Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir antie gloudiena
briefie vir antie gloudiena [boodskap #35397] |
Thu, 12 October 2000 00:00 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
hennerietjie
Boodskappe: 46 Geregistreer: October 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
hellou antie gloudiena!
ai hoe skaam kry ek voor allie vreemde mense. jinne antie hoe lank
issit. agtien maande. dis hoe lank dit my sissie vat om twee bybiekies
te kry.
wa is allie mense. ek hoor die kwaai oom vannie koerant is weggejaag
internet toe. my pa sê dis oor hy in elk geval op die net lê. leef oom
leendit nog antie en wat het van oorle oom kaspaas geword.
en hoe gaan dit nog met my antie da op die rydio. ytgespaar diekant.
arrim ma' gedillag soos my pa sê. weet antie hoe lat dit my warrie.
onse oom bedjie sê mos jys dis arrimgatgyt wat eits veroorsaak. nou
slaap ek nie snags van warries nie.
ma' antie weet antie maantoe shongololo-issiebangie sê ons moet net
oomdome dra dan sal ons nie eits kry nie. my ma sê dis soos beloens en
dan bloos sy. nou virstaan ek ok hoekom die ryk kinners altyd beloens
op hille paarties het. antie shongololo-issiebangie sê ok lat oomdome
keer lat 'n mens nie anner seksoejeel verdraagbare siektes kry nie. my
ma sê dis soos wanneer 'n mens virkoue kry as jy 'n meisie soen wat jy
nie ken nie. dis nettie jou nees wat lopie.
my pa sê dit smaak hom antie shongololo het in risland geleer vir
doktir. hy sê hy wil haar vra hoe oomdome arrimgatgyt keer. ma' dit
sallie helpie want antie shongololo antwoord nie vrae nie. nie eers op
antie se rydio nie.
weet antie lat ek meer medaljis op die skoolsports gewen het as die
hele sydafrika op die oorlamse spele. oom sêm jyganniesamie sê dis
oorlat hy nie die lottou gewen het nie en oorlat ons span nie soos
sydafrika lyk nie en oorlat ons te veel atleetvoete by die spele het.
my pa sê net die bokke en oom sêm lat hom meer syp as antie shongololo.
hy sê oom sêm moet vir ons virdydelik hoelat die jammerikaanse swemspan
soos jammerika lyk. of hille atleetvoetspan. my pa sê hy moet ok vir
ons virtel hoevvil maal ietiejopi� die lottou gewen het lat hille meer
medaljis as ons kan wen al het hille nie kos in hille maag nie.
my pa sê dis tyd lat oom sêm leer lat 'n wen teen brassili� in sokker
nie 'n gouje medalje is nie. en lat 'n bofbalspan wat soos sydafrika
lyk ma' net vir holland kan wen eerder moet loop hokkie speel. al hou
oom sêm nie van hokkie nie.
ek vra of hille dan nie medaljis gee vir beloenopblaas nie. my pa sê
dan kom sydafrika loshanne eerste tweede en derde.
koebaai antie, oefen ma' met die beloens want ons is nou moeg vir
bronstige medaljes.
hennerietjie
|
|
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #35860 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Sun, 22 October 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
HW Gird wrote:
> Hierdie "skerpioene" het klopjagte uitgevoer op onder andere die SABC ...
>
Ek is bewus daarvan. Maar kan iemand my 'n bietjie
meer hiervan vertel. Ek kan nie sê dat ek teveel daarvan
in Beeld gelees het nie. Wat was die doel van die
klopjagte?
Gloudina
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #35861 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Sun, 22 October 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> al
> vryheid wat ek ken is wat ek en laf rassie by die biere se dogtir agter
> die kraalmuur geleer het
Tannie wonder of jou ma weet wat jy en Lafras agter die kraalmuurdoen. Hou
oud is die bure se dogter?
Tannie Gloudina
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #35862 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Sun, 22 October 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> ma' my pa sê as oom hansie nie kan sien lat
> brytentjie gevaarliker as oom taboe se skerpjoene is nie weet hy niks
> van rakbie af nie. amper soos antie want jille het mos net ys hokkie.
Nou vat jy ons darem in die gesig, Hennerietjie. Ons speel
mos ook rugby darem. En ons het goud vir tennis en stoei
(dink ek) en vir die triathalon en dies meer gekry.
Het julle ook skerpioene daar in Tzaneen, Hennetjie?
