>>
>> "Canada and other rich countries would have to pay
>> compensation to South Africa for "looting" doctors
>> and other health professionals under an international
>> code of ethics proposed by the president of the Medical
>> Research Council of South Africa.
Re: Makgoba: "Canada should pay for looting doctors" [boodskap #39276 is 'n antwoord op boodskap #39249] Do, 15 Februarie 2001 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> dan sal ons in SA seker weer vir oom fiettel
> 'rook-my-sigaar-en-basta-met-julle' kas ter olie ook so paar pitte moet
> deurgee vir al die spaanssprekende genees"here and there" wat nou by ons is
> omdat die kanadese onse dokters afrokkel (met geld sien).
> Nog makliker:
> Gloudina, reël sommer daar met jou kontakte dat Kanada sommer dadelik die
> geld aan Kuba stuur

Nouja, Thys. Nooit so daaraan gedink nie. Sodra onseeerste minister en ses
honderd ander Kanadese uit
Sjina terugkom, sal ek dit by hulle aanroer. Hy is mos
veronderstel om vir die Sjinese te kritiseer oor hulle
rekord van menseregte, maar sy lam ekskuus is:
"Ek mag nou nie eens vir die premiers van die Kanadese
provinsies vertel wat hulle moet doen nie: hoe kan ek nou
vir die Sjinese vertel wat om te doen."

Gloudina
Re: Makgoba: "Canada should pay for looting doctors" [boodskap #39403 is 'n antwoord op boodskap #39249] So, 18 Februarie 2001 21:04 Na vorige boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3A89E2FB.C9BFE3DA@home.com...
> Uit The Globe and Mail, February 13, 2001:
>
> "Canada and other rich countries would have to pay
> compensation to South Africa for "looting" doctors
> and other health professionals under an international
> code of ethics proposed by the president of the Medical
> Research Council of South Africa.
> Malegapuru William Makgoba said yesterday South
> Africa will not bar medical professionals from emigrating..
> But he said active recruiting by foreign governments must
> be discouraged and could be controlled through an
> international body such as the World Health Organization.
> "It is a new form of looting that we need to address
> from a principled position....We need to address how do
> you encourage developing nations to develop, while at the
> same time you are pillaging their resources of development,
> which is human capital... It's like having a banker who is
> a thief."

Die oplossing is heel eenvoudig en lê nie daar doer in Kanada of die ander
lande waarheen dokters en ander opgeleides heen migreer nie. Dit lê reg
onder die neuse hier in Suid Afrika:

Maak besliste werk van die misdaadprobleem en kry die ekonomie op
koers.

Dis ondoeltreffend om simptome (werwing deur ander lande) te probeer
behandel en baie duidelik meer sinvol om die oorsaak van die siekte te
verwyder. Daar is bitter min dokters of ander opgeleides wat nie weens
onaanvaarbare misdaadvlakke of die ooglopende ekonomiese agteruitgang uit
die land padgee nie. Die meeste sou eerder vrek graag hier wou bly...

Uitruiling van opgeleides kom dwarsoor die wêreld voor. Die verskil is net
dat daar maar min opgeleides in die ontwikkelde wêreld is wat Suid Afrika
(saam met die res van Afrika) as 'n gunstige werksomgewing sien, ten spyte
van ons land se goedontwikkelde infrastruktuur en hoogsopgeleide mediese
komponent. Die wat nou reeds wel hier is en boonop goeie werk doen in
afgeleë gebiede (Kubaanse dokters onder andere) en wat graag in Suid Afrika
sou wou aanbly word permanente verblyfreg geweier.

"Looting" is 'n baie kras term wat in arrogansie gebruik word deur 'n
openlike bakhandstaner om doodeenvoudig eie tekortkominge te masker. Die
hele idee sal waarskynlik met reg met minagting deur die WHO bejeen word.

Hans
Vorige onderwerp: 250 Persone Benodig om gewig te verloor!!!
Volgende onderwerp: Tussen die duiwel en die diep blou see...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 21:49:19 MGT 2024