Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » om die keuse te maak
om die keuse te maak [boodskap #36941] Di, 21 November 2000 06:29
Pierre Conradie  is tans af-lyn  Pierre Conradie
Boodskappe: 11
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Laat my begin om te sê ek is 'n Afrikaner, dit word al hoe meer duidelik
elke dag hier in Amerika.
Hier is soos ek dit opgesom het voordat ek en my familie DIE besluit moes
neem:
Volgens my moes ek een van 3 alternatiewe kies:

1. Bly in SA en aanvaar Afrika standaarde - word 'n Afrikaan.
As praktiserende prokureur in SA WEET ek Afrika norme veskil van myne. Dit
is nie noodwendig verkeerd nie, maar anders

2. Bly in SA en veg teen Afrika norme en standaarde.
Hier het ek geen wen gesien nie.

3. Vat my goed en loop. -
Dis wat ek gedoen het

In die jaar voordat ek SA verlaat het, het ek twee maal die hele land
deurreis. In die Kaap het ek verstaan hoekom my voorvaders 300 jaar gelede
na die land gekom het, dis die mooiste - en ek het soortvan die wêreld
deurreis. Maar die Afrika wat ek verlaat het, het geen waglyste gehad van
westerlinge wat daar wou vestig nie. Wanneer ek na verlange terugdink aan
SA, kom die waarheid net terug dat "Africa is for Africans" en dalk ook vir
Afrikane
Vorige onderwerp: Lentereën
Volgende onderwerp: Prestasies van ANC regering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 18:36:56 MGT 2024