Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is hierdie dalk pad woede of die polisie se mags misbruik.
Is hierdie dalk pad woede of die polisie se mags misbruik. [boodskap #37301 is 'n antwoord op boodskap #37340] Di, 28 November 2000 07:22 na volgende boodskap
DARKANGEL  is tans af-lyn  DARKANGEL
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
27/11/2000 23:19 - (SA)

Egpaar vrees vir hul lewe toe SAPD-lid glo vuurwapen op bestuurder rig
Neil de Klerk

BETHLEHEM. - Beweringe word hier ondersoek dat 'n besope polisieman in
uniform 'n motor met 'n knopkierie toegetakel, sy vuurwapen swetsend op die
motorbestuurder gerig en toe die man en sy vrou na hul huis agtervolg het.
Die onderonsie is glo daar met vuurwapens omhoog voortgesit.

Die stopstraat-bakleiery het glo voor talle omstanders in die sakekern
plaasgevind.

Dit het na bewering so erg geraak dat mnr. Rudi van Rensburg (41) se vrou
in doodsvrees uit hul motor gespring en weggehardloop het.

Insp. Santjie Pieters, polisiewoordvoerder, het gister by navraag gesê
klagte van rig van 'n vuurwapen, bestuur onder die invloed van drank en
saakbeskadiging word teen die polisieman ondersoek.

Hy het egter op sy beurt ook klagte van roekelose bestuur en rig van 'n
vuurwapen teen Van Rensburg ingedien.

'n Departementele ondersoek word gedoen, terwyl die interne
ondersoekeenheid ook reeds met 'n strafregtelike ondersoek begin het.

Van Rensburg, 'n tegnikus in die dorp, het die voorval as 'n rassistiese
aanval bestempel: "Hy het geskree ek is 'n f . . . n wit hond."

Van Rensburg sê hy het Saterdag by 'n stopteken in die sakekern stilgehou
en net weer weggetrek toe 'n polisievoertuig, wat nie by die stopteken
stilgehou het nie, voor hom ingery het.

Hy het die toeter gedruk, waarop die polisieman op sy beurt sy vuis gewys
het.

Nadat albei stilgehou het, het die polisieman uit die bakkie gespring en
sy motor drie keer met 'n knopkierie geslaan: "Hy het geskreeu hy gaan my
doodslaan en met die skerp kant van die kierie na my gesteek."

Hy sê die polisieman, wat skynbaar onder die invloed van drank was, het
sy pistool uitgepluk en dit gespan.

Hy het "waggelend" nadergekom en die vuurwapen gerig.

"My vrou, Susan, het uitgespring en weggehardloop. Ek het gedink die
skoot gaan enige tyd klap en weggejaag toe ek sien dinge ruk hand-uit."

Van Rensburg sê nadat hy sy vrou opgespoor het, het hulle op pad na hul
woonstel gesien die polisiebakkie kom agter hulle aangejaag.

Hy het sy eie vuurwapen in die woonstel gaan haal en dit gereed gehou.

Die polisieman het weer sy vuurwapen op hom gerig en gesê hy gaan hom kom
doodskiet voordat hy en kollegas daar weg is.

"My vrou is gespanne. Sy is bang vir wraak. Ek glo my lewe is in gevaar.
Ek dra my vuurwapen by my totdat die man agter tralies is."

Dir. Peter Moloi van die polisie se Oos-Vrystaatse hoofkwartier sê die
saak word deeglik ondersoek. Niemand is in hegtenis geneem nie. Die
polisieman se kant van die saak moet nog gehoor word, maar as hy skuldig is,
sal streng teen hom opgetree word.