Tannie het daar in die Noordkaap met hulle grootgeword,
maar is nooit deur een gesteek nie. Jy moet net die nodige
maatreëls tref. As jy in die somer buite slaap, moet jy nie
jou skoene op die grond laat lê nie, maar onder die matras
instop. Ek wonder nou nog hoekom die muskiete ons
nie weggedra het in tannie se kinderdae toe ons onder
die sterrehemel elke aand buite geslaap het nie. Hier
in Kanada het ons muskietwering voor alle deure en
vensters. En as mense wat in die huis inkom, nie gou
genoeg die deur toemaak nie, maak dit vir tannie
baie senuweeagtig.
Wanneer kom jy vir tannie in Kanada kuier?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #35888 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Mon, 23 October 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Ek neem aan die "tannie-met-die-sho-sho-kleindogter" weet wie PAGAD is.
> Indien nie: Hulle is 'n Moslem organisasie bekend as People Against
> Gangsterism And Drugs, en hulle oogmerk is om die Kaapse gemeenskappe van
> die juk van bendes, bendegeweld en dwelms te bevry omdat die SA Polisiediens
> daar glo niks aan doen nie.
>
Word Pagad ook nie daarvan verdink dat dit self
die front is vir bende-aktiwiteite nie? Dat dit maar
net wil wys wie baas is op daardie turf? Wat dink
julle daar? Ondersteun jy hulle?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #35907 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Wed, 25 October 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Miskien is onse hennerietjie dalk nog 'n boetie of kind van "Trinkie der
> Burger"
Nee, ek dink nie Hennerietjie het 'n boetie nie. En sy
ma is nie Trinkie nie. Maar ek dink sy van is tog
Burger. Hy bly in Tzaneen. En sy boesemvriend se
naam is Lafras. Sy pa drink vreeslik baie, in sy
oë. Meestal op die walle van die Olifantsrivier,
as ek reg onthou.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #35965 is 'n antwoord op boodskap #35963] |
Tue, 31 October 2000 18:58 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Skunk wrote:
> Die feit dat sy iemand anders na-aap, maak dit net nog erger!!! En ek
> spandeer nog steeds nie die tyd om dit te probeer ontsyfer nie.
>
En wie bedoel jy met "sy wat iemand anders na-aap." Die
skrywer van "die briefie vir antie gloudiena" is manlik en bly
in Suid-Afrika. (Ek weet wie hy is, weet waar hy bly.) En
as ek vir Hennerietjie antwoord, doen ek dit in eenvoudige
reguit Afrikaans. So hou op met jou ou suurknol-opmerkings.
As jy nie van Hennerietjie hou nie, sit hom op jou kill-file.
En hoekom, mag ek vra, Skunk, gebruik jy 'n Engelse woord
vir jou skuilnaam op hierdie Afrikaanse nuusgroep?
Antie Gloudiena, Hennerietjie se geliefkoosde tannie.
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #36070 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Sun, 05 November 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> koebaai antie, en stier daai oom van jille se adres wat my pa sal
> pitaal om by die hys te syp
>
>
Hennerietjie, nou vra jy my 'n ding. Oor 'n paarweke het ons 'n verkiesing,
en tannie sal eers
daarna weet watter oom se adres om vir jou te
gee.
Oor twee dae het die Amerikaners 'n
verkiesing. Wat dink jou pa oor daardie
verkiesing?
Tannie Gloudina
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #36071 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Sun, 05 November 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> hellou antie,
>
> oe antie jille is in groot moeilikgeit. oom taboe enbedjie sê dis tyd
> lat kanada voor die waarkryek'nsoen koemiesie verskyn. oorlat jille ons
> doktirs en aatie mense so steel. anners moet jille ons pitaal sê oom
> taboe want ons kannie langer aansikkel met die koebaanse doktirs nie.
>
Wel, Hennerietjie, ons sal eers vir Oom Thabo
kan betaal wanneer ons die geld kry van
Amerika vir al die Kanadese dokters wat
daarnatoe wegloop. En wat daarvan as Oom
Fidel Castro vir julle begin dagvaar?
Tannie Gloudina
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #36072 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Sun, 05 November 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> hellou antie,
>
> oom hansie vannie pênelbieters sê miskien moet oom taboe gaan kyk
> hoekom lat die doktirs so wegloop. want hille karre word gesteel en
> pitymaal skiet die skelms hille sommer by die werk vrek. oom hansie sê
> assie kanadese so baie karongelikke soos ons gemaak het was hy
> lankal 'n pênelbieter daar by jille.
