Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Liberaal vs Konserwatief
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38739 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Wed, 31 January 2001 13:32   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Gloudina is die kluts kwyt....Sy sal gou 'n ander deuntjie sing as sy
> in SA is en siek word en dringend gehospitaliseer moet word.
>
Ek sal eers begin opgewonde raak as ek hoor dat
my familie in SA tweederangse mediese diens kry.
Maar tot dusver lyk dit nie vir my of ek my hoef
te bekommer nie. My jonger suster ( taamlik welaf,
dwarsdeur die ou regime met 'n duur private
assuransie-polis) het onlangs haar gesondheids-
assuransie gekanselleer en gaan nou na die
staatshospitaal op George.
En moenie maak of daar nie ook tweederangse
en derderangse en vierderangse hospitale in die
VSA en Kanada is nie. Wat van daardie een in
Florida wat hulle moes toemaak, want hulle het
gereeld die verkeerde operasies op die verkeerde
mense uitgevoer?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38746 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Wed, 31 January 2001 19:26   |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Voor ek vergeet. Die hele demokratiese poging tans is nie net die van die
ANC/SAKP nie. Sonder die beskaafde meewerking van die blanke sal dit nie
moontlik wees nie - daar is nie tans (let wel tans) slagspreuke soos "we'll
make this country ungovernable nie..."
Seksisme, demokrasie ens. is fantasties, en nie een wat ek ken staan dit
teen nie. Maar as my gemiddelde uitgawe aan die fisiese beveiliging van my
eiendom meer as R2000-00 per maand is, en ek genoodsaak is om almal te
wantrou en as moontlike misdadigers te behandel, dan beteken demokrasie nie
meer veel nie. Ons moet realisties wees - ek glo die volgende generasie
regeerders kan moontlik die resep het. Ek het 'n krieweling met ouens wat
saam met die SAKP slaap - vergelyk die sondes van kommunisme met die van
apartheid sou jy wil?
Jammer - die sonder van die verlede gaan my bepaald nie inhibeer om dit wat
tans aangaan mis te kyk of goed te praat nie - jammer.
skryf in boodskap news:3A758836.6C86A655@home.com...
> Reenen van Niekerk wrote:
>
>> Gloudina
>>
>> Ek daag jou nou weer uit soos ek voorheen gedoen het.
>> Noem waar die huidige regime beter is as die vorige een.As ek met jou
>> saamstem sal ek se dit is so.
>>
>
> Ek neem aan dis een van jou vrae, wat ek gevra het jy moet
> op 'n lysie sit:
> Vraag: Hoe is die huidige regime beter as die vorige een?
> (Let wel, Reenen, ek het hierdie vraag al oor en oor beantwoord.)
> (1) Hulle staan 'n demokratiese stelsel voor van een man een stem.
> (2) Hulle het die doodstraf afgeskaf.
> (3) Hulle het SA se atoomkapabiliteit ontwapen en 'n ooreenkoms
> aangegaan dat hulle vir nukluere ontwapening is.
> (4) Hulle erken die vrou se reg om te kies.
> (5) Hulle offisiele beleid is non-seksisties.
> (6) Hulle veg nie op hulle grense nie.
> (7) Hulle veg nie in die strate nie.
> (8) Hulle het mense van alle rasse in hulle geledere, insluitende
> die kabinet.
> (9) Hulle probeer beveg korrupsie. Dis daarom dat mens hoor
> van sake waar daar korrupsie is. In die ou regime is alles onder
> die tapyt ingevee, want mens mog nie praat van wat ander
> Afrikaners doen nie.
>
> Ek kan aan en aangaan. Ek wag vir jou geitemiseerde antwoorde.
> Moenie net vir my uitkryt nie. Antwoord my.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38749 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Wed, 31 January 2001 22:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Jonas wrote:
> en ek genoodsaak is om almal te
> wantrou en as moontlike misdadigers te behandel, dan beteken demokrasie nie
> meer veel nie.
So dan moet ons maar ingee en die diktatorskappe verwelkom?Dis wat baie mense
in Pinochet se tyd gedink het, en kyk waar
het dit hulle laat beland. Dit is wat die mense tydens Mussolini
se tyd gedink het, en kyk waar het dit hulle laat beland. Dit is
wat mense gedink het oor Malan, Verwoerd, Strydom ens ens.
en kyk waar het dit hulle laat beland.
Gloudina
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38756 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Thu, 01 February 2001 04:49   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Ag SIES man!! En natuurlik sien jy niks moreel verkeerd hiermee nie?
Nee, daar is niks daarmee verkeerd nie. As sy haar belasting betaal,is sy
geregtig op daardie diens van die staat. Die punt is egter ook
dat die staatshospitaal op George skoon en bevredigend is vir haar,
en dat ek dus nie al hierdie gejil oor die slegte hospitale wat nou
glo orals is, glo nie.
> Wanbestuur. Maak nie saak waar in die wereld nie. Daar was probleme
> voor 1994, met ou Lapa aan die stuur. Maar dit is duidelik dat die
> nuwe minister nog meer opskroef.
