Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: tourists,a warning
Re: tourists,a warning [boodskap #35775 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weet jy wat moet die dokters in die staatshospitale nog doen Gloudina? Hulle
mag nie 'n pasgebore babatjie wat minder as 1kg weeg se lewe probeer red
nie - want dit kos te veel geld. Kanker behandeling moet die "basiese" wees
want chemo kos te veel geld. As daar twee mense by die hospitaal inkom, 'n
moordenaar en 'n ou wat moontlik 'n kuur van kanker kan kry bv. En die
moordenaar het die wetenskaplike gesiet, en die wetenskaplike het om voordat
hy flou geword het aan sy wonde met 'n mes beetgekry in die been. Moet die
dokters die moordenaar se lewe red, want sy kans om te oorleef is beter, die
wetenskaplike sal tien teen een daar in die gang lê en dood bloei. Jy sien
hulle moet kies tussen wie dit gaan oorleef en wie moontlik nie gaan nie.
So wat jy vir my sê is Gloudina, dat dit reg is as die regering 'n sieklike
kind met hartprobleme wegwys by hulle hospitaal, want hulle het klaar hulle
"kwota" hartoorplantings gedoen vir die maand?
Dis baie moeilik vir die dokters wat hulle 2 jaar prakties moet doen, want
hulle hande is baie keer afgekap as hulle so graag iemand wil help, maar die
regering se reels sê hulle mag nie, want die persoon gaan dit 10 teen 1 nie
maak nie. So Gloudina die regering dwing dokters om "god" te speel en te
besluit oor "human life". Wat hom dan seker soos 'n moordenaar moet voel.
Ons dokters moet elke dag hierdie besluite neem - a.g.v ons regering se
reels, maar die regering keur die doodstraf af. Dink jy nie dis ironies
nie?

Elaine

wrote

Ek was so beindruk toe ek lees dat hulle besluit het
om minder hartoorplantings in SA te doen en die geld
wat besnoei word (op die paar mense wat baie duur
hartoorplantings kry) te spandeer op algemene gesond-
heidssorg, veral vir kinders.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35776 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Maar wie de hel is ons om dit te se want jy weet mos baie beter wat hier
> aangaan in ons donnerse se land
>

En as jy nie nou ophou vloek en skel nie,
sal ek weer vir jou begin vertel wat in
jou donnerse land aangegaan het toe
die apartheidsvarke aan bewind was?
Sal ek weer begin vertel van die dokters
wat bobbejaanfetusse met keisersneë
verwyder het sodat dit in Tutu se tuin
kon opgehang word? Hoe dr. Wouter
Basson ge-eksperimenteer het op
swart mense en hulle dan uit vliegtuie
laat uitgooi het? Daar, liewe Reenen,
was mos nou volgens jou die regte
besteding van mediese fondse. As ek
jy is, bly ek liewer doodstil. Ek is nie
verbaas dat die gesondheidsdienste
in SA nou in krisis is nie. In die apartheids-
jare is net vir die paar miljoen wittes
gesorg. Nou moet daar in minder as 'n
dekade vir die ander tagtig persent
voorsiening gemaak word. En ek vertel
nog vir jou: die lede van my familie en
ons vriende het nog toegang tot goeie
mediese versorging in SA. Ek neem aan
dat hulle mediese assuransie het wat dit
dek. (Dis soos in die VSA. Die mense
wat assuransies het, word gedek deur
die HMO's. Maar daardie miljoene wat
nie assuransie het nie, het geen heenkome
nie. Daar is nie eens staatshospitale waar
mense totaal vry dienste kry nie.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35777 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in article ...

> Ek was so beindruk toe ek lees dat hulle besluit het
> om minder hartoorplantings in SA te doen en die geld
> wat besnoei word (op die paar mense wat baie duur
> hartoorplantings kry) te spandeer op algemene gesond-
> heidssorg, veral vir kinders.

Ek weer, daarenteen, voel dat die oomblik wat jy iemand 'n erkende
mediese prosedure ontsê wat die persoon se lewe kan red bloot gebasseer
op finansiële oorwegings ontneem jy die persoon sy konstitusionele reg
tot die lewe. In effek sê die konstitusie dat dit nie aanvaarbaar is
om 'n veroordeelde moordenaar se lewe te neem, ten spyte van wat hy/sy
gedoen (die konstitusionele reg tot lewe van 'n ander persoon
weggeneem) het nie, maar dat dit in orde is om 'n siek persoon sonder
meer en sonder om eers die meriete van sy saak te ondersoek, ter dood
te veroordeel. Dit wanneer 'n erkende mediese ingryping geredelik
beskikbaar is, bloot gebaseer op 'n gebrek aan geld, en dit terwyl
biljoene rande op wapentuig, oorsese bemarking en sportdeelname sonder
om te blik of te bloos bestee word.

Dis nie net hartoorplantings wat hier ter sprake is nie, dis ook ander
ingrypings soos nieroorplantings. Presies dieselfde redenasie geld ook
vir die verskaffing van antiretrovirale medikasie aan HIV-positiewe
swanger vrouens. Die feit dat dit nie verskaf word nie ten spyte van
die feit dat dit bekend is dat dit effektief werk, veroordeel die
onskuldige kind sonder meer ter dood. Dit is een van die mees
fundamentele menseregskendings in Suid Afrika vandag.

Hartoorplantings is gedoen vir mense wat dit nodig gehad het,
onafhanklik van ras of finansiële vermoëns. Daar is genoeg geld in Suid
Afrika om hart- en nieroorplantings te kan doen vir die handjievol
mense wat dit wel kan ontvang (skenkers is die beperkende faktor), en
nog vir uitstekende primôre gesondheidsorg te betaal. Die beskikbare
geld word wanbestee.
Re: tourists,a warning [boodskap #35778 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tobie wrote:

> Nou gaan daardie halfnaatjie natuurlik omdraai en sê dat dit
> maar daar by hulle ook so gaan, maar by ons was dit nooit so
> nie, nie voor 1994 nie.
> Jy weet Elaine, voor 1994 was ons land ook nooit bekend as
> 'n derde wêreld land nie

O ja, Tobie, voor 1994 was die Suid-Afrika waar tagtigpersent van die
Suid-Afrikaanse bevolking wat nie wit
was nie gebly het, 'n derde wêreld wat al hoe meer agter-
uit gegaan het. Jy het courtesy van die apartheidsregime
in 'n kunsmatige "eerste wêreld" gebly. Was jy ooit in
daardie tyd in 'n "swart hospitaal" sodat jy kon sien wat
daar aangaan?
Ek was so beindruk toe ek lees dat hulle besluit het
om minder hartoorplantings in SA te doen en die geld
wat besnoei word (op die paar mense wat baie duur
hartoorplantings kry) te spandeer op algemene gesond-
heidssorg, veral vir kinders.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35779 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Elaine wrote:

> Weet jy wat moet die dokters in die staatshospitale nog doen Gloudina? Hulle
> mag nie 'n pasgebore babatjie wat minder as 1kg weeg se lewe probeer red
> nie - want dit kos te veel geld.

Ek dink daar is riglyne vir sulke klein babetjies in baiewesterse lande. Ek weet
dat hulle navorsing gedoen
het oor die raadsaamheid van babetjies wat minder
as twee pond weeg, te probeer aan die lewe hou.
Hulle het gevind dat as die babas aan die lewe gehou
word, hulle lei aan allerhande dinge wat hulle lewens-
kwaliteit later ondraaglik maak - sommige van hulle
is blind en doof en nie heeltemal normaal gevorm
nie. Daar is 'n groot verskil teen 'n twee pond baba
se kanse en byvoorbeeld 'n baba van vier pond,
alhoewel selfs laasgenoemde se kanse op 'n normale
lewe later in die weegskaal is. Ek neem aan hier in
Kanada sal 'n dokter ook maar besluit om nie
uiterse maatreels toe te pas om elke klein 2 kg
aan die lewe te hou nie. As die baba natuurlik
die proses oorleef en groter word, is dit goed
en wel. Maar dis nie raadsaam om duisende en
duisende dollars uit te gee om so 'n klein dingetjie
aan die lewe te probeer hou nie.

Gloudina

>
Re: tourists,a warning [boodskap #35780 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Nou praat jy weer n klomp kak(ek noem somer dit nou plain).

