Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Spirit se landing op Mars vanaand
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| WF [boodskap #3633 is 'n antwoord op boodskap #3631] |
Sa., 10 Januarie 2004 19:43   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> Ek kyk ook na al wat wetenskapsfiksie is, lees ontelbare wf boeke, en
> moet erken dat die meeste daarvan middelmatig of selfs ongelooflik
> sleg is. Maar elke nou en dan is daar 'n juweel, en dit maak dit alles
> die moeite werd! Wat is jou gunsteling wf boek(e) of films?
Ek stem 410% saam met jou.
Om die waarheid te sê is ek dalk meer van 'n Fantasie liefhebbers as
suiwer hard core scifi, maar ek trek ook gladnie my neus op vir lg.
nie. Inteendeel! ;-)
Oor suiwer wetenskapfiksie - nou moet ek ook lange jare terugdink,
want ek is baie uit voeling uit en het lank laas iets gelees wat die
moeite werd was. So, dalk gaan my antwoord deurmekaar klink. ;-)
Clark, Heinlein, Asimov natuurlik. Gibson ook. Jules Verne!!
Walter Jon Williams se Prayers on the Wind het ek nogal baie geniet.
Nancy Kress se Beggars in Spain ook. So ruk gelede het ek Marni van
Ian MacLeod geleen by 'n vriend, en ek wil nogal gaan kyk of daar
ander boeke van hom is, want dit was ook heel goed.
Die ander ene wat nog varserig in my geheue is, is Pat Cadigan se
Dispatches from Revolution. Baie interessant gewees. Een van daardie
alternatiewe geskiedenis politieke ondertoon boeke.
2001: A Space Odyssey is definitief een van my alltime favorites.
Op 'n heel ander vlak is die gewilde Star Wars- en selfs ook Star Trek
series. Nie alle Star Trek episodes was vir my ewe goed nie. Ek het
Jean-Luc Picard as kaptein die meeste geniet, en dan natuurlik Kathryn
Janeway ( waar die naam Katryn vandaan kom btw) ;-)
Die ander TV series wat ek tans kyk is Star Gate Sg-1, Babylon as ek
kans kry en so paar ander wat nogal heel goed is op die Sci-Fi kanaal,
maar ai die TYD.
Het jy ooit die Omni tydskrif geken? Dit was tydens my studente jare,
en ek het dit altyd verslind. Hulle het juis Frank Herbert se Dune
series daarin gehad, voordat dit so geweldig gewild begin word het.
Het jy die laaste van Dune "Children of Dune", gesien? Ek het dit
nogal baie geniet.
My geliefkoosde Fantasy skrywers is baie mainstream. Robert Jordan,
Eddings, Tokien, Terry Brooks, Martin is so paar name wat ek nou aan
kan dink. Ek was nooit juis 'n CS Lewis fan nie, en Anne McCaffrey
(?sp) is so bietjie te donker vir my soms. Ek dink ek hou basies meer
van skrywers wat neig na eutopias, en nie distopias soos Lewis.
Ek het David Eddings se nuutse boek o.a ook vir Kersfees gekry, maar
het dit nog nie gelees nie. Robert Jordan het sopas 'n nuwe
vrystelling gehad. Ek moet dit nog gaan koop. Dalk sal ek wag vir
die paperback.
Phew!! Jy het gevra!!
Nou julle beurt!!
;-))
|
|
|
|
|
|
| Re: Spirit se landing op Mars vanaand [boodskap #3638 is 'n antwoord op boodskap #3628] |
So., 11 Januarie 2004 03:33   |
Marten
Boodskappe: 11 Geregistreer: Desember 2003
|
Junior Lid |
|
|
Katryn wrote:
> Marten wrote:
>
>
>> Wel om den drommel niet!
>
>
>
> Ek erken nogal die woord "drommel" in Afrikaans ook. Ons sou praat
> van die arme drommel, bedoelende 'n sukkelaar.
> As ons 'vervlaks' of 'deksels' bedoel, soos ek aanneem jy hierbo
> bedoel, sou ons 'drommels' met 'n "s"gebruik het. Weird....;-)
Het Woordenboek der Nederlandse Taal zegt:
DROMMEL (I), znw. m. Waarschijnlijk ontleend aan mnd. drummel, klein
ineengedrongen mannetje, duivel.