O, so. Die nuwe minister moet sorg vir die veertig miljoen pluslede van
die bevolking, terwyl ou Lapa maar net goed na sy
eie velkleur gekyk het en minimum dienste aan die tagtig persent
van die bevolking gelewer het wat nie die gewenste velkleur of
hare-tipe gehad het nie. Sê my, het jy vir ou Lapa ook gesit en
kritiseer?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38778 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Thu, 01 February 2001 16:56   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> Daar bestaan geen rede waarom jy na 'n staatshospitaal sal gaan indien
> jy 'n redelike (let wel nie hoe) salaris / pensioen het nie omdat hulle
> jou aanslaan ten opsigte van jou verdienste. Jy word dus in 'n sekere
> katagorie geplass en betaal daarvolgens. Indien jy die waarheid oor jou
> finansiele posisie vertel sal jy byna net so veel as in 'n privaat
> hospitaal betaal. Indien nie dan SIES! :)
>
Wel, ek neem aan my suster het uitgevind dat sy massas geld
aan haar mediese assuransie betaal, en dit net sowel aan die
staatshospitaal kon betaal. (Haar man was 'n private besigheids-
man, en sulke mense moet verskriklike duur assuransie betaal
om gedek te word. Dis dieselfde hier in Kanada.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38834 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Fri, 02 February 2001 18:05   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> Duidelik weet jy weer nie waarvan jy praat nie. Dit is NIE dieslefde as
> in Kanada nie.
>
Lou, die outoriteit oor Kanada kom weer so oop en toe
aan. Ek weet waarvan ek praat. Om as nie-Kanadese
burger (wat dus nie geregtig is op sy provinsie se Medicare
nie) hier in Kanada mediese assuransie te koop is baie baie
duur. En daar is mense wat dit moet koop, vir een of ander
rede. As jy my nie glo nie, kontak Liberty Health.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38921 is 'n antwoord op boodskap #38907] |
Sun, 04 February 2001 19:53   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Mooi gesê, Jonas.
Ek het ook al dikwels gewonder: as Gloudina die ouens wat hier kla oor dinge
wat hulle nie aanstaan van die nuwe regering nie, so toesnou dat dit baie
beter as gedurende die Aparheidsjare gaan, of snedig vra hoekom hulle nie in
daardie tyd gekla het nie, wil sy nou sê daai ouens mag nou glad nie kla
nie, hulle mag nie van die regte wat die grondwet hulle nou gee (om krities
te kan wees nie) gebruik nie? Maw. sou die grondwet net in sekere gevalle
geld, maar nie in ander nie?
Ek dink baie SAers het in die vorige regering(s) sonder meer aanvaar dat wat
die staat doen reg en goed is, die staat sal sorg, ens. Nou het hulle die
waarheid ontdek, maar probeer mense soos Gloudina en kie hulle stilmaak, of
hulle klagtes afmaak as niks anders dan reaksionêre geklets nie. Soos dit
vir my lyk, is dit nou die Gloudina's (Ferdi? en Leswin? en Bees?) wat
sonder meer aanvaar die regering/staat is altyd reg. Die bose kringloop
weer van voor af? Ek hoop nie so nie. Ek hoop van harte ek is heeltemal
verkeerd in my opsomming van die mense wat ek hierbo genoem het, maar die
probleem is, ek ken hulle net uit hulle manifestasies hier op die ng, en
daaruit lyk dit vir my of hulle regtig onkrities teenoor die regering staan
en maar alles vir soetkoek opvreet.
Dries
"Jonas" skryf in boodskap news:3a7cd8c8$0$235@hades.is.co.za...
> Die punt is dat blote woorde nie 'n bestel suksesvol maak nie - slagspreuke
> is maw hol in hierdie situasie. Moet dan ook nie mislei word en krediet gee
> bloot omdat 'n leuen voorgehou word nie. Een waarheid wat ek by Uys Krige
> waargeneem het is dat jy nooit enige mens mag onderskat nie. Die
> onregvirdighede van die verlede - wat dit is en die omvang daarvan vir die
> oomblik tersyde gestel, mag geen regverdiging bied vir die huidige wandade
> nie. Sou jy dit goedpraat, is ni nie anders of beter as die mense wie jy
> kritiseer en verwerp nie. Geen onregverdighede van die verlede kan die
> bedrog en diefstal wat nou openlik plaasvind regverdig nie.
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38927 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Sun, 04 February 2001 23:15   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dries Venter wrote:
> Ek dink baie SAers het in die vorige regering(s) sonder meer aanvaar dat wat
> die staat doen reg en goed is, die staat sal sorg, ens. Nou het hulle die
> waarheid ontdek, maar probeer mense soos Gloudina en kie hulle stilmaak, of
> hulle klagtes afmaak as niks anders dan reaksionêre geklets nie.
> Die bose kringloop
> weer van voor af? Ek hoop nie so nie. Ek hoop van harte ek is heeltemal
> verkeerd in my opsomming van die mense wat ek hierbo genoem het
Jy kan maar seker wees dat jy verkeerd is. Ek is in kontak met mense(beide wit
en swart) wat ANC stem én krities is wanneer dit nodig is. Maar
as mens 'n blatante pos op hierdie nuusgroep sien, wat alles wat verkeerd is
voor die huidige regime se deur lê, en alle indikasies is daar dat hulle gedink
het dat alles tydens die ou regime maneskyn en rose was , dan sal ek aanhou om
uit te wys dat dinge baie beter is in vandag se SA in baie belangrike aspekte,
veral wanneer dit die vorige "agtergeblewenes" aangaan.
Gloudina
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38928 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Mon, 05 February 2001 01:21   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dries Venter wrote:
> Ek dink baie SAers het in die vorige regering(s) sonder meer aanvaar dat wat
> die staat doen reg en goed is, die staat sal sorg, ens. Nou het hulle die
> waarheid ontdek
Jy sien, Dries, dis in hierdie sinnetjie van jou wat die hele kruks vandie ou
saak is. Laat ons dit nou ontleed: (1) Hierdie mense xxx het
gedurende die tyd van die vorige regering "sonder meer aanvaar dat
wat die staat doen reg en goed is." Hulle kan dus nie verantwoordelik
gehou word vir wat toe gebeur het nie, arme goed, hulle was naief,
volgens jou. (2) "Nou het hulle die waarheid ontdek." Watter waarheid?
