Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "verloop" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
"verloop" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #37888] Sa, 16 Desember 2000 20:19 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

verloop
(by die begrafnis van oupa - kleindoornrivier)

CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX

eers nou
nou dat daar nog 'n grondhoop is
jy in die sandgrond slaap
tussen die kliphope
'n paar granietstene
nou na die sak van hierdie kis
voel ek die naelverbintenis
is ek ook ingebed
in die geskiedenis

die dae raak blou en geel
herfshelder hang die lug
bokant die ou wingerd
tussen poplierblare
die jong lammers speel rond
sterte onafgekap
langsaan die ringmuur van jou rus

ook ek wil eendag stil
diep in die sandgrond lê
wanneer ek klaar is hier
en weet
ons kindskinders sal nog hier loop
en op 'n klipsteen lees
ons was ook eenmaal hier
Re: "verloop" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #37911 is 'n antwoord op boodskap #37888] So, 17 Desember 2000 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
kak gedig
fepos deur 'n kak mens

skryf in boodskap news:3A3BCE9F.F0ECEF54@home.com...

verloop
(by die begrafnis van oupa - kleindoornrivier)

CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX

eers nou
nou dat daar nog 'n grondhoop is
jy in die sandgrond slaap
tussen die kliphope
'n paar granietstene
nou na die sak van hierdie kis
voel ek die naelverbintenis
is ek ook ingebed
in die geskiedenis

die dae raak blou en geel
herfshelder hang die lug
bokant die ou wingerd
tussen poplierblare
die jong lammers speel rond
sterte onafgekap
langsaan die ringmuur van jou rus

ook ek wil eendag stil
diep in die sandgrond lê
wanneer ek klaar is hier
en weet
ons kindskinders sal nog hier loop
en op 'n klipsteen lees
ons was ook eenmaal hier
Gedig vir die alleen mense [boodskap #37912 is 'n antwoord op boodskap #37911] So, 17 Desember 2000 20:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hello
Re: Gedig vir die alleen mense [boodskap #37918 is 'n antwoord op boodskap #37912] Ma, 18 Desember 2000 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" het gesê:
> Hello
>
>
>
>
>
Beste gedig nog op dié groep!
Re: Gedig vir die alleen mense [boodskap #37923 is 'n antwoord op boodskap #37918] Di, 19 Desember 2000 20:03 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
was so bang dat phatti iets anders sou sê .... :-)

Skunk wrote in message ...
:>
:Beste gedig nog op dié groep!
Vorige onderwerp: "Skouspel" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
Volgende onderwerp: "Kersfees in Ouetehuis" deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 20:54:10 MGT 2024