Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kannemeyer
Kannemeyer [boodskap #38651] So, 28 Januarie 2001 21:09 na volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina,

Ek het so drie jaar gelede hier gevra wie "'n Lewe" gelees het maar niemand
wou byt nie. Ek sien jy noem dat jy dit nou lees.

Dink jy daar word te veel gemaak van Langenhoven se skyndood vrese vroeg in
die boek? Ek het dit nogal interessant gevind. Wonder ook hoeveel mense
indien enige werklik gedurende die griep-epidemies lewend begrawe is.

Hoe word die Tourette-sindroom hipotese na jou mening beredeneer?

Hoe geniet jy die boek sover?

Hans
Re: Kannemeyer [boodskap #38653 is 'n antwoord op boodskap #38651] So, 28 Januarie 2001 23:39 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Gloudina,
>
> Dink jy daar word te veel gemaak van Langenhoven se skyndood vrese vroeg in
> die boek? Ek het dit nogal interessant gevind. Wonder ook hoeveel mense
> indien enige werklik gedurende die griep-epidemies lewend begrawe is.

Ek het dit net so interessant gevind. Langenhoven het blykbaar 'n
phobia gehad, maar almal van ons wonder seker soms 'n bietjie.Ek sou
dink dat mense wat die 1918-griepepidemie nog vars kon onthou, ook
dit meer sou vrees. Mens neem aan dat hulle, om die infeksie te bekamp,
mense so gou as moontlik begrawe het.

Nee, die ding wat my in die boek effens geirriteer het (en my dit stadiger
laat lees het) is die feit dat die boek met sy doodgaan en begrafnis begin
het (wat nie te sleg is nie), maar toe ontaard in 'n tirade teen Sarah
Goldblatt ( wat volgens Kannemeyer verantwoordelik is vir 'n Langenhoven-
"industrie." ) Ek neem aan Kannemeyer het dit nodig gevind om hierdie
trant te volg, omdat Giulliame Brümmer en familie blykbaar so 'n skaats
in haar gehad het. Maar dit het regtig boring geword na 'n ruk, om oor
Sarah Goldblatt te lees.

> Hoe word die Tourette-sindroom hipotese na jou mening beredeneer?

Ek het die boek maar onlangs ontvang, en lees baie stadig daaraan, dus hetek
nog nie eers hierby uitgekom nie. Sien daarna uit. Miskien sal ek bietjie
loer daar.
Ek sal nou en dan pos oor dinge wat my interesseer, dan kan jy antwoord.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: "King"
Volgende onderwerp: zzz moenie oopmaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 07:56:02 MGT 2024