Dat die ou regime een van skending van menseregte en moord en dood-
slag is? En hulle ontdek dit nou, toe die nuwe regime oorneem? Dis amper
soos Paulus se bekering op die pad na Tarsus, né? En nou het hierdie
mense, wat niks gedoen het in die vorige regime om die blatante wit
diktatorskap in die wiele te ry nie, skielik die reg om alles en nog wat in
hierdie regime te beoordeel? En nou kla juis die mense, wat niks gedoen
het of soms saamgewerk het met die diktators, die hardste. Dit is skyn-
heilig, om die minste te sê. En dis daarom dat daar altyd mense sal wees
wat objeksie maak teen hierdie blatante dubbele standaarde. Ek neem
aan daar is genoeg nie-blanke kritici van die huidige regime in SA oor
sekere spesifieke probleme. Ek weet van 'n hele klomp. Dis soos dit
hoort in enige demokratiese land. Dis soos dit hier in Kanada gaan. Dis
soos dit in die VSA en Engeland ens. gaan. Maar hierdie meestal wit
gal-afgaan oor die ANC-regering ruik teveel na rassisme. Ek het my
eenkeer laat stilmaak deur die apartheidsvarke. Ek sal nie weer my bek
hou vir hulle nageslag nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38966 is 'n antwoord op boodskap #38921] |
Mon, 05 February 2001 22:56   |
LeswinLaubscher
Boodskappe: 47 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> "Dries Venter" ven...@kingsley.co.za
> Soos dit
> vir my lyk, is dit nou die Gloudina's (Ferdi? en Leswin? en Bees?) wat
> sonder meer aanvaar die regering/staat is altyd reg.
Nee Dries, nie onkrities nie. Waarteen ek dit wel het is wanneer "kritiek" die
subteks is vir swartes kan nie regeer nie, bring tog die 'goeie ou dae' terug,
of als gaan verkeerd bloot omdat dit die ANC is. Ongelukkig is die meerderheid
poste hier van daardie verskeidenheid. Ek is heeltemal bereid om die kwessies
te kritiseer - en ek het. Ek het, byvoorbeeld, in brief en gesprek, my sterk
kritiek uitgespreek teenoor die verdedigingsbegroting, en voer steeds aan dat
meer geld bestee word aan 'n kusmag wat ons waters van stropers kan beskerm en
polisier as aan landmagte en landartillerie-goeters.
Als is nie maanskyn nie, maar terselfdtertyd is my ervaring nie een van
weeklaag en agteruitgang nie. My ouers het wel diefwering aan hul huis in die
Paarl laat sit, maar die strate is ook vir die eerste keer sedert hul in die
sestigs uit hul huise geskop was geteer. Sedert 1968 was daar geen - let wel,
GEEN - nuwe behuising in die sg. kleurlingwoonbuurt nie. Sedert 1994 is bykans
drieduisend "RDP huise" gebou. In die township skool in my buurt is daar nou
vir die eerste keer musiekinstrumente, en het 'n vioolgroep verlede jaar in
Duitsland getoer. Ons vullis word nou twee keer per week opgetel, ons kan nou
na enige restaurant in die dorp gaan, en my bodybuilding vriend hoef nie in
Henry se garage te oefen met paintblikke vol sement nie omdat die enigste gym
in die paarl so onlangs as 1990 geen gamme teogelaat het nie. Is dinge beter?
You bet your ass, dis beter. Is daar dinge wat nog aandag verg? Natuurlik.
En daarom staan my vriende en familie in local politics waar hul stem nou tel,
en waar hul agenda - insluitende misdaad - aktief nagestreef word. Dis
daadwerklik anders as om hier te sit en kla dat niks gebeur nie en die land
gaan op in rook. Dis tyd dat hierdie klagatte besef hulle is net so
verantwoordelik vir verandering en oplossings.
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38970 is 'n antwoord op boodskap #38966] |
Tue, 06 February 2001 05:15   |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Nee Dries, nie onkrities nie. Waarteen ek dit wel het is wanneer "kritiek" die
> subteks is vir swartes kan nie regeer nie, bring tog die 'goeie ou dae'
terug,
Moet se deur die wereld is daar nog nie 'n gevoel dat swartes (as 'n
eenheid) kan regeer nie.
Begin sommer by die seniele aap in Zim
> of als gaan verkeerd bloot omdat dit die ANC is. Ongelukkig is die meerderheid
> poste hier van daardie verskeidenheid. Ek is heeltemal bereid om die kwessies
> te kritiseer - en ek het. Ek het, byvoorbeeld, in brief en gesprek, my sterk
> kritiek uitgespreek teenoor die verdedigingsbegroting, en voer steeds aan dat
> meer geld bestee word aan 'n kusmag wat ons waters van stropers kan beskerm en
> polisier as aan landmagte en landartillerie-goeters.
Heeltemal tereg
> Als is nie maanskyn nie, maar terselfdtertyd is my ervaring nie een van
> weeklaag en agteruitgang nie. My ouers het wel diefwering aan hul huis in die
> Paarl laat sit, maar die strate is ook vir die eerste keer sedert hul in die
> sestigs uit hul huise geskop was geteer. Sedert 1968 was daar geen - let wel,
> GEEN - nuwe behuising in die sg. kleurlingwoonbuurt nie. Sedert 1994 is bykans
> drieduisend "RDP huise" gebou. In die township skool in my buurt is daar nou
> vir die eerste keer musiekinstrumente, en het 'n vioolgroep verlede jaar in
> Duitsland getoer. Ons vullis word nou twee keer per week opgetel, ons kan
nou
Wys jou 2 keer 'n week. Julle het nou te veel geld om rommel skeppende
goedere te koop.
Julle is nou dubbel bevoorreg. Ons sin word nog vandat ek my eie toonnaels
knip net een keer per week verwyder.
