Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner
Die Afrikaner [boodskap #35243] Vr, 06 Oktober 2000 00:00
EV  is tans af-lyn  EV
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Junior Lid
Wel, wel.

Ek het so vinnig 'n draai gemaak om te sien wat my eie mense te sê het (dit
is nou julle klomp afrikaners wat deur die jare saam met my rugby kyk,
biltong vreet en bier drink. Tot my spyt is meeste van die mail...haat mail.
Een probeer beter wees as 'n ander en die gewone blah blah. Wat my vir al
moerig maak is die mense soos Gloudina wat soveel swart galligheid in haar
het, in 'n ander land bly, en dan arrogant, godlik probeer voorkom.

Ek is nou al amper 'n jaar in Amerika......en ek haat dit. Die amerikaners
is soos wat daai Goudina is. Tot meeste van die Suid Afrikaners wat hierso
in Amerika is, probeer so hard om Amerikaners te wees dat hulle hul
kultuur,mense en land heeltemal afskryf. Hulle is mos beter as die wat in SA
agter gebly het. Dit maak my siek!

Die gras lyk altyd groener aan die anderkant. Ek behoort oor 2 maande terug
by die huis te wees (my LAND!) met my familie. Dit is net jammer dat ons
afrikaners nie meer bymekaar staan en mekaar help in nood nie. Julle sal nie
glo hoe 'n mens julle waardeer wanneer julle nie meer om 'n mense is nie.
Ons gaan slapend deur die lewe en as ons net kan wakker word met behulp van
God se krag en genade, dan kan ons weer een nasie word.

Ek wil nou nie soos 'n dominee geklink het nie. :-)

Aanstap vorentoe.
Totpos.
Vorige onderwerp: Re:die afrikaner....
Volgende onderwerp: Het NASA regtig 'n man op die maan laat loop?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 03:29:21 MGT 2024