Van denzelfden stam als Drom, 2de art., Dreumel enz.
1) Een wat gemoedelijker klinkend woord voor duivel. || De Hottentoos
met tacken ende riet om 't hoofft, als
drommels toegemaeckt, (stonden) in 't ronde ... met de hasegayen in de
hant, V. RIEBEEK, Dagverh. 1, 485.
De door mij gebruikte oude zegswijze slaat dus op de duivel/duvel
Marten
|
|
|
|
| Wat de drommel...;-) [boodskap #3641 is 'n antwoord op boodskap #3638] |
So., 11 Januarie 2004 15:46   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Marten wrote:
> Het Woordenboek der Nederlandse Taal zegt:
> DROMMEL (I), znw. m. Waarschijnlijk ontleend aan mnd. drummel, klein
> ineengedrongen mannetje, duivel.
> Van denzelfden stam als Drom, 2de art., Dreumel enz.
> 1) Een wat gemoedelijker klinkend woord voor duivel. || De Hottentoos
> met tacken ende riet om 't hoofft, als
> drommels toegemaeckt, (stonden) in 't ronde ... met de hasegayen in de
> hant, V. RIEBEEK, Dagverh. 1, 485.
>
> De door mij gebruikte oude zegswijze slaat dus op de duivel/duvel
Baie interessant, dankie Marten. Ek sien nou in my Afrikaanse
verklarende woordeboek (Lorinda, ek wou jou nog sê dat ek tog nou ook
'n Afrikaanse Verklarende woordeboek het. DIs 'n vreeslike ou ene met
'n geskiedenis, maar dis 'n woordeboek!!) ;-))
Enniewy, myne sê:
DROMMEL, duiwel, 'n beklaenswaardige persoon, sukkelaar.
DROMMELS, (tw)vervlaks! deksels!
-----------------------(b) treurig, ellendig
-----------------------(bw) in hoë mate, erg;
voorbeeld: hy is drommels kwaad.
Maar nou moet ek ook erken dat ek vir omtrent 25 jaar nie juis baie
nou kontak met moderne Afrikaans gehad het nie, en dit is heel
moontlik dat dit nie 'n woord is wat enigsins meer deur Afrikaanses
gebesig word nie. Dalk sal DD vir ons kan sê as hy terug is van XXXX
;-))
|
|
|
|
|
|
| Re: Wat de drommel...;-) [boodskap #3645 is 'n antwoord op boodskap #3644] |
So., 11 Januarie 2004 17:07   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Roely" wrote:
> 'Drommels' en 'om de drommel' zijn in het Nederlands in ieder geval wel
> verouderde uitdrukkingen.
Ja, Marten het dit ook genoem, so ek glo julle. Ek dink my ouderdom
onderrok het so bietjie uitgehang toe ek erken het dat ek daardie
woord herken. Dit was net vir my baie toevallig. Maar dit maak ook
nou nogal sin waarom ek dit herken het. Julle sê mos Afrikaans is 'n
argaiëse vorm van Nederlands? ;-)
En my Afrikaans is dalk nog meer argaiës as die Afrikaans wat deesdae
gepraat word. As ek vinne gehad het, het ek nou moes begin swem, want
ek voel nou soos iemand wat tuishoort in die prekambriese oersop.
;-)))
> Ik hoor geen kind 'drommels' zeggen, ze zeggen
> 'shit' , 'kut', 'fok' enzovoort. 't Is niet fraai wat ik hier schrijf, maar
> het is de waarheid ;-)
Yikes Phew!! ;-))
Nee aarde, kan ons hulle nie maar weer leer van woordjies soos drommel
nie? Amerikaners vloek nie juis nie. Nie oor die algemeen nie. Ek
dink die puriteinse inlvoed is dalk nog te sterk? Buitendien is dit
nog onwettig om te vloek in baie state, so die ouens kan tronk toe
gaan daarvoor. Maar dan kan jy ook tronk toe gaan as jy kaal slaap
in 'n hotelkamer, so....I dunno...