Rooi Kruis Hospitaal, die enigste soort van sy soort in Afrika het fokkel
geld. Elke jaar moet n plaaslike radiostasie naamlik KFM geld insamel sodat
noodsaaklike aanbouings gedoen moet word. So moet nie met die kak kom nie.
Hier word niks gedoen vir kinders in die land nie. Hartoorplantings word aan
almal gedoen in Ghroote Schuur hospitaal maak nie saak watter kleur hy is
nie.

Ons Hospitale val uitmekaar. En ek se weer dit is die arm mense war daar
onder ly wat nie mediese fondse het nie. Dit is veronderstel die mense wat
gehelp moet word deur staatshospitale.

Reenen van Niekerk

skryf in boodskap news:39F022C5.E5B0B482@home.com...
Tobie wrote:

> Nou gaan daardie halfnaatjie natuurlik omdraai en sê dat dit
> maar daar by hulle ook so gaan, maar by ons was dit nooit so
> nie, nie voor 1994 nie.
> Jy weet Elaine, voor 1994 was ons land ook nooit bekend as
> 'n derde wêreld land nie

O ja, Tobie, voor 1994 was die Suid-Afrika waar tagtigpersent van die
Suid-Afrikaanse bevolking wat nie wit
was nie gebly het, 'n derde wêreld wat al hoe meer agter-
uit gegaan het. Jy het courtesy van die apartheidsregime
in 'n kunsmatige "eerste wêreld" gebly. Was jy ooit in
daardie tyd in 'n "swart hospitaal" sodat jy kon sien wat
daar aangaan?
Ek was so beindruk toe ek lees dat hulle besluit het
om minder hartoorplantings in SA te doen en die geld
wat besnoei word (op die paar mense wat baie duur
hartoorplantings kry) te spandeer op algemene gesond-
heidssorg, veral vir kinders.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35781 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in article ...
Jan wrote:

>> Ek weer, daarenteen, voel dat die oomblik wat jy iemand 'n erkende
>> mediese prosedure ontsê wat die persoon se lewe kan red bloot gebasseer
>> op finansiële oorwegings ontneem jy die persoon sy konstitusionele reg
>> tot die lewe.

> Wel, in ons moderne opset waar daar meer enmeer baie ingrypende dinge
> gedoen kan word
> op mediese gebied, word die keuses al hoe meer
> deur die beskikbaarheid van fondse gedetermineer
> (en is dit glad nie 'n kwessie van konstitusionele
> reg nie.)
> Ek dink dis in die staat van Oregon waar hulle
> 'n kwota-sisteem ingevoer het. Hulle beraam hoeveel
> geld hulle het, en stel dan die kwotas vir die
> verskillende prosedures op en die hospitaal-administrasies
> kan dan kies wat hulle wil laat doen.
> Hier in Kanada het ek al gelees dat jy nie baie hoog
> in die lys vir hartoorplantings geplaas word as jy rook
> nie. En ek stel ten volle daarmee saam. Ek glo nie dat...

Ek dink ook dat jy vir jou eie gesondheid verantwoordelikheid moet
aanvaar. Dis egter nie altyd so maklik om die besluit te moet neem nie,
veral as jy die Hippokratiese eed afgelê het. Wat as die peroon 'n
passiewe roker is (lewensmaat rook soos 'n koorsteen) of hoe besluit
mens op watter ouderdom is dit nie meer die moeite werd nie. 'n Ekstra
drie gesonde maande mag selfs vir 'n tagtigjarige en sy familie genoeg
wees om onafgehandelde sake uit te stryk. Mediese etiek behoort nie
gesien te word teen die agtergrond van die beskikbare hoeveelheid
fondse nie. Mediese etiek behoort mediese etiek te bly en die besluit
moet bloot op mediese gronde gedoen te word. Die feit dat geld
toenemend 'n rol speel beteken eintlik dat ons as samelewing faal - ons
stel eintlik baie maklik in ons alledaagse lewens geld bo selfs lewens
en geen haan kraai daarna nie.

Die feit dat daar word is korrek. Daar word selfs
van noodpersoneel by 'n ongelukstoneel verwag om dit te doen. Maar hoe
sal ons reageer as die noodpersoneel die ou persoon wat daar lê met die
pakkie sigarette so in die bosak een kyk gee en dan besluit dat dit nie
die moeite werd is om hom hospitaal toe te neem nie - die persoon is
klaar oud en rook boonop en hoekom moet geld gespandeer word om hom
terug by die huis te kry waar hy ander mense se gesondheid negatief kan
beïnvloed.

> En ek glo nog altyd dat om vir verwagtende
> moeders en hulle babas goeie primere mediese sorg
> te gee, een van die beste beleggings is wat jy kan
> doen.

Hoe definieer mens primôre sorg? Baie min kan vir die baba van 'n
HIV-positiewe moeder meer primêr wees as 'n antiretrovirale middel...
Re: tourists,a warning [boodskap #35782 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jan wrote:

> Ek weer, daarenteen, voel dat die oomblik wat jy iemand 'n erkende
> mediese prosedure ontsê wat die persoon se lewe kan red bloot gebasseer
> op finansiële oorwegings ontneem jy die persoon sy konstitusionele reg
> tot die lewe.

Wel, in ons moderne opset waar daar meer enmeer baie ingrypende dinge
gedoen kan word
op mediese gebied, word die keuses al hoe meer
deur die beskikbaarheid van fondse gedetermineer
(en is dit glad nie 'n kwessie van konstitusionele
reg nie.)
Ek dink dis in die staat van Oregon waar hulle
'n kwota-sisteem ingevoer het. Hulle beraam hoeveel
geld hulle het, en stel dan die kwotas vir die
verskillende prosedures op en die hospitaal-administrasies
kan dan kies wat hulle wil laat doen.
Hier in Kanada het ek al gelees dat jy nie baie hoog
in die lys vir hartoorplantings geplaas word as jy rook
nie. En ek stel ten volle daarmee saam. Ek glo nie dat
dit nodig is om vir 'n ouerige persoon, wat sy lewe
lank gerook het en nie na sy gesondheid gekyk het
nie, op dieselfde vlak te stel met 'n jonger persoon
wat met 'n spesifieke hart-probleem gebore is nie.
Daar sal eenvoudig net baie meer gekies en gekeur
word wat om te doen. Dis daarom ook dat die
dissipline van die mediese etiek nou so baie op die
voorgrond kom.
En ek glo nog altyd dat om vir verwagtende
moeders en hulle babas goeie primere mediese sorg
te gee, een van die beste beleggings is wat jy kan
doen.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35783 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Leef julle lekker onder julle wit regering daarso Gloudina.....ek sien nie
dat julle ooit 'n swart president gehad het nie. Dit help nie 'n mens stry
met jou nie....ek dare jou om vir 2 maande tussen die general polulation
hier te kom bly (nie in toeriste oorde nie) ek dar jou om wanneer jy hier is
elke dag uit te gaan die strate in (veral die taxi in Pretoria is 'n pyn in
die gat) en dat dare ek jou om so 12 Vrydagaand Jhb se middestad in te
vaar....dis nie so erg nie, ek was so maand terug by die Civiv Theatre in
Braamfontein, en daarna by Reality net so buite Hillbrow. Ek dare jou om
die parkies in te loop en te kyk wat lê daar rond.
Gloudina as jy al die goed doen is jy weer binne 'n week terug in Kananda ek
belowe jou. Alles gaan agteruit en die regering wat in hulle lekker
gepantserde huisies bly en karretjies ry, met hulle lyfwagte en all, voel 'n
veer want al hierdie dinge raak hulle nie. So hulle gee net nog geld uit op
oorsese vakansies en nuwe karre. Selfs die swartes moan dit het darem baie
beter gegaan toe die NP aan bewind was, want toe het hulle minstens werk
gehad, dit was veiliger - hulle kon op 'n trein klim sonder om te worry dat
'n 12-jarige seun sy hande voor (of onder) haar rok indruk opsoek na geld.
Vanderbijlpark se munisipaliteit is bankrot..hulle het besluit om op te hou
geld te spandeer op "non life threatening services" een van dit is die paaie
se instandhouding. Sou jy sê 'n stukkende robot is nie life threatening
nie? Sasolburg se munisipaliteit in R3 miljoen belê in 'n reeds bankrot
bank. (The African Bank) Die ANC het 'n boikot van alle "WIT" besighede in
Sasolburg begin, dit gaan 'n week lank al so aan. Hoekom? Want hulle is
moerig oor daai swart man, wat deur die wit ou vermoor is. Dis mos nie die
ander wittes se skuld nie, maar steeds target hulle die wit besighede oor
een ou se fout.
Ons ou regering was verkeerd, ja ek stry dit nie vir 'n oomblik nie. Maar
dis nog steeds 'n feit dat dit al hoe slegter en slegter raak, en dit kan jy
dit nie meer op die "apartheidsvarke" blameer nie, Ons huidige regering
steel geld, hulle budgets word nie reg uitgewerk nie, hulle belê die dorpe
se geld in bankrot sake, ens. Toe die regering onlangs afkondig dat hulle
teen die jaar 2005 al die munisipaliteite in die land geprivatiseer wil hê.
Het die SWART munisipaliteitswerkers gestaak. Hoekom? Want nou sal hulle
eweskielik moet werk en nie meer op die sypaadjies kan lê en slaap nie, soos
jy deesdae oorals sien.
Jy KAN NIE meer die ou regering blameer vir alles nie Gloudina. Dis nie
deur hulle toe doen dat ons land nou in sy moer is nie, maar alleen deur die
huidige regering wat aan die swart mense vertel het alles gaan nou in 'n
skote val. Die gravy trein het by die laaste stasie gaan staan. En nou is
hulle volgelinge kwaad en hulle sal wys hoe kwaad hulle is, deur moord,
verkragtig en diefstal. So maklik soos dit.

