Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die siel van die Russe
Die siel van die Russe [boodskap #3913] Vr, 06 Februarie 2004 18:06 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote:
> Lorinda,
> Sonder om die storie uit te rafel - waarom het Putin dan nie daardie
> inligting openbaar gemaak nie? Dieselfde geld natuurlik mbt die Franse en
> die Duitsers. Ek is onder die indruk dat verhoudinge op sekuriteitsvlak van
> so 'n aard is dat Blair oortuig kon word.
> Persoonlik glo ek dat daar niemand was wat onomstoorlike inligting beskik
> het dat die WMD's nie bestaan het nie.
> In Bush se geval dink ek het hy sy militêre vermoë so ver ontplooi dat 'n
> ommekeer op daardie tydstip nie haalbaar was nie. In die VSA se geval, is my
> indruk, was die WMD nie so 'n groot "issue" nie.

(Jammer dat ek die tema verander het, ek kan nie anders nie want ek
google). Jy is waarskynlik reg oor die Duitsers en Franse (dat hulle
nie 100% seker was nie). Maar dan kan jy ook nie verwag dat hulle 'n
negatief moet bewys nie. Oor Putin het ek ander verdenkings. Ek het so
half tydens sy gesprek met Blair verwag dat hy vorentoe sou leun en
sê: "Ek weet dis nie daar nie, want ons het dit verwyder.....". Oor
waarom hy die inligting nie bekend gemaak het nie, ek dink jy weet wat
die antwoord daarop is. Tenspyte van die "verandering" ens. sou die
hele ding hulle groot vermaak verskaf en waarom sou hulle nou omgee as
die Amerkaners en die Britte hulle in 'n gemors met Irak begewe? Daar
is vele redes waarom hulle dit nie openbaar sou maak nie.

> (Ek stuur vir jou 'n mooi song oor die naweek. Laat weet of jy daarvan hou.)
>

Baie dankie! As jy dit na die tiscali adres stuur sal ek dit Maandag
kry, ek is op die oomblik in Brighton.

Lorinda
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3918 is 'n antwoord op boodskap #3913] So, 08 Februarie 2004 04:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - na vele gesukkel ontdek ek dat hotmail en yahoo 'n beperking van
iets soos 3mB het op aanhangsels. Ek sal aan 'n plan dink - maar dit vat tyd
....
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3919 is 'n antwoord op boodskap #3918] So, 08 Februarie 2004 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Lorinda - na vele gesukkel ontdek ek dat hotmail en yahoo 'n beperking van
> iets soos 3mB het op aanhangsels. Ek sal aan 'n plan dink - maar dit vat tyd
> ....

Die varke!! Wag net tot die revolusie kom... :-))

Het jy net hotmail en yahoo adresse? Ek is seker jy sal aan 'n plan
dink, ek maak daarop staat :-)

Lorinda
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3920 is 'n antwoord op boodskap #3919] Ma, 09 Februarie 2004 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Feb 2004 13:22:14 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> "Jonas" skryf in boodskap news:...
>> Lorinda - na vele gesukkel ontdek ek dat hotmail en yahoo 'n beperking van
>> iets soos 3mB het op aanhangsels. Ek sal aan 'n plan dink - maar dit vat tyd
>> ....
>
> Die varke!! Wag net tot die revolusie kom... :-))

LOL!

> Het jy net hotmail en yahoo adresse? Ek is seker jy sal aan 'n plan
> dink, ek maak daarop staat :-)

Kry een van daardie gratis websaaits, en laai die file daar op. Dan
kan ons ander dit ook gaan luister. ;-)
'n Yahoogroep sal ook werk.
Net 'n idee om die gesukkelry dalk effe makliker te maak?
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3922 is 'n antwoord op boodskap #3919] Ma, 09 Februarie 2004 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - ek het pas 'n 56k-weergawe van die song ontdek - dis +/- 70%
kleiner - en het dit pas aan jou tiscali adres versend.
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3923 is 'n antwoord op boodskap #3922] Di, 10 Februarie 2004 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:c087j9$7hb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - ek het pas 'n 56k-weergawe van die song ontdek - dis +/- 70%
> kleiner - en het dit pas aan jou tiscali adres versend.
>

Baie dankie, ek het dit gekry. Jammer dat ek nie gister geantwoord het nie,
Tiscali het heeltemaal uitgehaak gister, en die konneksie wat veronderstel
is om altyd aan te wees word toe geheel en al onbereikbaar..:-(( Ek het
begin dink hulle het my kabels afgesny soos Katryn s'n, maar toe kom dit
weer reg vandag.