> na enige restaurant in die dorp gaan, en my bodybuilding vriend hoef nie in
> Henry se garage te oefen met paintblikke vol sement nie omdat die enigste gym
> in die paarl so onlangs as 1990 geen gamme teogelaat het nie.
Ek is bly vir julle.
Is dinge beter?
> You bet your ass, dis beter. Is daar dinge wat nog aandag verg? Natuurlik.
> En daarom staan my vriende en familie in local politics waar hul stem nou tel,
> en waar hul agenda - insluitende misdaad - aktief nagestreef word. Dis
> daadwerklik anders as om hier te sit en kla dat niks gebeur nie en die land
> gaan op in rook. Dis tyd dat hierdie klagatte besef hulle is net so
> verantwoordelik vir verandering en oplossings.
Almal kla dat die blankes nie wil betrokke raak nie , maar hoekom wil ons
nie. Hoe moet jy
versoen met gemeenskappe wat jou beroof, besteel verkrag en vermoor. Die
gevolg van die rampokkers in die gemeenskappe se doen en late het 'n baie
groot impak op ons alledaagse bestaan. Ons raak mense wat almal wantrou en
dra dit ook aan ons kinders. Mense begin hul besittings letterlik beklem in
die openbaar. Deesdae lyk dit of jy touret-sindroom het in die openbaar soos
mens moet waak en bewaak.
Ons sal try verander as (1) Die misdaad probleem opgelos word. Dit sluit in
moord roof huisbraak kapings verkragtings. Bring die doodstraf terug om die
rampokkers uittewis. (2) Gelyke geleenthede vir almal. Moenie regresief werk
nie, dit bring meer haat en niemand gaan hierby baat. Hiermee gaan ook
gepaard algemene gelykhede in alle opsigte.
Die sal 'n goeie wegspring punt wees en wie weet ons kan dalk verander
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38972 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Tue, 06 February 2001 10:01   |
Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383 Geregistreer: February 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina,
Ek antwoord nie graag op jou e-pos nie, maar op hierdie een wil ek graag
iets sê. los nou maar die spelling uit want ek lees nie my eie briewe oor
nie.
Dit is juis hier waar jy / julle nie die waarheid raaksien nie. Jy praat van
die agtergeblewenes: Is dit nou wit of swart.
Indien jy van swart praat, kom kyk self. Hulle leef in swakker en slegter
omstandighede as in die apartheidsjare en daar is selfs van hulle onder die
ouer geslagte wat sê dat dit daardie tyd ook beter was as nou. OK ek sê nie
alles was perfek in die verlede nie, want almal het gesteel en hulself
gehelp, maar kyk nou na vandag. Kyk bietjie hoe vrek die mense van Cholera.
Was daar in die verlede so `n pes onder die mense. Nee, want hulle het in
beter omstandighede gewoon as vandag. Moet nie luister wat mense vir jou sê
of jou nuus stasies nie, nee, kom kyk gerus self.
Hier by ons het hulle al `n begraafplaas oorgeneem en plak op die grafte.
nee, dit is nie stories nie, dit is waar en hier sê ek ook sommer dat dit
nie menslik is nie, maar dit nou daar gelaat. Ek oordryf ook maar lekker
veral as ek op jou briewe antwoord.
Het jy geweet dat die Gehate, Brig. Wouter Basson al in die vroee 80 jare
aan `n oplossing gewerk het teen Aids. Nee, verkeerd, hy het dit nie
bevorder nie, hy het na `n teenmiddel gesoek, maar nou is hy die vark in die
verhaal, en al wat hy werklik wou doen is om die swartes bietjie te beheer
om so te teel en verteel, want hulle kan dit self nie doen nie.
Vandag praat julle oor aborsies. So vir diegene wat nie weet nie, dit is nie
moord nie hoor. Dit kan eers moord raak indien daardie baba uitgekom het en
sy eerste asempie lug ingeasem het, dan word dit volgens wet en Medies ook
as `n Lewe beskou. Op lykskouings is dit juis `n toets wanneer hulle die
fetusse ens. optel en dan gooi hulle hom in `n drom water. Sodra die lykie
opkom was daar lug in die longe, dus moord, indien hy nie opkom nie, nee,
alles behalwe moord.
Ek staan aborsie natuurlik ook teen en sê dat dit verkeerd is en ook glad
nie Bybels is nie, maar ons kan nie sê dat dit moord is nie.
Gloudina, net uit nuuskurigheid, hoe lank is jy al in Canada en wanneer
laas, jare gewys was jy self in SA, en indien jy wel hier was sal ek graag
wil weet watter dorpe jy besoek het. Was jy Bv. in `n swart woongebied soos
Sowetho, Mammelodie, New Brighton ens. Ons praat nou ook nie van die swart
woonbuurte waar al die onderwysers en staatsamptenare ens. woon nie.
Groete
Frikkie
skryf in boodskap news:3A7DE31E.1AD7AAA8@home.com...
Dries Venter wrote:
> Ek dink baie SAers het in die vorige regering(s) sonder meer aanvaar dat wat
> die staat doen reg en goed is, die staat sal sorg, ens. Nou het hulle die
> waarheid ontdek, maar probeer mense soos Gloudina en kie hulle stilmaak, of
> hulle klagtes afmaak as niks anders dan reaksionêre geklets nie.
