Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Naweekpas" deur ANTJIE KROG
"Naweekpas" deur ANTJIE KROG [boodskap #36012] Do, 02 November 2000 19:26
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

NAWEEKPAS
Antjie Krog

skutter 68474790 K
D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
het die naweek pas gekry
die eerste skurfte van geweld
reeds barsies in die kolf van sy slape
sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
skuil sy oortromme en tong
klawerkoeëls onder sy vingers
klanke van geweerloopfluite
en 'n hewige opmars van simbale oor die veld

daars 'n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
die skertsblou verdonker halt gespanne
in baretkakie saluut
vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van onrus
en veldmyne
die hele huis ruik meteens na oorlog
soggens is daar bloed aan die takke
en kry ek soms my skutter buite
sy geweer soos 'n varkblom in sy arms
sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
en keer magteloos
en pasloos terug
om met blote bestaan
‘n toekoms vir sy ondergang te bou.
Vorige onderwerp: "Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "laaste herhinneringe aan magdaleen" deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 06:55:21 MGT 2024