Die song is regtig baie mooi. Wie sing dit?


Lorinda
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3925 is 'n antwoord op boodskap #3923] Di, 10 Februarie 2004 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Baie dankie, ek het dit gekry. Jammer dat ek nie gister geantwoord het nie,
> Tiscali het heeltemaal uitgehaak gister, en die konneksie wat veronderstel
> is om altyd aan te wees word toe geheel en al onbereikbaar..:-(( Ek het
> begin dink hulle het my kabels afgesny soos Katryn s'n, maar toe kom dit
> weer reg vandag.
>
> Die song is regtig baie mooi. Wie sing dit?
>
>
> Lorinda
>

Die af kabels het nie my brief ook by die afplek
laat vassteek nie, né Lorinda?

DD
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3926 is 'n antwoord op boodskap #3925] Di, 10 Februarie 2004 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:jmii209indjqea7opnqq6l3hm49p65fq5l@4ax.com...
> Die af kabels het nie my brief ook by die afplek
> laat vassteek nie, ná Lorinda?
>
> DD

So jy weet vir 'n feit dat die kabels af was....Wat weet jy oor hierdie saak
DD? Ek bedoel ek en Katryn stort ons harte uit op hierdie nuusgroep en dan
begin daar eienaardige goed met ons gebeur.....:-))

Lorinda
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3927 is 'n antwoord op boodskap #3925] Di, 10 Februarie 2004 21:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:jmii209indjqea7opnqq6l3hm49p65fq5l@4ax.com...
>
> Die af kabels het nie my brief ook by die afplek
> laat vassteek nie, ná Lorinda?
>
> DD

En hoe gaan dit deesdae in "Roodepoort" DD? Is dit 'n groot plek, hierdie
Roodepoort van jou? :-)) Kom ek wed jou jy was vandag weer daar...:-))

Lorinda
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3930 is 'n antwoord op boodskap #3927] Di, 10 Februarie 2004 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Feb 2004 21:37:03 -0000, "Lorinda" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:jmii209indjqea7opnqq6l3hm49p65fq5l@4ax.com...
>>
>> Die af kabels het nie my brief ook by die afplek
>> laat vassteek nie, né Lorinda?
>>
>> DD
>
> En hoe gaan dit deesdae in "Roodepoort" DD? Is dit 'n groot plek, hierdie
> Roodepoort van jou? :-)) Kom ek wed jou jy was vandag weer daar...:-))
>
> Lorinda
>

Ek was Vrydag daar, Lorinda.
En Saterdag was ek daar.
En toe ry ek Sondagoggend na Roodepoort.
En gister wat Maandag was, het ek op Roodepoort geeet:-)

'n Filosoof by name David H Du Plessis het
eendag gesê dat mens somtyds vir jou iets moet koop
wat jy nie nodig het nie.
Vrydag was ek geskakel vir tjeks wat ek moes kry in Johannesburg
vir beleggings. Toe ry ek daarvandaan met die terugkeer deur
Roodepoort, en kuier bietjie daar by Westgate.
Saterdag besluit ek om vir 'n ete na Westgate te gaan en kuier toe
eers bietjie op Princess Crossing, wat twee blokke daarvandaan is.
By Westgate sien ek toe 'n kamera, wat my werklik beindruk het.
Ek gaan toe huistoe, en gaan bestudeer die kamera op internet.
Hoe wonderlike fasiliteit né!:-)
http://www.dcresource.com/reviews/fuji/finepix_s5000-review/ index.shtml
Sondagoggend terug na Westgate, en koop die kamera. En geniet sommer
'n ete daar:-)
Gister wat Maandag was, het ek weer tjeks gaan haal in Johannesburg,
en ry toe na Roodepoort om 'n drasak vir die kamera te koop. Enige
verskoning né:-)))

> Is dit 'n groot plek, hierdie Roodepoort van jou? :-)
Met die nuwe kamera sal ek vir jou 'n paar foto's van Roodepoort
neem:-)))
> Is dit 'n groot plek vra jy;
dit is deel van die grootste stad in Afrika

DD
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3932 is 'n antwoord op boodskap #3930] Di, 10 Februarie 2004 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:k6ki20h7a6t64epq60cs7lek1kle6sknkr@4ax.com...
>
> Ek was Vrydag daar, Lorinda.
> En Saterdag was ek daar.
> En toe ry ek Sondagoggend na Roodepoort.
> En gister wat Maandag was, het ek op Roodepoort geeet:-)

Waaarom eet jy so knaend daar? Is daar goeie restaurante?

