Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Maniere van bedel
Maniere van bedel [boodskap #3207] |
Di., 16 Desember 2003 19:26  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vanaand in die biblioteek sien ek 'n boek met die naam "The how to be a
South-African Handbook". Daarin staan "We advise visitors not to unsettle or
disturb street people in Cape Town. They are known for their formidable
command of the local vernacular and are likely to curse you and several
generations of your ofspring" . Dit het my laat dink aan 'n keer in Kaapstad
toe ek vir geld gevra is, nie met die gewone gedweep nie, maar met 'n bevel:
"Hei! Nooi! Maak 'n two bob!" Ek geen idee gehad wat 'n two bob is nie, maar
het maar aangeneem dit is 20 sent..:-)
Lorinda
|
|
|
|
|
Re: Maniere van bedel [boodskap #3214 is 'n antwoord op boodskap #3212] |
Di., 16 Desember 2003 21:32   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 16 Dec 2003 20:56:45 -0000, "Lorinda" wrote:
>
>> In die apartheidsjare het iemand my vertel dat hy in Kaapstad
>> gestap het, toe 'n jong Gammat hom vir two bob gevra het.
>> 'Skoert" was sy antwoord.
>> "Sjee my two bob of ek sje jy's my pa!"
>> "Skoert, ek sê!" en die keer is dit vergesel van 'n dreigende
>> plathand hou na sy kop.
>> "Nee!!! Nee pa! Moet nie my slaan nie...!!!"
>> Hy sê dat hy in 'n breukdeel van 'n sekonde twee sjielings (of te wel
>> 20 sent:-) uit sy sak gevis het:-)))
>>
>> DD
>>
>
> Hier in Londen staan daar partykeer sigeuners op die sypaadjie (so reg in
> jou pad) en gee vir jou 'n klein bossie heather (ek het geen idee wat dit in
> Afrikaans is nie:-( ) en vra dan vir geld; nie two bob nie, meer iets soos
> vyf pond. As jy weier om dit te gee, of die heather probeer teruggee, dreig
> hulle jou luidkeels met 'n "gypsy curse". Jy sal verbaas wees hoeveel mense
> handig dan maar die geld oor.
>
>
> Lorinda
>
Heather is Skotse Heide. Interessant dat mense so bygelowig kan wees
né:-) My stiefpa, (oorlede in 1999) het, wanneer ek hom gevra het of
hy bygelowig is, dit heftig ontken. Wanneer ek hom vra of hy op
Vrydag die dertiende in sy kar sal klim en ry, het hy elke keer
geantwoord met 'n eenvoudige "maar daar is mos baie ander dae
om te ry." :-)))
DD
|
|
|
|
|
Re: Maniere van bedel [boodskap #3225 is 'n antwoord op boodskap #3212] |
Wo., 17 Desember 2003 17:59   |
Roely
Boodskappe: 267 Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lorinda" skryf in boodskap news:3fdf6f3f$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> Hier in Londen staan daar partykeer sigeuners op die sypaadjie (so reg in
> jou pad) en gee vir jou 'n klein bossie heather (ek het geen idee wat dit in
> Afrikaans is nie:-( ) en vra dan vir geld; nie two bob nie, meer iets soos
> vyf pond. As jy weier om dit te gee, of die heather probeer teruggee, dreig
> hulle jou luidkeels met 'n "gypsy curse". Jy sal verbaas wees hoeveel mense
> handig dan maar die geld oor.
>
Ja, je mag niet discrimineren, maar het valt me op dat het vaak zigeuners
zijn die het kennelijk nodig vinden op deze manier aan de kost te komen.
Misschien omdat hun een andere manier onmogelijk wordt gemaakt?
In Spaanse steden is het ons ook vaak overkomen dat we werden aangesproken
door zigeuners met een anjer ofzo. Omdat we Amsterdammers zijn en dus wel
gewend aan bedelaars en junkies, peuteren mensen van ons geen geld los, maar
ik kan me levendig voorstellen dat je je heel ongemakkelijk voelt in zo'n
situatie.
Ik heb eens een akkefietje gehad op de camping, toen de kinderen nog in de
luiers zaten. Omdat we het onderzeil waren vergeten en mijn man dat pas
later liet brengen, moest ik de tent ontruimen en later weer inruimen. Bij
het inruimen miste ik een groot pak luiers. De enige andere mensen op die
camping waren een soort zigeuners, en ja hoor, onder een van hun caravans
zag ik mijn pak luiers liggen. Ik ben ontzettend kwaad geworden. De vrouwen
spraken zogenaamd geen Nederlands en stuurden mij door naar de "hoofdman".
Ik heb op hoge toon mijn beklag gedaan en mijn luiers teruggeëist, en ik heb
ze teruggekregen. Het was een "misverstand", de kinderen van die mensen
hadden het pak "gevonden" , jaja, vlak naast mijn tent! Omdat ik een deel
van de tijd alleen met de kinderen zou zijn en er verder geen fatsoenlijke
mensen op die camping stonden (iedereen was kennelijk te benauwd om daar te
gaan staan) heb ik mijn man gevraagd om ons ergens anders heen te laten
brengen. Naderhand hoorde ik dat een van de zigeunerjongetjes door de
politie was opgepakt wegens het stelen van een autoradio op die camping.
