Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tussen die duiwel en die diep blou see...
Tussen die duiwel en die diep blou see... [boodskap #39291] Vr, 16 Februarie 2001 10:25 na volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nou ja, die Groot Dag het nou aangebreek - ons moet gaan stem. Vreeslik
opgewonde; dis die eerste verkiesing hier waarin ons gaan stem. En
stemmery hier is verpligtend - geen wegkomkans nie! Net een klein
probleempie: vir wie gaan ons stem? Dis nie dat ons nie 'n keuse het nie -
baie om van te kies, maar so 'n deurmekaarspul...

Laas week in WA is die Liberal/National Coalition uitgeskop na 8 jaar, en
Labour het gewen, met behulp van One Nation, van alle dinge! En daar is nou
een vrou in die land vir wie AL die groot partye baie bang is: onse
Pauline. 'n Regte survivor, sy. Hof toe gesleep, amper bankrot verklaar,
party gederegistreer, en haar politiek gehijack deur haar eie volgelinge.
Maar die kat kom toe weer, en meer gewild as ooit tevore, en die Groot Manne
hier het almal die bewerasie vir die invloed wat sy more hier gaan he. Nou
ja, mense noem haar allerhande name, van rassis tot fish & chips politikus,
maar een ding moet jy in haar bewonder: sy't nie 'n bang haar op haar kop
nie. Die enigste keer wat ons glimlaggende (hoe kan mens 'n politikus
vertrou wat altyd glimlag en wat so baie erkende skelms in sy party het)
Labour Premier in pyn gryns, is wanneer jy haar naam noem, en die National
deel van die Coalition besluit toe daar's net een ding om te doen: if you
can't beat them, join them - en hulle maak toe 'n deal met haar vir haar
ondersteuners se ondersteuning in "voorkeur" stemme. En nou baklei die
Coalition met mekaar. Stem 'n mens independent, stem jy vir 'n draadsitter.
En stem jy vir die Greens, nou ja, hulle het nog nooit 'n regering gelei
nie. En hulle beleid is maar bra onduidelik.

Laat mens wens die politiek hier was so eenvouding soos in die ou
Suid-Afrika: stem vir die party vir wie jou ma en pa, en hulle ma en pa en
al die voorgeslagte, gestem het. Maklik. Hoef nie te dink nie.
Re: Tussen die duiwel en die diep blou see... [boodskap #39414 is 'n antwoord op boodskap #39291] Ma, 19 Februarie 2001 07:46 Na vorige boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> lous wrote:
>
>> Ag nee - nog 'n Gloudina. Dink omdat hulle in 'n ander land sit weet
>> hulle wat in SA aangaan.
>>
>> Vertel nou die nonsens vir al die mense wat voorheen nie kon stem nie
>

> Australiƫ het nog nie die kritiese massa bereik waar die teuels
> sal (so seker soos ek hier sit) in die hande van Oosterlinge
> sal oorgaan nie. En alreeds sit 'n klomp van hierdie setlaars
> op grond wat deur die aborigines mede-besit word.
>
> Gloudina
>

Is die mense wat nou op die aborigenies se grond sit die wit setlaars of
die Oosterlinge? :) En dink jy dit gaan enigsins aan die aborigenies e
saak verander wie ookal aan die stuur is.
Vorige onderwerp: Re: Makgoba: "Canada should pay for looting doctors"
Volgende onderwerp: briefie vir antie gloudiena
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 09:39:59 MGT 2024