Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » swak bestuurs vermoë
swak bestuurs vermoë [boodskap #37158] |
Sun, 26 November 2000 00:00  |
Davie Davis[2]
Boodskappe: 133 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kom ons gesels oor ons irritasies. Dan weet ék waar frustreer ek jòu
en jy verstaan daai kyk wat ek jou gee!
Ek vind byvoorbeeld die bestuurder wat dertig treë voor die draai,
nadat hy rééds spoed verminder het en werklik rééds begìn draai het,
en dàn eers die flikkerlig aanskakel om te wys dat hy gaan draai, byna
nét so erg as die ou wat verbysteek om onmiddelik reg voor jou, spoed
te verminder om af te draai.
Of die mens wat van baan verander en presies dieselfde tyd flikkerlig
aanskakel of selfs nàdat hy reeds in die ander baan is!
Is jy ook een van daardie bestuurders wat dink dat die flikkerlig en
stuurwiel dieselfde tyd gebruik word?
Is jy ook een van daai ouens wat in die nag as jy by my verby steek,
ligte verskerp (bright)? Hoekom doen jy dit? Wat sê jy vir my? Indien
jy sê 'hallo' is die skerp ligte wat jy van my af terug kry ook 'n
'hallo'.
Of sê jy dalk, "ek weet dat jy nog al die pad reguit ry, maar moet
asseblief nie links(regs?) swaai terwyl ek verbysteek nie? Dan sê die
skerp ligte wat jy van my af in jou truspieël terugkry, 'toemaar ek
sal nie".
Of myl na myl ry jy agter my om skielik verby te steek en dan
dieselfde spoed voor my te ry.
Of (verdomp!) so vermetel is om by die stopstraat bò op die
voetoorgangstrepe stil te hou terwyl die voetgangers om jou kar moet
stap?
Om op te krop is nie lekker nie. Ek voel sommer ligter nou.
DD
|
|
|
|
|
Re: swak bestuurs vermoë [boodskap #37257 is 'n antwoord op boodskap #37158] |
Mon, 27 November 2000 07:39  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat dink jy van die een
Jy kom aangery in 'n 2 tot 3 baan straat en die lig is vir jou rooi. Daar
staan al klaar 'n paar motors by die lig en wag maar een van die bane (die
een waarin jy ry) is oop. 'n motor wat so entjie voor jou in 'n ander baan
ry sien dit en "skiet reguit" vir die plekkie om ook heel voor by die
verkeerslig te wag.
Skakel die lig dan oor groen toe is dit dan ook die ou wat LAASTE wegtrek.
Nou wil ek graag weet hoekom het die asshole dan nou vir die voorste plek
"geskiet"
Ek dink ook dat 80% van die mense dink die nuwe mini sirkels moet hanteer
word soos die groter sirkels met die gee toe aan die ouens in die regterkant
reel. Wanneer gaan hulle besef 'n mini sirkel is presies dieselfde as 'n
stopstraat ?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 16:27:42 UTC 2025
|