> 'n Filosoof by name David H Du Plessis het
> eendag gesê dat mens somtyds vir jou iets moet koop
> wat jy nie nodig het nie.

Hiermee stem ek volkome saam. Ek het byvoorbeeld vandag drie boeke gekoop.

> eers bietjie op Princess Crossing, wat twee blokke daarvandaan is.

Wat op aarde is Princess Crossing? Ek sien so voor my geestesoog 'n padteken
wat sê: " Stop. Princess Crossing"...:-))

> By Westgate sien ek toe 'n kamera, wat my werklik beindruk het.
> Ek gaan toe huistoe, en gaan bestudeer die kamera op internet.
> Hoe wonderlike fasiliteit né!:-)
> http://www.dcresource.com/reviews/fuji/finepix_s5000-review/ index.shtml

Dis 'n baie mooi kamera. Ons wag vir daai fotos van Roodepoort......

>> Is dit 'n groot plek vra jy;
> dit is deel van die grootste stad in Afrika
>

Is dit dan deel van Johannesburg? Is dit nie 'n sateliet dorp nie? Maar
onthou DD, ons dink jy praat van 'n soort van Roodepoort van die gees en nie
'n regte plek nie. Dalk 'n tipe shorthand vir "waar ek heengaan kan ek nie
vir julle vertel nie..." :-)))

Lorinda
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3933 is 'n antwoord op boodskap #3932] Di, 10 Februarie 2004 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Feb 2004 22:17:25 -0000, "Lorinda" wrote:


>
> Waaarom eet jy so knaend daar? Is daar goeie restaurante? Absoluut!
>
>> 'n Filosoof by name David H Du Plessis het
>> eendag gesê dat mens somtyds vir jou iets moet koop
>> wat jy nie nodig het nie.
>
> Hiermee stem ek volkome saam. Ek het byvoorbeeld vandag drie boeke gekoop.
Vinnig gelees, het ek eers gelees dat jy vandag vir jou die broeke
gekoop het:-)))
>
>
>> eers bietjie op Princess Crossing, wat twee blokke daarvandaan is.
>
>
> Wat op aarde is Princess Crossing? Ek sien so voor my geestesoog 'n padteken
> wat sê: " Stop. Princess Crossing"...:-)) Sal jou daai padteken afneem:-)
>

>
> Is dit dan deel van Johannesburg? Is dit nie 'n sateliet dorp nie? Maar
> onthou DD, ons dink jy praat van 'n soort van Roodepoort van die gees en nie
> 'n regte plek nie. Dalk 'n tipe shorthand vir "waar ek heengaan kan ek nie
> vir julle vertel nie..." :-)))
>
Soos Gloudina altyd iemand wat sy nie van hou nie, DD noem?


> Lorinda
en
DD


NS.
Ek stuur vir jou sowat 2 MB. Dit is reeds op pad.
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3942 is 'n antwoord op boodskap #3913] Wo, 11 Februarie 2004 21:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Feb 2004 17:49:25 -0000, "Lorinda" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:ujni20tmgac2fe3hq9ird365mts43d8081@4ax.com...
>
>>>
>>> Waaarom eet jy so knaend daar? Is daar goeie restaurante?
>> Absoluut!
>
> Watse soort kos? Frans, Italiaans, Suid-Afrikaans? Eet jy altyd by dieselfde
> plek?
>

Alles dit en nog wat. Tog bly Suid Afrikaanse kos steeds my
gunsteling. 'n Lekker Porterhouse steak met 'n wyn bly tops.

>>>
>> Soos Gloudina altyd iemand wat sy nie van hou nie, DD noem?
>
>
> LOL! Ja, amper so. Beteken dit dan dat jy dink sy glo nie werklik ek en
> Katryn is jy nie?

