Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lentereën
Lentereën [boodskap #36403] So, 12 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Sandra Nortje  is tans af-lyn  Sandra Nortje
Boodskappe: 23
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Lentereën

Vanoggend toe ek deur die tuin stap -
dit het gisteraand gereën -
kry ek daar
'n armvol varkore,
'n handjievol violette,
twee verskrompelde perskes,
vyf blare en 'n bloeisel aan dieselfde tak;
slak ge-ete aarbeie,
'n groot groen suurlemoen,
primulas wat saad skiet
en kwiksilwer in 'n kappertjieblaar.
Re: Lentereën [boodskap #36404 is 'n antwoord op boodskap #36403] So, 12 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sandra Nortje wrote:

>
> 'n groot groen suurlemoen,

Dankie, Sandra. Snaaks om te dink aan dieanderkant van die aardbol is
dit nou lente.
Hier by ons staan die bladwisselende bome
nou kaal.

Ek wil praat oor die suurlemoen. In SA
is suurlemoene meestal groterig, met
gerimpelde skil en gewoonlik geel as hulle
ryp is. Hulle lyk heeltemal anders as die
groen of geel lemmetjies wat ons hier in
Noord-Amerika kry. Hulle is suurder as
daardie suurlemoene waarmee ek groot-
geword het, en wat somtyds so soet was
dat mens dit kon eet sonder suiker, en
wat die heerlikste suurlemoensap gemaak
het. (Ek praat natuurlik nie van die
"grapefruit" (pampelmoes) nie.
Nou sien ek eendag in een van ons vrugte-
winkels wat wes-indiese vrugte het, 'n
ding wat my darem baie herinner aan die
suurlemoen waarmee ek grootgeword
het. Dit het nogal die lelike naam van
"Ugly fruit." Ek koop toe een en gaan
maak dit by die huis oop. (Was nogal
bietjie duur.) En jou waarlik, ek dink ek
het die familie van die suurlemoen gevind
waarmee ek grootgeword het.
Ek dink ek het ook die probleem van
die twee verskillende soorte waatlemoene
wat mens in SA kry, opgelos. Ons gelief-
koosde waatlemoen daar langs die Oranje-
rivier was nie die lang ding met strepe nie,
maar koeëlronde donkergroen waatlemoene,
wat soeter was as die lang vales met strepe.
Ek sien hulle nou vir die eerste keer ook
hier in die vrugtewinkels, alhoewel hulle
altyd baie klein is. Hulle word "Sugar babies"
genoem.
Dis vir my baie jammer dat koejawels nou
nie meer in SA toegelaat gaan word nie.
(Kan bestaande bome nog vrugdra, of
moet hulle uitgehaal word?) Ek sien in
die Indiese winkel waar ons samosas en
pakoras gaan koop, dat hulle groen
koejawels het wat uit Indië ingevlieg word.
Ek koop dit egter nie, want individueel is
hulle te duur en ek sal effentjies versigtig
wees met waar dit vandaan kom, siende
dat mens gewoonlik die skil ook wil eet.

Gloudina
Re: Lentereën [boodskap #36454 is 'n antwoord op boodskap #36403] Ma, 13 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Hoe ziet een koejawelboom er eigenlijk uit? En zijn vruchten? Ik kan er op
> Internet geen plaatjes van vinden en ik heb geen flauw benul over wat voor
> soort boom jullie het nou hebben.
>
>

Arthur, in Engels is dit "guava." Ek is amper sekerdat dit erens in Nederland
in 'n vrugtewinkel verkoop
sal word. Anders soek daarvoor in blikkies. Die
koejawel het baie Vitamine C, glo amper meer as
die lemoen. Dit het pitjies in die middel, maar hulle
kan ge-eet word. Daar is groenes en so 'n soort
oranje-pienk kleur. Hulle het 'n taamlike sterk reuk
as hulle vars is. Een van die geliefkoosde nageregte
in SA wanneer hulle ingemaak is, met 'n loperige
vla (English Custard) daaroor. Hulle groei nie orals
in SA nie. Hou nie van koue nagte se ryp nie,
dus kon dit byvoorbeeld nie in die Noord-Kaap
op groot skaal geplant word nie.

Gloudina
Re: Lentereën [boodskap #36455 is 'n antwoord op boodskap #36403] Ma, 13 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
krokkie[2]  is tans af-lyn  krokkie[2]
Boodskappe: 60
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het iets iewers gemis , wat is die storie met die bome.#

Thys de Wet wrote in message ...
> Nee Gloudina, koejawels sal nie meer as boom in huistuine ens geplant mag
> word nie, maar wel in kommersiële aanplantings soos in boorde op plase.
> Is ook maar 'n bietjie snaaks vir my, want Jan van Ribeeck het al Madeira
> koejawels hier van saad gekweek wat hy met hom ssamgebring het "toen hij
> naar de Caap kwam" in 1652...
> Dit herinner my aan 'n soorgelyke aksie 'n hele paar jaar gelede al om
> Sesbania uitgeroei te kry. En die spesie is toe as onkruid verklaar, maar
> dit groei nog steeds welig hier, en veral op staats/provinsiale/munisipale
> grond.
> Sal maar moet sien of hulle myne sal kom "sertifiseer" en beslag daarop gaan
> kom lê. En wat van al die ander "uitlanders" in ons tuine?
>
> Thys oppie Bos met waterbeperkings.....
>
> skryf in boodskap news:3A0EC378.2E491EA2@home.com...
>