Uit Die Volksblad ( http://news24.co.za/Die_Volksblad/Home/ ) 28/11/2000.
Wonder of dit ook die oorseese nuus kanale gaan haal.
Re: Is hierdie dalk pad woede of die polisie se mags misbruik. [boodskap #37340 is 'n antwoord op boodskap #37301] Di, 28 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja!!! Dit is sulke stories wat my skaam maak om te se ek was n polisieman
.Dit is egter die probleem vandag dat helfte van ons mag so is en daar moet
vinnig n plan gemaak moet word voor dit heeltemal hand uit ruk. Wat kan jy
verwag van n mag wat 40% ongeleterd is en die Kommesaris aangaan soos n mak
aap. Hy is nie netjies nie. Sy uniform hang ssos n sak. My gevoel is ook dat
die hoof van die polisie darem n ou polisieman moes wees wat weet wat
aangaan in die mag

Reenen van Niekerk

DARKANGEL skryf in boodskap news:8vvm41$745$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 27/11/2000 23:19 - (SA)
>
>
> Egpaar vrees vir hul lewe toe SAPD-lid glo vuurwapen op bestuurder rig
> Neil de Klerk
>
>
> BETHLEHEM. - Beweringe word hier ondersoek dat 'n besope polisieman in
> uniform 'n motor met 'n knopkierie toegetakel, sy vuurwapen swetsend op die
> motorbestuurder gerig en toe die man en sy vrou na hul huis agtervolg het.
> Die onderonsie is glo daar met vuurwapens omhoog voortgesit.
>
> Die stopstraat-bakleiery het glo voor talle omstanders in die sakekern
> plaasgevind.
>
> Dit het na bewering so erg geraak dat mnr. Rudi van Rensburg (41) se vrou
> in doodsvrees uit hul motor gespring en weggehardloop het.
>
> Insp. Santjie Pieters, polisiewoordvoerder, het gister by navraag gesê
> klagte van rig van 'n vuurwapen, bestuur onder die invloed van drank en
> saakbeskadiging word teen die polisieman ondersoek.
>
> Hy het egter op sy beurt ook klagte van roekelose bestuur en rig van 'n
> vuurwapen teen Van Rensburg ingedien.
>
> 'n Departementele ondersoek word gedoen, terwyl die interne
> ondersoekeenheid ook reeds met 'n strafregtelike ondersoek begin het.
>
> Van Rensburg, 'n tegnikus in die dorp, het die voorval as 'n rassistiese
> aanval bestempel: "Hy het geskree ek is 'n f . . . n wit hond."
>
> Van Rensburg sê hy het Saterdag by 'n stopteken in die sakekern stilgehou
> en net weer weggetrek toe 'n polisievoertuig, wat nie by die stopteken
> stilgehou het nie, voor hom ingery het.
>
> Hy het die toeter gedruk, waarop die polisieman op sy beurt sy vuis gewys
> het.
>
> Nadat albei stilgehou het, het die polisieman uit die bakkie gespring en
> sy motor drie keer met 'n knopkierie geslaan: "Hy het geskreeu hy gaan my
> doodslaan en met die skerp kant van die kierie na my gesteek."
>
> Hy sê die polisieman, wat skynbaar onder die invloed van drank was, het
> sy pistool uitgepluk en dit gespan.
>
> Hy het "waggelend" nadergekom en die vuurwapen gerig.
>
> "My vrou, Susan, het uitgespring en weggehardloop. Ek het gedink die
> skoot gaan enige tyd klap en weggejaag toe ek sien dinge ruk hand-uit."
>
> Van Rensburg sê nadat hy sy vrou opgespoor het, het hulle op pad na hul
> woonstel gesien die polisiebakkie kom agter hulle aangejaag.
>
> Hy het sy eie vuurwapen in die woonstel gaan haal en dit gereed gehou.
>
> Die polisieman het weer sy vuurwapen op hom gerig en gesê hy gaan hom kom
> doodskiet voordat hy en kollegas daar weg is.
>
> "My vrou is gespanne. Sy is bang vir wraak. Ek glo my lewe is in gevaar.
> Ek dra my vuurwapen by my totdat die man agter tralies is."
>
> Dir. Peter Moloi van die polisie se Oos-Vrystaatse hoofkwartier sê die
> saak word deeglik ondersoek. Niemand is in hegtenis geneem nie. Die
> polisieman se kant van die saak moet nog gehoor word, maar as hy skuldig is,
> sal streng teen hom opgetree word.
>
>
> Uit Die Volksblad ( http://news24.co.za/Die_Volksblad/Home/ ) 28/11/2000.
> Wonder of dit ook die oorseese nuus kanale gaan haal.
>
Vorige onderwerp: SAW in Angola?
Volgende onderwerp: Staproetes in Suid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 14:45:27 MGT 2024