Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "stokperdjie 1948-1994" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
"stokperdjie 1948-1994" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #37649] Vr, 08 Desember 2000 17:46 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

stokperdjie 1948-1994

CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX


eers het ons vry gegroei
ons nuwe takke uitgesprei
albei se kroon kordaat
het na lig gereik
in simbiose het ons saam
binne die bos gestaan
blyplekke vir sonvoëls
nesse vol skaduwee

een nag voel ek jou takke
skuur teenaan my nerf
ek het my mes getrek
die beenwit hef gevat
jou donker vingers begin kerf
net ligweg eers
en toe jou sap uitdrup
later heel ligtelik

nou lyk jy mooi my kind
jou handjiesvoetjies opgebind
japsnoetboompie
wat binne perke bly
en ek slaap houtgerus
my klein en bruin bonsai
Re: "stokperdjie 1948-1994" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #37651 is 'n antwoord op boodskap #37649] Sa, 09 Desember 2000 07:09 Na vorige boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
kak gedig
gepos deur 'n kak mens

skryf in boodskap news:3A311EAA.E4212DB3@home.com...

stokperdjie 1948-1994

CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX

eers het ons vry gegroei
ons nuwe takke uitgesprei
albei se kroon kordaat
het na lig gereik
in simbiose het ons saam
binne die bos gestaan
blyplekke vir sonvoëls
nesse vol skaduwee

een nag voel ek jou takke
skuur teenaan my nerf
ek het my mes getrek
die beenwit hef gevat
jou donker vingers begin kerf
net ligweg eers
en toe jou sap uitdrup
later heel ligtelik

nou lyk jy mooi my kind
jou handjiesvoetjies opgebind
japsnoetboompie
wat binne perke bly
en ek slaap houtgerus
my klein en bruin bonsai
Vorige onderwerp: Digter mer Russiese of Oos -Europese naam?
Volgende onderwerp: "Inkosi Jesu" deur RAE TOMLIN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 14:20:59 MGT 2024