Sindsdien heb ik mijn buik vol van zigeuners.
Roely
|
|
|
|
|
Re: Maniere van bedel [boodskap #3235 is 'n antwoord op boodskap #3225] |
Wo., 17 Desember 2003 23:29   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Roely" skryf in boodskap news:brq5ff$69spn$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...
> Ja, je mag niet discrimineren, maar het valt me op dat het vaak zigeuners
> zijn die het kennelijk nodig vinden op deze manier aan de kost te komen.
> Misschien omdat hun een andere manier onmogelijk wordt gemaakt?
> In Spaanse steden is het ons ook vaak overkomen dat we werden aangesproken
> door zigeuners met een anjer ofzo. Omdat we Amsterdammers zijn en dus wel
> gewend aan bedelaars en junkies, peuteren mensen van ons geen geld los, maar
> ik kan me levendig voorstellen dat je je heel ongemakkelijk voelt in zo'n
> situatie.
> Ik heb eens een akkefietje gehad op de camping, toen de kinderen nog in de
Roely, wat is 'n akkefietje?
Oor sigeuners, ons moet tog bly wees oor hulle ook; hulle hou baie mites aan
die lewe en die wereld se gedigte, liedjies en stories sou baie armer gewees
het sonder hulle. Ek hoop dis waar dat hulle hoenders en kinders steel.....
en dat hulle sodoende hulle image waardig is :-))
Hier is hulle gewoonlik betrokke by perdemarke en die koop en verkoop van
perde oor die algemeen. As hulle hulle leefwyse opgee, word hulle eenvoudig
soos die res van die bevolking, m.a.w daar word nie teen hulle
gediskrimineer as 'n "volk" nie. In Griekeland is dit anders, daar is dit
amper onmoontlik vir sigeuners om in die bevolking op te gaan, selfs al sou
hulle hulle leefwyse opgee.
Lorinda
|
|
|
Re: Maniere van bedel [boodskap #3238 is 'n antwoord op boodskap #3235] |
Do., 18 Desember 2003 00:46   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 17 Dec 2003 23:29:47 -0000, "Lorinda" wrote:
>
> Roely, wat is 'n akkefietje?
'n Akkefietje beteken (volgens my woordeboek): 'n sakie, 'n klein
onaangenaam werkjie, Lorinda. My etimologiese woordeboek sê hierdie
woord sou van die oudere Nederlands woord aquavîtje kom en dit beteken
"brandewijntje" maar my woordeboek sê ook dis nie heeltemal seker nie.
Die woord "akkefietje" word in Nederland en Vlaandere baie gebesig!
>
> Oor sigeuners, ons moet tog bly wees oor hulle ook; hulle hou baie mites aan
> die lewe en die wereld se gedigte, liedjies en stories sou baie armer gewees
> het sonder hulle. Ek hoop dis waar dat hulle hoenders en kinders steel.....
> en dat hulle sodoende hulle image waardig is :-))
>
> Hier is hulle gewoonlik betrokke by perdemarke en die koop en verkoop van
> perde oor die algemeen.
Ek het êrens gelees hulle kan van 'n ou perd 'n jong een maak! Hulle
trek sy tande en hulle verf hom in 'n swart kleur! Héhé, ek weet nie
of dit waar is nie! :-) En as jy met daardie perd buitekom as dit reen
dan sien jy meteen jy het 'n ou een gekoop! Hahaha! :-)
Groete uit Vlaandere,
Norbert
|
|
|
|
Re: Maniere van bedel [boodskap #3240 is 'n antwoord op boodskap #3238] |
Do., 18 Desember 2003 03:51   |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
'n Paar jaar terug was ek in Budapest en die heel eerste ding waarteen die
plaaslike bevolking my gewaarsku het was sigeuners.
Daarna het ek ontdek dat alle plaaslike grappe (RSA) wat as rassisties
bestempel kan word, net so in Europa vertel word - maar daar is die
teikengroep die sigeuners gekanaliseer word. (Later in Singapoer het ek
weereens dieselfde grappe teegekom - daar was die Fillipynse-huisbediendes
die teikengroep.)
In Suid-Afrika (baie, baie jare terug toe ek klein was...) was daar
sigeuners in karavane wat jou "fortuin" kon vertel het. As kind is ek
wysgemaak dat sigeuners kinders steel. Glo my, ons het 'n baie wye draai om
die sigeuners se karavane gestap.
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:51t1uv0cl7oaibpn8fi4uap8s6dmovt2nc@4ax.com...
> On Wed, 17 Dec 2003 23:29:47 -0000, "Lorinda"
> wrote:
>
>
>>
>> Roely, wat is 'n akkefietje?
>
> 'n Akkefietje beteken (volgens my woordeboek): 'n sakie, 'n klein
> onaangenaam werkjie, Lorinda. My etimologiese woordeboek sê hierdie
> woord sou van die oudere Nederlands woord aquavîtje kom en dit beteken
> "brandewijntje" maar my woordeboek sê ook dis nie heeltemal seker nie.