>> Dis vir my baie jammer dat koejawels nou
> nie meer in SA toegelaat gaan word nie.
> (Kan bestaande bome nog vrugdra, of
> moet hulle uitgehaal word?)
>
Re: Lentereën [boodskap #36456 is 'n antwoord op boodskap #36403] Ma, 13 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> want Jan van Ribeeck het al Madeira
> koejawels hier van saad gekweek wat hy met hom ssamgebring het "toen hij
> naar de Caap kwam" in 1652...

Hoe verskil die Madeira koejawels van die
ander?

Gloudina
Re: Lentereën [boodskap #36457 is 'n antwoord op boodskap #36403] Ma, 13 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" schreef...
> Nee Gloudina, koejawels sal nie meer as boom in huistuine ens geplant mag
> word nie, maar wel in kommersiële aanplantings soos in boorde op plase.
> Is ook maar 'n bietjie snaaks vir my, want Jan van Ribeeck het al Madeira
> koejawels hier van saad gekweek wat hy met hom ssamgebring het "toen hij
> naar de Caap kwam" in 1652...

Hoe ziet een koejawelboom er eigenlijk uit? En zijn vruchten? Ik kan er op
Internet geen plaatjes van vinden en ik heb geen flauw benul over wat voor
soort boom jullie het nou hebben.

Groeten,
Arthur
Re: Lentereën [boodskap #36473 is 'n antwoord op boodskap #36403] Ma, 13 November 2000 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee Gloudina, koejawels sal nie meer as boom in huistuine ens geplant mag
word nie, maar wel in kommersiële aanplantings soos in boorde op plase.
Is ook maar 'n bietjie snaaks vir my, want Jan van Ribeeck het al Madeira
koejawels hier van saad gekweek wat hy met hom ssamgebring het "toen hij
naar de Caap kwam" in 1652...
Dit herinner my aan 'n soorgelyke aksie 'n hele paar jaar gelede al om
Sesbania uitgeroei te kry. En die spesie is toe as onkruid verklaar, maar
dit groei nog steeds welig hier, en veral op staats/provinsiale/munisipale
grond.
Sal maar moet sien of hulle myne sal kom "sertifiseer" en beslag daarop gaan
kom lê. En wat van al die ander "uitlanders" in ons tuine?

Thys oppie Bos met waterbeperkings.....

skryf in boodskap news:3A0EC378.2E491EA2@home.com...

>
> Dis vir my baie jammer dat koejawels nou
nie meer in SA toegelaat gaan word nie.
(Kan bestaande bome nog vrugdra, of
moet hulle uitgehaal word?)
Re: Lentereën [boodskap #36518 is 'n antwoord op boodskap #36403] Di, 14 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote: Guave dus.

> Misschien lekker voor in de bowl op verjaardagen?
>

Arthur, oppas vir die geur van die koejawel. Dit het
'n effense wilde geur, wat mense miskien kan laat
rondkyk as jy dit in die bak vrugte sit. Dis nie 'n
slegte reuk nie, maar 'n baie skerp reuk. Ek stel
voor jy eet die koejawels wat jy koop.

Gloudina
Re: Lentereën [boodskap #36519 is 'n antwoord op boodskap #36403] Di, 14 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Skunk schreef ...
> Arthur Hagen schreef...
>> Hoe ziet een koejawelboom er eigenlijk uit? En zijn vruchten? Ik kan er op
>> Internet geen plaatjes van vinden en ik heb geen flauw benul over wat voor
>> soort boom jullie het nou hebben.
>
> In Engels zeggen we "guava".
> Zie ook http://www.califmall.com/GuavaVar.html
> Heerlijke fruit, hoewel we in ZA meer de geel/rose tipe verbouwen.

Guave dus. Die heb ik in de supermarkt en bij de groenteboer hier ook wel
zien liggen. Nog nooit gekocht; ik wist niet goed wat het was en of het
lekker was. Misschien lekker voor in de bowl op verjaardagen?

Groeten,
Arthur
Re: Lentereën [boodskap #36530 is 'n antwoord op boodskap #36403] Di, 14 November 2000 07:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hoi Arthur

In Engels zeggen we "guava".

Zie ook http://www.califmall.com/GuavaVar.html

Heerlijke fruit, hoewel we in ZA meer de geel/rose tipe verbouwen.