Elaine

wrote:

En SA het ook een van die mees repressiewe regimesin die moderne wêreld
gehad. So baie om op trots te
wees.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35784 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jan wrote:

> of hoe besluit
> mens op watter ouderdom is dit nie meer die moeite werd nie. 'n Ekstra
> drie gesonde maande mag selfs vir 'n tagtigjarige en sy familie genoeg
> wees om onafgehandelde sake uit te stryk.

Ek dink jy begin nou bietjie akademies argumenteer.Ek dink jy sal jou
verbaas as jy weet watter tipe
besluite dokters moet maak. Onlangs het ek 'n
galblaasoperasie ondergaan. Toe ek die dokter
vra of dit nou nodig is om die galblaas te verwyder
na net een aanval, toe sê hy vir my liewer nou as
wanneer ek ouer is. En hy vertel my dat hy 'n pasient
het wat oud is en vir wie hy nie eens 'n galblaas-
operasie wil aanbeveel nie, weens die kondisie
van haar hart. Volgens jou argument sou mens
nou eers vir haar 'n hartoorplanting moet gee,
en dan die galblaas-operasie, sodat sy 'n
"gesonde drie maande" moet kan kry. In
die real world werk dinge nie so nie.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35785 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dit is wat ons heeltyd se dat die mense goeie primere mediese sorg behoort
te kry,MAAR HIER GEBEUR DIT NIE. Dit is meer noodsaaklik dat alle lede van
die regering n 15% verhoging kry., dat hulle 40 miljoen se partys hou. dat n
R300 miljoen se vliegtuig gekoop moet word vir Mebeki, n minster se sewe
vrou almal n nuwe voertuig kry.

Daar is genoeg geld om te mors maar daar is nie geld vir noodsaaklike
dienste nie.

Maar wie de hel is ons om dit te se want jy weet mos baie beter wat hier
aangaan in ons donnerse se land

Reenen van Niekerk

skryf in boodskap news:39F05609.9B6F8FD2@home.com...
Jan wrote:

> Ek weer, daarenteen, voel dat die oomblik wat jy iemand 'n erkende
> mediese prosedure ontsê wat die persoon se lewe kan red bloot gebasseer
> op finansiële oorwegings ontneem jy die persoon sy konstitusionele reg
> tot die lewe.

Wel, in ons moderne opset waar daar meer enmeer baie ingrypende dinge
gedoen kan word
op mediese gebied, word die keuses al hoe meer
deur die beskikbaarheid van fondse gedetermineer
(en is dit glad nie 'n kwessie van konstitusionele
reg nie.)
Ek dink dis in die staat van Oregon waar hulle
'n kwota-sisteem ingevoer het. Hulle beraam hoeveel
geld hulle het, en stel dan die kwotas vir die
verskillende prosedures op en die hospitaal-administrasies
kan dan kies wat hulle wil laat doen.
Hier in Kanada het ek al gelees dat jy nie baie hoog
in die lys vir hartoorplantings geplaas word as jy rook
nie. En ek stel ten volle daarmee saam. Ek glo nie dat
dit nodig is om vir 'n ouerige persoon, wat sy lewe
lank gerook het en nie na sy gesondheid gekyk het
nie, op dieselfde vlak te stel met 'n jonger persoon
wat met 'n spesifieke hart-probleem gebore is nie.
Daar sal eenvoudig net baie meer gekies en gekeur
word wat om te doen. Dis daarom ook dat die
dissipline van die mediese etiek nou so baie op die
voorgrond kom.
En ek glo nog altyd dat om vir verwagtende
moeders en hulle babas goeie primere mediese sorg
te gee, een van die beste beleggings is wat jy kan
doen.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35786 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Elaine wrote:

> Ons
> matrieksertifikaat was gelykstaande aan 'n tweede jaar Kollege diploma in
> Amerika. En so gaan ons land al hoe meer en meer agteruit.

Asseblief, Elaine. Moet nie snert verkoop nie. Dis wel
waar dat 'n tweede jaar by verskillende kolleges in die
VSA drasties kan verskil wat inhoud betref. Maar die
Senior Sertifikaat in SA was maar net gelyk aan 'n
goeie Grade Twelve hier in Kanada en ook in die VSA.
(Hoe langer die ou SA nou in die skimme van die verlede
verdwyn, hoe meer spog party van julle blykbaar daar
hoe wonderlik SA was. ) Besef jy byvoorbeeld dat
om 'n B.A. of B.Sc. hier in Noord-Amerika te kry,
jy gewoonlik VIER jaar moet studeer, en nie net
drie soos in SA nie. Ook moet jy verskeie kursusse
loop en dan nog ook 'n tesis skryf vir 'n M.A. Ek
weet nie of dit nou verander het nie, maar in die ou
dae in SA het mens net 'n tesis geskryf vir jou M.A.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35787 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tobie wrote:

> onthou ons het kernbomme gehad, ons
> was ook besig om ballistiese missiele te toets by Potberg in
> die WeskaapOns het die
> mees gevorderde artillirie wapens in die wêreld gehad

En SA het ook een van die mees repressiewe regimesin die moderne wêreld
gehad. So baie om op trots te
wees. Een van die mees beskaafde besluite wat in die
Nuwe SA gedoen was, was om SA se kernbom-
kapabiliteit op te gee. So het dit by die res van die
vreedsame wêreld aangesluit. Kanada het geen kern-
bomme nie, alhoewel ons heelwaarskynlik baie gou
een kan vervaardig as ons wou. Dis nie baie ingewikkeld
nie. Maar, net soos SA nou, is ons lid van die klub wat
staan vir die nie-proliferasie van kernwapens.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35788 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

> lous wrote

> DIt help ook as die
>> infrastuktuur soos, paaie, elektrisiteit ne water voorseining betroubaar
>> is.
>

Iets wat voor 1994 nie eintlik in die
swart gebiede bestaan het nie. Jy
probeer alweer 'n SA optower waar
alles ORALS so perfek was, en nou
skielik ORALS onbetroubaar is.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35789 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Elaine wrote:

> Leef julle lekker onder julle wit regering daarso Gloudina.....ek sien nie
> dat julle ooit 'n swart president gehad het nie.

Ja, 'n swart goewerneur-generaal het ons nog nie gehad nie. Hoopdit kom nog.
Darem al swart Lieutenant-Governors. Ook nog nie
'n Eerste Nasie Goewerneur-Generaal nie. Maar op die oomblik
is ons Goewerneur-Generaal 'n vrou wat etnies Sjinees is. So ons
vorder darem. Ons GG is op die oomblik nie 'n ou wit omie nie,
iets wat tot kort gelede nog 'n foregone conclusion was.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35790 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
> Was jy ooit in
> daardie tyd in 'n "swart hospitaal" sodat jy kon sien wat
> daar aangaan?