> Die woord "akkefietje" word in Nederland en Vlaandere baie gebesig!
>>
>> Oor sigeuners, ons moet tog bly wees oor hulle ook; hulle hou baie mites aan
>> die lewe en die wereld se gedigte, liedjies en stories sou baie armer gewees
>> het sonder hulle. Ek hoop dis waar dat hulle hoenders en kinders steel.....
>> en dat hulle sodoende hulle image waardig is :-))
>>
>> Hier is hulle gewoonlik betrokke by perdemarke en die koop en verkoop van
>> perde oor die algemeen.
>
> Ek het êrens gelees hulle kan van 'n ou perd 'n jong een maak! Hulle
> trek sy tande en hulle verf hom in 'n swart kleur! Héhé, ek weet nie
> of dit waar is nie! :-) En as jy met daardie perd buitekom as dit reen
> dan sien jy meteen jy het 'n ou een gekoop! Hahaha! :-)
>
> Groete uit Vlaandere,
>
> Norbert
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Maniere van bedel [boodskap #3413 is 'n antwoord op boodskap #3409] |
So., 28 Desember 2003 12:18   |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Nou nie dat ek enigsins vir Theuns Jordaan ken of al ooit van sy
> musiek gehoor het nie, maar ek het al gesien dat hulle van hom op
> ander groepe praat, en vertel dat hy byvoorbeeld Leonard Cohen songs
> so goed namaak of nasing of watookal mens dit noem.
> Wat sal jy Cohen se musiek as klassifiseer? "Country Blues" met 'n
> sterk "folk" invloed?
> Ek is nooit self seker nie, want die meeste mense beskou Cohen as 'n
> "folk" singer, en dit pas nie heeltemal vir my nie.
> Elkgeval, van wat ek gehoor het van hierdie outjie is dit dalk wat hy
> sing. Maar dit is ook moontlik dat ek hom verwar met iemand anders.
> ;-)
Dis baie moeilik om Cohen te klassifiseer, hy is seker maar in
dieselfde kraal as Dylan. Ek weet wat jy bedoel, dis asof "folk" en
"folk rock" die kategorie van "ons het geen idee waar julle hoort nie"
is. Hy het eenkeer in 'n onderhoud gesê dat die invloed op sy musiek
Blues, Folk en Fado (Portugese folk) is.
Van Dylan gepraat, ek was by sy konsert laas jaar in Brighton, en dit
was baie baie sleg; ek het gedink hy moet dalk ophou toer. Ek het hom
een keer vantevore gesien, op die Acropolis in Athene, en dit was goed
maar dalk het dit meer met die omgewing as met Dylan te doen gehad:-)
Lorinda
|
|
|
|
Dylan [boodskap #3429 is 'n antwoord op boodskap #3413] |
So., 28 Desember 2003 20:34   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> Dis baie moeilik om Cohen te klassifiseer, hy is seker maar in
> dieselfde kraal as Dylan. Ek weet wat jy bedoel, dis asof "folk" en
> "folk rock" die kategorie van "ons het geen idee waar julle hoort nie"
> is.
Presies. Dalk moet hulle 'n groep spesiaal vir somber,
melankoliese Kanadese maak? Ons noem dit dan SMK musiek? ;-)))
> Hy het eenkeer in 'n onderhoud gesê dat die invloed op sy musiek
> Blues, Folk en Fado (Portugese folk) is.
Dit klink meer akuraat as net plein 'folk'. Terloops, ek hou nogal
baie van hom. Maar dan weer, is daar iemand in die wereld wat nie van
sy liedere hou nie? ;-)
> Van Dylan gepraat, ek was by sy konsert laas jaar in Brighton, en dit
> was baie baie sleg; ek het gedink hy moet dalk ophou toer. Ek het hom
> een keer vantevore gesien, op die Acropolis in Athene, en dit was goed
> maar dalk het dit meer met die omgewing as met Dylan te doen gehad:-)
Ek het sowat 5 jaar gelede 'n konsert van hom bygewoon in Columbus,
GA. Dit is so gatkant van die wereld klein dorpie aan die westekant
van GA wat grens aan Alabama. So, die mense wat die konsert bygewoon
het was nogal...er...um...wel, kan mens maar sê, interessant! ;-)
Maar dit was toe ook al 'n powere konsert. Mens kon werklik NIKS hoor
wat hy sê of sing nie, nie dat dit normaalweg maklik is nie, maar
nogsteeds...:-)
Maar Dylan sal altyd 'n GROOT gees in die musiekwereld bly. As mens
darem dink hoeveel bekende en groot sterre sy musiek en styl oor die
jare al beïnvloed het. Soos jy seker kan agterkom is ek definitief
nogsteeds 'n Dylan fan. ;-)
Dis interessant dat sy seun met EEN song meer geld gemaak het as sy pa
deur sy hele loopbaan gemaak het. Ek het dit iewers gelees jare
gelede...so moenie my kwoteer nie. ;-))
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Apr. 09 10:13:47 UTC 2025
|