Hier by ons is dit die Hells Angels wat so die karresteel, Hennerietjie.
Hoe duurder die kar, hoe vinniger
word dit gesteel. En as jy vir hulle probeer vastrap,
dan blaas hulle sommer maklik 'n onskuldige restourant
op, of probeer 'n joernalis wat oor hulle rapporteer,
dood te maak.
'Tannie Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #36467 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Mon, 13 November 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> hellou my antie,
>
> jissie antie ek sallie jammerikaners nooit virstaan nie. wie gaan dit
> nou wees altyd goor of jorsie bos. ek wens hille wil nou hille maainds
> opmaak lat ek 'n slag komieks oppie tiewie kan kyk. ek sê dit syg ma'
> oom hansie van die pênnelbieters sê dit was die vorige president se
> girl.
>
Ja, Hennerietjie, een ou skryf 'n epos wat hulle
op die TV wys. Dit sê: "And then we send Carter
to other countries to watch over their elections."
Maar dinge is darem nie so erg nie. Dis maar soos
die stelsel werk. Hulle het mos nie one man one
vote vir die Amerikaanse president se verkiesing
nie, maar 'n Electoral College. Dit is nou om
kleiner state ook 'n sê te gee in die verkiesing van
die President. Ek is bevrees Bush sal in alle geval
President word, maar hy sal gesien word as
"illegitimate."
Tannie Gloudina
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #36468 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Mon, 13 November 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> hellou my antie,
>
> ek wens hille wil nou hille maainds
> opmaak lat ek 'n slag komieks oppie tiewie kan kyk. ek sê dit syg ma'
> oom hansie van die pênnelbieters sê dit was die vorige president se
> girl.
>
Nee, dis nie die vorige president waarvan jy praat
nie. Hy is nog president.
Wat dink jy van die feit dat sy vrou nou vir ses
jaar Senator Hilary gaan wees? En hulle praat al
klaar van haar as president in 2004. Veral as
ou George Smirk die volgende vier jaar president
is en die hele wêreld in die dongas laat beland.
Tannie Gloudina
|
|
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #37398 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Thu, 30 November 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> vat nou maar vir antie soe-ellen van dallas antie. jy-aar se vrou wat
> haar self so stoepid gesyp het destyds oppie tiewie. ok van teksis soos
> jorsie boes.
Hennerietjie, tannie Gloudina het nou nooit vir "Dallas" gekyk nie,so ek
kan nou nie eintlik saampraat nie. Maar dit lyk vir my die
klomp in Texas suip darem maar baie. George W het gesuip tot
hy veertig is en sy vrou vir hom vertel het hy moet kies tussen die
drank en haar.
> vat nou maar daai dimpel en preknint tjeds antie. wanner tel 'n
> preknint tjed nou en wanner nie.
Mens tel hulle in Texas waar 'n onlangse wet (geteken deurGeorge W. Bush)
voorsiening maak vir al die eventualiteite.
Die Republikeine kan nie daardie een wegpraat nie.
> en nie eens regter krieglir
> sou vir eerwaarde jessie jêksin en die anner doemkraters kon verdydelik
> hoe vryerig en geregverdig die ytverkiesing is nie antie. my pa sê die
> jammerikaners moet by oom taboe enbedjie kom leer hoe om virkiesing te
> hou.
>
Wel, die eerwaarde Jesse Jackson vind toe later uit dat
die duisende en duisende swart kiesers wat uitgekom het
om vir Albert Gore te stem, gekom het voor stembusse
waar daar nie genoeg stembriefies was nie. Of hulle is
skielik in vreeslik baie "roadblocks" voorgekeer naby die
stembusse en opgehou, sodat hulle nie betyds gekom het
om te stem nie. Nouja, al hierdie dinge kom nou so stadigaan
op die lappe, en die Republikeine se kele word so stuk stuk
afgesny. Oor twee jaar gaan hulle daarvoor betaal, net soos
hulle hierdie jaar vir die impeachment betaal het. Vra maar
vir daardie twee Republikeinse diakens van die impeachment
wat hulle poging om senator te word, verloor het.