EK was in 'n swart hospitaal en ek het gesien wat die standaarde daar
was. Weereens weet jy nie waarvan jy praat nie! EN as jy enigsins verder
dink as wat jou neus lank is - en ek skat jy het 'n baie kort een - sal
jy dan ook kan uitwerk dat enige Suid Afrikaner onder die swak hospitaal
toestande lei. Dan ook help as jy besef dat dit maak nie saak hoe veel
klinieke en hospitale jy bou as die personeel swak opgelei en/of
ongemotivverd is dan kan jy di net sowel los. DIt help ook as die
infrastuktuur soos, paaie, elektrisiteit ne water voorseining betroubaar
is.
Re: tourists,a warning [boodskap #35820 is 'n antwoord op boodskap #35392] Sa, 21 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine skryf :

> Toe ek in matriek was was daar 'n uitruilstudent wat matriek (of graad 12)
> geskryf het in Amerika en 'n A vir wiskunde gekry het.....sy kon nie die
> St.9 wiskunde eers deurkom nie.

Ek dink jy's reg, Elaine. Toe ons in Kongo skoolhou, op die Belgiese skool
met die Belgiese program, het ons eendag 'n leerling uit Kanada gekry. Hy is
getoets om te weet in watter jaar hy sal inpas. Die besluit was dat hy
eintlik minstens twee jaar agter was op ons leerlinge. Die skool het hom
egter toegelaat om die jaar waarin hy in Kanada deurgekom het, oor te doen.
Maar dit het nie gewerk nie, want sy niveau was te laag gewees. Na drie
maande het die ouers besluit hulle moet hul seun maar weer Kanada toe stuur,
want anders moes hy seker twee jaar oordoen.
Ongeveer in dieselfde periode het ons 'n seun uit Suid-Afrika gekry. Hy het
sonder probleme in die Nederlandstalige afdeling van ons skool ingepas. Sy
niveau was net so goed as ons s'n.
Ons het daaruit geleer 1. dat die Kanadese sisteem ongeveer dieselfde is as
die Amerikaanse, wat ons reeds geken het, want daar was 'n Amerikaanse skool
in Kinshasa en 2. dat die Suidafrikaanse skoolprogramme naby aan die
Belgiese lê.

Groete,

Hilda.
Re: tourists,a warning [boodskap #35821 is 'n antwoord op boodskap #35392] Sa, 21 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hulle se n mens moet ouer mense respekteer maar dit gaan maar moeilik
somtyds veral as hulle so raak.

Reenen van Niekerk

Elaine skryf in boodskap news:39f17a35.0@news1.mweb.co.za...
> Sorry oom.....ek sal nie weer nie
>
> Reenen van Niekerk wrote in message
> news:39f08ce9.0@news1.mweb.co.za...
>> Elaine
>>
>> Ek moet nou jou aanspreek. Wie is jy om van GloudinaTJIE te verskil. Jy
> moet
>> mos by die tyd weet dat die verkrampte ou suurpruim altyd reg is . Sy het
>> mos n dokters of meesters graad ia Suid Afrikanisme.
>>
>> Die arme ou siel
>>
>> Reenen van Niekerk
>>
>> skryf in boodskap news:39F07734.C0FA94E@home.com...
>>> Elaine wrote:
>>>
>>>> Ons
>>>> matrieksertifikaat was gelykstaande aan 'n tweede jaar Kollege
diploma
>> in
>>>> Amerika. En so gaan ons land al hoe meer en meer agteruit.
>>>
>>> Asseblief, Elaine. Moet nie snert verkoop nie. Dis wel
>>> waar dat 'n tweede jaar by verskillende kolleges in die
>>> VSA drasties kan verskil wat inhoud betref. Maar die
>>> Senior Sertifikaat in SA was maar net gelyk aan 'n
>>> goeie Grade Twelve hier in Kanada en ook in die VSA.
>>> (Hoe langer die ou SA nou in die skimme van die verlede
>>> verdwyn, hoe meer spog party van julle blykbaar daar
>>> hoe wonderlik SA was. ) Besef jy byvoorbeeld dat
>>> om 'n B.A. of B.Sc. hier in Noord-Amerika te kry,
>>> jy gewoonlik VIER jaar moet studeer, en nie net
>>> drie soos in SA nie. Ook moet jy verskeie kursusse
>>> loop en dan nog ook 'n tesis skryf vir 'n M.A. Ek
>>> weet nie of dit nou verander het nie, maar in die ou
>>> dae in SA het mens net 'n tesis geskryf vir jou M.A.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: tourists,a warning [boodskap #35823 is 'n antwoord op boodskap #35392] Sa, 21 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com


> Elaine wrote:
>
>> Ons
>> matrieksertifikaat was gelykstaande aan 'n tweede jaar Kollege diploma in
>> Amerika.

Kom ons keer terug na Elaine se oorspronklikestelling, wat ek in twyfel getrek
het: dat SA se
HELE matrieksertifikaat gelykstaan aan 'n tweede
jaar kolleg-diploma in die VSA. Dit baseer sy op
die feit dat die exchange student se wiskunde
kennis nie dieselfde was as grade eleven
(standerd nege) wiskunde in SA nie. Die vraag
is dus: in SA, as jy nie Wiskunde loop nie (en
ek neem aan in SA is dit nie verpligtend in die
laaste twee jaar van jou skool nie) is jou
Matrieksertifikaat dan ongeldig? In my dae
was die vereistes om in 'n Universiteit in te kom
in SA onder andere of Wiskunde of 'n derde
taal. Daar is dus baie mense wat deur die
SA skole en universiteite gaan (neem ek aan)
wat nie 'n druppel Wiskunde geneem het of
neem nie. Meet jy hulle aan dieselfde standaard
as die arme exchange student wat nou ongelukkig
nie die SA sillabus vir Wiskunde kon deurkom
(wat opgestel is spesifiek vir mense wat Wiskunde
op Universiteit moet gaan loop nie.)
My man se respons is: jy kan die situasie nie
vergelyk nie. In Noord-Amerika word wiskunde
baie meer demokraties vir baie meer studente
geleer en van baie meer studente vereis. Maar
die levels of instruction wissel baie meer, na gelang
van watter rigting die student inslaan.
In my eie situasie het ek die volgende probleem.
Ek het nooit Wiskunde in my senior sertifikaat geneem
nie (omdat dit teenoor Geskiedenis as keuse was. Ek
het Duits geneem om in die universiteit in te kom.) Ek
het wel Rekenkunde tot in Matriek geloop, nie omdat
ek wou nie, maar omdat as ek nie Rekenkunde geneem
het nie, ek iets soos Naaldwerk moes neem. (Die
skool het 'n Diploma in Huishoudkunde en 'n Diploma
in Lanbou aangebied, en die vakkekeuses was baie
beperk.) Nou lag my kinders vir my gewoonlik as ek
nie enige kennis van wiskunde het nie. En hulle kan
eenvoudig nie verstaan hoe ek deur my hoërskool kon
gaan sonder wiskunde nie.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35824 is 'n antwoord op boodskap #35392] Sa, 21 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sorry oom.....ek sal nie weer nie

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:39f08ce9.0@news1.mweb.co.za...
> Elaine
>
> Ek moet nou jou aanspreek. Wie is jy om van GloudinaTJIE te verskil. Jy moet
> mos by die tyd weet dat die verkrampte ou suurpruim altyd reg is . Sy het
> mos n dokters of meesters graad ia Suid Afrikanisme.
>
> Die arme ou siel
>
> Reenen van Niekerk
>
> skryf in boodskap news:39F07734.C0FA94E@home.com...
>> Elaine wrote:
>>
>>> Ons
>>> matrieksertifikaat was gelykstaande aan 'n tweede jaar Kollege diploma
> in
>>> Amerika. En so gaan ons land al hoe meer en meer agteruit.
>>
>> Asseblief, Elaine. Moet nie snert verkoop nie. Dis wel
>> waar dat 'n tweede jaar by verskillende kolleges in die
>> VSA drasties kan verskil wat inhoud betref. Maar die
>> Senior Sertifikaat in SA was maar net gelyk aan 'n
>> goeie Grade Twelve hier in Kanada en ook in die VSA.
>> (Hoe langer die ou SA nou in die skimme van die verlede
>> verdwyn, hoe meer spog party van julle blykbaar daar
>> hoe wonderlik SA was. ) Besef jy byvoorbeeld dat
>> om 'n B.A. of B.Sc. hier in Noord-Amerika te kry,
>> jy gewoonlik VIER jaar moet studeer, en nie net
>> drie soos in SA nie. Ook moet jy verskeie kursusse
>> loop en dan nog ook 'n tesis skryf vir 'n M.A. Ek
>> weet nie of dit nou verander het nie, maar in die ou
>> dae in SA het mens net 'n tesis geskryf vir jou M.A.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: tourists,a warning [boodskap #35825 is 'n antwoord op boodskap #35392] Sa, 21 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En wat as dit jou babatjie was wat net 1kg geweeg het? Sou jy dan ook gesê
het wat is die nut daaraan om my kind te laat leef? Hy weeg dan nou maar
net 900g.....ja wat laat hy 'n stadige en pynlike dood sterf....daar word
absoluut geen mediese sorg aan daai kindtjie gegee nie. WIE het JOU God
gemaak om te besluit oor lewe en dood?