> Die bose kringloop
> weer van voor af? Ek hoop nie so nie. Ek hoop van harte ek is heeltemal
> verkeerd in my opsomming van die mense wat ek hierbo genoem het
Jy kan maar seker wees dat jy verkeerd is. Ek is in kontak met mense(beide
wit
en swart) wat ANC stem 'n krities is wanneer dit nodig is. Maar
as mens 'n blatante pos op hierdie nuusgroep sien, wat alles wat verkeerd
is
voor die huidige regime se deur lê, en alle indikasies is daar dat hulle
gedink
het dat alles tydens die ou regime maneskyn en rose was , dan sal ek aanhou
om
uit te wys dat dinge baie beter is in vandag se SA in baie belangrike
aspekte,
veral wanneer dit die vorige "agtergeblewenes" aangaan.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #38995 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Wed, 07 February 2001 20:32   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek sal maar so tussendeur die aangehaalde teks antwoord...
skryf in boodskap news:3A7E008A.B0AE0598@home.com...
Dries Venter wrote:
> Ek dink baie SAers het in die vorige regering(s) sonder meer aanvaar dat wat
> die staat doen reg en goed is, die staat sal sorg, ens. Nou het hulle die
> waarheid ontdek
Gloudina:
Jy sien, Dries, dis in hierdie sinnetjie van jou wat die hele kruks vandie
ou
saak is. Laat ons dit nou ontleed: (1) Hierdie mense xxx het
gedurende die tyd van die vorige regering "sonder meer aanvaar dat
wat die staat doen reg en goed is." Hulle kan dus nie verantwoordelik
gehou word vir wat toe gebeur het nie, arme goed, hulle was naief,
volgens jou.
Ek:
Nee, nie volgens my nie. *Jy* het hierdie afleiding gemaak. Wat ek wel
bedoel het is dat die mense onkrities was en nie die gevaartekens kon (of
wou) raaksien nie. Met 'hindsight' sien mens nou die plekke raak waar ons
moes/kon walgooi.
Gloudina:
(2) "Nou het hulle die waarheid ontdek." Watter waarheid?
Ek:
Die waarheid dat 'n mens *altyd* die mense wat oor jou aangestel is
(regering en base, ens) moet krities bejeën. En ek bedoel dit nie
noodwendig negatief nie.
Gloudina:
Dat die ou regime een van skending van menseregte en moord en dood-
slag is? En hulle ontdek dit nou, toe die nuwe regime oorneem? Dis amper
soos Paulus se bekering op die pad na Tarsus, nê? En nou het hierdie
mense, wat niks gedoen het in die vorige regime om die blatante wit
diktatorskap in die wiele te ry nie, skielik die reg om alles en nog wat in
hierdie regime te beoordeel?
Ek:
Ja, jy kan seker so redeneer, alhoewel dit nie is wat ek in gedagte gehad
het nie. Maar onthou, daar het 'n hele katarsis plaasgevind, nê? Een ding
wat wel ook nou waar is, is dat Afrikaners meer krities is, en dat hulle
stadigaan begin leer om in 'n regstaat te leef, en dat die vorige regering
nié 'n regstaat was nié. En, ja, ons het die reg om te kla. Die grondwet
sê so. Dis een van die lesse wat ons al geleer het. Of wil jy nou sê dat
daar ander wette vir ons moet geld as vir die res van die SAners? Háát jy
die Afrikaner so baie, Gloudina?
Gloudina:
En nou kla juis die mense, wat niks gedoen
het of soms saamgewerk het met die diktators, die hardste. Dit is skyn-
heilig, om die minste te sê. En dis daarom dat daar altyd mense sal wees
wat objeksie maak teen hierdie blatante dubbele standaarde.
Ek:
Hoe kan jy sommerso aanvoer dat dié wat die hardste kla, juis die is wat nou
sou saamgewerk het met die diktators? Dis darem 'n krasse veralgemening!
Wat sou nou ook bedoel word met "saamgewerk"? Byv. ek het vir Dept
Waterwese gewerk. Is dit "saamgewerk"? Ek was ook 'n polisie reservis.
"Saamgewerk"? Ek het later vir 'n maatskappy gewerk wat o.a. rioolplase
gebou het en riolering/watervoorsiening beplan en aangelê het in hoofsaaklik
swart gebiede, wat natuurlik almal onder die regering geval het.
"Saamgewerk"? Ek het, soos meeste mense op aarde, my brood verdien in die
"sweet van my aanskyn", politiek was 'n ding waaraan ek my nie juis gesteur
het nie - dis soos on 'techies' is. Maar ek kom weer terug na my
oorspronklike stelling: meeste SAners was onkrities jeens die regering.
En as jy sê ons mag nie kla nie, al laat die regstaat dit toe, is jy nie ook
besig om dubbele standaarde toe te pas nie? Wat/wie is nou skynheilig?
Gloudina:
Ek neem
aan daar is genoeg nie-blanke kritici van die huidige regime in SA oor
sekere spesifieke probleme. Ek weet van 'n hele klomp. Dis soos dit
hoort in enige demokratiese land. Dis soos dit hier in Kanada gaan. Dis
soos dit in die VSA en Engeland ens. gaan.
Ek:
Hoekom mag net swartes teen die regering kritiek lewer? Ek vra weer, hoekom
mag *ek*, 'n blanke, nie kritiek lewer nie? Waar in 'nige wet van hierdie
land, of 'nige statuut van die VN staan dit?! Of staan jy nou 'n omgekeerde
apartheid voor? Volgens jou het ek nou skielik geen reg in hierdie land
nie. Háát jy die Afrikaner so baie?
Gloudina:
Maar hierdie meestal wit
gal-afgaan oor die ANC-regering ruik teveel na rassisme. Ek het my
eenkeer laat stilmaak deur die apartheidsvarke. Ek sal nie weer my bek
hou vir hulle nageslag nie.
Ek:
Ek dink nie enigiemand vra jou om stil te bly nie. Maar moet terselfdertyd
ook nie stilbly oor goed wat in die huidige bestel verkeerd is nie. Moenie
'aanneem' dat daar genoeg kritici is nie (positief 'n negatief), wees sêlf
een! Jy het tog in die verlede gewys dat jy genoeg 'guts' het om op te
staan en gehoor te word, hoekom nou skielik stilbly?