Hier is nog so paar wette wat in ons wetboeke hier in Georgia
opgeskryf staan. Dis geen grap nie, hoor. Ek was amper opgesluit toe
ek hoender met 'n mes en vurk wou eet!
;-))
Members of the state assembly cannot be ticketed for speeding while
the state assembly is in session.
Donkeys may not be kept in bathtubs.
No one may carry an ice cream cone in their back pocket if it is
Sunday.
Acworth: All citizens must own a rake.
Atlanta: Against the law to tie a giraffe to a telephone pole or
street lamp.
Altanta: One man may not be on another man's back.
Columbus: Can't cut off a chicken's head on Sunday.
Columbus: It is illegal to carry a chicken by it's feet down Broadway
on Sunday.
Conyers: One may not place a dead bird on a neighbor's lawn.
Dublin: Rocks may not be thrown at birds.
Dublin: A person must obtain a permit to spread rat poison.
Dublin: Persons may not wear hoods in public.
Dublin: It is illegal to play catch in any city street.
Gainesville: Chicken must be eaten with the hands.
Jonesboro: It is illegal to say "Oh, Boy."
Marietta: Though it is illegal to spit from a car or bus, citizens may
spit from a truck.
Roswell: Erotic dancing is prohibited on Sundays.
St. Mary's: No spitting on the sidewalk is permitted after dark.
Hier is nog so paar:
http://www.skrause.org/humor/stupidlaws.shtml
http://www.jamesfuqua.com/lawyers/jokes/laws.shtml
|
|
|
|
| Re: WF [boodskap #3647 is 'n antwoord op boodskap #3633] |
So., 11 Januarie 2004 17:38   |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Ek stem 410% saam met jou.
> Om die waarheid te sê is ek dalk meer van 'n Fantasie liefhebbers as
> suiwer hard core scifi, maar ek trek ook gladnie my neus op vir lg.
> nie. Inteendeel! ;-)
>
> Het jy ooit die Omni tydskrif geken? Dit was tydens my studente jare,
> en ek het dit altyd verslind.
Ek onthou Omni! Maar dit het iewers in die 90's gevou, dit het vir Ân
ruk op die Internet voortgeleef maar bestaan nie meer nie :-(
My keuses stem baie met joune ooreen, maar ek het nog nie Pat Cadigan
se
Dispatches from Revolution gelees nie, ek sal dit beslis nou doen. Ek
het ook nog nie Eddings of Jordan se nuwe boeke gelees nie.
My keuses is Clark (veral Rendezvous with Rama), Asimov, Gibson
(Neuromancer, maar ook die meeste van sy ander boeke), Bruce Sterling
(Schismatrix Plus, Difference Engine  lg was baie interessant omdat
dit 'n alternatiewe geskiedenis van die 19 eeu is, alternatiewe
ontwikkeling ens), Kim Stanley Robinson se Mars Trilogy, Brian Aldiss
(veral The Helliconia Trilogy), Neal Stephenson (veral Snow Crash).
Philip K. Dick se boeke (waarvan daar oneiendig baie is, hy het mos
"pot boilers" geskryf ) is gewoonlik baie sleg geskryf, maar baie van
hulle het iewers 'n briljante idee. Ek het so 'n rukkie terug Ân
Afrikaanse sci-fi boek gelees; Koos Kombuis se Hotel Atlantis. Dit was
nie sleg nie, maar die simboliek teen die einde was ietwat oordrewe.
Ek hou ook nogal van Ursula Le Guin, en Michael Moorcock (fantasie).
Hier is Iain M. Banks se sci-fi boeke gewild, maar ek kon nooit
eitnlik vat aan hulle kry nie. Ek hou ook van Douglas Adam en Robert
Rankin (bv Nostradamus ate my Hamster) maar dis eintlik 'n aparte
genre.
By die films sou ek Bladerunner voeg. Ek ken nie Star Gate Sg-1,
Babylon nie, ek dink nie dit wys hier nie, maar soos jy kyk ek nie
baie TV nie. Ek het wel van die BBC se produksie van Mervyn Peake se
Ghormenghast gehou.
Ek hou van die manier waarop jy jou naam gekies het!
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 20:17:39 UTC 2026
|