Ek dink dat sy dit somtyds wel glo, en ander tye nie

>
>> NS.
>> Ek stuur vir jou sowat 2 MB. Dit is reeds op pad.
>

> Dis 'n voël DD!

O' Shucks! Dit was nie wat ek wou gestuur het nie!
Maar die nuwe badkamer wat ek ingesit het, is 'n
mooi kleur né. As jy dit ook raak gesien het:-)))


> Wat ons voor wag is die fotos van die Rooi Poort... en die
> Prinses wat padtekens inspireer.

Sal dit vir jou stuur. En sal jou wys hoe lyk Westgate en dies meer.
Die komende naweek sal ek in 'n reservaat wees waar ondermeer
wit leeus geteel word.


> (Die kamera neem baie mooi fotos)

Dankie, maar dit het vele fasiliteite,
wat ek nog mee sal eksperimenteer.
>
> Lorinda en Dave
>
Re: Die siel van die Russe [boodskap #3943 is 'n antwoord op boodskap #3942] Wo, 11 Februarie 2004 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:4f5l209l9u5ul0gao5gbudv5vqmmqo0f35@4ax.com...


> Die komende naweek sal ek in 'n reservaat wees waar ondermeer
> wit leeus geteel word.
>

Hou net jou voet uit hulle bekke...... Is die reservaat ook in Roodepoort?

Lorinda
Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #3991 is 'n antwoord op boodskap #3930] Sa, 14 Februarie 2004 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Feb 2004 00:04:48 +0200, DD wrote:

> 'n Filosoof by name David H Du Plessis het
> eendag gesê dat mens somtyds vir jou iets moet koop
> wat jy nie nodig het nie.

Ek laaik van daai filosoof. Ek glo dit ook!! ;-)

DD, oor die wit leeus en mense wat vir leeus gevoer word...ken jy die
Mosterts?
Ek hoop nie dis op hulle plaas waar jy gaan kuier het nie?
Terloops, onthou jy nog van die "Du Plessis" wat ek eenkeer 'n
onderonsie op 'n plaaspad mee gehad het. Die ou omie met die plaas
wat se naam "Vat nie kak" is nie? Dit is juis daar naby die Mostert's
se plaas.
Hmmmm....is julle dalk familie?
;-)
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #3995 is 'n antwoord op boodskap #3991] Sa, 14 Februarie 2004 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Feb 2004 10:23:12 -0500, Katryn wrote:

> On Wed, 11 Feb 2004 00:04:48 +0200, DD wrote:
>
>> 'n Filosoof by name David H Du Plessis het
>> eendag gesê dat mens somtyds vir jou iets moet koop
>> wat jy nie nodig het nie.
>
> Ek laaik van daai filosoof. Ek glo dit ook!! ;-)
>
> DD, oor die wit leeus en mense wat vir leeus gevoer word...ken jy die
> Mosterts?
> Ek hoop nie dis op hulle plaas waar jy gaan kuier het nie?
> Terloops, onthou jy nog van die "Du Plessis" wat ek eenkeer 'n
> onderonsie op 'n plaaspad mee gehad het. Die ou omie met die plaas
> wat se naam "Vat nie kak" is nie? Dit is juis daar naby die Mostert's
> se plaas.
> Hmmmm....is julle dalk familie?
> ;-)
>
On Sat, 14 Feb 2004 10:23:12 -0500, Katryn wrote:

> On Wed, 11 Feb 2004 00:04:48 +0200, DD wrote:
>
>> 'n Filosoof by name David H Du Plessis het
>> eendag gesê dat mens somtyds vir jou iets moet koop
>> wat jy nie nodig het nie.
>
> Ek laaik van daai filosoof. Ek glo dit ook!! ;-)

'n filosofie wat ek self ook handhaaf:-)))

>
> DD, oor die wit leeus en mense wat vir leeus gevoer word...ken jy die
> Mosterts?
> Ek hoop nie dis op hulle plaas waar jy gaan kuier het nie?

Nuwe wette, onophoudelik nuwe wette.
'n Oortollige plaaswerker mag nie eens meer vir die leeus gevoer word
nie.
Nie eens moeilike tye en droogtes soos sommige boere ervaar,
en dus maer beesvleis aan die leekampe voorsien, dien as
motivering vir 'n oortredingtjie (of twee) nie.