'n Laaste opmerking: Dink jy nie dis kontraproduktief om altyd die
Afrikaner te herinner aan Apartheid en al die booshede daarvan nie? Op
watter tydstip mag ons nou uit die vagevuur kom en prober om ook 'n
positiewe bydrae te lewer?
Groete,
Dries
|
|
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #39001 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Wed, 07 February 2001 22:56   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dries Venter wrote:
> Wat ek wel
> bedoel het is dat die mense onkrities was en nie die gevaartekens kon (of
> wou) raaksien nie. Met 'hindsight' sien mens nou die plekke raak waar ons
> moes/kon walgooi.
Natuurlik is alles wat jy sê hier waar. Maar as daar nou mense iswat net gedurig
die huidige regime kritiseer, op 'n hooghartige en
snobistiese manier, dan herken jy dit as iets patologies en nie
gesond nie. Afrikaners soos Breyten Breytenbach en Antjie Krog
en sulke mense kritiseer die regime, en hulle het reg om te kritiseer,
want hulle het ook die vorige regime gekritiseer. Hulle kritiseer
spesifieke dade, spesifieke onderwerpe. Wanneer die kritiek net
'n verbloemde aanval is op die nie-blanke bevolking van SA, dan
sien ek iets gevaarliks.
Gloudina
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #39002 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Wed, 07 February 2001 23:03   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dries Venter wrote:
> Maar onthou, daar het 'n hele katarsis plaasgevind, né? Een ding
> wat wel ook nou waar is, is dat Afrikaners meer krities is, en dat hulle
> stadigaan begin leer om in 'n regstaat te leef, en dat die vorige regering
> nié 'n regstaat was nié. En, ja, ons het die reg om te kla. Die grondwet
> sê so. Dis een van die lesse wat ons al geleer het.
Wel, ek is bly dat jy besef dat julle nou in 'n regstaat leef, en dat die
vorigeregering nie 'n regstaat was nie. Maar onthou, Suid-Afrikaners het die reg
gehad om te kla in die vorige regime ook. Hulle het die reg gehad om deur
hulle stem die apartheidsregime uit te gooi. Dat hulle dit vir 'n lang ruk nie
gedoen het nie, maak hulle kandidate vir versigtig wees om nou oormatig
te kritiseer. En dis nou juis hulle wat blykbaar hulle bekke die grootste
rek.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #39003 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Wed, 07 February 2001 23:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dries Venter wrote:
> Of wil jy nou sê dat
> daar ander wette vir ons moet geld as vir die res van die SAners? Háát jy
> die Afrikaner so baie, Gloudina?
>
En hierdie soort argument maak my siek. Dit verdraai wat ek
aanhoudend sê: dat die mense wat so blind was vir al die
misdade van die vorige regime nie nou mag kritiseer as of hulle
die morele hoëgrond het nie. Die mense wat nie blind was nie,
en wat nie hulle siel vir 'n pot lensiesop verkoop het nie, kan
kritiseer soveel hulle wil, en doen dit ook.
Nog 'n ding wat my siek maak, is hierdie temerige ou vraag:
"Haat jy die Afrikaner so baie, Gloudina." Dis 'n soort slymerige
argument wat daarop gemik is om my te ontwapen van alle
morele reg om opinies te hê. Nee, Drie, ek "haat nie die
Afrikaner" nie. Het nooit Afrikaners gehaat nie. My eie familie
is Afrikaners. Ek het Afrikaanse vriende. Wat ek haat is mense
wat hulle Afrikanerskap vir hulleself as 'n wapen toe-eien om ander
mense hulle reg te ontneem om uit te wys dat daar rassistiese
dubbele standaarde in SA onder sekere dele van die Afrikaner-
bevolking is. (En dis juis daardie mense wat so lekker gefloreer
het onder die vorige regime, niks gesien het of wou sien nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #39004 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Wed, 07 February 2001 23:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dries Venter wrote:
> Jy het tog in die verlede gewys dat jy genoeg 'guts' het om op te
> staan en gehoor te word, hoekom nou skielik stilbly?
Wel, Dries, ek doen dit nogal aanhoudend, ook op hierdienuusgroep
. Ek is byvoorbeeld teen die manier waarop hulle
vir P.W. Botha laat losloop. Ek is ontevrede, soos Leswin,
met hulle spandeer op wapens, liewer as op polisie, alhoewel
ek in ag neem dat hulle seker wel sekere obligasies het as lid
van die VVO en OAS. En as ek kritiseer, doen ek dit direk aan
waar dit verskil kan maak. Ek sit nie hier geisoleer van dinge
in SA nie. Daar is 'n lewendige wisseling van gedagtes hier
in Ottawa tussen die lokale eks-SAers en besoekende lede
van lede van die huidige regering.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #39005 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Wed, 07 February 2001 23:28   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dries Venter wrote:
> : Dink jy nie dis kontraproduktief om altyd die
> Afrikaner te herinner aan Apartheid en al die booshede daarvan nie? Op
> watter tydstip mag ons nou uit die vagevuur kom en prober om ook 'n
> positiewe bydrae te lewer?
>
Hier deklameer jy al weer. Ek herinner nie "die Afrikaner" daaraan
nie. Ek herinner die joggies wat so gal afgaan oor die huidige regime
dat mense die verlede sal onthou, nog vir 'n lang ruk sal onthou.
Jy vra, op watter tydstip mag "ons" nou uit die vagevuur kom?
Watter "ons" praat jy van? My familie wat altyd die apartheids-
regime teengestaan het, was nooit in die vagevuur nie. Die mense
wat gestry het in die apartheidsregime ( soos Bram Fischer) was
nooit in die vagevuur nie. Van watter "ons" praat jy?
