Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ag dis lekker by die huis
Ag dis lekker by die huis [boodskap #38028] Vr, 29 Desember 2000 22:24 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel, na 9 dae van hel, is ek uiteindelik terug by die huis. Ek kuier nog
tot so na nuwejaar by my ouers, maar my man het besluit hy's nou uitgekuier
aan die "agterlike" dorpie en is terug stad toe.
Vakansie was dit nou regtig nie, want hoe gemaak as skoonma en skoonpa
sommer elke dag "inval" vir 'n kuiertjie? En dan word daar nie aan die
huisie (wat nie van binne kon sluit nie) se deur geklop nie, nee ons loop
sommer in en gaan kyk waar's die kinders. Oukersdag vertel skoonma vir my
ons, beter ordentelik aantrek vir die ete want dis HAAR kersfees, wel ja ons
sê maar niks nie. En om alles te kroon was een van manlief se werkers vir
'n hele week daar. Nie dat ek mind nie die outjie is heel nice, maar hy
strei oor alles of hy nou die ware feite ken of nie - soos dat hy vir my
vertel 'n gewone stokstert meerkat kan tot 1.2m lank word as hy op sy
agterpote staan :) Dit help nie eers jy gaan haal vir hom boeke en bewys hom
verkeerd nie......want ALMAL lieg, net hy weet hoe 'n meerkat regtig lyk. :)
Anyway ek babbel sommer - ek's seker verveeld.
Ek hoop almal het 'n baie "jollie" nuwejaar.

Groete
Elaine
Re: Ag dis lekker by die huis [boodskap #38147 is 'n antwoord op boodskap #38028] So, 07 Januarie 2001 15:38 Na vorige boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Lyk my jy het nog 'n "separate" vakansie nodig Elaine.
Ons verhuur ons strandhuis baie billik.
Laat weet my. *smiles*

Steeds by die see.
Kan nie genoeg kry nie.
15 dae se Hemel.

"Elaine" skryf in boodskap news:3a4d0f3d.0@news1.mweb.co.za...
> Wel, na 9 dae van hel, is ek uiteindelik terug by die huis. Ek kuier nog
> tot so na nuwejaar by my ouers, maar my man het besluit hy's nou uitgekuier
> aan die "agterlike" dorpie en is terug stad toe.
> Vakansie was dit nou regtig nie, want hoe gemaak as skoonma en skoonpa
> sommer elke dag "inval" vir 'n kuiertjie? En dan word daar nie aan die
> huisie (wat nie van binne kon sluit nie) se deur geklop nie, nee ons loop
> sommer in en gaan kyk waar's die kinders. Oukersdag vertel skoonma vir my
> ons, beter ordentelik aantrek vir die ete want dis HAAR kersfees, wel ja ons
> sê maar niks nie. En om alles te kroon was een van manlief se werkers vir
> 'n hele week daar. Nie dat ek mind nie die outjie is heel nice, maar hy
> strei oor alles of hy nou die ware feite ken of nie - soos dat hy vir my
> vertel 'n gewone stokstert meerkat kan tot 1.2m lank word as hy op sy
> agterpote staan :) Dit help nie eers jy gaan haal vir hom boeke en bewys hom
> verkeerd nie......want ALMAL lieg, net hy weet hoe 'n meerkat regtig lyk. :)
> Anyway ek babbel sommer - ek's seker verveeld.
> Ek hoop almal het 'n baie "jollie" nuwejaar.
>
> Groete
> Elaine
>
Vorige onderwerp: Re: Fingers se speech
Volgende onderwerp: Re: The Killer Tampon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:38:59 MGT 2024