Elaine

Gloudina skryf:

As die baba natuurlik
> die proses oorleef en groter word, is dit goed
> en wel. Maar dis nie raadsaam om duisende en
> duisende dollars uit te gee om so 'n klein dingetjie
> aan die lewe te probeer hou nie.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: tourists,a warning [boodskap #35826 is 'n antwoord op boodskap #35392] Sa, 21 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie Hilda...minstens is ek nie die enigste een wat bewus was van die
feit nie...hehehhhe. Ek wou vreeslik graag as Au Pair Holland toe gegaan
het......sou grou wou sien wat gaan daar aan, maar toe het ek mos 'n man wat
my hier hou. Ek's darem nie te vreeslik speit dat ek toe gebly het nie.

Elaine

Hilda en Gervaas wrote:

>
> Ek dink jy's reg, Elaine. Toe ons in Kongo skoolhou, op die Belgiese skool
> met die Belgiese program, het ons eendag 'n leerling uit Kanada gekry. Hy is
> getoets om te weet in watter jaar hy sal inpas. Die besluit was dat hy
> eintlik minstens twee jaar agter was op ons leerlinge. Die skool het hom
> egter toegelaat om die jaar waarin hy in Kanada deurgekom het, oor te doen.
> Maar dit het nie gewerk nie, want sy niveau was te laag gewees. Na drie
> maande het die ouers besluit hulle moet hul seun maar weer Kanada toe stuur,
> want anders moes hy seker twee jaar oordoen.
> Ongeveer in dieselfde periode het ons 'n seun uit Suid-Afrika gekry. Hy het
> sonder probleme in die Nederlandstalige afdeling van ons skool ingepas. Sy
> niveau was net so goed as ons s'n.
> Ons het daaruit geleer 1. dat die Kanadese sisteem ongeveer dieselfde is as
> die Amerikaanse, wat ons reeds geken het, want daar was 'n Amerikaanse skool
> in Kinshasa en 2. dat die Suidafrikaanse skoolprogramme naby aan die
> Belgiese lê.
>
> Groete,
>
> Hilda.
>
Re: tourists,a warning [boodskap #35827 is 'n antwoord op boodskap #35392] Sa, 21 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hilda en Gervaas wrote:

> Ons het daaruit geleer 1. dat die Kanadese sisteem ongeveer dieselfde is as
> die Amerikaanse, wat ons reeds geken het, want daar was 'n Amerikaanse skool
> in Kinshasa en 2. dat die Suidafrikaanse skoolprogramme naby aan die
> Belgiese lê.
>

Hierdie sal nogal 'n interessante bespreking wees, Hilda.
Maar kom ons begin by die begin. Daar is nie so 'n
ding soos 'n "Kanadese sisteem" nie. Elke provinsie het
sy eie kontrole oor skole. ( En in Ontario en Quebec
het hul dertien jaar skool in plaas van twaalf, soos in die
ander provinsies. Ontario is nou egter besig om oor te
slaan na 'n twaalf jaar program.) Buitendien is daar nie
so 'n ding soos eksterne eksamens nie. Elke skool
skryf sy eie eksamens. Buitendien is daar in die skole
ook nog verskillende strome. Die skool waarin my
kinders skoolgegaan het, het drie vlakke gehad. Die
wiskunde wat vereis is in die C stroom was dus
aansienlik makliker as wat in die B vlak (wat meeste
kinders geneem het) vereis was. En die A vlak was
baie moeilik, alleen aan te durf deur kinders wat baie
goed in Wiskunde was.
As jy wou weet hoe jy in Wiskunde vaar teen
die res van Kanada in Wiskunde en Fisika en Chemie
het jy gewoonlik die Universiteit van Waterloo se
spesiale eksamens geneem. In die VSA word dieselfde
sisteem rofweg gevolg. Om in universiteite daar in te
kom, neem jy diagnoserende eksamens van Princeton.
Die ander element in die diskussie: Ek weet nie of
hulle nou verander het nie, maar in die ou dae was
Wiskunde in die hoërskool nie verpligtend nie. Ek,
byvoorbeeld, was in 'n skool waar ek in Standerd Nege
en Tien moes kies tussen Wiskunde loop en Geskiedenis
loop. En omdat ek geweet het dat ek aan Universiteit
die twee skoolvakke Afrikaans en Geskiedenis wou gee,
het ek dus geen Wiskunde geloop nie. Dis ook nie van my
vereis in my Senior Onderwys Diploma wat ek aan die
Universiteit van Stellenbosch geloop het nie. Met ander
woorde, daar is 'n klomp mense met grade in die Onderwys
in SA wat absoluut geen wiskunde in hulle sisteme het
nie. (As dit nou verander het, sal ek geinteresseerd wees
om daarvan te hoor.) Maar, in die Noord-Amerikaanse
opset sal van so 'n onderwys-student wat byvoorbeeld
tale gaan gee, tog vereis word dat hy 'n eenvoudige
wiskunde kursus deurkom. Die vraag is dus: in SA
vandag, is wiskunde verplig vir alle studente en moet
hulle dus almal dieselfde vlak van wiskunde deurkom
om Matriek te skryf?
Ek het die saak aan my man gestel. Hy het kennis
van die ou Kaapprovinsie-matriek (het daarin skoolgegaan
en ook vir 'n rukkie daarin klasgegee.) Hy het as professor
van Wiskunde hier in Kanada dan ook wiskunde aan
studente gegee. Hy sê jy kan nie die saak vergelyk nie.
Hy sê die ou SA sisteem (en ook die Europese neiging)
is baie meer monolities en dogmaties, en die inhoud van
die Wiskunde sillabes is baie meer daarop gemik om
'n baie spesifieke hoeveelheid sillabus by die kinders
in te dril. Hy dink dat die Kanadese studente meer getrein
word in wiskundige denke, en nie net om 'n spesifieke
hoeveelheid sillabus deur te kom nie. Aan die universiteite
verskil die wiskunde-klasse ook volgens watter doel jy
met jou wiskunde beoog. 'n Engineer sal ander soort wiskunde
(makliker en meer toegepas) neem as die ou wat suiwer
wiskunde op nagraadse vlak wil gaan loop. Die ou wat
onderwys studeer, se wiskunde klasse aan universiteit sal
baie simpel wees (tensy hy 'n wiskunde-onderwyser wil
word, in which case hy eerste 'n graad in die wiskunde sal
moet kry, en dan 'n eenjaar onderwys-kursus loop.
Elaine, ek sou dus graag wil weet: (1) of Wiskunde verpligtend
is in SA nou- dit was nie in my dae nie. (2) Watter kursus het
jou exchange student uit die VSA aan die kollege geloop? As
daardie student 'n primere onderwys-kursus loop, dan kan
ek verstaan hoekom daardie student se wiskunde-kennis nie
uit die hoogste rakke is nie.
En Hilda, ek sou graag wou weet of Wiskunde (dieselfde vlak)
in al julle skole in die Kongo verpligtend was. En of julle nie
ook verskillende hoeveelhede wiskunde aan verskillende groepe
studente wat verskillende loopbane sou volg, aangebied het nie.


Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35835 is 'n antwoord op boodskap #35392] Vr, 20 Oktober 2000 22:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Natuurlik kan dit verskil.....julle Geskiedenis verskil van ons s'n en ook
die ekonomie, aardrykskunde, ens. Maar wiskunde is 'n universiële taal en
word ooral gepraat. Amerika se staatskole donner uit mekaar want hulle kan
nie disipline handhaaf nie.
Toe ek in matriek was was daar 'n uitruilstudent wat matriek (of graad 12)
geskryf het in Amerika en 'n A vir wiskunde gekry het.....sy kon nie die
St.9 wiskunde eers deurkom nie. Sy was in 'n staatskool gewees, en sy't vir
my gesê dat meeste van haar vraestelle in wiskunde "multiple choice" was, en
ook dat daar soms ouens is wat uit die skool "graduate" sonder dat hulle 'n
woord kan lees.
Die privaat universiteite, skole en kolleges is op 'n hoë standaard, veral
skole soos Harvard, dit stry ek nou glad nie. Ek het meer hier verwys na
julle staats onderhoude Kolleges en skole

Elaine

skryf:

> Asseblief, Elaine. Moet nie snert verkoop nie. Dis wel
> waar dat 'n tweede jaar by verskillende kolleges in die
> VSA drasties kan verskil wat inhoud betref.
Re: tourists,a warning [boodskap #35844 is 'n antwoord op boodskap #35392] So, 22 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirkie  is tans af-lyn  Dirkie
Boodskappe: 103
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee oom dit is eintlik maklik jy glimlag net as hulle omdraai.

Ek

"Reenen van Niekerk" skryf in boodskap news:39f18341.0@news1.mweb.co.za...
> Hulle se n mens moet ouer mense respekteer maar dit gaan maar moeilik
> somtyds veral as hulle so raak.
>
> Reenen van Niekerk
>
>
>
> Elaine wrote in message
> news:39f17a35.0@news1.mweb.co.za...
>> Sorry oom.....ek sal nie weer nie
>>
>> Reenen van Niekerk wrote in message
>> news:39f08ce9.0@news1.mweb.co.za...
>>> Elaine
>>>
>>> Ek moet nou jou aanspreek. Wie is jy om van GloudinaTJIE te verskil.
Jy
>> moet
>>> mos by die tyd weet dat die verkrampte ou suurpruim altyd reg is . Sy
> het
>>> mos n dokters of meesters graad ia Suid Afrikanisme.
>>>
>>> Die arme ou siel
>>>
>>> Reenen van Niekerk
>>>
Re: tourists,a warning [boodskap #35870 is 'n antwoord op boodskap #35392] Ma, 23 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
> Ek dink daar is riglyne vir sulke klein babetjies in baiewesterse lande. Ek weet
> dat hulle navorsing gedoen
> het oor die raadsaamheid van babetjies wat minder
> as twee pond weeg, te probeer aan die lewe hou.
> Hulle het gevind dat as die babas aan die lewe gehou
> word, hulle lei aan allerhande dinge wat hulle lewens-
> kwaliteit later ondraaglik maak - sommige van hulle
> is blind en doof en nie heeltemal normaal gevorm
> nie. Daar is 'n groot verskil teen 'n twee pond baba
> se kanse en byvoorbeeld 'n baba van vier pond,
> alhoewel selfs laasgenoemde se kanse op 'n normale
> lewe later in die weegskaal is

Solank dit net nie jou kind is nie ne Gloudina? Solank jy nie di eouer
van daardie kind is nie?
Re: tourists,a warning [boodskap #35872 is 'n antwoord op boodskap #35392] Ma, 23 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie opmerking is miskien bietjie uit konteks, maar mag tog relevant
wees:
Ek dink dat die uitdaging in die nuwe Suid Afrika is om die
agtergeblewe gebiede op te hef tot 'n vlak gelykstaande of digby die
bevoordeelde gebiede sonder om die voorheen bevoordeelde gebiede eers
te laat terugval tot dieselfde vlak as die agtergeblewe areas. Die
rasseskeidslyn het weggeval en heelwat voorheen benadeeldes bly nou in
die areas wat voorheen bewoon is deur die voorheen bevoordeeldes. 'n
Oneffektiewe werkswyse is om areas waar die infrastruktuur reeds
voldoende is te laat verval deur selfs minimum instandhoudingsfondse te
herkanaliseer na ander doelwitte, wat soms die agtergeblewe areas ook
uitsluit. Dis (binne perke) goedkoper om in stand te hou as om later
weer te moet heropbou.

Digby waar ek woon (binne 5 km van een van die grootste swart dorpe in
Suid Afrika) staan 'n redelik moderne (20 jaar) 1500 bed (provinsiale)
hospitaal nou reeds vir vier jaar leeg en die struktuur verval
geleidelik omdat daar nie voldoende fondse was om dit in stand te hou
nie. Dit het in die laaste jaar of twee wat dit bedryf is feitlik
uitsluitlik swart pasiente versorg en meer as 350 buitepasiënte uit die
swart gebied per dag gesien. Daar word na kopers gesoek, moontlik vir
'n private ouetehuis vir hulpbehoewende bejaardes(??!), aangesien dit
nou te duur is om dit weer in bedryf te stel, selfs as private
hospitaal. Die (enigste) hospitaal in die swart gebied is totaal
onvoldoende vir die behoefte daar...

@home.com wrote in article ...
>
>
>> lous wrote
>
>> DIt help ook as die
>>> infrastuktuur soos, paaie, elektrisiteit ne water voorseining betroubaar
>>> is.
>>
>
> Iets wat voor 1994 nie eintlik in die
> swart gebiede bestaan het nie. Jy
> probeer alweer 'n SA optower waar
> alles ORALS so perfek was, en nou
> skielik ORALS onbetroubaar is.
>
> Gloudina
>
Re: tourists,a warning [boodskap #35873 is 'n antwoord op boodskap #35392] Ma, 23 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jan wrote:

> Digby waar ek woon (binne 5 km van een van die grootste swart dorpe in
> Suid Afrika) staan 'n redelik moderne (20 jaar) 1500 bed (provinsiale)
> hospitaal nou reeds vir vier jaar leeg en die struktuur verval
> geleidelik omdat daar nie voldoende fondse was om dit in stand te hou
> nie. Dit het in die laaste jaar of twee wat dit bedryf is feitlik
> uitsluitlik swart pasiente versorg en meer as 350 buitepasiënte uit die
> swart gebied per dag gesien.

Ja, dit lyk na 'n probleem. Moet ek aanneem dat ditvir meeste van die
20 jaar van sy bestaan as hospitaal
gebruik is as 'n "wit" hospitaal.? Was meeste van die
dokters daar omdat dit voorheen 'n wit hospitaal was,
en het die hospitaal toegemaak weens gebrek aan
personeel?
Hospitaal-sluitings is ook 'n probleem hier in Kanada.
Om geld te bespaar, is net hier in Ottawa minstens drie
hospitale toegemaak. (Een word heropen as 'n plek
waar jy diagnostiese diens kry.) Twee van hulle was
egter Katolieke hospitale (en dus daar om die Frans-
sprekendes te bedien.) En dit het groot oproer ver-
oorsaak, soveel so dat hulle een weer moes heropen.
Ek vind nou die dag 'n verbasende ding uit. Ek
het twee susters. Met die een sit ek byna elke dag
(as ons tuis is hier drie tot vier uur in die middag)
en gesels op "Messenger." Die ander suster bly
op George, waarheen sy getrek het vanaf
Potgietersrus toe haar man vroeg aan 'n hartaanval
dood is. Sy is redelik welaf. Omdat haar man 'n
besigheidsman was, moes hulle altyd hulle eie
maandelikse premium voluit betaal, en dit was altyd
baie hoog. Nou sê my ouer suster vir my my jonger
suster het besluit dat sy nie meer private mediese
dekking wil betaal nie, en gaan sy vir al haar mediese
aandag na die staatshospitaal op George. Ek neem
aan dat ander van haar vriende daar dieselfde doen.
Sy sou nie die besluit in 'n vakuum gedoen het nie.
Toe my ouer suster haar vra of sy nie te lank wag
nie, toe sê sy ja somtyds, maar sy hou daarvan om
na die mense te kyk. (Sy was vantevore 'n sosiale
werkster.) Ek neem ook aan dat die staatshospitaal
in George skoon en higienies is, want sy sal anders
nie daar ingaan nie.
Ek ondervra my suster in Pretoria toe ook oor
die toestande in Pretoria. Sy sê sover sy weet is die
staatshospitaal ok. Sy gaan gewoonlik vir diens na
'n Katolieke hospitaal nader aan haar, maar het al
vir dinge na die staatshospitaal moes gaan, en dit
ok gevind. (Sy het 'n goeie mediese fonds as afgetrede
werknemer van die Provinsiale Onderwysdiens, en
sover ek kan sien, kry sy net die beste aandag op
mediese gebied. Haar mediese fonds betaal selfs
voluit vir vitamiene-inspuitings wat 'n dokter in sy
private kamers gee ('n ding wat nooit hier in Kanada
sou gebeur nie.)
Ek weet egter dat in die ou dae, toe ek nog in
SA was, die toestande in staatshospitale ook maar
nie uit die boonste rakke was nie. En in dele waar
swart mense gebly het, was die toestande soms werklik
haglik.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35874 is 'n antwoord op boodskap #35392] Ma, 23 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lous wrote:

