Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » gedigte
gedigte [boodskap #21817] Ma, 15 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Inga van Meerbergen-V  is tans af-lyn  Inga van Meerbergen-V
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Is daar dalk iemand in hierdie nuusgroep wat vir my die teks van die
volgende gedigte kan stuur? Ek het dit dringend nodig vir die Unisa kursus
Afrikaans. Die gedigte behoort in die Groot Verseboek te staan.
-"Op Hartebeesfontein"
-"Dis Al" en "Martjie" deur Jan F.E. Celliers
-"Vliegie" en "Die Soutpan" deur Leipoldt
Groete uit Vlaanderen.
Re: Gedigte [boodskap #23409 is 'n antwoord op boodskap #21817] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Sy probeer wys dat sy nog oor 'n bietjie afrikaanse kennis beskik, vandaar
die gereelde gedigte...

En onthou jy moet jou taal suiwer hou anders ... :)

@ing.sun.ac.za wrote in message ...
> is daar nog mense wat wonder hoekom gloudina so gereeld
> gedigte hierheen pos ?
>
> hoekom join sy nie liewer 'n "poetry" NG nie ?
>
Re: Gedigte [boodskap #34703 is 'n antwoord op boodskap #21817] Sa, 23 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rykheer  is tans af-lyn  rykheer
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
KaapseKind wrote in message ...
> Weet iemand dalk waar ek 'n paar goeie gedigte op-die-lyn kan lees?
>
> Ek's alweer by my see (Tergniet) vir die langnaweek.
> Skootrekenaar en al....
>
> Kind van die Kaap met voete vol sand

Probeer gerus die volgende: Gaan na www.mweb.co.za,
kliek op "Afrikaans", en dan op die skakel "Poësie".
-jhr-
Re: Gedigte [boodskap #34719 is 'n antwoord op boodskap #21817] So, 24 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Tergniet is tussen Mosselbaai en Groot Brakrivier - aan die suidkus en deel
van die bekende Tuinroete. Ons het 'n strandhuis op kusweg en ek het elke
vakansie hier tussen die rotspoele en branders kom grootword.

Nou verhuur ons die huis oor vakansietye - ook aan buitelanders!

skryf in boodskap news:39CFA867.3E3C1E60@home.com...
> KaapseKind wrote:
>
>>>> Ek's alweer by my see (Tergniet) vir die langnaweek.
>>>> Skootrekenaar en al....
>>>>
>>>> Kind van die Kaap met voete vol sand
>
> Waar is "Tergniet" ? Aan die Indiese Oseaan of
> die Atlantiese Oseaan se kant?
> Dis eers wanneer mens SA verlaat het, dat jy
> besef hoe see-gebonde meeste Suid-Afrikaners
> is. En hoe naby aan die see meeste mense bly.
> Hier waar ek nou bly in Kanada moet ek
> honderde kilometers afry om by die een Oseaan
> uit te kom, en duisende en duisende om by die
> ander een uit te kom. Ons is ook verknog aan
> water, maar dis meestal water in mere. En dis
> nie dieselfde as 'n oseaan nie.
>
> Gloudina
>
Re: Gedigte [boodskap #34720 is 'n antwoord op boodskap #21817] So, 24 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Baie dankie.
Ek sal Litnet opspoor deur AltaVista.

Geniet julle week.

skryf in boodskap news:39CD743F.495EF9E9@home.com...
rykheer wrote:

> KaapseKind wrote in message ...
>> Weet iemand dalk waar ek 'n paar goeie gedigte op-die-lyn kan lees?
>>
>> Ek's alweer by my see (Tergniet) vir die langnaweek.
>> Skootrekenaar en al....
>>
>> Kind van die Kaap met voete vol sand
>
> Probeer gerus die volgende: Gaan na www.mweb.co.za,
> kliek op "Afrikaans", en dan op die skakel "Poësie".
> -jhr-

Bring dit vir jou by Litnet? Ek vind regtig Litnet baieinteressant. En
vir gedigte is daar 'n lekker klomp
nommers. Ek vind dit net jammer dat soveel Afrikaanse
digters in Engels dig. Litnet se September-gedigte het
sopas verskyn.