Groetjes
Skunk

Arthur Hagen schreef in berichtnieuws
8upb64$ok9$1@news.kabelfoon.nl...
> "Thys de Wet" schreef...
>> Nee Gloudina, koejawels sal nie meer as boom in huistuine ens geplant mag
>> word nie, maar wel in kommersiële aanplantings soos in boorde op plase.
>> Is ook maar 'n bietjie snaaks vir my, want Jan van Ribeeck het al Madeira
>> koejawels hier van saad gekweek wat hy met hom ssamgebring het "toen hij
>> naar de Caap kwam" in 1652...
>
> Hoe ziet een koejawelboom er eigenlijk uit? En zijn vruchten? Ik kan er op
> Internet geen plaatjes van vinden en ik heb geen flauw benul over wat voor
> soort boom jullie het nou hebben.
>
> Groeten,
> Arthur
>
Re: Lentereën [boodskap #36690 is 'n antwoord op boodskap #36403] Vr, 17 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liza  is tans af-lyn  Liza
Boodskappe: 61
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Sekere bome mag nou nie meer aangeplant word nie bv. die Jakaranda. Nou
gaan hulle seker die hele Pretoria omploeg en ontboom!

krokkie wrote in message ...
> Ek het iets iewers gemis , wat is die storie met die bome.#
>
>
>
> Thys de Wet wrote in message ...
>> Nee Gloudina, koejawels sal nie meer as boom in huistuine ens geplant mag
>> word nie, maar wel in kommersiële aanplantings soos in boorde op plase.
>> Is ook maar 'n bietjie snaaks vir my, want Jan van Ribeeck het al Madeira
>> koejawels hier van saad gekweek wat hy met hom ssamgebring het "toen hij
>> naar de Caap kwam" in 1652...
>> Dit herinner my aan 'n soorgelyke aksie 'n hele paar jaar gelede al om
>> Sesbania uitgeroei te kry. En die spesie is toe as onkruid verklaar, maar
>> dit groei nog steeds welig hier, en veral op staats/provinsiale/munisipale
>> grond.
>> Sal maar moet sien of hulle myne sal kom "sertifiseer" en beslag daarop
> gaan
>> kom lê. En wat van al die ander "uitlanders" in ons tuine?

>> Thys oppie Bos met waterbeperkings.....

>> skryf in boodskap news:3A0EC378.2E491EA2@home.com...

>
>>> Dis vir my baie jammer dat koejawels nou
>> nie meer in SA toegelaat gaan word nie.
>> (Kan bestaande bome nog vrugdra, of
>> moet hulle uitgehaal word?)


>
Re: Lentereën [boodskap #36852 is 'n antwoord op boodskap #36403] Ma, 20 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Fri, 17 Nov 2000 22:02:24 +0200, "Liza"
wrote:

> Sekere bome mag nou nie meer aangeplant word nie bv. die Jakaranda. Nou
> gaan hulle seker die hele Pretoria omploeg en ontboom!

Nee.
Jakarandas sal net nie meer geplant mag word nie. Die wat reeds groei
mag bly staan.
Re: Lentereën [boodskap #36940 is 'n antwoord op boodskap #36403] Di, 21 November 2000 05:16 Na vorige boodskap
krokkie[2]  is tans af-lyn  krokkie[2]
Boodskappe: 60
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het iets gemis , wat is die rede

Liza wrote in message ...
> Sekere bome mag nou nie meer aangeplant word nie bv. die Jakaranda. Nou
> gaan hulle seker die hele Pretoria omploeg en ontboom!
>
>
>
>
> krokkie wrote in message ...
>> Ek het iets iewers gemis , wat is die storie met die bome.#



>> Thys de Wet wrote in message ...
>>> Nee Gloudina, koejawels sal nie meer as boom in huistuine ens geplant mag
>>> word nie, maar wel in kommersiële aanplantings soos in boorde op plase.
>>> Is ook maar 'n bietjie snaaks vir my, want Jan van Ribeeck het al Madeira
>>> koejawels hier van saad gekweek wat hy met hom ssamgebring het "toen hij
>>> naar de Caap kwam" in 1652...
>>> Dit herinner my aan 'n soorgelyke aksie 'n hele paar jaar gelede al om
>>> Sesbania uitgeroei te kry. En die spesie is toe as onkruid verklaar, maar
>>> dit groei nog steeds welig hier, en veral op staats/provinsiale/munisipale
>>> grond.
>>> Sal maar moet sien of hulle myne sal kom "sertifiseer" en beslag daarop
>> gaan
>>> kom lê. En wat van al die ander "uitlanders" in ons tuine?
>
>>> Thys oppie Bos met waterbeperkings.....
>
>>> skryf in boodskap news:3A0EC378.2E491EA2@home.com...
>
>>
>>>> Dis vir my baie jammer dat koejawels nou
>>> nie meer in SA toegelaat gaan word nie.
>>> (Kan bestaande bome nog vrugdra, of
>>> moet hulle uitgehaal word?)
>
>


>
Vorige onderwerp: Mediese Fondse
Volgende onderwerp: om die keuse te maak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:41:47 MGT 2024