> @home.com wrote:
>> Ek,
>> byvoorbeeld, was in 'n skool waar ek in Standerd Nege
>> en Tien moes kies tussen Wiskunde loop en Geskiedenis
>> loop.
>
> Loop? Watse afrikaans praat jy hier Glouidina??

Wel, ou Lou, as ek reg onthou het ons in Stellenboschin die ou dae gesê
"ek loop 'n vak." As jy sê "ek neem
'n vak" dan was dit, in my dae, as anglisities beskou. Ek sou
graag Thys oppie bos se opinie hieroor wil hoor.

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35875 is 'n antwoord op boodskap #35392] Ma, 23 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wolf[1]  is tans af-lyn  Wolf[1]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Junior Lid
Jan skryf in boodskap news:01c03cd4$bfe40920$80d3f09b@jan-hazen.agric.za...
> Hierdie opmerking is miskien bietjie uit konteks, maar mag tog relevant
> wees:
> Ek dink dat die uitdaging in die nuwe Suid Afrika is om die
> agtergeblewe gebiede op te hef tot 'n vlak gelykstaande of digby die
> bevoordeelde gebiede sonder om die voorheen bevoordeelde gebiede eers
> te laat terugval tot dieselfde vlak as die agtergeblewe areas.

Ek stem volkome saam met jou. Dit blyk egter nie heeltemal prakties te wees
nie.

Die
> rasseskeidslyn het weggeval en heelwat voorheen benadeeldes bly nou in
> die areas wat voorheen bewoon is deur die voorheen bevoordeeldes. 'n
> Oneffektiewe werkswyse is om areas waar die infrastruktuur reeds
> voldoende is te laat verval deur selfs minimum instandhoudingsfondse te
> herkanaliseer na ander doelwitte, wat soms die agtergeblewe areas ook
> uitsluit. Dis (binne perke) goedkoper om in stand te hou as om later
> weer te moet heropbou.

Ek stem weer saam. Ek sou dink (on 'n praktiese voorbeeld te noem) dat geen
nuwe geboue ens. by 'n bestaande hospitaal (bevoordeeld) gebou word nie. Die
hospitaal moet egter op standaard gehou word. Agtergeblewene hospitale moet
dan stelselmatig verhef word tot almal op een vlak is.

> Digby waar ek woon (binne 5 km van een van die grootste swart dorpe in
> Suid Afrika) staan 'n redelik moderne (20 jaar) 1500 bed (provinsiale)
> hospitaal nou reeds vir vier jaar leeg en die struktuur verval
> geleidelik omdat daar nie voldoende fondse was om dit in stand te hou
> nie. Dit het in die laaste jaar of twee wat dit bedryf is feitlik
> uitsluitlik swart pasiente versorg en meer as 350 buitepasiënte uit die
> swart gebied per dag gesien. Daar word na kopers gesoek, moontlik vir
> 'n private ouetehuis vir hulpbehoewende bejaardes(??!), aangesien dit
> nou te duur is om dit weer in bedryf te stel, selfs as private
> hospitaal. Die (enigste) hospitaal in die swart gebied is totaal
> onvoldoende vir die behoefte daar...

Verduidelik vir die 350 daaglikse pasiente waarom daar nou 'n ouetehuis is.
Dis om van te kots!!!

Wolf
Re: tourists,a warning [boodskap #35876 is 'n antwoord op boodskap #35392] Ma, 23 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
>> lous wrote
>
>> DIt help ook as die
>>> infrastuktuur soos, paaie, elektrisiteit ne water voorseining betroubaar
>>> is.
>>
>
> Iets wat voor 1994 nie eintlik in die
> swart gebiede bestaan het nie. Jy
> probeer alweer 'n SA optower waar
> alles ORALS so perfek was, en nou
> skielik ORALS onbetroubaar is.
>
> Gloudina

Ek het dit nie gesê nie. Weereens reageer jy op 'n uit kontejs gerukte
stuk van my pos. Wat ek wou sê in terme van die bogenoemde - dit help
nie jy bou 'n kliniek op Letaba, diis nou nie Letaba in die wuildtuin
nie, en die paaie bestaan tydens reen tye nie, di elektirisiteit word
afgesny as gevolg van wandebatling en selfde met die telefone. Dan sit
jy twee vroulik pas gegradueerde medies dokters daar en jy verwag hulle
moet 'n verskil maak met die minimum mediese toerusting en medisyne, en
onopgeleide/ongemotiveerde personeel?

Alles was nie perfek in die ou SA nie en is ook nie so in die nuwe SA
nie. Maar moet die nuwe SA dan die foute van die ou SA herhjaal en
daarop vererger (beter)? Wat weet jy van wat voor 94 in SA bestaan het?
Wat weet jy wat voor 84 in SA bestaan het? Wat weet jy wat voor 74 in SA
bestaan het? Jy was mos toe lankal weg??
Re: tourists,a warning [boodskap #35878 is 'n antwoord op boodskap #35392] Ma, 23 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
> Ek,
> byvoorbeeld, was in 'n skool waar ek in Standerd Nege
> en Tien moes kies tussen Wiskunde loop en Geskiedenis
> loop.

Loop? Watse afrikaans praat jy hier Glouidina??
Re: tourists,a warning [boodskap #35879 is 'n antwoord op boodskap #35392] Ma, 23 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in article ...
Jan wrote:

>> Digby waar ek woon (binne 5 km van een van die grootste swart dorpe in
>> Suid Afrika) staan 'n redelik moderne (20 jaar) 1500 bed (provinsiale)
>> hospitaal nou reeds vir vier jaar leeg en die struktuur verval

> Ja, dit lyk na 'n probleem. Moet ek aanneem dat dit vir meeste van die
> 20 jaar van sy bestaan as hospitaal
> gebruik is as 'n "wit" hospitaal.? Was meeste van die
> dokters daar omdat dit voorheen 'n wit hospitaal was,
> en het die hospitaal toegemaak weens gebrek aan
> personeel?

Ja die hospitaal was hoofsaaklik vir wit pasiente gebruik, veral aan
die begin. Ek was die laaste keer daar in 1988 toe my ma vir 'n
blaasoperasie daar opgeneem was. Toe was daar reeds 'n aantal swart
pasiente wat nie in die swart hospitaal geakkomodeer kon word nie.
Volgens my ondervinding het mense beter versorging daar gekry as in 'n
privaathospitaal op ons dorp. Mediese personeel daar had nog empatie
met die pasiënte. Die personeel en dokters het hand en tand geveg om
die hospitaal oop te hou. Daar was selfs sprake van 'n konsortium wat
gestig sou word om dit te koop en as 'n privaathospitaal te bedryf. Toe
dit egter te ver verval het weens gebrek aan instandhouding, was dit
ook nie meer 'n opsie nie. Daar was ook voorstelle vir 'n
"shuttle"-diens na en van die swart gebied. Toe daar besnoei is op die
provinsiale gesondheidsbegroting het die hospitaal op die lys beland en
is summier gesluit.

> baie hoog. Nou sê my ouer suster vir my my jonger
> suster het besluit dat sy nie meer private mediese
> dekking wil betaal nie, en gaan sy vir al haar mediese
> aandag na die staatshospitaal op George. Ek neem
> aan dat ander van haar vriende daar dieselfde doen.