Gloudina
Re: Gedigte [boodskap #34741 is 'n antwoord op boodskap #21817] So, 24 September 2000 03:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

rykheer wrote:

> KaapseKind wrote in message ...
>> Weet iemand dalk waar ek 'n paar goeie gedigte op-die-lyn kan lees?
>>
>> Ek's alweer by my see (Tergniet) vir die langnaweek.
>> Skootrekenaar en al....
>>
>> Kind van die Kaap met voete vol sand
>
> Probeer gerus die volgende: Gaan na www.mweb.co.za,
> kliek op "Afrikaans", en dan op die skakel "Poësie".
> -jhr-

Bring dit vir jou by Litnet? Ek vind regtig Litnet baieinteressant. En
vir gedigte is daar 'n lekker klomp
nommers. Ek vind dit net jammer dat soveel Afrikaanse
digters in Engels dig. Litnet se September-gedigte het
sopas verskyn.

Gloudina
Re: Gedigte [boodskap #34743 is 'n antwoord op boodskap #21817] Ma, 25 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

>>> Ek's alweer by my see (Tergniet) vir die langnaweek.
>>> Skootrekenaar en al....
>>>
>>> Kind van die Kaap met voete vol sand

Waar is "Tergniet" ? Aan die Indiese Oseaan of
die Atlantiese Oseaan se kant?
Dis eers wanneer mens SA verlaat het, dat jy
besef hoe see-gebonde meeste Suid-Afrikaners
is. En hoe naby aan die see meeste mense bly.
Hier waar ek nou bly in Kanada moet ek
honderde kilometers afry om by die een Oseaan
uit te kom, en duisende en duisende om by die
ander een uit te kom. Ons is ook verknog aan
water, maar dis meestal water in mere. En dis
nie dieselfde as 'n oseaan nie.

Gloudina
Re: Gedigte [boodskap #34744 is 'n antwoord op boodskap #21817] Ma, 25 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

> Tergniet is tussen Mosselbaai en Groot Brakrivier - aan die suidkus en deel
> van die bekende Tuinroete. Ons het 'n strandhuis op kusweg en ek het elke
> vakansie hier tussen die rotspoele en branders kom grootword.
>
>
>

Ja, dit is 'n ander see. Ek stuur vir jou die volgende gedig,wat dig oor
daardie kontrei.

OU FOTO - 'n Villanelle
Ferdi Greyling

Dis die bleek maan wat die getye draai;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.
Re: Gedigte [boodskap #34745 is 'n antwoord op boodskap #21817] Ma, 25 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mweb[1]  is tans af-lyn  Mweb[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
"KaapseKind" skryf in boodskap news:8qikjo$8du$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Weet iemand dalk waar ek 'n paar goeie gedigte op-die-lyn kan lees?
>
> Ek's alweer by my see (Tergniet) vir die langnaweek.
> Skootrekenaar en al....
>
> Kind van die Kaap met voete vol sand
>
>
Gaan na www.tamboer.co.za en kliek op kuber griffel vir 'n paar lokale
gedigte. Alles oor pretoria en nog meer.

Geniet dit
Re: Gedigte [boodskap #34769 is 'n antwoord op boodskap #21817] Di, 26 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Josia  is tans af-lyn  Josia
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
rykheer wrote:

> Probeer gerus die volgende: Gaan na www.mweb.co.za,
> kliek op "Afrikaans", en dan op die skakel "Poësie".

Kortom: http://mweb.co.za/Litnet/poesie/vorige.asp

Josia
Re: Gedigte [boodskap #34822 is 'n antwoord op boodskap #21817] Wo, 27 September 2000 00:00 Na vorige boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Baie dankie vir almal se hulp.
Ek waardeer dit regtig!

KaapseKind - terug by Muizenberg se see

Josia skryf in boodskap news:39D0FD52.D81D550@spamnyet.ru...
> rykheer wrote:
>
>> Probeer gerus die volgende: Gaan na www.mweb.co.za,
>> kliek op "Afrikaans", en dan op die skakel "Poësie".
>
> Kortom: http://mweb.co.za/Litnet/poesie/vorige.asp
>
> Josia
Re: Gedigte [boodskap #34823 is 'n antwoord op boodskap #21817] Wo, 27 September 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Sep 2000 19:23:45 GMT, @home.com wrote:

> Waar is "Tergniet" ? Aan die Indiese Oseaan of
> die Atlantiese Oseaan se kant?

Tussen George en Mosselbaai.
Naby Groot Brakrivier.
Naby Klein Brakrivier.

In die omgewing van die plek waar die hemel soms op die land weerkaats
dus.

Net onder die Outenikwa-berge wat soos tande teen die blou lug staan.
Vorige onderwerp: "drade is konneksies" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: Re: "treinkaartjie, kalkbaai" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 10:03:49 MGT 2024