En wanneer jy van "positiewe bydraes" praat, waarna verwys jy?
Wie verhinder jou om positiewe bydraes in die huidige SA te maak.
Of is die maak van "positiewe bydraes" nou maar net 'n kode-woord
vir die reg om die huidige regering tot in die afgrond in te kritiseer?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #39016 is 'n antwoord op boodskap #38995] |
Thu, 08 February 2001 07:12   |
lous
Boodskappe: 124 Geregistreer: January 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Goed gestel Dries maar Gloudina se vooroordele en obesies laat haar nie
toe om soos meeste afrikaners gedwing is om te doen, aan te gaan nie.
Ook leef sy natuurlik nog in die sestigs toe sy die land verlaat het.
Persoonlik dink ek sy kan doen met terapie.
Ons is ook bevry, maar mense soos sy, Carl en ander wil ons vasgeknoop
hou aan die verlede, wil op ons skuldgevoelens speel en ons probeer plat
hou. Ons mag nie kla nie, en enige kritiek wat ons lewer word altyd aan
die verlede gemeet.
Vragie vir Gloudina: As ek nou Careltjie se boetedoening dokument teken
mag ek dan maar kla?
Dries Venter wrote:
>
> Ek sal maar so tussendeur die aangehaalde teks antwoord...
> skryf in boodskap news:3A7E008A.B0AE0598@home.com...
> Dries Venter wrote:
>
>> Ek dink baie SAers het in die vorige regering(s) sonder meer aanvaar dat wat
>> die staat doen reg en goed is, die staat sal sorg, ens. Nou het hulle die
>> waarheid ontdek
>
> Gloudina:
> Jy sien, Dries, dis in hierdie sinnetjie van jou wat die hele kruks vandie
> ou
> saak is. Laat ons dit nou ontleed: (1) Hierdie mense xxx het
> gedurende die tyd van die vorige regering "sonder meer aanvaar dat
> wat die staat doen reg en goed is." Hulle kan dus nie verantwoordelik
> gehou word vir wat toe gebeur het nie, arme goed, hulle was naief,
> volgens jou.
>
> Ek:
> Nee, nie volgens my nie. *Jy* het hierdie afleiding gemaak. Wat ek wel
> bedoel het is dat die mense onkrities was en nie die gevaartekens kon (of
> wou) raaksien nie. Met 'hindsight' sien mens nou die plekke raak waar ons
> moes/kon walgooi.
>
> Gloudina:
> (2) "Nou het hulle die waarheid ontdek." Watter waarheid?
>
> Ek:
> Die waarheid dat 'n mens *altyd* die mense wat oor jou aangestel is
> (regering en base, ens) moet krities bejeën. En ek bedoel dit nie
> noodwendig negatief nie.
>
> Gloudina:
> Dat die ou regime een van skending van menseregte en moord en dood-
> slag is? En hulle ontdek dit nou, toe die nuwe regime oorneem? Dis amper
> soos Paulus se bekering op die pad na Tarsus, né? En nou het hierdie
> mense, wat niks gedoen het in die vorige regime om die blatante wit
> diktatorskap in die wiele te ry nie, skielik die reg om alles en nog wat in
> hierdie regime te beoordeel?
>
> Ek:
> Ja, jy kan seker so redeneer, alhoewel dit nie is wat ek in gedagte gehad
> het nie. Maar onthou, daar het 'n hele katarsis plaasgevind, né? Een ding
> wat wel ook nou waar is, is dat Afrikaners meer krities is, en dat hulle
> stadigaan begin leer om in 'n regstaat te leef, en dat die vorige regering
> nié 'n regstaat was nié. En, ja, ons het die reg om te kla. Die grondwet
> sê so. Dis een van die lesse wat ons al geleer het. Of wil jy nou sê dat
> daar ander wette vir ons moet geld as vir die res van die SAners? Háát jy
> die Afrikaner so baie, Gloudina?
>
> Gloudina:
> En nou kla juis die mense, wat niks gedoen
> het of soms saamgewerk het met die diktators, die hardste. Dit is skyn-
> heilig, om die minste te sê. En dis daarom dat daar altyd mense sal wees
> wat objeksie maak teen hierdie blatante dubbele standaarde.
>
> Ek:
> Hoe kan jy sommerso aanvoer dat dié wat die hardste kla, juis die is wat nou
> sou saamgewerk het met die diktators? Dis darem 'n krasse veralgemening!
> Wat sou nou ook bedoel word met "saamgewerk"? Byv. ek het vir Dept
> Waterwese gewerk. Is dit "saamgewerk"? Ek was ook 'n polisie reservis.
> "Saamgewerk"? Ek het later vir 'n maatskappy gewerk wat o.a. rioolplase
> gebou het en riolering/watervoorsiening beplan en aangelê het in hoofsaaklik
> swart gebiede, wat natuurlik almal onder die regering geval het.
> "Saamgewerk"? Ek het, soos meeste mense op aarde, my brood verdien in die
> "sweet van my aanskyn", politiek was 'n ding waaraan ek my nie juis gesteur
> het nie - dis soos on 'techies' is. Maar ek kom weer terug na my
> oorspronklike stelling: meeste SAners was onkrities jeens die regering.
>
> En as jy sê ons mag nie kla nie, al laat die regstaat dit toe, is jy nie ook
> besig om dubbele standaarde toe te pas nie? Wat/wie is nou skynheilig?
>
> Gloudina:
> Ek neem
> aan daar is genoeg nie-blanke kritici van die huidige regime in SA oor
> sekere spesifieke probleme. Ek weet van 'n hele klomp. Dis soos dit
> hoort in enige demokratiese land. Dis soos dit hier in Kanada gaan. Dis
> soos dit in die VSA en Engeland ens. gaan.