Mediesefondspremies het geweldig gestyg oor die afgelope aantal jaar.
Dis maar hoofsaaklik te wyte aan die feit dat die rand voordurend
waarde verloor teen die buitelandse geldeenhede (24% teen die dollar
sover hierdie jaar). Ongelukkig word die meeste medisyne ingevoer en
die verhaling van die medisynekostes word deur veranderde
premiestrukture gefinansier. Privaattarriewe word ekstra gelaai. Daar
is heelwat werkgewers (insluitende my eie) wat probeer om die las van
verskaffing van mediese dekking van sy nek af te kry. Baie mense kan
privaatdekking doodeenvoudig nie meer bekostig nie.

Dis goed om te hoor dat George se staatshospitaal skoon en higiënies
is. Dit is veral akademiese staatshospitale wat nog regkry om te
oorleef. Ek was so 'n paar maal gedurende die afgelope drie jaar in die
ou Johannesburg Algemene Hospitaal (nou die Hillbrow hospitaal) en
dinge daar het nie te goed gelyk nie. Bloedstrepe oor die
koeldrankmasjien by ongevalle en 'n oorwerkte Poolse vrouedokter wat
teen 'n oormag geweldsmisdaadgevalle vaskyk. In die gange lê biologiese
afval en bloedmonsters rond (by elke geleentheid wat ek daar was). Ten
spyte daarvan het hulle darem daarin geslaag om die pasiënt wat ek gaan
besoek het, gesond te kry. Ek het gedink dis 'n wonderwerk.

> mediese gebied. Haar mediese fonds betaal selfs
> voluit vir vitamiene-inspuitings wat 'n dokter in sy
> private kamers gee ('n ding wat nooit hier in Kanada
> sou gebeur nie.)

Sommige mediese fondse werk soos 'n spaarplan. Die idee is om jou aan
te moedig om minder mediese uitgawes aan te gaan. As jou kwota nie
voluit gebruik is nie, kry jy iets terug. Jy kan jou kwota op enigeiets
gebruik, selfs vitamieninspuitings. Sekere vitamieninspuitings, bv.
vitamien K, is soms in lewensbelang (byvoorbeeld vir mense op
warfarienterapie wat begin bloei) en enige mediese fonds sal daarvoor
betaal.

> Ek weet egter dat in die ou dae, toe ek nog in
> SA was, die toestande in staatshospitale ook maar
> nie uit die boonste rakke was nie. En in dele waar
> swart mense gebly het, was die toestande soms werklik
> haglik.

Ek was jare terug vir 'n besoek aan die Matlala (staats) en Jane Furse
(katolieke) hospitale in die destydse Lebowa. Ten spyte van baie dinge
was ek baie beïndruk met hoe die dienspligdokters wat by Matlala
aangewend is, daarin geslaag het om uiters doeltreffende mediese sorg
te verskaf en om die hospitaal nie in haglikheid te laat verval nie. Ek
sou enige tyd bereid gewees het om self as pasiënt daar opgeneem te
word. Boonop het hulle uitstekende opleiding daar gedoen. By Jane Furse
was die mediese sorg nie so gevorderd nie, maar die empatie van die
nonne werklik iets om te ervaar...

----------
Re: tourists,a warning [boodskap #35892 is 'n antwoord op boodskap #35392] Di, 24 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Vakken lopen klinkt in het Nederlands ook niet goed. Je loopt stage, dat
> wel, maar vakken volg je. Is dat in het Afrikaans dan niet hetzelfde?
>
>

Nee, mens volg nie vak aan skool of universiteitnie. As iemand dit so
gebruik, sal dit as effens
geaffekteerd gesien word. Maar jy "volg 'n
kursus"

Gloudina.
Re: tourists,a warning [boodskap #35893 is 'n antwoord op boodskap #35392] Di, 24 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lous wrote:

>>> Loop? Watse afrikaans praat jy hier Glouidina??
>>
>> Wel, ou Lou, as ek reg onthou het ons in Stellenboschin die ou dae gesê
>> "ek loop 'n vak." As jy sê "ek neem
>> 'n vak" dan was dit, in my dae, as anglisities beskou. Ek sou
>> graag Thys oppie bos se opinie hieroor wil hoor.
>>
>
> Ek trek jou been - dit is egter in dieselfde tipe woordgebruik as waar
> mens graad vang ... wat jy nie geken het nie?

Nee, ek dink nie so nie. Ons sou skuins opgekyk hetin my dae op Stellenbosch
as iemand sê hy vang 'n
graad. Maar 'n vak loop was algemene Afrikaans.
Wonder wat hulle in Nederlands sê?

Gloudina
Re: tourists,a warning [boodskap #35894 is 'n antwoord op boodskap #35392] Di, 24 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> lous wrote:
>
>> @home.com wrote:
>>> Ek,
>>> byvoorbeeld, was in 'n skool waar ek in Standerd Nege
>>> en Tien moes kies tussen Wiskunde loop en Geskiedenis
>>> loop.
>>
>> Loop? Watse afrikaans praat jy hier Glouidina??
>
> Wel, ou Lou, as ek reg onthou het ons in Stellenboschin die ou dae gesê
> "ek loop 'n vak." As jy sê "ek neem
> 'n vak" dan was dit, in my dae, as anglisities beskou. Ek sou
> graag Thys oppie bos se opinie hieroor wil hoor.
>

Ek trek jou been - dit is egetr in dieselfde tipe woordgebruik as waar
mens graad vang ... wat jy nie geken het nie?
Re: tourists,a warning [boodskap #35895 is 'n antwoord op boodskap #35392] Di, 24 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in message
...

> Vakken lopen klinkt in het Nederlands ook niet goed. Je loopt stage, dat
> wel, maar vakken volg je. Is dat in het Afrikaans dan niet hetzelfde?
>
> Groeten,
> Arthur

My "van Dale" noem as een van die gebruike van die woord
"college": "college lopen bij een professor - diens lessen
volgen".

Dit klink vir my soos 'n Afrikaanse woord met 'n goeie pedigree.

Swart Simon
Re: tourists,a warning [boodskap #35896 is 'n antwoord op boodskap #35392] Di, 24 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> lous wrote:
>
>> @home.com wrote:
>>> Ek,
>>> byvoorbeeld, was in 'n skool waar ek in Standerd Nege
>>> en Tien moes kies tussen Wiskunde loop en Geskiedenis
>>> loop.
>>
>> Loop? Watse afrikaans praat jy hier Glouidina??
>
> Wel, ou Lou, as ek reg onthou het ons in Stellenboschin die ou dae gesê
> "ek loop 'n vak." As jy sê "ek neem
> 'n vak" dan was dit, in my dae, as anglisities beskou. Ek sou
> graag Thys oppie bos se opinie hieroor wil hoor.
>

Ek trek jou been - dit is egter in dieselfde tipe woordgebruik as waar
mens graad vang ... wat jy nie geken het nie?
Re: tourists,a warning [boodskap #35897 is 'n antwoord op boodskap #35392] Di, 24 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> lous wrote:
>
>> @home.com wrote:
>>> Ek,
>>> byvoorbeeld, was in 'n skool waar ek in Standerd Nege
>>> en Tien moes kies tussen Wiskunde loop en Geskiedenis
>>> loop.
>>
>> Loop? Watse afrikaans praat jy hier Glouidina??
>
> Wel, ou Lou, as ek reg onthou het ons in Stellenbosch
> in die ou dae gesê "ek loop 'n vak." As jy sê "ek neem
> 'n vak" dan was dit, in my dae, as anglisities beskou.

Vakken lopen klinkt in het Nederlands ook niet goed. Je loopt stage, dat
wel, maar vakken volg je. Is dat in het Afrikaans dan niet hetzelfde?

Groeten,
Arthur
Re: tourists,a warning [boodskap #35898 is 'n antwoord op boodskap #35392] Di, 24 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
lous wrote in message ...
>
> Ek trek jou been - dit is egter in dieselfde tipe woordgebruik as waar
> mens graad vang ... wat jy nie geken het nie?

Wees liewer eerlik. Jy't jou mond verby gepraat en nou probeer
jy "save face".

Swart Simon
Vorige onderwerp: Mentaliteit van die Suid-Afrikaner
Volgende onderwerp: Fotoverhaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 20:38:13 MGT 2024