> Terloops, onthou jy nog van die "Du Plessis" wat ek eenkeer 'n
> onderonsie op 'n plaaspad mee gehad het. Die ou omie met die plaas
> wat se naam "Vat nie kak" is nie? Dit is juis daar naby die Mostert's
> se plaas.
> Hmmmm....is julle dalk familie?
> ;-)
>

Sò, jy hét toe my oom ontmoet! Ek is so bly daaroor!
Dit is die plaas waarop ek as kind dikwels vir my
gunsteling oom gaan kuier het. Daardie symste
'Vat nie kak nie' plaas!
Ek hoop jou ontmoeting met hom roep warm liefdevolle
onderonserrige herinneringe op.

Dave Du Plessis
Vat nie kak nie
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #3996 is 'n antwoord op boodskap #3995] Sa, 14 Februarie 2004 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Feb 2004 20:04:50 +0200, DD wrote:

> Ek hoop jou ontmoeting met hom roep warm liefdevolle
> onderonserrige herinneringe op.

Eintlik, ja. ;-)
Hy was 'n dierbare ou omie.
So anders as sy neef....
;-)))


Daniel(le) - die profeet(es), wat wonder of DD dalk in die leeukuil
gaan beland....
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #3997 is 'n antwoord op boodskap #3996] Sa, 14 Februarie 2004 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Feb 2004 14:56:47 -0500, Katryn wrote:

> On Sat, 14 Feb 2004 20:04:50 +0200, DD wrote:
>
>> Ek hoop jou ontmoeting met hom roep warm liefdevolle
>> onderonserrige herinneringe op.
>
> Eintlik, ja. ;-)
> Hy was 'n dierbare ou omie.
> So anders as sy neef....
> ;-)))
>
>
> Daniel(le) - die profeet(es), wat wonder of DD dalk in die leeukuil
> gaan beland....
>
>

DD (wat netsowel Dom Daniël in dié geval kan beteken)
wat dink dat hy reeds in die leeukuil is
en nou al gillend teen die tralies
probeer uitklim.
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #3998 is 'n antwoord op boodskap #3997] Sa, 14 Februarie 2004 21:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> DD (wat netsowel Dom Daniël in dié geval kan beteken)
> wat dink dat hy reeds in die leeukuil is
> en nou al gillend teen die tralies
> probeer uitklim.
>
>

Ek is nie regtig bang nie. Hierdie was slegs lokaas.

DD
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #3999 is 'n antwoord op boodskap #3998] Sa, 14 Februarie 2004 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Feb 2004 23:48:05 +0200, DD wrote:


> Ek is nie regtig bang nie. Hierdie was slegs lokaas.

Huh? Hierdie Daniel(le) is rerig te dom om te begryp. Oh well...
ek is bly jy is nie rerig bang nie, want ek wou nog vir jou sê dat die
skrif is teen die muur.
;-)
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4000 is 'n antwoord op boodskap #3999] Sa, 14 Februarie 2004 22:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Feb 2004 17:04:42 -0500, Katryn wrote:

> On Sat, 14 Feb 2004 23:48:05 +0200, DD wrote:
>
>
>> Ek is nie regtig bang nie. Hierdie was slegs lokaas.
>
> Huh? Hierdie Daniel(le) is rerig te dom om te begryp. Oh well...
> ek is bly jy is nie rerig bang nie, want ek wou nog vir jou sê dat die
> skrif is teen die muur.
> ;-)
>

Moet ek hiervan aflei dat die gebrul
teen die leeuhok se mure dreun?

DD
met 'n karwats en driepootstoeltjie in die hande
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4001 is 'n antwoord op boodskap #4000] Sa, 14 Februarie 2004 22:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 15 Feb 2004 00:28:26 +0200, DD wrote:

> Moet ek hiervan aflei dat die gebrul
> teen die leeuhok se mure dreun?
>
> DD
> met 'n karwats en driepootstoeltjie in die hande

Um....sien, dis jou probleem. Jy is uitgerus om koeie te melk en nie
om 'n leeutemmer te wees nie.
;-)

Maar as jy nou daardie karwats verander na 'n krawat, sal jy
definitief die deftigste koeimelker op die plaas wees. Dit is nie te
betwyfel nie.
;->
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4002 is 'n antwoord op boodskap #4001] So, 15 Februarie 2004 04:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Feb 2004 17:51:59 -0500, Katryn wrote:

