Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Royleen
Royleen [boodskap #3679] Sa, 17 Januarie 2004 20:18 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Royleen se verlof behoort nou einde se kant toe te staan.
Sy het vir my 'n kersboom gestuur oor Kersfees
en ek dink nie dat sy my boodskap ontvang het nie.
Eintlik is dit tyd dat sy hier instap.

DD
Re: Royleen [boodskap #3691 is 'n antwoord op boodskap #3679] So, 18 Januarie 2004 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:...
> Royleen se verlof behoort nou einde se kant toe te staan.
> Sy het vir my 'n kersboom gestuur oor Kersfees

Ons het vrae oor hieride boodskap. Was dit 'n versierde boom? Het die
poswerker baie gesukkel om dit af te lewer? En was dit 'n inheemse
Afrika boom? :-)

Lorinda
Re: Royleen [boodskap #3693 is 'n antwoord op boodskap #3691] So, 18 Januarie 2004 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> En was dit 'n inheemse Afrika boom? :-)

Um...jy bedoel soos 'n Port Jackson?
;-)))
Re: Royleen - dieBoom.jpg (0/1) [boodskap #3695 is 'n antwoord op boodskap #3691] So, 18 Januarie 2004 18:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Jan 2004 06:50:09 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> DD skryf in boodskap news:...
>> Royleen se verlof behoort nou einde se kant toe te staan.
>> Sy het vir my 'n kersboom gestuur oor Kersfees
>
> Ons het vrae oor hieride boodskap. Was dit 'n versierde boom? Het die
> poswerker baie gesukkel om dit af te lewer? En was dit 'n inheemse
> Afrika boom? :-)
>
> Lorinda


'n regte Sonneratia, Lorinda. Met liggies aan...
wat skyn! So lyk dit.

ns
Verlede keer moes ek jpg's vir jou gif's maak.
Hoop jy kan die boom uitcheck:-)
Re: Royleen [boodskap #3711 is 'n antwoord op boodskap #3693] Ma, 19 Januarie 2004 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...

>
> Um...jy bedoel soos 'n Port Jackson?
> ;-)))

LOL! EK sien nou eers hierdie boodskap. Dis reg, presies soos 'n Port Jackson...:-))

Lorinda
Re: Royleen [boodskap #3715 is 'n antwoord op boodskap #3691] Ma, 19 Januarie 2004 23:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobbys...  is tans af-lyn  bobbys...
Boodskappe: 6
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) skryf in boodskap news:...
> DD skryf in boodskap news:...
>> Royleen se verlof behoort nou einde se kant toe te staan.
>> Sy het vir my 'n kersboom gestuur oor Kersfees
>
> Ons het vrae oor hieride boodskap. Was dit 'n versierde boom? Het die
> poswerker baie gesukkel om dit af te lewer? En was dit 'n inheemse
> Afrika boom? :-)

Djulle skinner alweer van my!!! Ja-nee, Bob's terug by die werk, en
ek keer môre terug na die soutpan. Lekker vakansie gehou, baie werk
aan die huis gedoen, en nou selfs air conditioning gekry! Vir die
eerste keer in tien jaar is ek oor die lang vakansie betaal, omdat ek
na dieselfde skool terugkeer. Ai, ek het vergeet hoe ver mens so 'n
ekstra bietjie geld kan laat rek. Die weer hier in Brissie was
ongelooflik warm en humid - 40 grade Celsius en bo 80% humiditeit.
Ons het gesukkel totdat ons die groot stap geneem het - nou weet ons
nie hoe ons laas somer oorleef het sonder AC nie. Vandag is dit nou
weer koeler, en ons het selfs lekker reën gehad. Iets waaraan ons nie
baie gewoond is nie - mensig, julle moet die spulletjie op 'n nat pad
sien. Julle sal dit nie glo nie - almal kruip seker so teen 40km.
Seker om die nattigheid te bewonder.