Tannie Gloudina
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #37457 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Fri, 01 December 2000 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> ma' van stoepid gepraat antie het antie geweet lat dit nie 'n myshond
> se piepie is wat hom so lat stink nie. my pa sê daai stink kom van sy
> annale kliere af. ma' 'n myshond sal dit self nie weet nie al sê hy dit
> ok om te wys hoe stoepid hy is antie.
Hennerietjie, wat gaan met jou pa aan? Ek lees nou dat hyvir jou
beskuldig dat jy soos 'n kind dink, en hy sleep vir
Paulus ook nog daar by in . Het die drinkery daar langs die
Krokodilrivier sy brein begin aantas? Of het al die gedink
aan dimpels en chads vir hom hopeloos deurmekaar
gemaak?. Wat dink jou ma van die spulletjie?
Dit lyk vir my dit word tyd dat jy en jou ma vir tannie
hier in Kanada kom kuier, sodat julle bietjie kan wegkom
van hom af.
Tannie Gloudina
>
|
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #37877 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Sat, 16 December 2000 17:47 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hene Gloudina, ek het ook n prys gewen van Breyten,
en ek het Ferdie my huisadres gestuur, maar die arme
boek het toe ook nooit hier aangekom nie, seker maar goed
so as jy sê dis vervelig . . .
Pat
Haai, ou Hennerietjie, tannie gloudina lees nou eers jou
ou briefie hier op die nuusgroep. Ons was vir twee dae
afgesny gewees van die internet deur ons stupid kabel-
voorsiener, wat konneksies het met Excite@home, wat
in Kalifornië gesetel is. Dit lyk vir my Kalifornië se hele
elektriese sisteem is besig om in die duie te stort. As ek
nou die Kaliforniërs is, trek ek na Kanada toe, waar ons
baie elektrisiteit het vir net dertig miljoen mense. (Dis nou
wanneer daar nie 'n ysstorm kom en al die pale val om,
en dan sit ons ook sonder elektrisiteit, soos twee jaar
gelede nie.Sommige bome staan nou nog krom van al
die ys wat hulle takke afgeskeur het.)
Nee, sê maar vir jou pa hy moet die gedig skryf.
Niemand sal vir hom met Breyten kan verwar nie. Tannie
sit nou ek lees aan 'n boek wat Tannie as 'n prys gewen
het (nogal met Breyten se eie handtekening voorin), maar
dis so boring dat tannie nie verby die eerste twintig bladsye
kon kom nie. Die boek se naam is "Woordwerk."
Tannie Gloudina
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #37879 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Sat, 16 December 2000 19:17 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle Jackson wrote:
> En laat dit nou vir jou 'n les wees Glaudina! Kyk wat het dan nou
> hier gebeur terwyl jy weg was. Die aliens het ons nuusgroep
> oorgeneem!! :-(
> Dit sal nooi weer dieselfde wees nie. :-(
>
En ek dag dat dit al die tyd ek was wat as die alien
beskou was.
Gloudina
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #37880 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Sat, 16 December 2000 19:22 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
poppie wrote:
> Hene Gloudina, ek het ook n prys gewen van Breyten,
> en ek het Ferdie my huisadres gestuur, maar die arme
> boek het toe ook nooit hier aangekom nie, seker maar goed
> so as jy sê dis vervelig . . .
>
> Pat
>
Ja-nee wat, wens maar liewer dat dit nie jou
plig word om die boek te lees nie. Dis 'n
sameflansing van observasies oor ondervindinge
in Europa en verwysinge na kultuur-dinge van
Europa. Ek voel al dat hy miskien dit eers in
Frans of Engels geskryf het en dit toe in Afrikaans
vertaal het. Welkom terug. Het jou gemis.
Gloudina
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #37885 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Sat, 16 December 2000 19:48 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle Jackson wrote:
> Nou moet jy seblief op jou witperd klim, jou kappie opsit en begin
> FIGHT vir ons. En moenie weer verdwyn sonder om vir ons te waarsku
> nie.
>
Wel, ek kan nie altyd weet dat ek gaan verdwyn nie.Die Internet-bediener
waarsku mens mos nie dat jy
van die rand van die kuberwêreld gaan afval nie.