> On Sun, 15 Feb 2004 00:28:26 +0200, DD wrote:
>
>> Moet ek hiervan aflei dat die gebrul
>> teen die leeuhok se mure dreun?
>>
>> DD
>> met 'n karwats en driepootstoeltjie in die hande
>
> Um....sien, dis jou probleem. Jy is uitgerus om koeie te melk en nie
> om 'n leeutemmer te wees nie.
> ;-)
>
> Maar as jy nou daardie karwats verander na 'n krawat, sal jy
> definitief die deftigste koeimelker op die plaas wees. Dit is nie te
> betwyfel nie.
> ;->

Die krawat om my nek sal die koei natuurlik verdra,
maar die sigaar al rokend onder haar pens!
Vergeet die koeimelk, laat ons botteltjiemelk drink.
(Of is dit Kartonmelk?)
Vir die res van die dag is ek by die leeus:-)

Leeutemmer (wat glattie hierie demotion
na 'n melker kan vattie)
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4003 is 'n antwoord op boodskap #4002] So, 15 Februarie 2004 16:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 15 Feb 2004 06:33:58 +0200, DD wrote:

> Die krawat om my nek sal die koei natuurlik verdra,
> maar die sigaar al rokend onder haar pens!
> Vergeet die koeimelk, laat ons botteltjiemelk drink.
> (Of is dit Kartonmelk?)

Ja, ek verkies ook die melk wat in plastiekbottels is. Dit is darem
so barbaars om koeimelk te drink wat uit diere se spene kom. Dink jy
nie ook so nie?
;->

> Vir die res van die dag is ek by die leeus:-)
> Leeutemmer (wat glattie hierie demotion
> na 'n melker kan vattie)

LOL!
Hah! Jy het gedink dis net ons plebs wat onder koeie hoef te sit as
ons anderkawwer is? En ons rook nie eens sigare nie, so ons moet maar
die reuke en swaaiende spene aanvaar as deel van ons werk.
Gmmmffff...laat dit nou vir jou 'n les wees!!
Ek dink mens is veronderstel om langs die koei te sit, en
nie onder haar nie. Maar ek praat onder korreksie, want ek was nog
nooit self 'n baie suksesvolle melker nie.
;-)))
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4004 is 'n antwoord op boodskap #4002] So, 15 Februarie 2004 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:...
> On Sat, 14 Feb 2004 17:51:59 -0500, Katryn
> wrote:

>> Um....sien, dis jou probleem. Jy is uitgerus om koeie te melk en nie
>> om 'n leeutemmer te wees nie.
>> ;-)
>>

> Leeutemmer (wat glattie hierie demotion
> na 'n melker kan vattie)

ROTL!! Ja, hierdie "downward spiral" is amper te veel vir vlees en
bloed :-)
En hoe het dit toe met die leeus gegaan DD? Jy het hopelik nie weer
jou voet vir hulle probeer voer nie? :-)

Lorinda
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4006 is 'n antwoord op boodskap #4004] So, 15 Februarie 2004 22:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
> , Katryn

>
>>> Um....sien, dis jou probleem. Jy is uitgerus om koeie te melk en nie
>>> om 'n leeutemmer te wees nie.
>>> ;-



> En hoe het dit toe met die leeus gegaan DD? Jy het hopelik nie weer
> jou voet vir hulle probeer voer nie? :-)
>
> Lorinda


Miskien is Katryn reg, Lorinda. Dat ek liewer koeie moet gaan melk as
om leeus te tem. Dit was nie net my voet wat in gevaar was vandag nie.
Ek moes vanaand skrape op my sy en rug ontsmet! Jy moet sien hoe
lyk dit as ek my hemp uittrek... en dit na ek my teen 'n span jong
leeus moes verdedig:-)

Jy wil weet hoe het dit vandag met die leeus gegaan? Ek stuur vir jou
vandag se fotos (sowat 5.5 MB hoor:-)

DD
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4008 is 'n antwoord op boodskap #4006] Ma, 16 Februarie 2004 01:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Feb 2004 00:37:52 +0200, Dave wrote:


> Miskien is Katryn reg, Lorinda. Dat ek liewer koeie moet gaan melk as
> om leeus te tem.