En nee, Lorinda, dit was 'n inheemse Australiese boom, genaamd
"Drunken Parrot Tree"! Iets soos die Maroela boom - die pappegaaie
eet die vrugte en word so bietjie lig in die kop... en dan laat hulle
jou nooit weer alleen nie. Net soos koalas in 'n bloekomboom. Moenie
die vrugte eet nie, Didi! Ek het vergeet om te waarsku! (Ek het jou
boodskap gekry, DD)

Okei, ek moet nou na die veearts toe, die katte dryf my teen die mure
op hier - ek het hulle vasgevang in die laundry, anders kry ek hulle
nooit in die hande vir hulle jaarlikse inspuitings nie. En hulle
skree nou behoorlik. Praat weer later.

Royleen (sorry, Roely, ek het vergeet om voorheen te antwoord - woon
in wonderlike Brisbane, Australië).
Re: Royleen [boodskap #3716 is 'n antwoord op boodskap #3715] Ma, 19 Januarie 2004 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"R." skryf in boodskap news:e6d2b265.0401191512.7d4a7ddb@posting.google.com...

> En nee, Lorinda, dit was 'n inheemse Australiese boom, genaamd
> "Drunken Parrot Tree"! Iets soos die Maroela boom - die pappegaaie
> eet die vrugte en word so bietjie lig in die kop... en dan laat hulle
> jou nooit weer alleen nie. Net soos koalas in 'n bloekomboom. Moenie
> die vrugte eet nie, Didi! Ek het vergeet om te waarsku! (Ek het jou
> boodskap gekry, DD)

LOL! Wat 'n wonderlike naam vir die boom! En daai beeld van al die dronk
pappegaaie is baie snaaks; daar is mos 'n uitdrukking in Engels "drunk as a
parrot" dit is seker waar dit vandaan kom.
Alles van die beste met die katte se inspuitings, hoeveel van hulle het jy?

Lorinda
Re: Royleen [boodskap #3721 is 'n antwoord op boodskap #3715] Di, 20 Januarie 2004 03:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
bobbys...@hotmail.com (R.) wrote:

> Djulle skinner alweer van my!!!

As dit gehelp het om jou weer hier te kry, dan gaan ons elke dag van
jou skinner!! ;-)
Hi Royleen!! ;-)
Van katte en verkiesings [boodskap #3725 is 'n antwoord op boodskap #3716] Di, 20 Januarie 2004 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobbys...  is tans af-lyn  bobbys...
Boodskappe: 6
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:...
> "R." wrote in message
> news:e6d2b265.0401191512.7d4a7ddb@posting.google.com...
>
> LOL! Wat 'n wonderlike naam vir die boom! En daai beeld van al die dronk
> pappegaaie is baie snaaks; daar is mos 'n uitdrukking in Engels "drunk as a
> parrot" dit is seker waar dit vandaan kom.
> Alles van die beste met die katte se inspuitings, hoeveel van hulle het jy?
>
> Lorinda

Ja-nee, die Aussies is goed met hulle uitdrukkings, nè Katryn? Jy
onthou mos nog die poskaarte? Ek het drie Siamese - en het hulle 'n
lawaai gemaak. Hulle praat gelukkig nou glad nie met my nie. 'n
Thermometer in jou agterent is seker ook nie 'n plesier nie... Maar
hulle is gelukkig en gesond - gewoonlik!

Hei, Katryn, wie de hek is John Kerry? Nie veel publisiteit hier
gekry nie. Bietjie van 'n verrassing. Wie ondersteun jy? Ons het al
ons verkiesings hierdie jaar - Council, State en Federal. Mensig, ons
word nou allerhande wonderlik dinge belowe - en sal dit nie wonderlik
wees as net 10% van die beloftes gehou word nie. Ons het hoeka so 'n
stelletjie afgetrap met die Council hierdie vakansie - blerrie stupid
mense. Hulle beleid is mos om mense aan te stel wat nie kan dink nie,
net reëls volg blindelings. Ai, die lewe sou ook baie meer eenvoudig
wees as mense net 'n bietjie common sense kan gebruik. Ek sal hulle
wys - my stemmetjie kan dalk net 'n verskil maak...