Tant Hessie met die tuitmond
>
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #39242 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Wed, 14 February 2001 03:59 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Doen jouseld 'n guns en lees die pers oor die Makgoba - as 'n akademikus het
hy, m.i., geen kredietwaardigheid nie. (Ek verwys na die debakel aan
Wits...)
skryf in boodskap news:3A89C2F3.BED5D72A@home.com...
hennerietjie wrote:
> ek wil weet wat
> beteken rinnesaans
>
> oom taboe praat aljimmers vannie afrika rinnesaans
> so antie moet asseblief vir my virdydelik wat rinnesaans beteken
Hennerietjie, jy kom vra nou vir die regte mens. Gisteraand was ekby 'n
lesing
van Dr. Makgoba. Hy is glo hoof van die Medical Research
Council of South Africa en ook lid van die African Renaissance Institute.
(Ek sien hy het 'n Ph.D. in Endokrinologie van Oxford, so hy moet 'n slim
laaitie wees, al het hy glo sy lewe begin as 'n beeswagter daar naby
Pietersburg.)
Wel, Makgoba begin toe heel voor en verduidelik hoe Cartage oor die
twee duisend jaar gelede deur die Romeinse Ryk in puin gelê is en hoe
verskeie sterk lokale Afrika-kulture veral in die laaste halfdosyn eeue deur
mense vanuit Europa verniel is, en hoeveel Afrika verloor het toe duisende
en duisende swart mense in slawerny gedwing is en na Europa en die
Amerikas geneem is.
Nou dink Dr. Makgoba dat dit goed sal wees om die mense van Afrika
en ook die swartes van die Afrika-diaspora ( dus die mense in die Karibbiese
Eilande, die VSA en Kanada veral) wakker te maak, vir hulle te laat sien
watter
skade die kolonialisme en die neo-kolonialisme aan hulle mense gedoen het,
en om 'n program te begin om al hierdie mense, in Afrika sowel as in die
Nuwe
Wêreld, wakker te maak en vir hulle aan te moedig om hulle eie kulture te
respekteer en te ontwikkel. Dit wil sê: daar moet 'n nuwe "struggle" kom
vir
die hart en siel van die mense van Afrika.
Iets wat hy gesê het wat my baie getref het: daar is mense wat swart
velle
het, maar hulle het vereuropees geraak, en hy sê mense moet daardie mense
nie
kwalik neem nie. Maar hy sê daar is ook mense wat nie swart velle het nie,
maar
wat van Afrika is en wat deel van die struggle vir die heropstanding van
Afrika
vorm.
Hy het ook iets gesê waaraan ek nooit gedink het nie. Die renaissance
van
die europese kultuur so ses sewe honderd jaar gelede, het gekom na 'n
donker
periode ( "the dark ages") en na 'n periode wat vol was van verskriklike
plae
wat
die Europese bevolking afgemaai he. Dit laat my toe dink aan hierdie dae met
die
Vigs wat Afrika so teister.
So, wanneer hulle praat van die African Renaissance program, praat
hulle
van 'n blouprint vir 'n struggle wat oor die hele Afrika gevoer moet word,
en
hulle
vra mense in ander dele van die wêreld om hulle te help. Dit is daarom dat
ons
hier in Kanada so iets het soos "Ubuntu & The African Renaissance Canada.
Incorporated." Die belangrikste taak van die mense is "to organize and
present
artistic, cultural and educational activities that promote active
participation
in the
economic renewal of Africa." Ek is trots om te sê dat een van ons seuns op
die
Board of Directors is as "legal counsel."
Tannie Gloudina
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #39243 is 'n antwoord op boodskap #35397] |
Wed, 14 February 2001 04:15 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Jonas wrote:
> Doen jouseld 'n guns en lees die pers oor die Makgoba - as 'n akademikus het
> hy, m.i., geen kredietwaardigheid nie. (Ek verwys na die debakel aan
> Wits...)
Hoekom verduidelik jy nie vir my die "debakel by Wits" nie?
Nou, wat by Wits aangegaan het, het seker politieke dimensies.
Maar 'n mens kry nie maklik 'n Ph.D. by Oxford nie, veral nie
in 'n eksakte wetenskap soos Endokronologie nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #39420 is 'n antwoord op boodskap #39417] |
Mon, 19 February 2001 09:22 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
NewsIS
Boodskappe: 10 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Gloudina skryf :
?. Die wapen-skandaal
> word deur mense uitgemaak as die skuld
> van die ANC, maar agter die hele ding
> voel ek is 'n klomp ou wit omies.
Indien dit so was sou die ANC dit beslis nie sou wou toesmeer nie.
Eerder sou daar al 2 honderd kommisies gewees het wat die "witomies"
sou ondersoek.
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:50:00 UTC 2025
|