| "Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING [boodskap #35924] |
Vr., 27 Oktober 2000 02:24  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
LENTE IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling
Oor die koppies, uit die noorde,
waai 'n droë wind op die stad.
Later, na die donderweer,
vee die reën oor die huise se sinkdakke.
In die agterplaas hang die kristal
van die stil oggend
om die groen boom.
Die voëls sing gaatjies in die stilte.
Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.
|
|
|
|
|
|
| Re: "Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING [boodskap #35982 is 'n antwoord op boodskap #35924] |
Do., 02 November 2000 03:37  |
Nasty Quaker
Boodskappe: 72 Geregistreer: September 2000
|
Volle Lid |
|
|
Ek het begin om 'n grappige 2000-weergawe te skrywe, maar het opgehou want
dit het na 'n swartgallige stuk begin lyk.
Nasty
skryf in boodskap news:39F8E990.9D8319BE@home.com...
LENTE IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling
Oor die koppies, uit die noorde,
waai 'n droë wind op die stad.
Later, na die donderweer,
vee die reën oor die huise se sinkdakke.
In die agterplaas hang die kristal
van die stil oggend
om die groen boom.
Die voëls sing gaatjies in die stilte.
Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.
|
|
|
|