Genoeg - ek moet myself voorberei vir die terug skool toe vergaderings
môre. Ses uur se sit op jou agterent... nou begin ek meer simpatie
vir die katterasies kry.

Royleen
Re: Van katte en verkiesings [boodskap #3739 is 'n antwoord op boodskap #3725] Di, 20 Januarie 2004 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Jan 2004 01:50:18 -0800, bobbys...@hotmail.com (R.) wrote:

>
> Genoeg - ek moet myself voorberei vir die terug skool toe vergaderings
> môre. Ses uur se sit op jou agterent... nou begin ek meer simpatie
> vir die katterasies kry.
>
> Royleen


Royleen vroumens, dis lekker om jou weer tuis te hê.
Wanneer jy klaar is met daardie vergaderings en ses
uur se sit op jou agterent, kom sit 'n ander ses uur op
jou agterent by die rekenaar, en vertel ons van die
vergaderings, die vakansie, die warm weer in Brisbane,
die nat paaie, die lekker lugversorger, die mooi voëls
wat daar om jou swembad paradeer, jou en Bob se bikes,
àlles, ons het bàie om op te maak.


jou wrintiewaar die nimlike

Didi
Re: Royleen [boodskap #3743 is 'n antwoord op boodskap #3715] Di, 20 Januarie 2004 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"R." skryf in boodskap news:e6d2b265.0401191512.7d4a7ddb@posting.google.com...
>
> Djulle skinner alweer van my!!! >

"Skinner" moest ik even opzoeken in de woordenlijst : = skinder :
kwaadspreken. Weer wat geleerd.

> Royleen (sorry, Roely, ek het vergeet om voorheen te antwoord - woon
> in wonderlike Brisbane, Australië).

Dankie vir die antwoord Royleen!

Roely
Re: Van katte en verkiesings [boodskap #3750 is 'n antwoord op boodskap #3725] Wo, 21 Januarie 2004 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
bobbys...@hotmail.com (R.) wrote:

> Ja-nee, die Aussies is goed met hulle uitdrukkings, nè Katryn? Jy
> onthou mos nog die poskaarte?

Natuurlik!! Ek het dit nogsteeds hier iewers in my lessenaar se laai.
Ja, julle is werklik baie goed met uitdrukkings!!
Dit gaan nou eers lekker hier word, noudat ons ook 'n Ozzie op die
groep het! ;-)

> Hei, Katryn, wie de hek is John Kerry? Nie veel publisiteit hier
> gekry nie. Bietjie van 'n verrassing. Wie ondersteun jy?

Ek ondersteun juis vir John Kerry!! ;-)

Terloops, skuus aan almal dat ek so bietjie stiller (as gewoonlik) is,
maar dit gaan nogal dol op die oomblik.
As ek wegraak vir langerige rukke, moenie te bly raak nie, hoor!!
;-)
Re: Van katte en verkiesings [boodskap #3752 is 'n antwoord op boodskap #3750] Wo, 21 Januarie 2004 16:23 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:5k5t005nl7q7vh6v2e23221fblh4ohtvka@4ax.com...
>
> Terloops, skuus aan almal dat ek so bietjie stiller (as gewoonlik) is,
> maar dit gaan nogal dol op die oomblik.
> As ek wegraak vir langerige rukke, moenie te bly raak nie, hoor!!
> ;-)
>

Dit sal 'n treurige dag wees as jy nie meer hier kom nie! En ons maak boonop
op jou staat vir nuus oor die verkiesings daar by julle. Ek vind altyd baie
meer by jou uit as wat ek hier in die koerante te lees kan kry. So maak
asseblief maar vir ons ook tyd :-)

Lorinda
Vorige onderwerp: Kry julle driewiele uit
Volgende onderwerp: Oor klatergoud tussen die mielies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 05:48:57 MGT 2024