Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "King"
"King" [boodskap #38623] Sa, 27 Januarie 2001 20:36 na volgende boodskap
Vampira  is tans af-lyn  Vampira
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Almal

Is daar iemand wat vir my die speletjie "King" kan verduidelik. Ons het dit
as kinders gespeel maar hoe dit presies gewerk het kan ek nie onthou nie.
Ek weet net dat die een wat aan was, het die bal gehad en moes die ander
raakgooi.

Is daar enige ander bal speletjies of 'hardloop' speletjies wat julle vir my
kan beskryf, wat nog aanklank by vandag se kinders sal vind. My meisiekind
is in graad 6 en lief vir hardloop en speel ook graag krieket saam die
seuns. Sy is egter petit gebou, maar baie rats. Sy is erg verveeld met die
meisiekinders wat net heeldag wil sit en die rugby wat die seuns pouse
speel, is te rof. Omdat sy skraal is trek sy altyd aan die korste ent.

Dankie

Shannon
Re: "King" [boodskap #38627 is 'n antwoord op boodskap #38623] So, 28 Januarie 2001 05:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek kan onthou is dat jy die bal (gewoonlik 'n tennisbal) met jou vuis
(nie oophand) kon wegstamp, raak hy aan jou lyf, dan is jy natuurlik deel
van die span wat die ander moet uitgooi. Die ou wat eerste "aan" was, kon
met die bal hardloop totdat hy 'n tweede ou raakgegooi het. Daarna mag hulle
nie hardloop nie - miskien moet ons die IOK gaan vra...

"Vampira" skryf in boodskap news:94vadr$273b$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Hallo Almal
>
> Is daar iemand wat vir my die speletjie "King" kan verduidelik. Ons het dit
> as kinders gespeel maar hoe dit presies gewerk het kan ek nie onthou nie.
> Ek weet net dat die een wat aan was, het die bal gehad en moes die ander
> raakgooi.
>
> Is daar enige ander bal speletjies of 'hardloop' speletjies wat julle vir my
> kan beskryf, wat nog aanklank by vandag se kinders sal vind. My meisiekind
> is in graad 6 en lief vir hardloop en speel ook graag krieket saam die
> seuns. Sy is egter petit gebou, maar baie rats. Sy is erg verveeld met die
> meisiekinders wat net heeldag wil sit en die rugby wat die seuns pouse
> speel, is te rof. Omdat sy skraal is trek sy altyd aan die korste ent.
>
> Dankie
>
> Shannon
>
Re: "King" [boodskap #38647 is 'n antwoord op boodskap #38623] So, 28 Januarie 2001 20:29 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier's die reëls soos ek dit onthou:
1) Al die spelers staan in 'n kring, voete effens uitmekaar maar rakend aan
die kinders langs joune s'n. Die idee is dat die bal tussen 'n spesifieke
kind se voete deur kan rol, maar nie tussen twee kinders se voete kan
deurrol nie.
2) Iemand vat die bal en gooi hom taamlik hoog op sodat dit in die middel
van die kring kan land. Die bal gaan hop en begin rol. Die ou by wie die
bal tussen sy voete deurrol is 'aan'.
3) Die ander ouens spat uitmekaar terwyl die ou wat 'aan' is die bal in die
hande kry. Die speelveld kan enige grootte wees maar almal moet duidelik
verstaan en ooreenkom waar is die grense.
4) Eenkant net buite die speelveld is 'n 'hok' waar iemand kan 'asiel'
soek - vir 10 tellings of so, dan mag hy uitgegooi word.
5) Die ou wat 'aan' is kan die bal na die ander gooi. As die bal enige deel
van hulle lyf/bene/arms/kop raak beh�lwe die vuis (nie oophand nie) is daai
ou ook 'aan'.
6) Die ou wat gegooi word kan die bal wegstamp met sy vuis.
7) Die 'aan' ouens kan de bal vir mekaar gooi en saamspan om die ander ook
'aan' te gooi. Sommige ouens het vereis dat hulle (die 'aan'-ers) moet
stilstaan, ons het dit egter gespeel met 'aan'-ers wat mag hardloop.
8) Wanneer die laaste ou 'aan' is, begin die volgende rondte. Die ou wat
laaste 'aan' was kan die bal in die kring (sien (2)) ingooi.

Groete,
Dries

O ja, die bal moet verkieslik 'n sagte een wees, krieket- en bofballe is
uit!

"Vampira" skryf in boodskap news:94vadr$273b$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Hallo Almal
>
> Is daar iemand wat vir my die speletjie "King" kan verduidelik. Ons het dit
> as kinders gespeel maar hoe dit presies gewerk het kan ek nie onthou nie.
> Ek weet net dat die een wat aan was, het die bal gehad en moes die ander
> raakgooi.
>
> Is daar enige ander bal speletjies of 'hardloop' speletjies wat julle vir my
> kan beskryf, wat nog aanklank by vandag se kinders sal vind. My meisiekind
> is in graad 6 en lief vir hardloop en speel ook graag krieket saam die
> seuns. Sy is egter petit gebou, maar baie rats. Sy is erg verveeld met die
> meisiekinders wat net heeldag wil sit en die rugby wat die seuns pouse
> speel, is te rof. Omdat sy skraal is trek sy altyd aan die korste ent.
>
> Dankie
>
> Shannon
>
Vorige onderwerp: Die Kloaka van Usenet
Volgende onderwerp: Kannemeyer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 17:26:53 MGT 2024