Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lorinda
Lorinda [boodskap #3884] Wo, 04 Februarie 2004 00:23 na volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wou al laaaaankal vir jou vra hoe dit met jou ma gaan?
Is sy al terug van Afghanistan? Het julle kontak met haar?
Re: Lorinda [boodskap #3889 is 'n antwoord op boodskap #3884] Wo, 04 Februarie 2004 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> Ek wou al laaaaankal vir jou vra hoe dit met jou ma gaan?
> Is sy al terug van Afghanistan? Het julle kontak met haar?

Nee, sy is nog nie terug nie. Ons verwag haar die einde van Maart. Ons
het kontak, daar is 'n telefoon waar sy is (net buite Kabul), maar
mens kom nie altyd deur nie. Dit klink asof dit goed gaan met haar,
maar hulle is baie besig en omstandighede is haglik. Sy sê ook dat die
grootste gedeelte van die land onbegaanbaar is; dis onder die beheer
van verskillende "warlords". Hulle was veronderstel om by 'n hospitaal
stasie baie verder van Kabul te gaan werk, maar dit is blykbaar nie
nou moontlik nie, want dit is in "hostile territory". Mens hoor nie
eintlik meer deesdae van al hierdie dinge in die media nie; so baie
mense dink daar is nou vrede en voorspoed in Afghanistan, wat
natuurlik nie die geval is nie.

Lorinda
Re: Lorinda [boodskap #3896 is 'n antwoord op boodskap #3889] Do, 05 Februarie 2004 05:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Feb 2004 13:21:36 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Nee, sy is nog nie terug nie. Ons verwag haar die einde van Maart. Ons

Ek is seker jy hoop ook dat Maart baie vinnig sal aankom. ;-) Elke
keer wat ek iets hoor wat daar gebeur, dan dink ek aan jou ma, en hoop
sy is veilig. Dit is goed om te hoor sy is veilig.

Dankie vir die vertelling. Ek wou jou privaat kontak, maar my
adresboek is nog op die ander rekenaar. Skuus dat ek toe sommier hier
oop en bloot vra.

Terloops, ek het toe gesien dat die 2001 episodes van The Office is te
huur. Ek gaan dit definitief huur sodra ek 'n kansie kry.
Gesels weer later. Ek is so vaak en moeg dat ek seker nie enige sin
maak op die oomblik nie.
Re: Lorinda [boodskap #3900 is 'n antwoord op boodskap #3896] Do, 05 Februarie 2004 21:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:mcj320lmugt31a9u9ifvh24edv8uniiui0@4ax.com...
>
> Terloops, ek het toe gesien dat die 2001 episodes van The Office is te
> huur. Ek gaan dit definitief huur sodra ek 'n kansie kry.
> Gesels weer later. Ek is so vaak en moeg dat ek seker nie enige sin
> maak op die oomblik nie.
>

Laat my weet wat jy daarvn dink as jy dit gesien het. Ek hoop jy het goed
uitgerus. Waneer is die verkiesing daar by julle in Georgia?

Lorinda
Re: Lorinda [boodskap #3906 is 'n antwoord op boodskap #3900] Vr, 06 Februarie 2004 03:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Feb 2004 21:37:20 -0000, "Lorinda" wrote:


> Laat my weet wat jy daarvn dink as jy dit gesien het. Ek hoop jy het goed
> uitgerus. Waneer is die verkiesing daar by julle in Georgia?

Ek sal definitief!! :-) Ek sien die een datum wat ek hier het is vir
die 2de Maart. Maar dit gaan nie veel beteken nie, want Georgia is 'n
rooi staat - dws 'n Bush staat.
(Dit laat my nogsteeds elke keer giggel as ek daaraan dink - die rooi
state bedoel ek nou) ;-))
Re: Lorinda [boodskap #3910 is 'n antwoord op boodskap #3906] Vr, 06 Februarie 2004 07:08 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:012620phtufr1ms2vgl5hc4ha45lrvelkk@4ax.com...
> Ek sal definitief!! :-) Ek sien die een datum wat ek hier het is vir
> die 2de Maart. Maar dit gaan nie veel beteken nie, want Georgia is 'n
> rooi staat - dws 'n Bush staat.
> (Dit laat my nogsteeds elke keer giggel as ek daaraan dink - die rooi
> state bedoel ek nou) ;-))

"Keep the red flag flying" het dus 'n heel ander mening daar by julle :-).

Lorinda
Vorige onderwerp: Hoera voor Katryn
Volgende onderwerp: Pretoria by Pretoria
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 06:11:40 MGT 2024