Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Biegstuk 1
Biegstuk 1 [boodskap #349] So, 25 Mei 2003 15:36 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Speedy Conzales wrote:
> On Sun, 25 May 2003 16:13:36 +0200, Speedy Conzales
> wrote:
>
>
>>>
>>> Nie krake in mure nie! NOU het jy meer as my volle aandag.....Sal
>>> hierdie mure hou? Ek bedoel sal dit so lank hou as baksteen mure?
>
> Nòu Poppie, het jý mý onverdeelde aandag... ek dog jy's een van die
> hedendaagse girlies wat eers die wêreld gaan verken en soos 95%
> van hulle in London begin. Nou praat jy asof jou ma in Ierland woon.
> Vertel meer.......
>
> Speedy Conzales
> met ore gespits

Ek het geweet een of ander tyd sal dit tersake kom. Wel, jy het my nou
'n reguit vraag gevra, en ek sal maar moet waag dat ek nou uit die
binnekringe verstoot gaan word. Ek is nie Afrikaans nie. Ek is Iers.
Ek het in Suid-Afrika grootgeword, maar is al jare gelede daar weg. Ek
is in my dertigs en woon al jare in Londen.

Lorinda
Re: Biegstuk 1 [boodskap #356 is 'n antwoord op boodskap #349] So, 25 Mei 2003 16:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 25 May 2003 08:36:18 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek het geweet een of ander tyd sal dit tersake kom. Wel, jy het my nou
> 'n reguit vraag gevra, en ek sal maar moet waag dat ek nou uit die
> binnekringe verstoot gaan word. Ek is nie Afrikaans nie. Ek is Iers.
> Ek het in Suid-Afrika grootgeword, maar is al jare gelede daar weg. Ek
> is in my dertigs en woon al jare in Londen.
>
> Lorinda


Wel... jy't jouself daarin beland. 'n Rooinek hier in die hartjie van
die Afrikanerdom!
Daar word huidiglik vergadering gehou oor of jy in die binnekringe
behou gaan word of nie. Elke enkele deelnemer op hierdie nuusgroep
gaan teenwoordig wees behalwe Andries wat moet gaan koeie melk.
En jy natuurlik, want dit gaan oor jou.

Ek gaan as motivering jou uitsonderlik goeie Afrikaanse gebruik
voorlê. Ek sal die uitslag bekend maak sodra die vergadering
verdaag.

Die Voorsitter
Re: Biegstuk 1 [boodskap #358 is 'n antwoord op boodskap #356] So, 25 Mei 2003 16:46 Na vorige boodskap
Speedy Conzales  is tans af-lyn  Speedy Conzales
Boodskappe: 94
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
>
>
> Wel... jy't jouself daarin beland. 'n Rooinek hier in die hartjie van
> die Afrikanerdom!
> Daar word huidiglik vergadering gehou oor of jy in die binnekringe
> behou gaan word of nie. Elke enkele deelnemer op hierdie nuusgroep
> gaan teenwoordig wees behalwe Andries wat moet gaan koeie melk.
> En jy natuurlik, want dit gaan oor jou.
>
> Ek gaan as motivering jou uitsonderlik goeie Afrikaanse gebruik
> voorlê. Ek sal die uitslag bekend maak sodra die vergadering
> verdaag.
>
> Die Voorsitter
>
>

Gaaf, die uitslag was dat jy dieper in ons harte gekruip het. Sonder
een enkele teenstem aanvaar.




ns.
(Die naam waaronder die vergadering kennisgewing geplaas was
moes nooit gebeur het nie. Ek het dit minute gelede op 'n ander
nuusgroep gebruik waar ek bekend is en lankal deel maar iets
anoniem geplaas het. Wou nie eens gehad het dat hulle moes
weet dat dit uit SA is nie)
Vorige onderwerp: Van vrede
Volgende onderwerp: Dreyersverdriet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 02:27:16 MGT 2024