Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Kat in 'n leë huis. Wislawa Szymborska
'n Kat in 'n leë huis. Wislawa Szymborska [boodskap #37685] Ma, 11 Desember 2000 20:00 na volgende boodskap
Sandra Nortje  is tans af-lyn  Sandra Nortje
Boodskappe: 23
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
(Daar moet so 'n strepie deur die 'l' en ek weet nie waar om dit te kry
nie...

Freddie, dalk vind jy die ook mooi:

'n Kat in 'n leë huis

Doodgaan - dit doen jy 'n kat nie aan nie.
Want wat moet 'n kat
in 'n leë huis doen.
Teen die mure oploop.
Langs die meubels vryf.
Sogenaamd niks veranderd nie,
maar alles tog anders.
Sogenaamd niks verplaas nie,
maar tog alles opsy geskuif.
En saans skyn die lamp nie meer nie.

Voetstappe op die trap,
maar nie die voetstappe nie.
Die hand wat die vis op die bord lê
is ook nie die hand wat dit gedoen het nie.

Iets begin hier nie
op die gewone tyd nie.
Iets gaan hier nie
soos dit hoort nie.
Iemand was altyd hier
verdwyn toe plotseling
en bly koppig weg.

In alle kaste gekyk.
Alle planke afgedraf.
Onder die tapyt gekruip en seker gemaak.
Selfs die verbod getrotseer
en papiere rondgestrooi.
Wat is daar meer te doen.
Slaap en wag.

As hy sou terugkom,
hom nou vertoon,
dan sal hy dit weet:
so gaan jy nie met 'n kat om nie.
Na hom toe loop
asof met die grootste teësin,
op dooie gemak,
op diep beledigde pote.
En om mee te begin niks geen gepiep en gespring nie.
Re: 'n Kat in 'n leë huis. Wislawa Szymborska [boodskap #37687 is 'n antwoord op boodskap #37685] Ma, 11 Desember 2000 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sandra Nortje wrote:

> 'n Kat in 'n leë huis
>
> Doodgaan - dit doen jy 'n kat nie aan nie.

Wie het hierdie gedig vertaal, en uit watter
taal is dit vertaal?

Gloudina
Re: 'n Kat in 'n leë huis. Wislawa Szymborska [boodskap #37702 is 'n antwoord op boodskap #37685] Di, 12 Desember 2000 11:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Freddie Marais  is tans af-lyn  Freddie Marais
Boodskappe: 6
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
Pragtig.

Ek kan nie die digter nie, maar tensy dit iemand is wat in Afrikaans skryf,
is die vertaling skitterend gedoen.

Dankie en nog later.

Freddie

Sandra Nortje skryf in boodskap news:3a3532df.0@news1.mweb.co.za...
> (Daar moet so 'n strepie deur die 'l' en ek weet nie waar om dit te kry
> nie...
>
> Freddie, dalk vind jy die ook mooi:
>
> 'n Kat in 'n leë huis
>
> Doodgaan - dit doen jy 'n kat nie aan nie.
> Want wat moet 'n kat
> in 'n leë huis doen.
> Teen die mure oploop.
> Langs die meubels vryf.
> Sogenaamd niks veranderd nie,
> maar alles tog anders.
> Sogenaamd niks verplaas nie,
> maar tog alles opsy geskuif.
> En saans skyn die lamp nie meer nie.
>
> Voetstappe op die trap,
> maar nie die voetstappe nie.
> Die hand wat die vis op die bord lê
> is ook nie die hand wat dit gedoen het nie.
>
> Iets begin hier nie
> op die gewone tyd nie.
> Iets gaan hier nie
> soos dit hoort nie.
> Iemand was altyd hier
> verdwyn toe plotseling
> en bly koppig weg.
>
> In alle kaste gekyk.
> Alle planke afgedraf.
> Onder die tapyt gekruip en seker gemaak.
> Selfs die verbod getrotseer
> en papiere rondgestrooi.
> Wat is daar meer te doen.
> Slaap en wag.
>
> As hy sou terugkom,
> hom nou vertoon,
> dan sal hy dit weet:
> so gaan jy nie met 'n kat om nie.
> Na hom toe loop
> asof met die grootste teësin,
> op dooie gemak,
> op diep beledigde pote.
> En om mee te begin niks geen gepiep en gespring nie.
>
Re: 'n Kat in 'n leë huis. Wislawa Szymborska [boodskap #37712 is 'n antwoord op boodskap #37702] Di, 12 Desember 2000 17:48 Na vorige boodskap
Sandra Nortje  is tans af-lyn  Sandra Nortje
Boodskappe: 23
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Dankie, vir die kompliment, Freddie, maar ek kan dalk net die helfte van die
krediet kry (indien soveel). Ek het dit uit Nederlands vertaal, vertaling
uit Pools was deur Gerard Rasch.

Freddie Marais skryf in boodskap news:3a364dde.0@news1.mweb.co.za...
> Pragtig.
>
> Ek kan nie die digter nie, maar tensy dit iemand is wat in Afrikaans skryf,
> is die vertaling skitterend gedoen.
>
> Dankie en nog later.
>
> Freddie
>
> Sandra Nortje wrote in message
> news:3a3532df.0@news1.mweb.co.za...
>> (Daar moet so 'n strepie deur die 'l' en ek weet nie waar om dit te kry
>> nie...
>>
>> Freddie, dalk vind jy die ook mooi:
>>
>> 'n Kat in 'n leë huis
>>
>> Doodgaan - dit doen jy 'n kat nie aan nie.
>> Want wat moet 'n kat
>> in 'n leë huis doen.
>> Teen die mure oploop.
>> Langs die meubels vryf.
>> Sogenaamd niks veranderd nie,
>> maar alles tog anders.
>> Sogenaamd niks verplaas nie,
>> maar tog alles opsy geskuif.
>> En saans skyn die lamp nie meer nie.
>>
>> Voetstappe op die trap,
>> maar nie die voetstappe nie.
>> Die hand wat die vis op die bord lê
>> is ook nie die hand wat dit gedoen het nie.
>>
>> Iets begin hier nie
>> op die gewone tyd nie.
>> Iets gaan hier nie
>> soos dit hoort nie.
>> Iemand was altyd hier
>> verdwyn toe plotseling
>> en bly koppig weg.
>>
>> In alle kaste gekyk.
>> Alle planke afgedraf.
>> Onder die tapyt gekruip en seker gemaak.
>> Selfs die verbod getrotseer
>> en papiere rondgestrooi.
>> Wat is daar meer te doen.
>> Slaap en wag.
>>
>> As hy sou terugkom,
>> hom nou vertoon,
>> dan sal hy dit weet:
>> so gaan jy nie met 'n kat om nie.
>> Na hom toe loop
>> asof met die grootste teësin,
>> op dooie gemak,
>> op diep beledigde pote.
>> En om mee te begin niks geen gepiep en gespring nie.
>>
>
Vorige onderwerp: "Inkosi Jesu" deur RAE TOMLIN
Volgende onderwerp: "Skouspel" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 15:24:57 MGT 2024