Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Het NASA regtig 'n man op die maan laat loop?
Het NASA regtig 'n man op die maan laat loop? [boodskap #35207] |
Thu, 05 October 2000 05:46  |
Mweb[1]
Boodskappe: 6 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek wil graag weet wat dink mede Afrikaners van Amerika se "claim to fame"
dat hulle die eerste land was wat 'n man na die Maan gestuur het en hom
veilig terug gebring het Aarde toe.
Ek persoonlik is van die mening dat hulle die hele wêreld die afgelope jare
'n vet poep gevoer het. Selfs vandag wonder ek of dit moontlik is om iemand
op die Maan te laat loop.
Kom sê vir my wat julle dink dan begin ons 'n skoon debat.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Het NASA regtig 'n man op die maan laat loop? [boodskap #35250 is 'n antwoord op boodskap #35207] |
Fri, 06 October 2000 03:19  |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
poppie wrote:
> Elaine, ek is n Amerikaner, en dit hinder my dat n hele nasie
> jou n kramp kan gee. Dink jy nie dis veralgemening nie, of
> dink jy dalk dat daar verskuilde jaloesie is. Dalk nie, maar
> jy kan net nie so n sweeping statement maak nie.
>
Ja-nee, sulke soort uitsprake openbaar meer van die
spreker as dit waarvan gepraat word. Daar is ongeveer
270 miljoen Amerikaners en om hulle almal oor dieselfde
kam te skeer, is net belaglik. Mens moet die hele
Noord-Amerika liewer in blokke sien, wat reik oor
die grens tussen die VSA en Kanada. Die mense
van Noordelik New York staat en Ontario is meer
dieselfde as wat die soort New York staters dieselfde
is as die mense in Texas. Die prairies se inwoners noord
en suid van die grens is weer meer dieselfde as die mense
in California, ensovoorts.
Ek merk selfs dat nuutaangekome emigrante uit
SA hier in Kanada geneig is om te praat van die
"Kanadese" wat dan sus doen en so praat. En dan
vra ek vir myself af. Van watter "Kanadese" praat
hulle?
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:10 UTC 2025
|