Haai nee, dit was darem nie wat ek bedoel het om te sê nie, hoor.
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4009 is 'n antwoord op boodskap #4008] Ma, 16 Februarie 2004 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 15 Feb 2004 20:54:18 -0500, Katryn wrote:

> On Mon, 16 Feb 2004 00:37:52 +0200, Dave wrote:
>
>
>> Miskien is Katryn reg, Lorinda. Dat ek liewer koeie moet gaan melk as
>> om leeus te tem.
>
> Haai nee, dit was darem nie wat ek bedoel het om te sê nie, hoor.
>

Ek sit vanaand hier voor die rekenaar met 'n paar blou en opgehewe
skrape wat 'n koei nie sou kon veroorsaak nie. Want koeie se naels
is nie so lank nie:-)
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4011 is 'n antwoord op boodskap #4009] Ma, 16 Februarie 2004 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Feb 2004 19:36:29 +0200, DD wrote:

> Ek sit vanaand hier voor die rekenaar met 'n paar blou en opgehewe
> skrape wat 'n koei nie sou kon veroorsaak nie. Want koeie se naels
> is nie so lank nie:-)

Wanna bet?
KATryn - die koei.
;-))
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4012 is 'n antwoord op boodskap #4011] Di, 17 Februarie 2004 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Feb 2004 15:37:23 -0500, Katryn wrote:

> On Mon, 16 Feb 2004 19:36:29 +0200, DD wrote:
>
>> Ek sit vanaand hier voor die rekenaar met 'n paar blou en opgehewe
>> skrape wat 'n koei nie sou kon veroorsaak nie. Want koeie se naels
>> is nie so lank nie:-)
>
> Wanna bet?
> KATryn - die koei.
> ;-))

Nee, maar sal jou dìt sê,
as jy die merke op my lyf gemaak het wat ek het,
sal dit 'n onvergeetlike tyd gewees het:-)))

DD
Re: Wyse filosowe van die land doer onner ;-) [boodskap #4015 is 'n antwoord op boodskap #4006] Wo, 18 Februarie 2004 09:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf in boodskap news:...
>

> Ek moes vanaand skrape op my sy en rug ontsmet! Jy moet sien hoe
> lyk dit as ek my hemp uittrek...

Hoe is daai vir 'n verskoning!! :-)) Niemand kan hulle uitdink soos jy
nie DD! :-))

Ek sal die fotos sien as my konneksie weer eendag begin werk. Ek dink
hierdie keer het hulle my kabels bygekom Katryn....:-)

Lorinda
McCarthy se kabelismes [boodskap #4018 is 'n antwoord op boodskap #4015] Do, 19 Februarie 2004 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Feb 2004 01:29:34 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek sal die fotos sien as my konneksie weer eendag begin werk. Ek dink
> hierdie keer het hulle my kabels bygekom Katryn....:-)

Dis slegte nuus comrade. Baie slegte nuus. Nou wonder ek of jy ook
al op daardie lys is? Het die lysbewaarder jou dalk onlangs gekontak?
Net voor jou kabels gesny was? Ons sal maar 'n ander metode moet
uitdink om te kommunikeer en ons kodes te versprei. En ons was juis
so naby om die Roodepoort ene te crack. So naby....

;-)))
Re: McCarthy se kabelismes [boodskap #4025 is 'n antwoord op boodskap #4018] Vr, 20 Februarie 2004 18:27 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Dis slegte nuus comrade. Baie slegte nuus. Nou wonder ek of jy ook
> al op daardie lys is? Het die lysbewaarder jou dalk onlangs gekontak?
> Net voor jou kabels gesny was? Ons sal maar 'n ander metode moet
> uitdink om te kommunikeer en ons kodes te versprei. En ons was juis
> so naby om die Roodepoort ene te crack. So naby....
>
> ;-)))

LOL!! Ek is terug! Wel soort van. Ek is op die oomblik in Brighton,
waar ek wel toegang het. In Londen werk my konneksie steeds nie, en ek
kan dit nie eers kanseleer en 'n ander een kry nie, want hulle
customer service lyn werk nie...frustrasie!

Maar vir die naweek in elk geval, kan ons na hartelus saamsweer :-))

Lorinda
Vorige onderwerp: Brand in Die Berge
Volgende onderwerp: Danie se onderhoud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 06:46:44 MGT 2024