|
|
|
|
| Re: Ons Anargis ;-)) [boodskap #3625 is 'n antwoord op boodskap #3624] |
Vr., 09 Januarie 2004 21:37   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> Wat is die nuutste oor julle verkiesings Katryn? Wie dink jy het nou die beste kans?
Volgens die media is Dean nogsteeds loshande die voorloper. Maar ons
sal sien na die eerste primaries se uitslae bekend is. Dit is
vreeslik moeilik om enigsins 'n idee te kry wat ons Dems se kanse om
die verkiesing te wen in November.
Ek weet hoe jy voel oor die rol van die media in die algemeen, en tot
'n mate stem ek met jou saam, maar hier in Amerika speel die TV en
koerante wat nou al omtrent 90% in die hande van die regse
konserwatiewes is, veral nadat die Repugs dit reggekry het om ons FCC
reëls en regulasies te omseil. Die FCC wat tot 'n mate beskerming
gebied het, juis teen hierdie tipe van misbruik en oorname.
Wat op die oomblik gebeur is die volgende:-
Daar word raporteer oor die Demokrate en die kandidate. Dean kry die
meeste dekking. Direk daarna word daar vir ons vertel van Bush se
bleddie Voodoo economics en dat ons ekonomie dan nou kamtig so
wonderbaarlik aan't hertel is. Newwermaaind dat daar ekonome dwarsoor
die wereld is wat anders sê en anders voel oor die tuimelende dollar
en die feit dat daar nogsteeds miljoene Amerikaners sonder werk sit,
en dat daar daagliks duisende jobs na die buiteland verplaas word, en
dat ons "deficit" net groter raak, en dat ons klein- klein kinders
gaan bars om die skuld af te betaal, dit alles nadat hierdie spul
idiote...ag
Okay, ek sal nou stilbly....don't get me started....
;-)))
O terloops, ek het gister probeer om vir jou 'n skakel te stuur na
moveon.org se nuutste advertensie verldtog. Maar ek dink ek het
drooggemaak. Hier is dit weer - nogal interessant! ;-)
http://bushin30seconds.org/people/
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: sarah dunant [boodskap #3646 is 'n antwoord op boodskap #3643] |
So., 11 Januarie 2004 17:09  |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Roely" wrote:
> Ik lees 'Spoorloos in Italië'. Haar laatste boek 'the birth of Venus'
> schijnt prachtig te zijn.
Ek gaan haar netnou bel om te hoor of sy dit het, en dan gaan ek dit
ook lees! Die Spoorloos in Italië klink ook baie interessant!
|
|
|
|