gedigte [boodskap #21817] |
Mon, 15 March 1999 00:00  |
Inga van Meerbergen-V
Boodskappe: 20 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Is daar dalk iemand in hierdie nuusgroep wat vir my die teks van die
volgende gedigte kan stuur? Ek het dit dringend nodig vir die Unisa kursus
Afrikaans. Die gedigte behoort in die Groot Verseboek te staan.
-"Op Hartebeesfontein"
-"Dis Al" en "Martjie" deur Jan F.E. Celliers
-"Vliegie" en "Die Soutpan" deur Leipoldt
Groete uit Vlaanderen.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gedigte [boodskap #34741 is 'n antwoord op boodskap #21817] |
Sun, 24 September 2000 03:16   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
rykheer wrote:
> KaapseKind wrote in message ...
>> Weet iemand dalk waar ek 'n paar goeie gedigte op-die-lyn kan lees?
>>
>> Ek's alweer by my see (Tergniet) vir die langnaweek.
>> Skootrekenaar en al....
>>
>> Kind van die Kaap met voete vol sand
>
> Probeer gerus die volgende: Gaan na www.mweb.co.za,
> kliek op "Afrikaans", en dan op die skakel "Poësie".
> -jhr-
Bring dit vir jou by Litnet? Ek vind regtig Litnet baieinteressant. En
vir gedigte is daar 'n lekker klomp
nommers. Ek vind dit net jammer dat soveel Afrikaanse
digters in Engels dig. Litnet se September-gedigte het
sopas verskyn.
Gloudina
|
|
|
Re: Gedigte [boodskap #34743 is 'n antwoord op boodskap #21817] |
Mon, 25 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
KaapseKind wrote:
>>> Ek's alweer by my see (Tergniet) vir die langnaweek.
>>> Skootrekenaar en al....
>>>
>>> Kind van die Kaap met voete vol sand
Waar is "Tergniet" ? Aan die Indiese Oseaan of
die Atlantiese Oseaan se kant?
Dis eers wanneer mens SA verlaat het, dat jy
besef hoe see-gebonde meeste Suid-Afrikaners
is. En hoe naby aan die see meeste mense bly.
Hier waar ek nou bly in Kanada moet ek
honderde kilometers afry om by die een Oseaan
uit te kom, en duisende en duisende om by die
ander een uit te kom. Ons is ook verknog aan
water, maar dis meestal water in mere. En dis
nie dieselfde as 'n oseaan nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Gedigte [boodskap #34744 is 'n antwoord op boodskap #21817] |
Mon, 25 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
KaapseKind wrote:
> Tergniet is tussen Mosselbaai en Groot Brakrivier - aan die suidkus en deel
> van die bekende Tuinroete. Ons het 'n strandhuis op kusweg en ek het elke
> vakansie hier tussen die rotspoele en branders kom grootword.
>
>
>
Ja, dit is 'n ander see. Ek stuur vir jou die volgende gedig,wat dig oor
daardie kontrei.
OU FOTO - 'n Villanelle
Ferdi Greyling
Dis die bleek maan wat die getye draai;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.
Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.
Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.
Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.
Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.
Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.
|
|
|
|
|
Re: Gedigte [boodskap #34822 is 'n antwoord op boodskap #21817] |
Wed, 27 September 2000 00:00  |
KaapseKind
Boodskappe: 82 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Baie dankie vir almal se hulp.
Ek waardeer dit regtig!
KaapseKind - terug by Muizenberg se see
Josia skryf in boodskap news:39D0FD52.D81D550@spamnyet.ru...
> rykheer wrote:
>
>> Probeer gerus die volgende: Gaan na www.mweb.co.za,
>> kliek op "Afrikaans", en dan op die skakel "Poësie".
>
> Kortom: http://mweb.co.za/Litnet/poesie/vorige.asp
>
> Josia
|
|
|
Re: Gedigte [boodskap #34823 is 'n antwoord op boodskap #21817] |
Wed, 27 September 2000 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 25 Sep 2000 19:23:45 GMT, @home.com wrote:
> Waar is "Tergniet" ? Aan die Indiese Oseaan of
> die Atlantiese Oseaan se kant?
Tussen George en Mosselbaai.
Naby Groot Brakrivier.
Naby Klein Brakrivier.
In die omgewing van die plek waar die hemel soms op die land weerkaats
dus.
Net onder die Outenikwa-berge wat soos tande teen die blou lug staan.
|
|
|