Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING
"Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING [boodskap #35924] Vr, 27 Oktober 2000 02:24 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

LENTE IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Oor die koppies, uit die noorde,
waai 'n droë wind op die stad.

Later, na die donderweer,
vee die reën oor die huise se sinkdakke.

In die agterplaas hang die kristal
van die stil oggend
om die groen boom.
Die voëls sing gaatjies in die stilte.

Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.
Re: "Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING [boodskap #35926 is 'n antwoord op boodskap #35924] Vr, 27 Oktober 2000 08:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek kyk gisteraand toe ek huistoe ry hoe pragtig die hoëveld op die
oomblik is.

Die jong grasspriete en die nuwe jong blare aan die bome is pragtig.
Dis regtig 'n "nuwe" groen, (viridiaanse groen? (- blou-groen
chroomoksiedpigment)) wat normaalweg net sowat drie weke hou. Daarna
kry ons 'n week of wat warm weer met die skerp ongefiltreerde son wat
die plante effens laat verlep. Dan verander die nuwegroen in
donkergroen en is die lente verby. Die laatmiddagson skyn deur die
rooibruin stingels van die vorige jaar se veldgras wat nie afgebrand
het nie, op die nuwegroen gras wat van onder af opskiet om vinnig te
probeer saadskiet voordat die verlep kom.

Dis in absoluut skrille kontras met hoe die hoëveld in die winter lyk -
dan seker die mees godverlate plek op die planeet,- afgebrande veld,
stowwerig en so 'n ou yspoolwinjie wat die plastieksakke en ander afval
rondwaai. Baie om oor positief te wees op die oomblik. Die veld en
tuine is mooi. Dit reen. Dit word somer.

@home.com wrote in article ...
LENTE IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Oor die koppies, uit die noorde,
waai 'n droë wind op die stad.

Later, na die donderweer,
vee die reën oor die huise se sinkdakke.

In die agterplaas hang die kristal
van die stil oggend
om die groen boom.
Die voëls sing gaatjies in die stilte.

Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.

----------
Re: "Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING [boodskap #35982 is 'n antwoord op boodskap #35924] Do, 02 November 2000 03:37 Na vorige boodskap
Nasty Quaker  is tans af-lyn  Nasty Quaker
Boodskappe: 72
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het begin om 'n grappige 2000-weergawe te skrywe, maar het opgehou want
dit het na 'n swartgallige stuk begin lyk.

Nasty

skryf in boodskap news:39F8E990.9D8319BE@home.com...
LENTE IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Oor die koppies, uit die noorde,
waai 'n droë wind op die stad.

Later, na die donderweer,
vee die reën oor die huise se sinkdakke.

In die agterplaas hang die kristal
van die stil oggend
om die groen boom.
Die voëls sing gaatjies in die stilte.

Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.
Vorige onderwerp: "Klein Siklus" deur G.A. WATERMEYER
Volgende onderwerp: "Naweekpas" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 01:54:50 MGT 2024