>
> Ek:
> Hoekom mag net swartes teen die regering kritiek lewer? Ek vra weer, hoekom
> mag *ek*, 'n blanke, nie kritiek lewer nie? Waar in énige wet van hierdie
> land, of énige statuut van die VN staan dit?! Of staan jy nou 'n omgekeerde
> apartheid voor? Volgens jou het ek nou skielik geen reg in hierdie land
> nie. Háát jy die Afrikaner so baie?
>
> Gloudina:
> Maar hierdie meestal wit
> gal-afgaan oor die ANC-regering ruik teveel na rassisme. Ek het my
> eenkeer laat stilmaak deur die apartheidsvarke. Ek sal nie weer my bek
> hou vir hulle nageslag nie.
>
> Ek:
> Ek dink nie enigiemand vra jou om stil te bly nie. Maar moet terselfdertyd
> ook nie stilbly oor goed wat in die huidige bestel verkeerd is nie. Moenie
> 'aanneem' dat daar genoeg kritici is nie (positief én negatief), wees sélf
> een! Jy het tog in die verlede gewys dat jy genoeg 'guts' het om op te
> staan en gehoor te word, hoekom nou skielik stilbly?
>
> 'n Laaste opmerking: Dink jy nie dis kontraproduktief om altyd die
> Afrikaner te herinner aan Apartheid en al die booshede daarvan nie? Op
> watter tydstip mag ons nou uit die vagevuur kom en prober om ook 'n
> positiewe bydrae te lewer?
>
> Groete,
> Dries
--
http://lous.zzn.com/
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #39017 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Thu, 08 February 2001 07:21   |
lous
Boodskappe: 124 Geregistreer: January 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote:
>
> Dries Venter wrote:
>
>> Jy het tog in die verlede gewys dat jy genoeg 'guts' het om op te
>> staan en gehoor te word, hoekom nou skielik stilbly?
>
> Wel, Dries, ek doen dit nogal aanhoudend, ook op hierdienuusgroep
> .. Ek is byvoorbeeld teen die manier waarop hulle
> vir P.W. Botha laat losloop. Ek is ontevrede, soos Leswin,
> met hulle spandeer op wapens, liewer as op polisie, alhoewel
> ek in ag neem dat hulle seker wel sekere obligasies het as lid
> van die VVO en OAS. En as ek kritiseer, doen ek dit direk aan
> waar dit verskil kan maak. Ek sit nie hier geisoleer van dinge
> in SA nie. Daar is 'n lewendige wisseling van gedagtes hier
> in Ottawa tussen die lokale eks-SAers en besoekende lede
> van lede van die huidige regering.
En dit sê nou alles. Die een persoon wat van binne ANC geledere gedurf
het om die kleinste bietjie kritiek te lewer op die manier waarop die
ondersoek na korrupsie binne die wapentransaksie gedoen word is van sy
pos onthef. Dit sê dus dat jy uiteindelik slegs pro-regerigns kritiek
sal hoor van "besoekende lede van die huidige regering". Hulle is dus
maar dieslefde as wat die vorige regering was, waar teepraat ook nie
toegelaat is nie.
En die huidige debat in SA is nie oor die groote van die Wapentransaksie
nie maar wel oor die manier waarop die regering 'n ondersoek na
korrupsie gepleeg tydens die toekenning daarvan probeer kaap. Vra
bietjie vir die "besoekende lede van die huidige regering" daarna.
--
http://lous.zzn.com/
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #39040 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Thu, 08 February 2001 22:14   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> Vragie vir Gloudina: As ek nou Careltjie se boetedoening dokument teken
> mag ek dan maar kla?
>
Hoekom doen jy nie albei nie.Op die
oomblik matig jy vir jouself net die een
aan.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #39061 is 'n antwoord op boodskap #38408] |
Fri, 09 February 2001 18:33   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> as 'n burger van SA met stemreg ek in
> terme van die konstitusie vry-spraak en dit sluit in die reg om te
> kritiseer waar ek voel dinge nie reg is nie.
Dis tog vir my so wonderlik as jy jou so verlustig in dievryhede van die Nuwe
SA: stemreg vir al sy burgers,
vrye spraak vir al sy burgers, kritiek op die regering
van al sy burgers, as hulle voel dat dinge nie reg is nie.
Dinge het verander, né ou Lou, in die skamele 15 jaar
wat dit jou geneem het om droog agter jou ore te word.
Gloudina
|
|
|
Re: Liberaal vs Konserwatief [boodskap #39063 is 'n antwoord op boodskap #39000] |
Fri, 09 February 2001 20:29   |
les...
Boodskappe: 11 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article ,
"Tobie" wrote:
> Met 'n van soos Laubscher kom jy seker net soos ek uit die
> Wellington. Maar jy't nie gevlug uit RSA omdat jy aan die Kleurling
> Weerstands Beweging behoort nie, nê? Jy weet seker hoekom hulle
> gestig is.
Kan ek aanneem dat Laubscher (of een van die variante daarvan) jou van
beskryf? Nie Wellington nie, maar Paarl. En natuurlik, indien jy wel
laubscher is, sal jy weet dat hulle voor dit vanuit Hermon en die
Malmesbury omgewing kom. Meer nog, jy sal weet (indien jy laubscher is)
dat jou genealogie 'n paar draaie in bruin agterkamers gemaak het.
In alle waarskynlikheid, aarde tog, het jou DNA en myne raakpunte. En
nee, tobie, ek het allesbehalwe gevlug, en ja, tobie, ek weet van
daardie klein kwb-groepie. En indien ek aan hulle behoort het Gloudina
lidmaatskap in die AWB.
Sent via Deja.com
http://www.deja.com/
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 22:17:21 UTC 2025
|